• Tidak ada hasil yang ditemukan

(021) 22-2033 Nou die dag lees ek 'n Konferensie is fn ve

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "(021) 22-2033 Nou die dag lees ek 'n Konferensie is fn ve"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

',l

CD

BARSKYK

,

.

F VAN ZYL SLABBERT

AAN: CHRIS LOUW DIE SUID-AFRIKAAN

FAKS NO.: (021) 22-2033

Nou die dag lees ek 'n Konferensie is fn versameling individue wat individueel niks kan vermag nie maar gesamentlik kan besluit dat niks gedoen kan word nie. Dit sou op hierdie stadium miskien fn onveilige harde oordeelodr' KODESA wees, maar dit is duidelik dat verwagtings, vordering vooruit loop wat

resultate betref. Gegee die agtergrond waarteen die onderhandelinge daar plaasvind moet mens nie te ongeduldig wees nie. Daar is sekere elemente in die dinamiek van ons oorgang wat die pas amper onvermydelik gaan vertraag.

Byvoorbeeld dit is duidelik dat die partye mekaar beide as onderhandelaars en politieke mededingers benader. As onderhandelaars is hulle veronderstelom met so min passie en betrokkenheid moontlik te beding oor nuwe reëls vir die politieke spel. As mededingers speel hulle al klaar met mekaar voordat die reëls geformuleer is. En dis nie asof dit katolieke en protestante is wat oor

'n modus vewende : gesels nie. Met ander woorde waar hulle min of meer

aanvaar dat ieder se kiesafdeling konstant en nie prosiliteerbaar is nie. Pik Botha word leier van die Transvaal en verklaar sy taak om soveel swart stemme vir die NP te werf as wat hy kan. Joe Slovo, in wat blykbaar nou fn gereelde rubriek in Business Day gaan wees onder die titel Red Alert - (genade is 'n meer sensasionele simptoom van oorgang denkbaar!) - noem Pik se verklaring ongelooflike Chutspah, maar weet hulle gaan mekaar die stryd aanpak, gelyke speelveld al dan nie. Die gevaar dat jy kan help om fn speelveld gelyk te maak net om te eindig sonder fn sterk genoeg span om te speel beduiwel noodwendig onderhandelinge.

fn Ander element is die lastige verhouding tussen mag en verantwoordelikheid.

Dit lyk soms of die regering gretig is om vir die ANC verantwoordelikehid te gee maar nie te veel mag nie, terwyl die ANC gretig is om mag te bekom maar nie te veel verantwoordelikheid nie. Ook verstaanbaar wat laasgenoemde betref want verantwoordelikheid beteken ook dat jy moet deel van die sondes van die verlede en dit kan mens se beloftes oor die toekoms ietwat verdof. fn Interim regering beteken presies dat mag en verantwoordelikheid gedeel moet word in die gemeenskaplike administrasie van oorgang. Kafka se woorde is hier gepas

"A11e resolusies verdamp en laat in hulle gang die slym van fn nuwe

burokrasie." Ons ploeter nou almal nog rond in die slym van die oue wat van korrupsie, sluipmoorde en uitwissing van opponente gepraat. Voordat die slym van die nuwe begin wilopponente eers 'n bietjie kantlyn toe skop vir fn blaaskans.

jDit

(

(2)

- 2 -

Dit gaan natuurlik niks help nie. Suid-Afrika staan nie op die punt van 'n absolute nuwe begin nie. Daar kan nie van meet of aan 'n nuwe burokrasie of splinternuwe regering geskep word nie. Nuwe politiek doen gemene sake met ou mandaryne in oorgangstrukture. Sondes, vergifnis en nuwe sondes pak vas in die drukgang van onderhandeling, en stadig begin die bewustheid deursyfer dat dit maar net ons ou klompie hier is wat die krakerige wa deur die drif moet trek. Maar dit neem tyd.

Dan natuurlik is daar die bykans universiële politieke dilemma om 'n

versoening te bewerkstellig tussen kompromis en kiesafdeling. Hoe vertaal 'n mens die lapel vreterige solidariteit van die ronde tafel met sy gee en neem oor ure heen, afgewissel met alkoholiese verligting by gemeenskaplike

drinkplekkies aan die volgelinge wat daar buite in die koue in ongeduld mekaar staan en uitbie oor hoe hulle leiers die ander ouens gaan ore aansit? Dit neem nie lank voor 'n kompromis 'n uitverkoping word nie waar ou leiers vir niks opgetel kan word nie - vir dié wat belangstel. Die grootste uitdaging van KODESA bly maar dat die geloofwaardigheidslyn tussen die ronde tafel en die kies afdeling nie oorspan word nie. Dit neem tyd om aan ons hier buite mooi te verduidelik dat ons nie daar verneuk word nie. Dit kan soms 'n bietjie langer neem voordat 'n genoegsame hoeveelheid van ons dit glo om onderhandelinge die moeite werd te maak.

Maar nouja, niemand het belowe dit gaan maklik wees nie of het iemand?

drvan/vrn 13.5.92

Referensi

Dokumen terkait

Hierdie studie gaan nie probeer om so iets vas te stel nie, maar eerder om te kyk of die moontlikheid dalk bestaan dat daar ’n baie fyn, goue draadjie deur die Ou Testament loop met

Die missionêre dimensie behoort nie aan Paulus nie en ook nie aan sy medewerkers en voorgangers nie, maar aan God wat deur sy Gees magtige of kragtige werkinge verrig en gelowiges

Daar moet eers be1Jaal word watter tipes aktiwiteite die nuwigheid gebruik van maak en wat die werklike waarde van die inhoud is wat dit die leerling deur leer laat venJerf.. Uit dio

Die spore van Psalm 110:l word hier deel van 'n nuwe argument, maar aangesien dit vir die lesers bekend en aanvaarbaar is, kan hulle nie anders as om te voel dat hulle, ter wille van

• DIE WAPAD, VRYDAG, 4 JUNIE 1971 Teken van Smart Magte , TEKENS EN SIMBOLE word deur die bele wereld gebruik om bepaalde geestesstrominge weer tt gee.. 'o ,Nuwe" 'maar tog ou

Ons letterkundige kritiek moet gered word uit die verwarring waarin dit verval het deur gebrek aan standaarde en veral univcr- siteitstudente wat geroepe is om die wetenskap te dien,

Alhoewel liggaamlikheid en die belewing van die seksuele bekende temas is in De Lange se werk, word dit deur ’n nuwe lens beskou, veral waarneembaar in die volgende kwatryn 71: Hier

Hoewel daar nog bier en daar Xhosa gepraat word en die donker gelaatskleur bulle van die ander groepe onderskei, Rynse kerkgebou wat tans deur die N.G.. sendlnggemeente asplek wn