• Tidak ada hasil yang ditemukan

3.3.1 Doel van die studie

SITES M2 het gefokus op die verband tussen IKT en innoverende pedagogiese gebruik in onderrig en leer. Die studie is uitgevoer van 1999 tot 2002 en het bestaan uit kwantitatiewe en kwalitatiewe komponente. Dr. Robert Kozma het as die INK opgetree (Kozma et al., 2003).

25 3.3.2 Navorsingsontwerp en -metodologie

Die studie het bestaan uit 174 gevallestudies met betrekking tot die innoverende gebruik van IKT in die 28 deelnemende lande en onderwyssisteme. Die kwalitatiewe komponent het in- diepte inligting verskaf met betrekking tot die deelnemers en lande, terwyl die kwantitatiewe komponent die tendense tussen lande ondersoek het. Die studie het gefokus op die IKT- gebruik op mikro-, meso-, en makrovlakke van onderwyslewering. Navorsing op die mikro- vlak het bepaal hoe innoverende pedagogiese praktyke teweeggebring kan word; die meso- vlak het gemeenskapsbetrokkenheid en ondersteuning op skoolvlak bepaal, terwyl die ma- krovlak die nasionale en plaaslike beleid met betrekking tot IKT-integrering beskryf het. Die navorsingsvrae het hoofsaaklik vier probleemareas aangespreek: (i) IKT en innoverende klaskamerpraktyke, (ii) IKT en die kurrikulum, (iii) IKT en die skoolomgewing, en (iv) IKT en beleid (Kozma & McGhee, 2003). Hierdie vier aspekte word vervolgens bespreek.

3.3.3 Bevindings

3.3.3.1 IKT en innoverende klaskamerpraktyke

Die studie het baie ooreenkomste tussen die verskillende lande en onderwysstelsels aange- dui. Die rol van die onderwyser het grootliks verander van bron van kennis na die van be- stuurder of fasiliteerder van onderrig en leer. Leerders het terselfdertyd meer betrokke ge- raak by verwerwing van kennis, en het groter verantwoordelikheid begin aanvaar vir die ken- nis wat hulle verwerf het. Sommige onderwyssisteme het meer gefokus op die gebruik van IKT-gedrewe kommunikasievaardighede en spanwerk, terwyl ander sisteme gekonsentreer het op kreatiewe denkvaardighede en leerdergesentreerde pedagogiek. Oor die algemeen het leerders en onderwysers toenemend gebruik gemaak van bronne buite die skool om in- ligting in te samel. Algemene produktiwiteitsgereedskap was veeldoelige pakkette (woord- verwerkers, sigblaaie, databasisse, en aanbiedingsagteware), e-pos en die Internet. Die ge- bruik van nuwe innoverende tegnologie (mobiele telefone, interaktiewe witborde, digitale la- boratoriumtoerusting) het ook meer voorgekom (Kozma & McGhee, 2003).

3.3.3.2 IKT en die kurrikulum

Hierdie gedeelte van die studie het gefokus op die implementering van beleidsdokumente in skole, en op nuwe beleidsdokumente wat verandering in onderrig en leer bewerkstellig het.

Van die 174 gevalle, het slegs 27% van die deelnemers van nuwe inligting gebruik gemaak

26

tydens onderrig en leer; 37% het hulle onderwysdoelwitte aangepas om by IKT-verwante metodologieë te pas; en slegs 18% het aangedui dat IKT ‘n wesenlike verskil gemaak het ten opsigte van die wyse waarop hulle die kurrikulum aangebied het. In die gevalle waar IKT wel gebruik is, het onderwysers ‘n positiewe houding ontwikkel jeens hervorming in onderwys.

Leerders het ook meer selfvertroue ontwikkel oor hulle onderrig- en leervaardighede omdat hulle meer selfstandig studeer het (Voogt & Pelgrum, 2003).

3.3.3.3 IKT en die skoolomgewing

Drie faktore het ‘n invloed uitgeoefen, naamlik die skoolkonteks, lewensvatbaarheid van in- novasie, en die oordraagbaarheid van innovasie. Die eienskappe van die verandering wat moet plaasvind is geïdentifiseer as die behoefte van die skool om sy onderwysers toe te rus met pedagogiese vaardighede, die vertroue wat skoolhoofde het in onderwysers se ver- moëns om aan te pas by innoverende omstandighede, die onderwysers se vermoëns om te aanvaar dat leerders sal baat vind by innoverende onderrig en leer, en die erkenning van die waarde van innovasie as motivering vir onderwysers. Professionele ontwikkeling en onder- steuning van onderwysers is as die belangrikste aspek uitgewys om innovasie in onderrig en leer moontlik te maak. Die rol van die skoolhoof is uitgesonder omdat deurlopende onder- steuning en ontwikkeling hoofsaaklik deur die skoolhoof moontlik gemaak word, en bevorder behoort te word. Van die eksterne faktore wat ‘n rol gespeel het tydens innoverende onder- rig- en leerpraktyke was gebrekkige ondersteuning vanuit die gemeenskap, veral vanuit die professionele gemeenskap soos universiteite en die privaatsektor. Ander ondermynende faktore was onvoldoende toerusting, oorwerkte onderwysers, beperkte rekenaarvaardighede van onderwysers, en gebrekkige toegang tot rekenaars en die Internet (Owston, 2003).

3.3.3.4 IKT en beleid

Verskeie faktore met betrekking tot nasionale beleidsverandering is ook ondersoek. Faktore soos watter IKT-strategieë die mees voordelige veranderings teweegbring; die verryking van leerderervarings in klaskamers; die ontwikkeling van IKT-kapasiteit in skole; IKT-vaardighede van onderwysers en leerders; en die stel van nasionale leerdoelwitte. Plaaslike doelwitte het verskil van een land tot die volgende met betrekking tot die verskillende onderwysstelsels.

Byvoorbeeld, sommige stelsels het die ontwikkeling van hoër kognitiewe vaardighede bevor- der, terwyl ander onderrig- en leermetodologie wou bevorder. Ongeveer 50% van die deel- nemende lande het saamgestem dat innoverende nasionale en plaaslike IKT-beleid meet- bare innovering tot gevolg gehad het. Die soorte verandering wat geïdentifiseer is, sluit on-

27

der andere in: vaardigheidsontwikkeling met betrekking tot inligtingsbestuur, kennisverwer- wing, kennisinsamelingstrategieë, en samewerkingstrategieë tussen rolspelers. Voortdu- rende professionele ontwikkeling vir onderwysers en skoolhoofde is noodsaaklik om sukses- volle implementering van IKT-beleid en klaskamerpraktyk te verseker. Assesseringstrate- gieë moet terselfdertyd aangespreek word om te verseker dat innoverende gebruik van IKT op nasionale vlak kan plaasvind (Jones, 2003).