• Tidak ada hasil yang ditemukan

Onderwys Witskrif en die rol van die tegnologiekoördineerders

Die Onderwys Witskrif voorsien dus ’n strategiese raamwerk om opvoedkundige instellings ondersteun om IKT in onderwys te vestig. Die Witskrif beskou dus IKT-koördinering as be- langrik ten opsigte van ontwikkeling, implementering en monitering van IKT-planne (Depart-

19

ment of Education, 2004). Die Departement van Onderwys (2007) se beleid op e-Onderwys, het ten doel om skole landwyd te transformeer in kwaliteitonderrig en leersentrums vir die 21ste eeu. Hierdie afdeling bied ‘n uiteensetting van die Departement se beleid op e-

Onderwys; die bepalings wat in die beleid vervat word; die pad vorentoe asook die mate van ondersteuning van regeringskant ten opsigte van tegnologiese ondersteuning by skole.

Die uitbreiding van IKT noop betekenisvolle veranderinge in onderrig en leer. Fokus word geplaas op doeltreffende ontwikkelingsintervensies om die koste van die lewering van basie- se gemeenskapsdienste te verlaag. IKT het ook die potensiaal om die kwaliteit van onderrig en leer te verbeter deur veranderde werkswyses, nuwe vennootskappe, en ‘n eweredige ver- spreiding van opvoedkundige geleenthede. Meeste van hierdie ideale word ondermyn deur fiskale verpligtinge, ondoeltreffende infrastruktuur, en swak koördinering. Beste praktyke om volhoubare IKT in Suid-Afrika in werking te stel, is nog nie duidelik nie (Department of Edu- cation, 2007). Betekenisvolle vordering is reeds gemaak in die Wes-Kaap (Khanya) (WCED, 2011), met minder sukses in Gauteng (Gauteng Online) (Gauteng Provincial Department, 2009) en die Noord-Kaap (Connectivity Project) (AllaAfrica.com, 2005). Slegs ongeveer 6,4% van alle Suid-Afrikaners het private toegang tot die Internet. Pogings deur skoolbe- stuur om IKT in onderwys te implementeer vereis ondersteuning van die kant van die Rege- ring in terme van beleidformulering om ongelykheid van byvoorbeeld Internettoegang op te hef (Department of Education, 2004).

Die Departement van Onderwys is die afgelope dekade aktief betrokke op die gebied van IKT. Die Ministerie van Onderwys het in Augustus 2004 die Witskrif op e-Onderwys gepubli- seer: “Transforming Learning and Teaching through ICT. Dit is ‘n omvangryke analise van die pedagogiese, sosiale en ekonomiese voordele van onderwys in en deur die nuwe tegno- logieë, en stel ‘n gefaseerde benadering voor om te verseker dat alle leerders IKT-bevoeg sal wees teen 2013. Hierdie dokument erken die massiewe investering wat vereis word om hierdie doelstelling te bereik, en bepleit aansienlike bydraes deur die private sektor in same- werking met die regering (Department of Education, 2004).

Vir suksesvolle IKT integrasie moet gesamentlike pogings deur die skoolbestuur en onder- wysers aangewend word ten einde ‘n konsekwente en volhoubare IKT-program te verseker (Newman & King, 2000). Volgens Leithwood en Louis (2004) is suksesvolle leierskap ver- bind tot die daarstelling van doelstellings en duidelike visie, POO, infrastruktuur, en uitbou van kultuursamewerking. Skoolbestuur moet op ‘n aktiewe wyse planne beraam om onder- wysers, tegnologiekoördineerders en ouers te bemagtig om die skool se visie te kommuni-

20

keer (Bennett, 1996). Leierskap van die tegnologiekoördineerder kan bydraend wees tot die uitbou van hierdie doelwitte. Om ‘n tegnologie-ondersteuningstelsel in plek te kry en ‘n leer- omgewing in skole skep om opvoeders se tegnologiese en pedagogiese vaardighede te ont- wikkel, is noodsaaklik vir die gestruktureerde integrering van IKT in onderrig en leer (Dexter, 2008). Tegnologie is nodig om opvoedkundige transformasie te bevorder, en nie net inno- verende modelle van onderrig en leer te versterk nie. Ten einde die POO van skoolhoofde en onderwysers in onderrig en leer te verwesenlik, het die Witskrif op e-Onderwys strategie- se doelwitte daargestel om sodanige ontwikkeling te verseker. Dit is noodsaaklik om die be- nadering wat die Witskrif daargestel het in die vorm van drie fases van nader te bekyk (De- partment of Education, 2004).

Die eerste fase word gekenmerk deur sisteemwye en institusionele gereedmaking om IKT in onderrig, leer en administrasie in te voer. Dit behels die uitbou van ‘n onderwys- en oplei- dingstelsel om die integrasie van IKT in die onderrig en leersituasie te ondersteun. Die t- weede fase behels die vestiging van ‘n IKT-teenwoordigheid by instellings, die ontwikkeling van e-leerinhoud van ’n hoë kwaliteit, die koppeling van onderwysinstellings met die Internet vir elektroniese kommunikasie, en die ondersteuning van gemeenskappe deur middel van skole se IKT-fasiliteite. Die derde fase behels dat IKT op alle vlakke van die onderwysstelsel geïntegreer moet word (bestuur, onderwys, leer en administrasie). Die doel van hierdie fase is dat provinsiale onderwysdepartemente IKT moet aanwend in alle aspekte, soos kommuni- kasie, bestuur, evaluering, beplanning en monitering te fasiliteer (Department of Education, 2004).

Die Witskrif vereis dat onderwysers en leerders oor die vermoë moet beskik om IKT sukses- vol en kreatief te gebruik, en van onderwysers word verwag om IKT in hulle onderrig en leer- praktyke te integreer. Die doeltreffende gebruik van IKT hang af van drie bepalende faktore, naamlik die koste daaraan verbonde, die doelgerigte aanwending van IKT, asook die kwes- sie van volhoubaarheid (Van Niekerk, 2009).

Die integrasie van IKT in onderrig en leer verwys na enige moontlike gebruik van rekenaar- tegnologie binne die skoolkurrikulum, soos byvoorbeeld, toerusting vir kommunikasie- doeleindes (e-posse, video-besprekings, e-leer); algemene toerusting (woordprosessering, aanbiedings, webgebaseerde publikasies); toerusting vir onderrigdoeleindes (aanlyn lesse, interaktiewe witborde, rekenaars, dataprojektors); rekenaarondersteunde sagteware (inoe- fenprogramme vir verskillende vakinhoude); asook toerusting vir bestuursdoeleindes (skoo- ladministrasie, publisering van uitslae en algemene korrespondensie) (McFarlane & de Ricj-

21

ke, 2001). Skole wat IKT in hulle onderrig en leer gebruik, ervaar verskeie voordele, aange- sien dit gedifferensieerde aktiwiteite binne een klaskamer aanmoedig. In sodanige geïnte- greerde benadering, word kennis, vaardighede en denkwyses rondom verskeie tradisionele vakke gekombineer ten einde leerders te help om die verlangde uitkomstes te kan bereik (Pelgrum & Anderson, 1999a).