• Tidak ada hasil yang ditemukan

Calvatia Fr. (Fungi, Lycoperdaceae) in suider-Afrika: 50 Jaar na Bottomley

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Calvatia Fr. (Fungi, Lycoperdaceae) in suider-Afrika: 50 Jaar na Bottomley"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v32i1.835 Referaatopsomming

Calvatia Fr. (Fungi, Lycoperdaceae) in suider-Afrika: 50 Jaar na Bottomley

Authors:

J.C. Coetzee1 A.E. van Wyk2 Affiliations:

1Department of Horticultural Sciences, Cape Peninsula University of Technology, South Africa

2Department of Plant Science: H.G.W.J.

Schweickerdt Herbarium, University of Pretoria, South Africa Correspondence to:

J.C. Coetzee Email:

[email protected] Postal address:

PO Box 1906, Bellville 7535, South Africa

How to cite this abstract:

Coetzee, J.C. & Van Wyk, A.E., 2013, ‘Calvatia Fr.

(Fungi, Lycoperdaceae) in suider-Afrika: 50 Jaar na Bottomley’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art.

#835, 2 pages. http://dx.doi.

org/10.4102/satnt.v32i1.835 Note:

This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright:

© 2013. The Authors.

Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

Page 1 of 2

Calvatia Fr. (Fungi, Lycoperdaceae) in southern Africa: 50 Years after Bottomley. A taxonomic revision of the Calvatia complex in southern Africa, following a comparative morphological approach, has led to the adoption of a broad generic concept comprising thirteen species.

Conservation of Calvatia against the older names Omalycus and Lanopila has been proposed.

Inleiding

Volgens eie erkenning wou Bottomley (1948) se Gasteromycetes of South Africa nooit voorgee om

’n kritiese hersiening van die groep te wees nie en was dit slegs bedoel as ‘... an assembling of the known records of these fungi in Southern Africa.’ Bottomley noem ook: ‘The author is fully aware of its many defects, but it is hoped that it will form a basis for more critical work by those coming after...

Met die uitsondering van De Villiers (1994) se hersiening van die Geastraceae sou daar egter nooit iemand coming after te voorskyn tree nie, en desondanks Bottomley se vermanende woorde het haar werk, as enigste beskikbare omvattende publikasie oor die onderwerp, gou verhoogde status ontwikkel en dien dit steeds as ‘gesaghebbende’ standaardbron met betrekking tot die taksonomie van die Gasteromisete in suider-Afrika.

Sedert die verskyning van Bottomley (1948) het verskeie faktore daartoe bygedra dat huidige gebruikers van die werk ’n daadwerlike risiko loop om tot verkeerde gevolgtrekkings te kom. ’n Voorafgaande ondersoek (Coetzee et al. 1997) het byvoorbeeld aangetoon dat, in die geval van die Geastraceae, Tulostomaceae en Nidulariaceae, die risikofaktor vir ’n verkeerde of verouderde identifikasie deur middel van Bottomley die 80% kerf oorskry. Ten opsigte van die genera behorende tot die Lycoperdaceae geld dieselfde situasie en die behoefte aan ’n kritiese hersiening van die betrokke genera in suider-Afrika spreek dus vanself.

Die huidige ondersoek het ten doel gestel om:

• die taksonomiese status en spesie-diversiteit van die Calvatia-kompleks in suider-Afrika te bepaal

• by te dra tot die debat rakende die taksonomiese waarde van die morfologiese eienskappe tans in gebruik om tussen taksons in die Calvatia-kompleks te onderskei

• ’n kritiese taksonomiese opsomming van die taksons behorende tot die Calvatia-kompleks in suider-Afrika daar te stel

• ’n werkbare identifikasiesleutel daar te stel sonder gebruikmaking van elektronmikroskopiese kenmerke.

Materiaal en metodes

Taksonomiese gevolgtrekkings is uitsluitlik op morfologiese kenmerke gebaseer. Hierdie klassiek- morfologiese aanslag is gevolg ten einde ’n stewige grondslag vir verdere sinvolle filogenetiese analises van die groep te verseker. Ten einde die hoofdoelwitte te bereik was dit noodsaaklik om

’n inventaris van alle beskikbare name en sinonieme van spesies en infraspesifieke taksons in die Calvatia-kompleks, wêreldwyd, daar te stel.

Gevolgtrekkings is die resultaat van makroskopiese, ligmikroskopiese en aftas- elektronmikroskopiese ondersoek, insluitend alle relevante tipe-materiaal, nie net van Calvatia nie, maar ook van verskeie naverwante genusse soos Lycoperdon, Bovista, Calbovista, Lanopila, Langermannia ens., vanaf, of tydens besoek aan, alle relevante suider-Afrikaanse asook verskeie Europese en Noord- en Suid-Amerikaanse herbariums.

Resultate en bespreking

’n Breë genuskonsep word aanvaar wat al die genera in die Calvatia-kompleks behalwe Calbovista insluit. Gastropila, Handkea, Langermannia en Lanopila word as seksies in die genus Calvatia erken.

Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.

Read online:

(2)

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v32i1.835 Referaatopsomming

Die voorgestelde infrageneriese klassifikasie van die genus in suider-Afrika is grootliks op Kreisel (1992) gebaseer, maar seksie Hippoperdon is tot sinonimie onder seksie Calvatia gereduseer en een nuwe seksie (seksie Incerta) is daargestel.

Die omskrywings van drie ander seksies is verbeter. Die genera Omalycus en Lanopila is kongeneries met Calvatia en konservering van Calvatia teenoor die ander twee name is voorgestel. ’n Werkbare sleutel vir die identifisering van Page 2 of 2

die suider-Afrikaanse taksons kon opgestel word sonder gebruikmaking van elektronmikroskopiese kenmerke.

Dertien suider-Afrikaanse Calvatia-spesies is geïdentifiseer.

Vier nuwe spesies en een nuwe forma word erken, en die voorkoms van twee spesies word vir die eerste keer in suider-Afrika bevestig. Slegs twee van Bottomley se nege Calvatia-spesies (Calvatia incerta en Calvatia macrogemmae) word gehandhaaf.

Referensi

Dokumen terkait

Dit dek kortliks die volgende: • Van die voor-Duitse tyd toe die inheemse volksgroepe vir oorlewing gejag het, tot die fase waarin die gejaag na wins gedreig het om die wildbevolking

Aangesien sangers se strategiese bestuursingesteldheid kan bydra tot die wyse waarop hulle hul loopbane bestuur om volhoubaar te wees en te groei, stel hierdie studie dit ten doel om

Die oorspronklike idee was om slegs 1 OOOvroue op te lei vir die taakom mans op aile gebiede van die Lugmag te vervang.32 Aan die einde van die oorlog het die getal vroue wat hulleself

Die doel van hierdie studie was om te bepaal of lewermonsters wat deur middel van ’n kernbiopsie en ’n FNA tegniek versamel is, voldoende sal wees vir die toepassing van ’n standaard

Daar is 14 spesies van die genus Burnupia op rekord in die Nasionale Varswaterslakversameling NVWSV wat in 1956 tot stand gekom het, maar tot dusver is die geografiese verspreiding en

Hierdie navorsing ondersoek twee benaderings om ’n REST-diens aan te bied op Android-toestelle wat toegang het tot bestaande API’s Application Programming Interface op die toestel.. Een

Skoolwetenskapkurrikula sal waarskynlikheid beide tradisionele en humanistiese standpunte verteenwoordig, maar dis hier van belang om te bepaal in watter mate daar ’n wegswaai van die

Deur hierdie meganismes te verstaan kan bepaal word of SO2 tot kort termyn of lang termyn fotosintetiese skade gaan lei.. Kort termyn fotosintetiese skade gaan slegs lei tot geringe