• Tidak ada hasil yang ditemukan

Chairefoon-konferensie

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Chairefoon-konferensie"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

585

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 58 No. 3: September 2018 doi.10.17159/2224-7912/2018/v58n3a9

Chairefoon-konferensie

Drie artikels in hierdie uitgawe van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe is ’n uitvloeisel van die eerste Chairefoon-konferensie wat op 9 Oktober 2017 by die Suid-Afrikaanse Akademie plaasgevind het, met die tema “Selfverkenning en die Geheel”. Die Chairefoon-Inisiatief is ’n vereniging wat aan die einde van 2016 op die been gebring is deur nagraadse filosofiestudente met die doel om die kultivering van filosofie in die Afrikaanse taal, in reaksie op die ontneming van hierdie geleentheid by die plaaslike universiteite, te bevorder. Die naam “Chairefoon”

verwys na Sokrates se vriend wat die orakel geraadpleeg het om uit te vind wie die wysste man in Griekeland was, waarop die antwoord “Sokrates” gegee is. Die sinspeling is dus op die verbintenis tussen wysheid en vriendskap, iets wat ons in ons aktiwiteite probeer beklem toon.

Die eerste aktiwiteite was hoofsaaklik akademies van aard, met leesgroepe en konferensies wat artikulering en kritiese gesprek op ’n genuanseerde vlak probeer behou, om sodoende ook as ’n onderlinge slyping van mekaar te dien. Maar gegewe die nuwe ruimtes wat filosofie in Afrikaans nou betree, moet dit ook blootgestel word aan ander werkswyses en gespreksgenote.

Om hierdie rede word daar tans gewerk aan ’n webwerf waar filosofie in Afrikaans beoefen kan word.

Dit is voorts verblydend dat organisasies soos die SA Akademie ook hulle ondersteuning bied aan wat die Afrikaanse taal en die sprekers van die taal aan die filosofie kan toevoeg, waarvoor ons ook dankbaar is.

Sover dit die drie artikels voortspruitend uit die konferensie betref, is die raakpunt die toekoms van Afrikaans in Suid-Afrika, met beklemtoning van verskillende aspekte. Schalk Gerber fokus op die belangrikheid van ko-skepping binne die raamwerk van postapartheid Suid-Afrika as ’n alternatief op miskenning. Theuns du Buisson belig ekonomiese moontlikhede vir die beskerming van minderhede, terwyl ekself die belangrikheid van filosofie in die ontwikkeling van taal, selfs ook buite die universitêre konteks, beklemtoon.

Ons hoop dat die publiek ontvanklik sal wees vir die nuwe stemme, en dat die toekoms van Afrikaans een sal wees waarin denke in filosofiese vorm steeds ’n regmatige plek sal hê.

Hercules BosHoff

Navorsings- en oorsigartikels / Research and review articles (2):

Afrikaans en Filosofie

Referensi

Dokumen terkait

So word die ryke verskeidenheid van God se wysheid deur die kerk bekend ‘aan die bose magte in die hemelruim’ Ef 3:10 en word die lesers gemaan om die volle wapenrusting aan te trek wat

Die Organisasie Diagnose Vraelys ODV-86 is ontwikkel om deur middel van werknemers insluitende bestuurders op alie vlakke se persepsies 'n diagnose te kan maak van belangrike faktore

Raadsverkiesing: die verkiesing van raadslede deur stemgeregtigde kiesers om as hu lie verteenwoordigers op te tree; Raadsverslag: 'n verslag wat deur n raad aanvaar is as die mening

Op watter wyse moet die kerk by die nuwe uitdagings aan - pas wat deur MIV/vigs aan mense wat in die uiterste armoede leef gestel word?. Is daar sekere konstantes wat steeds vanuit ʼn

Na hierdie uitstappie na Moskou dan terug na Alexanderfontein en na 'n skrywe wat op 17 September 1913 deur Ondersekretaris Bourne aan die sekretaris van die Kaapse tak van die

Smuts.wathierdie skrywe, wat op 25 Augustus 1915 deur die Britse Minister van Kolonies aan die goewerneur-generaal gestuur is, beantwoord het, het op 1 September 1915 geantwoord dat

'n Maand later is stadsinge- nieur Lutz deur die kommissie gevra om sy be- noeming as argitek van die monument goed te keur en op 30.10.1897 is die tender £650 aan Hekhuyzen toegewys..

AANBEVELINGS Aan die hand van die vraag wat ons aan die begin van die ondersoek gestel het, naamlik wat kan gedoen word om die kurrikulum moontlik te verbeter en die onderrig van