• Tidak ada hasil yang ditemukan

Die SATB - ’n Moet vir teoloë

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Die SATB - ’n Moet vir teoloë"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

Redaksioneel

Die SATB - ’n Moet vir teoloë

Te oordeel aan die groeiende gebruiksfrekwensie van die Suid-Afrikaanse Teologiese Bihliografie (SA TB ) deur studente wat kennis dra van die publikasies, is dit duidelik dat hierm ee ’n hulpmiddei van onskatbare waarde die lig gesien het.

Die bibliografie is ’n m oet vir alle universiteitsbiblioteke, teologiese skoie en kerkargiewe. O penbare biblioteke en individue sal ook baie hierby baat vind. Hier- die bibliografie indekseer Suid-Afrikaanse teologiese tydskrifte en versamelbundels sowel as proefskrifte en verhandelings wat aan Suid-A frikaanse universiteite in- gedien is.

Dit bestaan uit ’n lopende reeks w aarvan die eerste band in 1980 verskyn het;

band ses sal binnekort beskikbaar wees. W aar die opstellers aanvanklik retrospek- tief moes werk, is m et band vyf (1990) die ideaal bereik om die vorige ja a r se ge- gewens in die daaropvolgende jaar beskikbaar te stel. Dit is dus nou ’n bibliografie met resente inligting. W aarde word hieraan toegevoeg deurdat die nuutste inligting wat nog nie in ’n gepubliseerde band opgeneem is nie, rekenaarm atig herwin kan word. H ierdie diens word gelewer deur die Insiituui vir Teologiese Navorsing aan die U niversiteit van Suid-Afrika (onder die hoofskap van prof W S V orster) w aar die bibliografie ook opgestel word.

Die indeksering van inligting wat vanaf band vier gevolg word, het die omslagti- ge soekprosedure van die eerste drie bande opgehef. Die bibliografie bestaan tans uit:

' ’n alfabetiese onderw erpsindeks (Engels), saam gestel aan die hand van ’n ge- kontroleerde trefwoordelys (in navolging van die American Theological Library Association se Religion Indexes)-,

• 'n alfabetiese outeursindeks;

• ’n alfabetiese indeks van boekoorsigte en resensies (Book Review index).

Spesiale gebruikersvriendelike kenmerke is dat die volledige bibliografiese inligting van elke item gevind word in die spesifieke indeks waar die gebruiker soek; geen af- kortings word gebruik nie en dit is nou ook m oontlik om resensies van (nuw ere) Suid-Afrikaanse publikasies te bekom. Dit alles is ’n tydbesparende verbetering op die eerste drie bande wat sistematies saamgestel is, m et afkortings en vele kruisver- wysings. (H ersiening van hierdie bande in die toekoms is nie uitgesluit nie.)

ISSN 0259 9422 = HTS <7/4 (1991) 899

(2)

Redakskmccl

Die SA TB is van die eerste band af *n netjies-versorgde publikasie wat veelvul- dige bantering kan verduur. Saam met die Bibliografte vir kerkgeskiedenis in Suider- Afrika bied die SATB vir teoloe in Suid-Afrika ’n omnisbare huipmiddel vir die her- winning van inligting. As standaardnaslaanwerk is dit sy prys dubbel en dwars werd.

Die volledige bibliografiese gegewens van die genoemde boeke is soos voig:

B orchardt, C F A, Kilian, J & V orster, W S (eds) 1980. South African theological bibliography/Said-Afrikaanse Teologiese Bibliografie. Pretoria; UNISA.

Hofmeyr, J W & Cross, K E (eds) 1986. History of the church in Southern Africa.

Vol I, A Select bibliography o f published rnaterial to 1980. Pretoria: UNISA.

Hofmeyr, J W & Cross, K E (eds) 1988. History of the church in Southern Africa.

Vol 2, A Select bibliography o f published material 1981 to 1985. Pretoria: UNISA.

Mej A D H eckroodt Vakbibliotekaris: Teologie Akademiese Inligtingsdiens Meren.sky Bibiioteek U niversiteit van Pretoria

900 H TS 47/4 ( m i )

Referensi

Dokumen terkait

Bentley & Wolf 1945 wat die kliertrigome by Nicotiana tabacum ondersoek het, het bevind dat trigome op die eerste twee blare ontbreek en dat die trigome eers vanaf die derde gevormde

Die aanslag van die Nieu-Marxiste op Suid-Afrikaanse historiografi e het tot gevolg gehad dat stede se geskiedenis aandag begin geniet het, maar die klem is hoofsaaklik op die twee

Drie voorbeelde kan hier uitgewys word: • Uniekheid en diversiteit: Bloot as gevolg van te min kennis, kan aanvaar word dat die eie spiritualiteit die maniere waarop die eie geloof

Wanneer in gedagte gehou word dat die eerste fase van Brexit meer as drie jaar geneem het om afgehandel te word, is die oorblywende maande in 2020 bitter min om ʼn substantiewe

Die volgende vertalings in die teks aangedui deur V en die verskyningsdatum, met verdere inligting in die bibliografie word vergelyk: i Die Evangelie volgens die beskrywing van Markus

Lalović 2006:9­10 skryf dat slegs wanneer mense met gedeelde belange interpersoonlike sake met mekaar doen, kan daar aanspraak gemaak word op die bestaan van ’n staat wat nie suiwer

Die historici van die verlede het dus heeltemal 'n ander opvatting gehad van die geskiedenis van die mens as die historici van ons tyd, wat veral vanaf die Eerste Wereldoorlog van

,,W ére ld , as die objek van die gerigtheid van die immanentele mens, sluit in die totaliteit van die mens se bestaan: wat hom in die ervaring gegewe is, wat hy deur sy eie vermoëns