In die vorige hoofstuk is tot die voorlopige slotsom gekom dat daar histories bepaalde kragte werksaam moet wees wat aan die skool die eienskap van vitaliteit besorg.
In hierdie hoofstuk word die begrip vitale skool en die de-/vitaliserende kragte daarin , wat (in 'n inter-aktiewe dinamika) binne die raamwerk van bepaalde benaderings en aan die hand van die dryfvere in die verskillende denkstro
minge figureer, onder die loep geneem. Hierdie voorgenome ondersoek dien as teoretiese agtergrond/model vir die onder
soek na die historiese de-/vitaliseringsverskynsel wat in die volgende hoofstukke aan die orde kom.
2.2 HISTORIES-FlLOSOFIESE PRES ISERING VAN DIE VITALE SKOOL AAN DIE HAND VAN BEPAALDE BENADERINGS EN DENK
STROHINGE EN DIE DINAHlKA WAT VERHOEDELIK DAARIN WERKSAAH IS
2.2.1 Algemene orientering
Die de-/vitaliseringdialektiek van die skool vertoon In be
paalde ontwikkelingspiraal (kyk 1.6.2.2.2: figuur 1) waarin In tese-antitese spanningsveld van bewaring versus vernu
wing (TOO, 1989:1-3) (histories) sigself trag op te los in die sintese van 'n bepaalde filosofie. Hegel (Taylor, 1975:86) beskou vooruitgang in hierdie terrne as 'n span
ningsveld waarin ontwikkeling in drie fases geskied, naam
lik tese, antitese en sintese (Gordon en White, 1979:176).
Die spiraal van vitaliteit en die de-jvitaliserende magte wat in die skool werksaam is, het 'n historiese verloop (kyk 1.5.7), en word geaktiveer in bepaalde historiese kon
tekse (kyk 1.5.8) en kan soos volg verduidelik word:
Die feit dat die uitgebreide familie vanwee 'n toenemende komplekse werklikheid nie meer in staat was om volle kul
tuuroordrag van die ouer geslag aan die opkomende geslag te maak nie, was die aanleidende oorsaak vir die ontstaan van die skool. Die skool is daarom in 'n sin 'n spieelbeeld van die gemeenskap: wat ook al die verwagtinge en probleme van die gemeenskap is, dit word weergegee in die aktiwitei
te van die skool (Lucas, 1984:5).
So byvoorbeeld berus die kurrikulum van die antieke Confu
ciaanse skool (kyk 3.A.4) op die tradisie en praktyk van voorvaderagting ter wille van nasionale oorlewing: die So
fiste se kurrikulum gee weer aan die nuwelinge in die Griek
se sosiale struktuur onderrig in die tegnieke van rykdom, praktiese mag en sosiale prestige (kyk 3.B.2.1) (vgl. in die verband Vittorino da Feltre se skool: 3.E.2.2). In So
krates se skool (kyk 3.B.2.2.2) val die klem op die behoud van die sosiale status quo, maar dit reik ook uit na ra
sionele verligting en die erkenning van die waarde van die individu.
Tradisie en verandering (progressie) kom dus in 'n voort
durende dialektiese verhouding te staan in die ontwikkeling
spiraal van die vitale skool.
volgens Dooyeweerd (1979:70) is daar 'n voortdurende inter
aksie en soms selfs 'n spanning tussen die kragte van tradi
sie en die van verandering (progressie). Die hervormer sien gewoonlik hoofsaaklik die kragteloosheid en traagheid van tradisie raak en nie altyd ook die dieperliggende krag
te wat 'n historiese gefundeerde behoudendheid en instand
houdingsmeganisme tot gevolg het nie. Sonder tradisie is kultuurvorming egter nie moontlik nie (Dooyeweerd, 1979:
71) • Historiese kultuurvorming, 66k deur die aktiwiteite van toerusting en voorbereiding deur en in die skool, be
hoort egter te ontvou en ontwikkel en nie vas te val in tra
disie nie (vgl. Confucius: 3.A.4).
Die mens word ook as lid van 'n gemeenskap in 'n bepaalde kulturele milieu onbewustelik beinvloed, omdat hy van kinds
been af blootstelling aan bepaalde historiesgefundeerde kul
turele invloede gehad het. Hierdie blootstelling vind 6ak, en vera1 in die skool, plaas. Die invloed en krag van tradi
sie is dus volgens Dooyeweerd (1979:70) veel sterker as die bydrae wat die enkeling (byvoorbeeld as hervormer) kan maak.
AIle historiese vormgewing, o6k van die skool en sy aktiwi
teite, vereis mag. Vormgewing vind nooit sonder stryd en worsteling plaas nie.
Die progressiewe wil van die vormgewer (byvoorbeeld die her
vormer) kom in konflik met die kragte van tradisie en be
houd (kyk 3.B.l), want tradisie is die somtotaal van die kultuur- en gemeenskapserfenis wat oor en deur geslagte oor
gedra is en waaroor In gemeenskap jaloers waak.
Enigiemand wat tradisie teenstaan of aanraak, kry dUs te doen met sekere kragte wat die verlede met die hede ver
bind, wat aan gemeenskappe identiteit gee, en oor geslagte heen strek (vgl. byvoorbeeld die sosio-politieke en onder
wysdebat wat tans hier te lande hieroor aan die orde is:
Clase, 1987:1: DOK, 1989:1-4; Bredenkamp, 1989:6).
Vooruitgang (progressie) en verandering het dUS volgens Dooyeweerd (1979:71) en Briggs (1988:2-3) 'n regmatige plek naas tradisie en die behoudende kragte as vormgewende magte in die historiese ontwikkelingsgang, ook van die skool.
Daarom sal die revolusionere en die hervormende gees van rekonstruksie, 66k van die skool, nie die verlede kan ne
geer nie, maar daarop moet bou as premisse waarvandaan na die toekoms uitgereik word. Die vitale skool het dus altyd 'n verlede, 'n hede en 'n toekoms. Om te bepaal of die skool as 'n vitale samelewingsverband funksioneer, sal die interaktiewe kragte wat op hierdie terreine werksaam is, in berekening gebring en geakkommodeer moet word. So kan 'n mens tot die beoordeling van die skool kom.
Onderwys en opvoeding is ingebed in die gebruike, tradi
dies, waardes en norme wat gangbaar is in die betrokke ge
meenskap (Power, 1982:227). AIle samelewingsverbande, ook die skool, het ook 'n opvoedingsfunksie. Opvoeding is eg
ter nie die hooftaak van die skool nie. Die primere taak van die skool is onderwys. Om hierdie twee take in perspek
tief te bring, word daar 'n opvoedings- sowel as 'n onder
wysfilosofie vir die skool benodig. So kan die skool as vi
tale samelewingsverband in eie reg funksioneer.
Volgens Power (1982:227) is die onderwystaak van die skool:
"the disciplining of the mind and communicating knowledge and skills", Gedissiplineerde denke aanvaar ook nie voor
skriftelikhede nie en is objektief, verdraagsaam, aanpas
baar en onafhanklik. Wanneer die skool daarin slaag om die kind se denkaktiwiteite s6 te dissiplineer is hy in staat om die kind op In dinamiese wyse toe te rus vir aanpassing in veranderlike en veranderende omstandighede. Daarteenoor berus indoktrinasie op In stagnante skool- en opvoedende on
derwysfilosofie. Indoktrinasie is ingebed in emosie, afge
slote en afgeperkte denke, voorafingenome standpunte en sub
jektiewe en onvolledige kennisinhoude.
Vanwee die deurlopende en standhoudende (vervolgens peren
niele) taak van onderwys en opvoeding (opvoedende onder
wys), is die skool in elke tydsgewrig 'n vitale struktuur.
Elke era bring nuwe filosofiese, lewensbeskoulike en opvoe
ding- en onderwysprobleme na Yore. Nuwe tendense en kragte tree vanuit verskillende en veranderende kontekste na yore en rig In anderse appel aan die skool om die kind toe te rus, te sosialiseer of selfs te indoktrineer in bepaalde uitgangspunte, ten einde die eksterne eise van die tyd te kan hanteer (vgl. Illich: 3.H.3.1).
Die primere kragte wat aanspraak en trefkrag op die skool het, is hoofsaaklik eksterne kragte, soos byvoorbeeld die toenemende aandrang om maatskaplike hervorming. In hierdie opsig is die humanisme in al sy mutasies (kyk 3.B.2.l:
3.E.2.2.1) In uitstekende voorbeeld: die eis om verandering en hervorming op ekonomiese, politieke en sosiale gebiede suur deur na die skool en vind neerslag in die rigting van sy aktiwiteite. Vergelyk in die verband Illich se onderwys
ontkoppelingsmodel (kyk 3.H.3.1).
Gedurende die Renaissance (vgl. Vittorino Da Feltre:
3 . E . 2 • 2) was vryheid byvoorbeeld die dryfveer en krag wat vernuwende vitaliteit aan die skool moes besorg. Die libe
raliste en humaniste van die verligting beskou weer die moontlikheid van selfontwikkeling en menswaardigheid as die krag wat die skool na hernuwing moet lei (vgl. 3.F.l). Die nuwe utopie moet onder meer bereik word deur die ontwikke
ling van die menslike rede en die skool se taak, vitaliteit en bruikbaarheid moet in die lig hiervan beoordeel word.
Dit is vandag nog steeds die geval. Die een persoon ervaar die skool in 'n kapitalistiese land en beoordeel die taak, funksie en vitaliteit daarvan in die konteks en terme van kapitalistiese verwagtinge, eise en modelle. 'n Ander per
soon leef in In Derde W&reldland met sy unieke en eiesoor
tige probleme en beoordeel die skool weer in In Derde W&
reldkonteks. Andere beleef weer die heersende gemeenskaps
orde as onderdrukkend en soek bevryding deur middel van die skool (kyk 3.e.l.l) in die dinamiek van In aangepaste skool
filosofie (en praktyk) as antwoord op hulle probleme.
Die mens word voortdurend gekonfronteer met uitdagings en nuwe kragte om te tem: die eis byvoorbeeld om sosiale mobi
liteit (McGurk, 1987:180-182); die eis om groter winste (Lu
cas, 1984:195): die eis om hoer inkomste , In gemakliker le
we of om die wapenwedloop te wen (Lucas, 1984:11). Al hier
die dinge dui op veranderde lewensomstandighede en selfs veranderde waardesisteme en andersoortige voorbereiding vir beroeps- en arbeidseise. oit is almal uitdagings aan die skool. Hierdie aspek is tans ook baie aktueel in die Repu
bliek van suid-Afrika (vgl. Gramin, 1989:9).
Voortdurende veranderende lewensomstandighede stel telkens nuwe eise en uitdagings aan die skool. Ten einde hierdie uitdagings te akkommodeer, moet die skool aanpasbaar en di
namies wees en dus oor 'n bepaalde veerkragtigheid, aanpas
singsvermoe en vitaliteit beskik.
Ten einde sy vitaliteit te behou, te rig, te reguleer en te beheer, is die skool ook afhanklik van en word bedien deur 'n beheer- en infrastruktuur. Hierdie beheer- en infra
struktuur vereis en veronderstel In hierargiesgeordende bu
rokratiese amptenary, sodat die skool glad kan funksioneer en sy aktiwiteite geidentifiseer (TOO, 1984:3-4), omskryf en bepaal kan word (TOO, 1984:5-10), sodat In behoorlike in
frastruktuur geskep en in stand gehou kan word (TOO, 1983:
49-53) en die amptenary opgelei kan word (TOO, s.a:1-181 TOO, 1983:9-48; DNO, 1983:3).
uit die voorgaande beredenering kan afgelei word dat die ge
dagte van vitaliteit van die skool dui op aksie en reak
sie. Vitaliteit, in die geval van die skool, dui op die skool se vermoe om te reageer op en in interaksie te tree met sy vervlegtingstrukture binne bepaalde kontekste en bin
ne sy bevoegdheidsterrein. Vitaliteit dui op onderwysakti
witeite (ook opvoedende onderwys) wat onder meer kultuuroor
drag en -ontplooiing maksimaliseer en die kind sosialiseer, sy logiese funksie in samehang met sy ander funksies ont
plooi, hom toerus en voorberei om sy taak as kultuuront
plooier te kan uitvoer en wat die kind tot selfaktualise
ring lei.
Die ontstaan van nuwe vakke, ander leeraktiwiteite, vakin
houde, onderwyshulpmiddele en -tegnieke, is die gevolg en bewys van die skool se aanpassingsvermoe.
Benewens die pasvermelde kragte bestaan daar ook dieperlig
gende kragte, soos byvoorbeeld die etos van die verborge kurrikulum (kyk 3.H.4), wat in die tradisionele waardesiste
me en religieuse grondmotiewe wat in die gemeenskap werk
saam is, gefundeer is. Hierdie kragte verskaf rigting aan die skool, want dit is gegrond in die geheel van volk/ge
meenskap se leefwyse, naamlik sy kultuur (Bredenkamp, 1989:
4). oit dui op bepaalde verwagtinge wat die gemeenskap oor die skool het.
Oie gemeenskap se verwagtinge van die skool berus op bepaal
de historiese antesedente en op die outentieke kennis van behorenseise wat onderhewig is aan 'n bepaalde lewensopvat
like onderbou, uitgangspunt(e) en kontekstuele raamwerk(e).
Hierdie behorenseise manifesteer as gevolg van religeuse grondmotiewe in die onderskeie skoolmodelle waarin die ge
meenskap/hervormers se siening van die skool geprojekteer is/word.
Oie religieuse grondmotief vind ook uiting in die histories
gefundeerde eksterne ontwikkelingskragte wat uit die dinami
ka van kultuurontp1ooiing spruit. Oit manifesteer sigself as 'n veranderlike en veranderende appal tot die skool en is de-/vitaliserend van aard.
Histories kan die de-/vitaliseringsdialektiek van die skool herlei word na die dunamis wat beslote is in die geidenti
fiseerde religieuse grondmotiewe, naamlik die vorm-materie, die natuur-genade, die natuur-vryheid en die skepping-sonde
val-verlossing-grondmotiewe onderskeidelik (kyk Dooyeweerd, 1960:35-36, steyn et al., 1982:40-48) (vgl.·1. Duvenage se makrovlak hieronder).
Binne die raamwerk en onder primaat van 'n bepaalde reli
gieuse grondmotief, het daar (onder druk van historiese ge
beure en kragte werksaam in die gemeenskap) in verskillende tydvakke en onder wisselende omstandighede, bepaalde skool
teoretiese en -filosofiese benaderings ontstaan. Hierdie benaderings het binne die raamwerk van bepaalde denkstromin
ge wat in die gemeenskap voorgekom het, gemanifesteer. Bin
ne hierdie denkstrominge is/was bepaalde historiese kragte werksaam wat 'n unieke dinamika tot verandering en aanpas
sing in die skool bewerkstellig (het) (vgl.·2. Duvenage se mesovlak hieronder).
Ten opsigte van die skool het verskillende historiese mag
hebbers/eksponente na yore getree wat onder primaat van In bepaalde religieuse grondmotief en binne die konteks van 'n bepaalde denkstroming, sy eie unieke interpretasie aan die skool, sy wese, sy terre in en sy taak geheg het (vgl.*3. Du
venage se mikrovlak hieronder). Sulke maghebbers/ekspo
nente het eiesoortige innovasies en kragte gemobiliseer wat bepalend vir die skool in die besondere tydvak en dikwels ook vir die toekoms van die skool was.
*
Duvenage (1983:30-32, 58-59) bied In insiggewende perspektief ten opsigte van die kontekstuele vlakke in die dinamika van wetenskapsvorming.Duvenage (1983:31) verklaar dat baie wetenskaplikes in die vrees leef dat hulle die terre in van hulle vakge
bied verlaat sodra hu1le oor die grondslae en agter
gronde van hulle wetenskapvorming besig raak. Hy (Du
venage) meen egter dat hierdie vrees ongegrond is, om
dat die veld v~n ondersoek kontekstueel saamhang met 'n groter werklikheid en dat dit daarom onmoontlik is om wetenskaplik net beperk te bly tot die mikrovlak.
Elke wetenskaplike (en ten opsigte van die skool: die historiese maghebbers/eksponente) handel volgens Duve
nage (1983:30-32, 58-59) in sy formulering en beoorde
ling van die werklikheid binne die raamwerk, perspek
tiewe en samehang van die werklikheid op drie vlakke.
Dit kan soos volg verduidelik (en op die skool betrek) word:
1. op die makrovlak opereer die historiese magheb
ber/eksponent vanuit sy voorwetenskaplike oortui
gings/religieuse grondmotiewe (kyk 1.6.2.2.1;
1.6.2.2.2) wat hy aangaande God, die mens en die werklikheid het. Uit hierdie oortuigings formuleer
die betrokke eksponent filosofiese modelle (byvoor
beeld 'n bepaalde antropologie, ontologie of'n epistemologie) en plaas dit in verskillende kontek
ste, byvoorbeeld God en die mens (of God en die skool). Hierdie religieuse grondmotiewe is die du
namis wat die handelinge van die eksponent op voor
wetenskaplike vlak rig.
2. Op die mesovlak perk die historiese magheb
bers/eksponente die bostaande af na 'n filosofie in verband met bepaalde aspekte van die werklikheid, byvoorbeeld die skool. Hierdie handelinge word ver
woord in bepaalde teoriee en benaderings, byvoor
beeld die relativisme (kyk 2.2.2.1). Binne hierdie raamwerk ontstaan bepaalde denkstrominge, byvoor
beeld die pragmatisme (kyk 2.2.2.1.1). Hierdie denk
strominge kan as betekenisstrukture beskou word, want hulle word in paradigmas verwoord en rig be
paalde houdings, aspirasies, waardes en norme. Die denkstrominge het dus 'n bepaalde betekenisdraagwyd
te wat ook ten opsigte van die skool implikasies het.
Die betrokke eksponent plaas die onderskeie teoriee en denkstrominge in 'n bepaalde konteks, byvoor
beeld die skool en die gemeenskap: die skool en die kind. Binne hierdie denkstrominge is bepaalde krag
te werksaam. (In hierdie ondersoek is hierdie krag
te en die interaktiewe kragtespel ook op die manier geidentifiseer en beoordeel).
3. Op die mikrovlak handel die betrokke eksponente met die kensubjek, byvoorbeeld die skool en die ken
bare aksiegebied, byvoorbeeld opvoedende onderwys.
In hierdie ondersoek is al hierdie vlakke in bere
kening gebring, implisiet en eksplisiet beoordeel en op die skool betrek.
Met betrekking tot die de-/vitaliseringsdialektiek van die skool word vervolgens enkele fundamentele benaderings gei
dentifiseer. Binne hierdie konteks sal 'n aantal denkstro
minge, byvoorbeeld die pragmatisme, uitgelig en bespreek word. Die interaktiewe kragtespel en die dryfvere van die verskillende maghebbers, wetenskaplikes en teoretici wat binne die onderskeie strominge as eksponente werksaam was,
sal toegelig word. Daarbenewens sal die strydende/botsende pole in die (be)heersende religieuse grondmotief ook aange
toon word.
2.2.2 Die verskillende benaderings as raamwerk vir, as
ook die verskillende dryfvere werksaam in die ont
plooiing van die vitale skool
2.2.2.1 Die relativisme as raamwerk vir die ontplooiing van die vitale skool
Kenteoreties beskou die re1ativisme die waarheid van weten
skaplike uitsprake as relatief tot die tyd waarin dit ge
doen is. Die term relatief dui daarop dat waardes en nor- me nooit absoluut is nie. Relatiwiteit dui dus op 'n aan
pasbare betrokkenheid by veranderlike situasies.
Daarbenewens ontken die etiese relativisme die bestaan van algemene en tydlose maatstawwe waarvolgens tussen goed en kwaad onderskei kan word. Etiese gedragsnorme is immer wis
selende historiese situasies en uiteenlopende maatskappyvor
me wat histories bepaald is (Anon., 1976g:433).
2.2.2.1.1 Die pragmatisme en relatiwiteit tot praktiese bruikbaarheid as dryfveer vir die ontplooiing van die vitale skool
2.2.2.1.1.1 Inleiding
Die imp1ikasies van die pragmatisme is dat aIle waarheid
relatief tot die praktiese situasie is (deur die toepassinq van die induktiewe metode) en dat beqrippe net requlatiewe betekenis vir die menslike handelinq het (Anon., 1976c:331).
2.2.2.1.1.2 Die pragmatistiese beskouinq oor die dinamika vat tot die vitale skool lei
Die pragmatisme kan teruqqevoer word na die revolusionere sieninqs van die Sofiste (kyk 3.B.2; 3.G.1).
Die basiese uitqanqspunte van die pragmatiste ten opsiqte van die skool is: induksie of die wetenskaplike metode en bewyslewerinq as toets vir die denke (Francis Bacon, 1561-1626; Pierce et al., 1955:145-152: Kilpatrick, 1928:12-15): die belanqrikheid van ondervindinq (Locke, 1632-1704): naturalistiese humanisme en vryheid (Rousseau, 1712-1778) en die verhouding tussen wetenskap en kultuur (Auguste Comte, 1798-1857) (Ozmon en Craver, 1981:81-87,97;
Wirth, 1979:21; Anon., 1976b:330-331).
Volgens die pragmatisme is die vitaliteit van die skool ge
lee in die feit dat die skool 'n plek is waar kreatiewe leer plaasvind in 'n voortdurende proses van ryping, verfy
ninq en vervolmaking van die individu (Anon., 1985d:231;
Gunter, 1964:164-233). Die skool se vermoe om die kind vir die praktiese lewensituasie op te voed, bepaal die mate van vitaliteit in die skool (Kilpatrick, 1928:106-136).
Oit wil se die skool kan eers as 'n vitale organisme beskou word wanneer dit die kind voorberei om sy kennis op 'n prag
matiese en utilistiese wyse aan te wend om hipoteses te toets in plaas van die passiewe aanvaarding van oorgelewer
de waarhede en soeke na abstrakte waarhede (Ozmon en Cra
ver, 1981:92; Gunter, 1976:166-167; Kilpatrick, 1961:
242-252).
Die dinamika van en dryfveer in die onderrig-Ieersituasie is dus gelee in die selektering van daardie ervarings wat waarlik instrumentele leer bevorder (kyk Dewey: 3.G.3) aan die hand van die beginsel van kontinuiteit en interaksie.
Kontinuiteit dui op die proses van aaneenskakeling van leer
ervarings wat persoonlike groei bevorder. Daarbenewens be
staan In interaktiewe dinamika tussen die leerder en sy om
gewing. Die prikkels wat hierdie dinamika bewerkstellig, moet met groot sorg deur die onderwyser geselekteer word (Fowler, 1987a:61; Gunter, 1964:183-185; Wirth, 1979:64-68;
Power, 1982:140).
Hierdie leerervarings moet in In demokratiese skoolopset deur gesosialiseerde en gemeenskaplikgekommunikeerde erva
rings oorgedra word aan die hand van, wat Lucas (1984:168) en Kilpatrick (1961:314/ 317-319), lewensrealiteite noem.
Goed en sleg word in terme van bruikbaarheid gemeet, en ken
nis is morele kennis, want dit behels maatskaplike belange (James, 1907:79-801 Ozmon en Craver, 1981:94-95). AIle op
voeding en onderwys behels volgens Dewey (1944:360) die ont
wikkeling van moontlikhede om effektief in die gemeenskap wat die oorkoepelende moraal is - te funksioneer. Vol gens Dewey (1944:122-123) is gesosialiseerde leer karaktervor
mend en dit werk mee tot die gemeenskaplike goed. Sosiale en persoonlike doeltreffendheid is dus sinoniem (Dewey, 1944:122-123).
Die pragmatisme onderskryf dus die hegemonie van die huma
nistiese vryheidspool. (Dewey, as belangrike eksponent