• Tidak ada hasil yang ditemukan

Die moontlikheid van Christelike onderwys in Suid-Afrika ná 1994

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Die moontlikheid van Christelike onderwys in Suid-Afrika ná 1994"

Copied!
11
0
0

Teks penuh

(1)

Die moontlikheid van Christelike onderwys in Suid-Afrika ná 1994

J.L. van der W alt Fakulteit Opvoedkunde

Potchefstroom se Universiteit vir CHO POTC HEFSTRO O M

Summary

The possibility of Christian education in South Africa after 1994

Conditions in South Africa have become decidedly unfavourable fo r the continued practice o f Christian education in schools. A culture o f fundamental human rights has become firm ly established, which, among others, has resulted in the arrival o f a secular-humanist educational dispensation. The issue facing the Christian community is how to exploit the prevailing conditions fo r the survival o f Christian education in the system. The research reported in this article has revealed that the new system hinges on fo u r principles, and that an understanding o f these principles can afford scope and latitude fo r Christian education. The fo u r principles are analysed in some detail with reference to a Constitutional

Court decision and recent legislation.

1. In leid in g en p rob leem stellin g

In C hristelike kringe w as die promulgering van die Wet op N asionale O nderw ysbeleid (no. 39) in 1967 ’n groot hoogtepunt, aangesien dit beskou is as

’n oorwinning oor die sekulêre, liberale, humanistiese invloede op die onderw ys - invloede w at sedert die 17de eeu in hierdie land daarop gerig w as om die C hristelike inslag in die onderw ys teen te staan en te vem ietig. Die kom s van W et 39 van 1967 het ’n nuw e bedeling in die openbare onderw ys in Suid-Afrika laat aanbreek, aangesien dit vereis het dat sodanige onderw ys (m et nam e veral vir blankes) C hristelik m oes wees. Die veronderstelling w as, hoewel nie altyd uit- gesproke so gestel nie, dat die eis ook sou geld vir die ander bevolkingsgroepe in die land.

Hoew el dit hoegenaam d nie ’n uitgem aakte saak w as dat die W et daarin geslaag het om die onderw ys in die praktyk volledig Christelik te stempel nie, het die W et tog ’n C hristelike vaandel oor (veral Christelike blanke) onderw ys laat w apper in die periode 1967 tot 1994. Laasgenoem de datum sien die kom s van ’n “nuw e”

Suid-Afrika, ’n nuw e staatkundige bedeling met totaal ander onderw ysw aardes as w at (veral in Christelike blanke) kringe geheers het in die periode 1967 tot 1994.

(2)

Die moonilikheid van Christelike onderwys in Suid-Afrika ná 1994

Die periode tussen 1994 en 1996 is gekenm erk deur ’n stelselm atige aftakeling van die vorige bedeling in die onderw ys, gepaardgaande met ’n stadige dog sekere proses van transformasie van die onderw ys. ’n Onoorsigtelike aantal insette is tot die onderwys gemaak in die vorm van forums, kommissies, afvaardigings, gesprekke, konsultasies en vele meer. In hierdie onderhandelinge was verskillende instansies uit die C hristengem eenskap opvallend aktief. ’n M ens dink hier aan die bydraes van kerke, lidmate, die nasionale en provinsiale Interkerklike Komitees vir Opvoeding en O nderwys, die SA Federasie van Staatsondersteunde Skole, die SA Stigting vir O nderw ys en O pleiding en verskeie meer.

Die proses van onderw ystransform asie is ten tye van die skrywe van hierdie artikel (Februarie 1997) nog glad nie verby nie. G esprekke oor verskillende aspekte van die onderwys gaan nog voort, w aarvan dié oor die norme en standaarde in onderw ysersopleiding, die voorgestelde leergebiede en uitkom s- gerigte onderwys seker die belangrikste is. G esprekke gaan ook voort op ander fronte soos V erdere O nderw ys, H oër O nderw ys en V olw assene B asiese Onderwys, en sal seker nog ’n geruime tyd duur.

Na die enigsins onbevredigende afloop van die sogenaam de artikel 247- onderhandelinge ( Tussentydse G rondw et 1993, art. 247 - vgl. SA, 1993) tussen die Departement van O nderw ys en die sogenaam de model C -skole en hulle verteenwoordigers in 1996, heers daar ’n mate van kom m er in die gem oedere van Christene in die land oor die voortbestaan en oorlew ing van die C hristelike beginsels in die onderw ys. Dié kom m er heers onder alle Christene in die land, soos bewys deur die optredes van die Christian Education Forum, w at veral uit onderwysmense van die historiese sw art kerke saam gestel is. D it blyk ook uit die grootskaalse stigting van pertinent Christelike, onafhanklike skole, soos die Trinity House School in R andburg w at aan die begin van 1997 sy deure geopen het met 310 leerlinge en 23 onderw ysers, die skole gestig onder die vaandel van die Aksie Reform atoriese O nderw ys, en die C hristelik-volkseie skole.

Die vraag o f Christelike onderw ys in die nuw e bedeling in die onderw ys nog ruimte vir voortbestaan het, het aanleiding gegee tot die navorsing w at in hierdie artikel gerapporteer word. Die ondersoek het die volgende behels: deur middel van ’n analise van verskeie onderw ysverslae, van die standpunte van belangrike onderw ysgesaghebbendes, en van verskeie nuwe (onderw ys-)w ette w at sedert 1994 geprom ulgeer is, is probeer om vas te stel w at die aard en om vang is van die ruimte wat voortaan vir Christelike onderw ys beskikbaar is.

(3)

J .L van der Walt

2. Die ruim te vir C h ristelik e on d erw ys in die n uw e on d erw ys- bedeling: ’n voorlop ige om lyning

Die navorsing het aan die lig gebring dat die ruimte vir Christelike onderwys in terme van vier nuwe param eters beskryf kan word. Hulle is:

• Die etos van ’n oop en dem okratiese sam elew ing

• Die gedagte van principled consensus (beginsel-konsensus)

• Die erkenning van die individu se defensiew e regie

• Die beginsel van praktiese uitvoerbaarheid

Die ondersoek het aan die lig gebring dat die eerste twee van hierdie beginsels van die nuwe onderw ysbedeling as ’t ware ’n window o f opportunity aan die voorstanders van Christelike onderw ys bied w at benut sal moet w ord om sodanige onderw ys in die toekom s in die land te kan voorsien. Die derde van die genoem de beginsels bied aan die pleitbesorgers vir Christelike onderwys ’n altem atiew e m oontlikheid om te oorweeg indien die window o f opportunity vir hulle sou toegaan, terwyl die vierde beginsel duidelike beperkinge op die m oontlikheid van Christelike onderwys lê. M et dié beperkinge sal voorstanders van Christelike onderw ys moet reken.

In die res van hierdie artikel sal hierdie vierledige gevolgtrekking w at op grond van die navorsing gem aak is, in meer besonderhede toegelig word. Dit is egter ten aanvang nodig om die term “Christelike onderw ys” , ’n sleutelterm in hierdie navorsing, konseptueel nader te presiseer.

3. C h ristelik e on d erw y s

C hristelike onderw ys is in die navorsing wat uitgevoer is, beskou as daardie vorm van onderw ys w at gefundeer is op Bybelse beginsels soos byvoorbeeld: aan God alleen die eer; die m ens w ord slegs op grond van sy geloof salig; die S krif is die enigste bron van beginsels wat die lewe van die gelowige beheers; die ouer is die eerste o f prim êre opvoeder, en gevolglik w ord volledige ouerseggenskap en -betrokkenheid in die onderw ys opgeëis. Die C hristen-filosoof Herman Dooye- w eerd (1969(I):8, 25, 64, 68 e.v., 86, 93 e.v.) het die Skriftuurlike grondm otief van C hristelike onderw ys saamgevat as “ skepping, sondeval en verlossing deur Jesus C hristus in die gem eenskap met die Heilige G ees” . Hy is hierin nagevolg deur talle opvoedingsfilosow e in Suid-Afrika soos Schoem an (1975, 1979, 1980), Van der W alt en D ekker (1982-83) en Van der W alt et al. (1983). H ierdie benadering tot onderw ys is in onlangse tye baie sistem aties en volledig uiteengesit en ontwikkel deur Fowler (1980, 1987, 1990, Fowler et al., 1995), Steensm a (1971), K ranendonk (1978), Van Brummelen (1988), Cum mings (1979 en 1982), Adam s (1982), Van Dyk (1997), en vele andere, w at ’n verdere

(4)

Die m oonllikheid van Chr isle like onderwys in Suid-Afrika ná 1994

volledige uiteensetting daarvan in hierdie artikel oorbodig maak. Hierdie opvoedingsdenkers het die beginsels w at aan die begin van hierdie paragraaf genoem is, in groot besonderhede verduidelik, gekontekstualiseer en in die praktyk toegepas. Hulle pogings, sowel as dié van ander opvoedingsdenkers wie se name nie hier vermeld is nie, het daartoe gelei dat die begrip “ Christelike onderwys” vandag op ’n om vattende opvoedingsfilosofie dui. Dit omvat die beginsels, strewes, ideale en praktyke van alle opvoeders w at hulle opvoedings- teorie en -praktyk op die grondslag van die Heilige S krif as W oord van die Drie- enige God plaas.

Twee beginsels van meer opvoedkundige aard w ord dikw els met Christelike onderwys geassosieer, naamlik die eis dat onderwys kultuurgerig en -begrond moet wees, en dat onderwys deur medium van die moedertaal behoort te geskied ten einde optimaal te kan verloop. Dit is egter belangrik om te b esef dat hierdie twee beginsels opvoedkundig gefundeer kan w ord m aar nie lewensbeskoulik, w aaronder volledige ouerbetrokkenheid en -seggenskap, gefundeer kan w ord nie (vgl. Deut. 6:4-7 [Bybel, 1983] w aar laasgenoem de geëis w ord). Die navorsing wat uitgevoer is, het gekonsentreer op Christelike onderw ys soos lew ens­

beskoulik gefundeer (dus: Skriftuurlik, w aaronder die eis van ouerseggenskap) en nie op die opvoedkundige hindering (kultuurgerigtheid w aaronder die moedertaal as onderrigmedium) nie. Die laasgenoem de tw ee opvoedkundige beginsels kom egter ook by geleentheid ter sprake in die oorsig w at hiem a volg.

4. T w ee b eginsels van d ie n uw e o n d e n v y sb ed elin g bied aan C h ristelik e o n d erw ys ’n window o f opportunity

4.1 Die etos van ’n oop en demokratiese sam elew ing bied ruimte vir Christelike onderwys

Die M inister van O nderw ys (Bengu, 1996a:4) stel dit duidelik dat die nuwe onderwysbedeling op bepaalde beginsels en voorw aardes gefundeer is. Die uitgangspunt in die verskaffing van onderw ysgeleenthede is dat almal gelyk behandel sal w ord in die nuwe oop en dem okratiese sam elew ing van die land.

Die vorige bedeling het nie aan hierdie norm voldoen nie aangesien die meerderheid van die mense in die land nie by die proses van onderw ys- voorsiening betrek w as nie (Bengu, 1996a: 1). Elders voer die M inister aan (Bengu & Dey, 1996:15) dat die multikulturele en -linguale aard van die land se bevolkingsamestelling erken en benut moet w ord m aar sê dan: “ The opposite has in fact been the practice: the cultures and language o f the m ajority o f our people have been under-developed - actually downright destroyed” . In ’n parlem entêre begrotingstoespraak onderstreep Bengu (1996b: 12) die aard van die nuw e oop en dem okratiese samelewing as hy sê: “ ... we created the policy and the legislative framework for the organisation, governance and funding o f our school system on

(5)

J.I.. van der Walt non-racial, dem ocratic and equitable lines ...” Hy vervolg: “ The education and training system belongs to all people o f this land, and, within our resources it must serve all their interests and needs equitably ...”

Die eerste W itskrif oor die onderwys in die nuwe bedeling (1995:17) het al gew ag gem aak van ’n “ dem ocratically governed society” w at die kollektiewe m orele perspektief van al die landsburgers moet omvat en bevorder. Die W itskrif (SA, 1995a:23) spel 23 beginsels vir onderw ysvoorsiening uit, waarvan beginsel twee stel dat die onderw ys en opleiding gebaseer sal word op grondliggende menseregte. Dié W itskrif (SA, 1995a:43) dui ook elders, in werklikheid deurgaans, aan dat daar in die proses van onderw ysvoorsiening rekening gehou w ord met die H andves van Fundamentele Regte in die destydse tussentydse G rondwet (1993). Die tw eede W itskrif (van 24 N ovem ber 1995) het hierdie uitgangspunte soos gestel in die eerste Witskrif, bevestig.

Die kom s en voortbestaan van ’n oop en dem okratiese sam elewing w ord ook sedert 1994 in w etgew ing verskans. Die G rondwet (108/1996 art. 7(1)) bevestig die dem okratiese w aardes van menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Gelyk- heid sluit die voile genieting van alle staatsburgerlike regte en vryhede in, en waar onbillik teen persone gediskrimineer w ord, kan mense beskerm en hulle saak bevorder w ord (art. 9(2)). D aar mag nie onbillik deur die staat gediskrimineer w ord op grond van ras, geslag, godsdiens, gewete, taal o f geboortestand nie (art.

9(3)). Elkeen het die reg op vryheid van gew ete, godsdiens, denke, geloof en opinie. Religieuse “ observances” mag by ’n staats- o f staatsondersteunde inrigting plaasvind, op voorwaarde dat die voorskrifte gevolg w ord wat deur die toepaslike gesagsinstansies neergelê is; dat hulle op ’n “ equitable” grondslag plaasvind, en dat hulle bywoning vry en vrywillig is (art. 15(1,2)). Elke persoon het die reg tot vrye assosiasie (art. 18). W anneer die beginsels van die Handves van Fundam entele Regte bepaal moet w ord, moet ’n hof, forum o f tribunaal die w aardes w at ’n oop en dem okratiese sam elewing ten grondslag lê, bevorder (39(1)).

Die Wet op N asionale O nderw ysbeleid (27/1996) het ten doel die dem okratiese om skepping van die nasionale onderw ysstelsel tot ’n stelsel w at in die behoeftes voorsien en die belange dien van al die mense in Suid-Afrika, en w at hulle fundamentele regte handhaaf (A anhef - vgl. SA, 1996b). Die bepalings van die W et is in ooreenstem m ing met die eise van die G rondwet (art. 3(1)), insluitende die beskerm ing van fundamentele regte (art. 4(a)), soos die vryheid van gewete, godsdiens, geloof, mening, opinie en assosiasie in onderwysinrigtings. D ie X4 Skolew et (84/1996) gee weerklank aan hierdie selfde sentimente: die onderwys moet die dem okratiese transform asie van die gem eenskap bevorder, en die regte van alle leerders, ouers en opvoeders handhaaf (A anhef - vgl. SA, 1996c). Die beoefening van godsdienstige praktyke en vryheid van gew ete moet volgens die

(6)

Die moontlikheid van Christelike onderwys in Suid-Afrika n á 1994

voorskrifte van ’n betrokke skool se beheerliggaam geskied, en is slegs toelaatbaar indien die beoefening daarvan op ’n billike w yse geskied, en die bywoning daarvan deur Ieerders en personeellede vry en vrywillig is (art. 7). Die W et maak voorts voorsiening vir sowel openbare as onafhanklike skole (art. 45), en onder bepaalde om standighede ook vir tuisonderwys (art. 51).

4.2 Principled consensus bied ruimte vir die uitlewing van Christelike onderwysbeginsels

Onderwysminister Bengu (1996b:2,5; Bengu & M ashige, 1996d:49) maak gew ag van die beleid van p rin c ip le d consensus in die vasstelling van riglyne vir die onderw ys(stelsel) van die land. Die konsensus w aam a hy verw ys, is gebaseer op

’n aantal beginsels voortkom end uit die dem okrasie. H ierdie beginsels sluit onder meer die volgende, as kenm erkend van ’n oop en dem okratiese sam elew ing, in:

gelyke toegang tot die onderw ys aan alle m ense, die strew e na goeie gehalte- onderwys, die diversifiëring van die onderw ys sodat elkeen die vorm van onderwys kan ontvang w aam a hy/sy streef, voorsiening in die eise van die ekonom ie van die land, aanw ending van bronne op ’n w yse w at gelyke leergeleenthede bied, die evaluering en m onitering van kw alifikasies, doel- treffendheid, produktiw iteit en kostedoeltreffendheid (Bengu, 1996b:2-3). Die onderwys moet voorts doelgerig bestuur w ord volgens die beginsels w at hier vermeld word (Bengu & M ashige, 1996:49). Bengu en D ey (1996:15) stel ook die erkenning en die bevordering van die veelkulturigheid en -taligheid in die bevolking as ’n beginsel in onderw ysvoorsiening (m et die versw eë m oontlikheid dat hulle ook die veelgodsdienstigheid daarvan by die veelkulturigheid inreken).

Ander beginsels w at hulle stel, is nie-rassigheid, en ’n dem okratiese en

“equitable” benadering tot die onderw ys (Bengu, 1996b:2). V olgens Bengu (1996b:5) streef hy daam a “ to build the highest level o f principled consensus in the development and execution o f the governm ent’s policy for educational transformation (. . .) The education system belongs to all people o f this land, and, within our resources it must serve all their interests and needs equitably, efficiently, and with total dedication to quality perform ance” .

In W itskrif I (15 M aart 1996:17) w ord p rin c ip le d consensus in m eer besonderhede verduidelik:

In a democratically governed society, the education system as a whole embodies and promotes the collective moral perspectives o f its citizens, that is the code o f values by which the society wishes to live and consents to be judged ... (...)... in our era (history) has culminated in historical agreement based on the recognition o f the inalienable worth, dignity and equality o f each person under the law, mutual tolerance and respect for diversity. In the Charter o f Fundamental Rights and the schedule o f Constitutional Principles the ... Constitution expresses a moral view o f human beings and

(7)

J.L. van der Walt th e s o c ia l o r d e r w h ic h w ill g u id e p o lic y a n d la w - m a k in g in e d u c a tio n a s in a ll s e c to rs ( ...) th e C o n s titu tio n p r o v id e s ... a f u tu re f o u n d e d o n th e re c o g n itio n o f h u m a n r ig h ts , d e m o c r a c y a n d p e a c e fu l c o - e x is te n c e a n d d e v e lo p m e n t o p p o r tu n itie s f o r all S o u th A f ric a n s , ir r e s p e c tiv e o f c o lo u r , ra c e , c la s s , b e l i e f a n d s e x (v g l. S A , 1 9 9 5 a).

W itskrif II (24 N ovem ber 1995:12) herhaal hierdie beginselgrondslag m aar voeg ook die beginsel van ’n vennootskap tussen die staat en die plaaslike gem eenskap daaraan toe. D it onderstreep ook die erkenning van ouerregte in die onderw ys (24 N ovem ber 1995:20), terwyl dit ook die belang van ander rolspelers in die skool en onderw ys erken (SA, 1995b:21).

Ook die w etgew ing w at uit die tw ee W itskrifte voortgevloei het, gee erkenning aan die lys van beginsels w aaroor die burgery in ’n dem okratiese samelewing eenstem m ig behoort te w ees (vgl. W et 27/1996, art. 2), terwyl die SA Skolew et (84/1996: Aanhef) die beginsels w at onderw ysvoorsiening in die dem okratiese bedeling w at aangebreek het ten grondslag lê, kortliks saamvat: regstelling van onregte in die verlede, goeie gehalteonderwys moet voorsien word, al die mense se bekw aam hede en talente moet ontwikkel word, dem okratiese transform asie van die gem eenskap moet bevorder w ord, onregverdige diskrim inasie moet bekam p w ord, die verskeidenhede van tale en kulture moet beskerm w ord, die regte van rolspelers in die onderwys moet gehandhaaf w ord, en skole m oet in vennootskap met die staat bestuur word. Die W et m oet ook eenvormige standaarde vir alle onderw ys in die land neerlê.

4.3 Dié twee beginsels bied ruimte vir die voortgesette beoefening van Christelike onderwys

Die ontleding van uitsprake van historiese m aghebbers in die onderw ys, van uitsprake in am ptelike regeringsdokumente, en van bepalings in die tersaaklike w etgew ing, het aan die lig gebring dat daar inderdaad heelw at ruim te ( ’n window o f opportunity) vir die voortgesette beoefening van C hristelike onderw ys in die land bestaan. D aar is klaarblyklik geen beletsel in die w eg van Christene, as individue o f as gem eenskap, om onderw ys volgens hulle Bybelse oortuigings aan hulle kinders te bied nie. D ie beginsels van ’n oop en dem okratiese sam elewing m aak dit m oontlik om die oortuigings w at Christenm ense huldig, met oorgaw e, sonder verhindering en sonder enige vorm van diskrim inasie in die alledaagse praktyk van die onderw ys uit te leef.

D aar is egter nog tw ee ander beginsels vir onderw ysvoorsiening w at bepalend is vir die ruimte wat vir die uitlew ing van Christelike onderw ysbeginsels beskikbaar

(8)

Die m oontlikheid van Christelike onderwys in Suid-Afrika ná 1994

4.4 Die erkenning van burgers van die land se defensiew e regte

Die twee beginsels w at tot dusver b esk iy f is, is p ositief van aard. Hulle beskryf in positiewe terme w at die moontlikhede en die geleenthede is w at deur die burgers van die land benut kan w ord in die uitlewing van hulle oortuigings in onderwysvoorsiening en -strukture. Die derde beginsel is egter negatief van aard, in die sin dat dit die defensiew e regte van burgers beskryf. Hierdie soort regte kom in spel w anneer ’n individu o f ’n gem eenskap tot die slotsom gekom het dat geleenthede en strukture w at die staat/ow erheid bied nie aan die betrokke individu o f gem eenskap se behoeftes kan voorsien nie, o f nie aan hulle spesifieke eise kan voldoen nie.

Die uitspraak van die Grondwetlike H o f (saak no. C C T 39/95) is in hierdie verband van sleutelbelang (Constitutional Court o f SA, 1996). Regter M ahom ed sê in sy uitspraak dat dit nie van die staat verw ag kan w ord om onderw ys- inrigtings te voorsien w at gebaseer is op ’n bepaalde gem eenskaplike kultuur, taal o f godsdiens nie. Die G rondwet voorsien die reg aan elke persoon om se lf so ’n onderwysinstansie van sy o f haar keuse op te rig. Hierdie is ’n defensiew e reg wat deur die G rondwet voorsien en beskerm word. Die staat het geen bevoegd- heid om hierdie defensiew e reg in die gedrang te bring nie. R egter K riegler stem in sy uitspraak hierm ee saam as hy aanvoer:

D ie G r o n d w e t h o u d a a r m e e d ie d e u r o o p v ir d ie g e n e v ir w ie d ie s ta a t se o n d e r w y s in s te llin g e o n to e r e ik e n d g e a g w o r d w a t b e t r e f g e m e e n s k a p lik e k u ltu u r, ta a l o f g o d s d ie n s . ( ...) D a a r is e g te r ’n p r y s , n a a m lik d a t s o ’n b e v o lk in g s g r o e p d a a r v o o r d ie h a n d in e ie sa k m o e t ste e k .

Regter Sachs sê in sy uitspraak dat die G rondw et die staat verplig om beskerm ing te verleen aan die voorregte (privileges) van m inderhede. D ie staat moet minderhede se reg nie slegs erken nie, m aar dit ook ondersteun.

Visser (1996:3) gebruik die term o ffe n sie f om daarm ee te dui op aanvalle w at byvoorbeeld deur C hristene op verkeerde leringe in die nuw e onderw ysbedeling geloods kan word. D aarteenoor gebruik hy die term d e fe n s ie f w anneer Christelike beginsels deur byvoorbeeld die onderw ysow erheid aangeval o f bedreig sou word. In die konteks van die uitspraak van die G rondw etlike H of beteken dit dat Christene, as individue en as gem eenskap, hulle reg kan uitoefen om eie onderw ysinrigtings soos skole te stig en te onderhou indien hulle nie tevrede is met die grondslag en die beginsels (etos) van byvoorbeeld die skole w at deur die staat voorsien w ord nie.

Die defensiewe reg van m inderhede word ook in die onderw ysw etgew ing erken en verskans. W et 27 van 1996 beskerm byvoorbeeld in artikel 4(a) die fundamentele regte van elke burger van die land, en vryw aar hom /haar teen onbillike diskriminasie deur ’n onderw ysdepartem ent o f -inrigting. W et 84 van

(9)

J. h. van der Wall 1996 stel op sy beurt (art. 4(1)) dat ’n departem entshoof ’n leerder heeltemal, gedeeltelik o f voorwaardelik van verpligte skoolbywoning kan vrystel indien dit in die beste belang van die leerder geag word (vgl. ook art. 51). H oofstuk 5 maak in sy geheel voorsiening vir onafhanklike skole, voorheen bekend as

“privaatskole” , w at volledig o f met staatsubsidie deur die oprigter(s) daarvan opgerig en in stand gehou moet w ord (vgl. W et 108 van 1996). Die erkenning in die W et van hierdie kategorie skole is ’n regstreekse uitvloeisel van die de- fensiewe reg van individue en gem eenskappe (m inderhede) om ’n eie altem atief te voorsien en te bekostig indien hulle nie met die opsies tevrede is wat die staat voorsien nie. V isser (1996:6) wys voorts op die moontlikheid om ’n defensiewe reg uit te oefen deur toepassing van die “ strategic om (wettig) ’n tipe privaatskool binne ’n openbare skool te bedryf ten einde die behoeftes van Christelike kinders beter te kan akkom m odeer” .

4.5 Die beginsel van praktiese uitvoerbaarheid

In teenstelling m et die beginsels w at in 4.1, 4.2 en 4.4 behandel is, plaas hierdie vierde beginsel o f uitgangspunt van die nuwe onderw ysbedeling ’n besliste beperking op die m oontlikheid om Christelike onderw ys in openbare skole te verkry. H ierdie beperking dwing die Christengem eenskap om sy defensiew e regte (kyk 4.4) as altem atiew e uitweg uit te oefen. D ie beginsel van praktiese uitvoerbaarheid is sterk w erksaam in die 1996-wetgewing.

Die G rondw etlike Hofiiitspraak (nr. CCT. 39/95) sê dat m inderhede hulle defensiew e reg kan uitoefen m its dit prakties uitvoerbaar geag w ord (p. 6, 7 en 9 van die U itspraak). Indien dit nie die geval is nie kan m inderhede nie verw ag dat die G rondw et hulle teen ’n reeling van die staat moet beskerm nie. D ie G rondwet (108 van 1996) stel dit ook dat enkelmediumskole deur die staat oorw eeg moet w ord w aar dit prakties uitvoerbaar is. ’n M ens kan deur ’n proses van inferensie aflei dat dit ook die geval m et godsdienstige oortuiging sal w ees; daarom maak die G rondw et (art. 29(3) en (4)) voorsiening vir die defensiew e reg om eie onderwysinrigtings op te rig en hulle se lf (ook met staatsubsidie) in stand te hou.

Hierdie gedagte van redelike uitvoerbaarheid kom ook voor in W et 27 van 1996 (art. 4(a)). Artikel 4(4m ) van die W et bring uitvoerbaarheid in verband met kostedoeltreffendheid en volhoubaarheid met die beskikbare hulpbronne. D ie &4 Skolew et (84/1996) maak nie in dieselfde m ate gebruik van die beginsel van praktiese uitvoerbaarheid nie. Die verklaring daarvoor lê opgesluit in die feit dat die Skolew et gesien moet word teen die agtergrond van die G rondw et (108/1996) en die Wet op N asionale O nderw ysbeleid (27/1996) w aarin die beginsel reeds ondubbelsinnig gestel is.

(10)

Die m oontlikheid van Christelike onderwys in Suid-Afrika ná 1994

5. Slotsom

Die Christengem eenskap in Suid-Afrika, soos elders in die wêreld, is diep besorg oor die behoud van die Christelike beginsel in die onderw ys. As ideaal w ord deur hierdie gem eenskap gestel dat alle skole getrou aan die beginsel m oet wees.

Die werklikheid is egter anders: alle skole kan nie daaraan getrou w ees nie, veral nie openbare o f staatskole nie aangesien hulle moet voorsien in die behoeftes van alle godsdienstige gem eenskappe in die land. Die netto-resultaat hiervan is dat die openbare skoolstelsel neutraal-sekulêr moet w ees aangesien dit aan alle gemeenskappe se behoeftes m oet voldoen.

Die neutraal-sekulêre onderw ysbedeling m aak egter voorsiening vir positiew e ruimte vir die beoefening van die Christelike beginsel in die onderw ys (vgl. 4.1 en 4.2 hierbo): die oop en dem okratiese samelewing vereis dat die fundamentele regte van alle individue erken sal w ord, en dit veronderstel ook ’n aantal w aardes en beginsels w aaroor burgerlike konsensus verkry is. Die nuwe bedeling m aak ook voorsiening vir die erkenning van die defensiew e regte van C hristene as individue en as gem eenskap. D ie pragm atiese beginsel van praktiese uitvoer- baarheid lê egter duidelike beperkinge op die uitoefening van hierdie defensiew e regte sowel as op die uitoefening van m inderheidsregte binne die raam w erk van

’n oop en dem okratiese samelewing, en van die p rin c ip le d consensus w at daarop

Die algem ene slotsom w aartoe ’n mens kan kom, is dat elke Christen- onderw ysbelanghebbende hierdie vier beginsels van die huidige onderw ys- voorsiening deeglik moet ken en verstaan, en binne die konteks daarvan ’n eie strategic moet bepaal en beplanning moet doen ter wille van die behoud van Christelike onderwys. ’n Poging hiertoe is reeds deur V isser (1996) aangew end.

B ron nelys

A D A M S, J.E. 1982. B ack to the black-board. Phillipsburg : P re sb y terian and R eform ed Publishing C om pany.

B E N G U , S.M .E . 1996a. Speech by Prof. B engu. E d u catio n A ssociation o f S o u th A frica, 17 January 1996. P o tchefstroom .

B E N G U , S.M .E . 1996b. D eb ate on th e e d u catio n b u d g et v o te in th e N atio n al A ssem bly, 21 M ay 1996.

B E N G U , S.M .E. & D E Y , L. 1996. H o n o u rab le M inister, th e q u estio n is ... The E d u ca to r:

15-18, N ov./D ec.

B E N G U , S.M .E. & M A S H IG E , S. 1996. H o n o u rab le M inister, th e q u estio n is ... The E ducator. 49 -5 3 , N ov./D ec.

B Y B E L 1983. D ieB y b el: nuw e vertaling. K aapstad : B y b e lg e n o o tsk ap van Suid-A frika.

C O N S T IT U T IO N A L C O U R T O F S O U T H A F R IC A 1996. In re: D isp u te co n cern in g th e constitutionality o f certain provisions o f th e S chool E d u catio n Bill o f 1995. C ase no.

C C T 39/95. 4 April 1996.

C U M M IN G S , D .B . e d 1979 T he p u rp o se o f a C hristian school P hillipsburg : P resbyterian and R eform ed Publishing Com pany.

(11)

J.L. van der Wall C U M M IN G S , D B. ed. 1982. T he basis for a C hristian school. P hillipsburg : P resbyterian

and R eform ed Publishing C om pany.

D O O Y E W E E R D , H 1969(1). A new critique o f theoretical th o u g h t. Phillipsburg : P resbyterian and R eform ed Publishing Com pany.

FO W L E R , S. 1980. Issues in th e philosophy o f ed u catio n P o tch efstro o m : IRS.

FO W L E R , S. 1987. C hristian educational distinctives. P o tch efstro o m : IRS

FO W L E R , S. 1995. T he o p pression and liberation o f m o d em Africa. P o tch efstro o m : IRS.

F O W L E R , S., V A N B R U M M E L E N , H & V A N D Y K , J. 1990. C hristian schooling:

E d u catio n for freedom . P o tch efstro o m : IRS.

K R A N E N D O N K , D .L. 1978. C hristian day schools. St. C atherines : Paideia Press.

SA kyk Suid-A frika

S C H O E M A N , P G. 1975. G rondslae en im plikasies van ’n C hristelike opvoedingsfilosofie B loem fontein Sacum

SC H O E M A N , P.G . 1979. A spekte van die w ysgerige p edagogiek B loem fontein : Sacum S C H O E M A N , P .G . 1980. Intro d u ctio n to a philosophy o f education. D urban : B u tterw o rth . S T E E N S M A , G .J. 1971. T o th o se w ho teach Signal M ountain : Signal Press.

S U ID -A F R IK A . 1993. T ussen ty d se G rondw et. P re to ria : S taatsdrukker.

S U ID -A F R IK A . D ep artem en t van O nderw ys. 1995a. W hite p ap er on ed u catio n and training.

(W P J-1 9 9 5 .) Sla a lsko era n l. 16312, M aart 15.

SU ID -A F R IK A . D ep artem en t van O nderw ys. 1995b T he organisation, g o v ern an ce and funding o f schools: A draft policy docum ent for discussion. (D raft E d u catio n W hite P aper 2 .) S la a lsko e ra n l, 365 (16839). K ennisgew ing 1229 van 1995.

SU ID -A F R IK A . 1996a. C onstitu tio n o f th e Republic o f S outh A frica (no. 108 van 1996).

S la a lsko e ra n l, 378 (17678).

SU ID -A F R IK A . 1996b. W et op N asionale O nderw ysbeleid (no. 27 van 1996).

S la a lsko e ra n l, 370 (17118).

SU ID -A F R IK A . 1996c. Suid-A frikaanse S kolew et (no. 84 van 1996). S la a lsk o e ra n l, 377 (1 7579).

V A N B R U M M E L E N , H. 1988. W alking w ith G od in th e classroom . C hristian a p p ro ach es to teach in g and learning. B urlington : W elch Publishing Com pany.

V A N D E R W A L T , J.L. & D E K K E R , E.I. 1982-3. F undam entele o p v o ed k u n d e vir o n d erw y sstu d en te. Silverton : Prom edia.

V A N D E R W A L T , J L „ D E K K E R , E.I & V A N D E R W A L T , I D . 1983. D ie opvoedings- gebeure: ’n Skrifm atige p e rsp e k tie f P o tch efstro o m : P U vir CH O .

V A N D Y K , J. 1997. L ette rs to Liza. C on v ersatio n s w ith a C hristian teacher. Sioux C e n te r : D o rtd t Press.

V IS S E R , P.J. 1996. G ed ag tes o o r strategie en taktiek vir C hristene m et b etrek k in g to t die C hristelike g e lo o f in die skoolsituasie. (O ngepubliseerde v erslag aan die IK O O , P re to ria .)

Referensi

Dokumen terkait

hierdie studie qaan dit om die vloei van kapitaal tussen.. Afrika en die res van

Voorts het twee navorsingsprojekte wat deur die Bra - siliaanse Ministerie van Onderwys befonds is Campos, 2010, bevind dat alhoewel die Afro-Brasiliaanse kultuur en godsdiens deel van

Die oorspronklike idee was om slegs 1 OOOvroue op te lei vir die taakom mans op aile gebiede van die Lugmag te vervang.32 Aan die einde van die oorlog het die getal vroue wat hulleself

Die oorbly- wende lede van 2 Bataljon het in September 1918 in Kimberley aangekom waar hulle in November en Desember ontbind is.. Op 3 April 1918 is 1 Bataljon Cape Corps na 'n

Die Vlagwet is aan die einde van 1927 aanvaar ingevolge waarvan die Unievlag as Nasionale Vlag aanvaar en erken is, maar die Union Jack moes nog by sekere geleenthede naas die Unie-

Die reg op selfbeskikking van bevolkingsgroepe word naas die gelykheid van alle volke – grotes en kleines – in die Handves van die VVO vermeld.14 Dit beklee ’n prominente plek in die

’n Aanvaarding wat in sy formulering deur die Algemene Sinode van 1998 van die NGK opnuut omskryf en bevestig is NGKO 1964:2; NGKO 2015:1; NGK 1998:414-415.2 KERK EN STAAT IN DIE

Slotsom Dit moet aanvaar word dat die prosesse van oorgang en van modemiserende ontwikkeling die volgende vir die universiteit binne Suid-Afrikaanse konteks inhou: * 'n Transformasie