I. Teoreíiese benadering
Hierdle werk, wat een van die
min
omvattende werke oor diemoderne
Afrikaanseroman
is,kom
klaarblyklik uit die pen van iemand wat met gesag oor die karakter in dieroman
kan praat. Voordat tot ’n ondersoek van die karakterisering in die geselekteerderomans
oorgegaan word, besinSmuts
in die eerste hoofstuk oor die verhouding van karakter toí die ander struktuurelemente van die roman. In ’n strukturalistiese beredenering van relevante beskouings behandel hy die verband tussen karakter, handeling, tyd en ruimte, enkom
uit die verskillendebeskouings tot dic gevolgírekking dat die karakter nie, soos al beweer is, in diemodernc roman
uitgeskakel is niemaar
dat dit wel verander het. Dit bevestig hy ná ’n ondersoek van die betrokkeromans met
die bevinding daí karakter,ook
wat Afrikaans betref, steeds ’n primêr strukturerende element in dicopbou
van dieroman
bly.Hy
beweer selfs: “Die karakterís dic verhaal’’ (p. 5).
Op
grond van die abstraktheid van tyd, wat Maatje in dieroman
vooropstel, en die konkreetheid van icarakter (VVhose story is this?) lyk dit nie virhom
moontlikom
karakter uit te skuif na “’n tweede plan’’ nie. Smuts het gelyk—
en hybewys
ditmet
sy studie
—
dat karakter ’n v/aardevolle benaderingshoek by die studie van dieroman
is,maar
dan sal hymoet
erken dat ’n hiërargie wat die romanelemente betref, sinloos isomdat
’nmens
te doen hetmet
’n romangeheel.En
wat ’nmens
vermis in sy standpunt in verbandmet
die verhouding karakter tot ander cpiese elemente, is die vraag“What
isthi:. story about?’’. Kortweg: Is die verhouding karakter tot tema (ek
bedoel ‘grondliggende’ probleem of probleme) nie ’n kemaangeleentheid nie?
En Smuts
raak dit nie aan in sy inleidende hoofstuk nie. Trouens, namy mening
loënstraf sy latere indringende bespreking van die ‘hoof’-voorwerp van
sy ondersoek, nl.Een
vir Azazelvan
Etienne Leroux,waarvan
hy ’n wel deurdagte uiteensetting vanuit hierdie hoek gee, die negcring van ’n verband tussen tema en karakter. Inagneming van die tema in die ondersoek van dieromans kon
groter lig gewerp hetop
die karakterkonsipiëring in die onderhawige werke.
Maar
die tweede hoofstuk bring die eerste duidelike aanduiding van die waarde van hierdie ondersoek van Smuts: syoorwoë
en veelmeer
wetenskaplike (as ander) klassifikasie van karakters ná die holruggeryde en veelal geïdealiseerdc tipologie van Forsíer enMuir
van toeka.Met
sy oorkoepelende indelingsbeginsel kommunikatiwiteit/nie-kommunikatiwiteit het hy namy mening
’n vir dieroman meer
relevante kriterium gevind.Die skrywer
bewys
die waarde van sy klassifikasie vir karakter- en ro- manstiidicmet
’n deeglik geordende bespreking van goeie illustrasie- maíeriaal. Dit het die voordeel dat dit die plat/rond-klassifikasie van Forster, en V/iIson se beskouing oor die buitestaander as teëhanger van dic tipc kwalifiseer en dus ’n praktiese verskuiwing aanbring. Vir die onderverdeling van die hoofgroepe karakters wat hy onderskei, naamlikkommunikatiewe
en nie-kommunikatiewe karakters, gebruik hy die mate van betrokkenheid by die handelingom
te onderskei tussen die kategorieë kern- en randkarakters, wat in verband gebringword met
die neiging na 72platheid/rondheid wat hulle kemnerk. Hierby sluit sy hantering van karakterisering uiteraard aan.
Afgesien van die indeling as sodanig is die duidelike blyke wat die skrywer gee dat hy dit nie as doel nie
maar
asmiddel tot beskrywing van en kritiekop
dieroman
sien, ’nnuwe
klank ná die eravan tipologisering in dieromankritiek.2.
Oor
individueleromans
As kommunikatiewe
karakters behandel die skrywer diemin
ofmeer
ronde, die biegende karakter en diekommunikatiewe
buitestaander- figuur in die volgende romans: Bart Nel, Die onverdeelde uur,Ons wag op
die kaptein, Die ambassadeur, Bonga, die biegromans vanAndré
P.Brink en Hettie Smit, Mahala, Catharina van C. P. Hoogenhout,
Jakob
Platjie, Toiings en Swart Pelgrim. Die nie-kommunikatiewe karakters
word
nagegaan in die voortsetting van die epies-liriese rigting in die Afrikaanse prosa, soos Somer, Laat vrugte, en die werke van KarelSchoeman By
fakkellig,Op
’n eiland enNa
die geliefde land.As
tweede kategorie hieronder behandel hy die ‘volle’ buitestaanderfiguur in die wêreld van die eksistensialis in Die son struikel, die patologiese figuur in Mens-alleen en die buitestander in diekomplekse
mikro- Kosbiese wêrelde van dieromans
van Etienne Leroux: Diemugu, Sewe
dae by die Silbersteins en, as hoogtepunt,Een
virAzazd.
Die keuse van
romans
by hierdie ‘gevallestudie’ is goed verteenwoor- digend van die verskillende kategorieë vanuit die hoek van karakterise- ring.Tog
twyfel ’nmens
of dit in orde isom
diewerk van
Berta Smit verby te gaanmet
slegs ’n tweemalige verwysing na Dieman met
die kitaar. Die vrou en die bees verg as besondere soortroman
tog ’n stand- punt.En
kan ’n werk wat in 1975 afgerond is,swyg
oorJohn
Miles seOkker
bestel twee toebroodjies as dit aanspraakmaak op
behandeling vandie Afrikaanseroman?
Hoe
ditook
al sy, ’nmens kan
tot op groot hoogtesaamstem met
die aanspraak wat die skrywer in die slot
maak:
“’nOndersoek
na karakter volgens diémetode maak
’n geslaagde klassifikasie van karak- ters moontlik, want die voorgestelde indeling van karakters... is deur die materiaal as geldig bewys. Dié klassifikasie is nie bloot beskrywendnie,
maar
vervulook
’neksegetiese funksie.. .’’.Ongekwalifiseerd geslaagd is veral die uiteensetting van metodes van karakterisering,
wat
vir enige ondersoekerwat
hierdiewerk
gebruik, ’n belangrike toegang tot veral dienuwer
werke verleen. ’n Besondere trek van die werk is die eksegese wat veral by die behandeling vannuwer
werke namy mening
toenemend voorkom, asof die skrywer eers laterdie waarde van die instrument in syhand
sterker begin aanvoel, in besonderin die Leroux-studie.
Daarby
getuig die kritiek waartoegekom word
in die lig van die beskrywing van die karakter en die afgeleide ‘intensie’met die besondere karakter van goeie insig in die
roman
as genre.Onge-
lukkig slaan ’n vaskleef aan tipologisering as doel tognog
deur, soos by die behandelingvan Ruud
inSchoeman
seOp
’n eiland,wat
as ver- teller-karakter “volledig kommunikatief’’genoem word maar
op grond 73van die “gebrekkige kommunikatiwiteit... binne die verhaalsituasie” tog
lei tot ’n klassifikasie van dié
werk
as nie-kommunikatief (p. 135).Dit lyk te veel of die
werk noodgedwonge
’n stempelmoet
kry, en’n
mens
dink aan EtienneLeroux
sewaarskuwing van
weleer teen eti- kettering, sy ditdan ook
van ’n ander soort.Maar
dit is verblydend dat Smuts somin
in hierdie tipe slagyster trap. Die grooiste bydrae lewer hy wanneerhy
deur sy stof meegesleurword
tot ’n verantwoorde ekse- gese van individuele werke vanuit sy gekose benaderingshoek.Beido wat uiteensetting van die
romans
en die teoretisering betref, bly Karakterisering in die Afrikaanseroman
’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse literatuurstudie en tot studie van dienuwer roman
in beson- der; trouens, dit is nie vergesogom
dit as een van die beste studies oor die buitestaander te beskou nie, en inderdaad ’n belangrike baken in die ontwikkeling van ons romankritiek watnog
in sy kinderskoenestaan.P.V. vir C.H.O.
D. H.