• Tidak ada hasil yang ditemukan

Die rol van die statistiese konsultant by 'n universiteit

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Die rol van die statistiese konsultant by 'n universiteit"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.1202 Referaatopsomming

Die rol van die statistiese konsultant by ’n universiteit

Author:

S.L. Makgai1 Affiliation:

1Department of Statistics, University of Pretoria, South Africa Correspondence to:

S. Makgai Email:

[email protected] Postal address:

Private Bag X20, Hatfield 0028, South Africa How to cite this abstract:

Makgai, S.L., 2014, ‘Die rol van die statistiese konsultant by ’n universiteit’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art.

#1202, 1 page. http://

dx.doi.org/10.4102/satnt.

v33i1.1202 Note:

A selection of conference proceedings: Student Symposium in Science, 07 and 08 November 2013, University of Pretoria, South Africa. Organising committee: Mr Rudi W.

Pretorius (Department of Geography, University of South Africa) and Ms Andrea Lombard (Department of Geography, University of South Africa), Dr Hertzog Bisset (South African Nuclear Energy Corporation [NECSA]) and Prof. Philip Crouse (Department of Chemical Engineering, University of Pretoria).

Copyright:

© 2014. The Authors.

Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

Page 1 of 1

The role of the statistical consultant at universities. Statistical consulting is regarded as one of the most challenging aspects of statistics. It entails the analysis of data for the purpose of deriving solutions to research problems presented by a client. This presentation focuses on the consultation process and the role of the statistical consultant in a university environment.

Statistiese konsultasie word beskou as die ontleding van data deur ’n statistikus met die doel om ’n bevredigende oplossing vir die navorsingsprobleem van ’n kliënt te vind. Statistiese konsultante moet dus geldige, toepaslike statistiese metodes en tegnieke aanwend om sin uit die data te haal ten einde betroubare gevolgtrekkings oor die navorsingsprobleem te help ontwikkel.

’n Statistiese konsultant moet met goeie statistiese sowel as nie-statistiese vaardighede toegerus wees. ’n Graad in statistiek vorm die grondslag vir die verkryging van tegniese statistiese vaardighede. Die vermoë om statistiese pakkette soos SAS, SPSS, of C++ effektief te gebruik, stel die konsultant in staat om die navorsingsprobleem op te los. Nie-statistiese vaardighede sluit persoonlike vaardighede in, soos die vermoë om effektief te kommunikeer, die vermoë om goed te luister, sowel as ’n opregte belangstelling in die oplossing van navorsingsprobleme.

Verskeie rolle moet deur konsultante vervul word. Die rolle sluit dié van medewerker, leier, mentor en assistent in. Daar word dikwels van ’n konsultant verwag om meer as een rol te speel, na gelang van die konsultant se karakter en persoonlikheid asook die omgewing waarin hy of sy werk. Konsultante kan op verskillende gebiede van indiensneming (bv. aan universiteite, banke of maatskappye) werksaam wees. Hierdie projek fokus op Suid-Afrika se universiteitsomgewing en die verantwoordelikhede van ’n universiteit se konsultasiesentrum teenoor kliënte.

Elke konsultasiesentrum het drie primêre pligte: dienslewering, onderrig en navorsing.

Twee modelle word tipies in konsultasiesentrums gevolg, naamlik interne en eksterne konsultasiemodelle.

Konsultante wat by ’n interne konsultasiesentrum werksaam is, lewer hul dienste aan nagraadse studente en kollegas in ander dissiplines. Eksterne konsultasiesentrums bedien die publiek, byvoorbeeld besighede, studente van ander universiteite, kerke en diensorganisasies.

Die dienste wat gelewer word, sluit in hulp met betrekking tot die ontwerp van vraelyste, steekproewe en eksperimente, datavaslegging, statistiese data-ontleding en die interpretasie van resultate.

Soms is kliënte kundig en vertroud met statistiek, wat beteken dat hulle met die tegnieke en statistiese metodes wat deur die konsultant gebruik word, vertroud is. Sommige kliënte beskik egter oor geen statistiese vaardighede nie.

Twee verskillende tipes van kliënt-konsultant-verhoudings word voorgelê: die verhouding waarin die konsultant die rol van ’n ouer aanvaar terwyl die kliënt die rol van ’n kind aanneem, en die verhouding waarin die konsultant die rol van ’n kind aanneem en die kliënt die rol van ’n volwassene of ouer aanvaar. Vyf hoofstappe word tipies tydens die statistiese konsultasieproses gevolg:

• die eerste bekendstellingsvergadering

• datavaslegging en die skoonmaak van data

• die statistiese ontleding van data

• die formulering van bevindings

• die interpretasie van resultate

Die hoofdoel vir ’n konsultant is eerstens om ’n oplossing vir die statistiese probleem te kry, en tweedens om die kliënt ​​te help om die resultate te verstaan, sodat hy of sy die oplossing self sal kan toepas en in sy of haar eie omgewing sal kan interpreteer.

Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.

Read online:

Referensi

Dokumen terkait

Sy hele bespreking baseer Cloete 1970:41 op sy eerste stelling: ‘Reeds in Die enkel taak, die eerste gedig van die bundel, word alles op die poësie en sy eise betrek.’ Vir Eybers is die

Volgens hierdie navorsers kan die integrering van IKT en multimedia-LOSM tydens onderrig van jong leerders soos vo|g bydra om: • wiskundige prosesse, diep konseptuele denke en

4.3 AANBEVELINGS In hierdie afdeling word daar aanbevelings gemaak aan die bestuur van ABSA Bank, aangaande die veranderingsbestuurmodel asook die bestuur van die faktore binne die

Alle menings wat in hierdie werk uitgespreek word of gevolgtrekkings waar= toe geraak word, is die van die ondersoeker en moet in geen geval beskou word as 'n weergawe van die menings

In hierdie artikel word die kontras tussen ’n kontemporêre idee van die mens as primêr ’n spelende wese homo ludens en die Bybelse visie op die mens as in die eerste plek ’n

Die grense van die reg op fisies-psigiese integriteit moet deur belange-afweging en beleid bepaal word en ’n “dader se optrede is onregmatig as hy, in omstandighede wat ’n beskerming

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v32i1.833 Referaatopsomming Die invloed van saadbehandelings op die aktiwiteite van α-amilase, lipoksigenase en peroksidase tydens die

’n Totale diversiteit van 172 taksa 20 ordes en 81 families, verteenwoordig deur 12540 organismes, is tydens die ondersoek in die Maricorivier gevind sien Tabel 1 in die aanhangsel..