• Tidak ada hasil yang ditemukan

DOC LitNet | Die huis met baie wonings

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "DOC LitNet | Die huis met baie wonings"

Copied!
8
0
0

Teks penuh

(1)

Deur Derick van der Walt (Hoofstuk 1-20)

AFRIKAANS ENGELS

tuisvideo’s home movies

pruik wig

brilletjie spectacles

sportsak tog bag

bedel beg

vennoot partner (business)

rekwisietekamer costume room

reisagent travel agent

borg sponsor

hysbak elevator

vee to sweep

matriekafskeid matric dance

Regsfakulteit Law faculty

kraamverlof maternity leave

predikant pastor

toneelstuk play (noun)

agie nosey parker

plakkaat poster

geskei divorced

voorskoot apron

fooitjies tips

pensionarisse pensioners

spyskaart menu

prokureur lawyer / attorney

wegbreekjaar gap year

biblioteek library

kelnerin waitress

(2)

reis travel

bedrog fraud

Departement van Binnelandse Sake Department of Home Affairs

alkoholis alcoholic

Lien Jooste

 Sy en haar ma en broer bly op die tweede vloer van ‘n woonstelblok in Pretoria.

 Wil graag oorsee gaan reis (Japan is haar eerste keuse, dan Praag, dalk Rusland, Skotland)

 Lien luister na Norah Jones se musiek wanneer sy van die werklikheid wil ontvlug.

 Lien is ‘n leerder by Hoërskool Jakaranda.

 Tannie Bets reël vir Lien die werk by Malie se Tuin.

 Lien besoek voor skool die biblioteek om navorsing te doen oor die plekke waarheen sy wil reis.

 Lien se LO-groep moet navorsing doen oor die beroep – prokureurswese (Lien se groep bestaan uit: Lien, Miemie Spies, Hein Venter en Sally Swanepoel)

Christien Jooste

 Werk by die Departement van Binnelandse Sake

 Sy is ‘n alkoholis (geel = sy is dronk)

 Sy ontvlug van realiteit deur na klassieke musiek te luister

 Sy kan die klavier bespeel – speel nie meer die klavier nie aangesien sy depressief is Braam Jooste

 Swart krulhare

 Sy ma sê hy lyk by die dag meer soos “Josh Groban” (bl. 4)

 Kyk graag tuisvideo’s (een met blou plakkertjie is sy gunsteling)

 Hy word een van die dae sestien jaar oud (bl. 8)

 Braam se beste vriend is Deon. Hy eet en bly gereeld by Deon se huis.

 “Grobbies” – Braam se krieketafrigter (Mnr. Grobbelaar)

 Braam se spanlede moet ‘n borg vir die span vind – en kry 15% kommissie.

Pa Jooste

 Hy is lank en fris met swart krulhare – net soos Braam.

 Hy was ‘n vennoot in die prokureursfirma Nkobeni, Lategan en Jooste (bl. 189)

 Dien tans tronkstraf uit weens bedrog.

 Hy moes die trustgeld van etlike miljoene met rente terugbetaal.

Wouter

(3)

 Wouter wag soggens vir Lien wanneer hulle skool toe gaan.

 Hy speel krieket.

 Hy en Lien het dieselfde tyd by die skool gearriveer (een jaar gelede) (bl. 7) Hulle het mekaar

‘n paar dae later by die tandarts raakgeloop. Daarna het hulle koffie by die Wimpy gaan drink.

 Sy ouers is geskei. Sy pa woon in Bloemfontein en hy en sy ma het Pretoria toe getrek.

 Sy suster se naam is Yvette. (bl. 57) Malie Dry

 Eienares van koffiewinkel (Malie se Tuin)

 Het “oranje” hare

 Sy is baie streng (strict) Tannie Bets

 Woon in Lien se woonstelblok (504)

 Sy het ‘n goeie hart en help Lien en haar gesin baie

 Sy is oorgewig en moet elke week Weigh-Less toe gaan om haar te laat weeg (weigh)

 Oom Faantjie maak altyd geselsies met die dames wanneer hy kom weeg (Mara is die leier van die groep en ondersteun hulle in hul stryd om gewig te verloor)

Mister MacMillan – Die Engels onderwyser (Die matrieks bestudeer Macbeth)

 Effens “weird”

 Dra bont klere en steur hom nie aan reëls en regulasies nie Meneer Bruwer – Lewensoriëntering onderwyser (Hy dra ‘n bril) Sally Swanepoel – sy is “terterig” / rebel

Miemie Spies

 Kort, maer meisie met ‘n dik bril en yl haartjies Hein Venter

 Hy lyk ouer (older) as die ander seuns

 Hy het al harde baard (beard)

 Nie baie lank nie, maar fris gebou (muscular)

 Blonde, kroeserige hare Juffrou Breytenbach

 Sy is die Afrikaans en drama-onderwyseres

 Die skool gaan ‘n toneelstuk opvoer getiteld “The Breakfast Club”

 Sy dra ‘n brilletjie (net soos John Lennon)

Christiaan – klaskaptein en “town clown” / “village idiot” (Hy is in Lien se matriekklas)

“Kuifie” – (Gerhard) Jong predikant. Hy het blonde hare. Hy is getroud met Elna.

Dirkie – Hy werk by Millenium Creations (vennoot). Hy woon in 401 (vierde vloer) van Lien se woonstelblok. Hy is maer met ‘n lelike vel en ‘n wilde bos hare. (bl. 33)

(4)

Sue-Ellen – Werknemer by Millenium Creations. Sy is tans met kraamverlof.

Meneer Visagie – Hy is die bibliotekaris.

Ou Uil – Skoolhoof

Donovan – Gert Petrus Engelbrecht (doopname). Hy is mede-eienaar van Millenium Creations. Hy is bles.

Roos – Arm. Het op ‘n plaas gewoon waar haar man gewerk het. Haar man het sy werk verloor en hulle het stad toe getrek. Haar dogter werk by ‘n Escort’s Agency. Sy het kinders by verskillende mans.

Tibbey – Hy dra ‘n Bloubul pet en het ‘n Bloubul vlag. Daarmee verdien hy baie geld. Hy is eintlik

‘n sokkergeesdriftige wat Mamelodi Sundowns ondersteun. Hy is Sotho-sprekend.

Oom Frank – Lien se pa se broer. Hy is ‘n Geskiedenisonderwyser. Lien hou nie van hom nie.

Voorspel – Braam kyk na sy gunsteling video – die video van hom en Lien as kinders waartydens hulle in die swembad baljaar. Hulle ma is die kamera-operateur. Hulle pa braai vleis.

Geel en gelukkig – Lien se ma is geel (dronk). Hulle eet aandete in die kombuis. Lien moet Braam se skoolbroek se soom regmaak – haar ma is te dronk om dit te doen. Lien kyk in die spieël en sê hardop “Ek haat jou!” – sy verwys hier na haar pa wat die oorsaak (cause) is vir hulle dilemma.

Jou standaard-skoolnommertjie – Lien hou nie van Hoërskool Jakaranda nie. Sy en Wouter stap in die oggende saam skool toe. In die LO-klas deel meneer Bruwer hulle in groepe in. Sy is in Hein Venter, Sally Swanepoel en Miemie Spies se groep. Hulle moet navorsing doen oor die

toelatingsvereistes by universiteite indien jy ‘n prokureur wil word. Lien dink hulle is almal vreemde karakters.

‘n Kakofonie van klanke – Lien se ma drink weer baie. Lien gaan werk by Malie se Tuin as kelnerin. Sy maak ‘n groot fout deur ‘n jong ouerpaar 20% afslag op hule ete te gee. Tant Malie trek dit van haar dagloon af. Sy en Wouter is goeie vriende. Wouter is haar steunpilaar.

Die meesterstuk – Juffrou Breytenbach vertel haar klas van die toneelstuk wat hulle vanjaar gaan opvoer. Lien stel nie belang nie. Juffrou Breytenbach praat na die klas met Lien en vra waarom sy so ongelukkig by die skool is. Juffrou Breytenbach sê vir Lien dat sy enige tyd met haar kan kom

(5)

praat indien sy probleme het. Sy wil ook hê Lien moet vir een van die rolle in die toneelstuk kom lees tydens die oudisies. Wouter noem aan Lien dat sy nie altyd “Lientjie Lieflik” is nie.

Lientjie Lieflik – Lien se tweede dag by Malie se Tuin verloop nie goed nie. Sy en Agnes loop in mekaar vas en Lien laat val ‘n skinkbord met breekgoed. Die koste beloop R128,50 en Lien en Agnes moet vir die skade betaal. Lien is kwaad aangesien dit net ‘n ongeluk was. Sy bedank en sê vir Tant Malie dat sy nie weer terugkom nie. Terug by die huis sien Lien dat haar ma weer “geel” is.

Die jong predikantjie kom besoek Lien by hulle woonstel. Hy bied sy hulp aan indien Lien dit ooit sou benodig. Lien vat tannie Bets se pot terug en hulle eet Swartwoudkoek. Lien gaan praat met Dirkie oor ‘n werk by Millenium Creations.

A change of scenery – Lien gaan vroeg skool toe om navorsing vir hulle LO-taak op die internet te doen. Wouter gee vir haar ‘n briefie en ‘n sjokolade. Na skool gesels hy met Riekie en Sanet (twee matriekmeisies). Lien en Wouter gaan drink koffie by die Wimpy. Wouter vra vir Lien of sy saam met hom na die matriekafskeid sal gaan. Lien gaan vir ‘n oudisie vir The Breakfast Club. Toe sy by die huis kom, drink haar ma alweer.

Effens last season – Lien begin werk by Millenium Creations. Sy hou nie baie van Donovan nie aangesien hy baie “bossy” is en haar die heeltyd “Engel” noem. Aan die einde van die werksdag sê Donovan sy moet haar hare laat sny. Lien vra of sy haar gratis haarsny vir haar broer kan gee. Lien gaan saam met tannie Bets Weigh-Less toe om haar te ondersteun. Terug by die huis sê Lien vir Braam dat hy sy hare by Millenium Creations moet laat sny. Sy noem ook aan hom dat hy vir Dirkie en Donovan kan vra om sy span te borg. Hy kan sy kommissie gebruik om vir hom ‘n nuwe

denimbroek te koop. Toe Lien hulle uit hulle groot huis na die woonstel moes trek, moes hulle van hulle honde ontslae raak. Sy wonder waar hulle is en of hulle nog leef.

Weird Maria – Juffrou Breytenbach kondig die rolle vir die toneelstuk aan. Lien kry die rol van Maria. Na skool gaan drink Lien en Wouter koffie. Daarna gaan werk Lien by Millenium Creations.

Braam arriveer om sy hare te laat sny. Lien vat die kans en vra namens Braam of Donovan en Dirkie nie Braam se krieketspan wil borg nie? (R3000) Hulle stem in om Braam se 0/16 krieketspan te borg. Braam is tevrede met sy haarsny.

‘n Rus op die menu – Die salon is besig en Lien moet hard werk. Na werk gaan koop sy kos by Pick ‘n Pay. Braam kuier die naweek by Deon-hulle. Haar ma drink alkohol toe Lien by die huis kom. Sy vra haar ma waarom sy nie meer klavierlesse gee om ekstra geld te verdien nie. Lien speel ‘n kort stuk op die klavier en haar ma gaan na haar slaapkamer toe. Lien is alleen en wonder of sy vir Wouter moet bel. Sy wonder ook wat van haar ou vriende van haar vorige skool geword het.

Iets om die palaat te verfris – Lien het nog nie vir Wouter ‘n definitiewe antwoord oor die

matriekafskeid gegee nie. Sy is egter bang dat hy vir Riekie of Sanet gaan vra om saam met hom te gaan. Miemie Spies verjaar (18) en nooi Lien uit om saam met haar by die Wimpy te gaan eet.

Miemie vertel vir Lien waarom sy haar so bewonder. Miemie se ma kyk die hele dag sepies omdat haar pa nie wil toelaat dat sy werk nie. (Haar ma het ‘n Meestersgraad in toegepaste Wiskunde).

Haar pa het sy eie onderneming (company) in Johannesburg en werk met IT. Toe Lien tuis kom, kuier Deon by Braam.

Julia Roberts sonder ‘n mond – Lien en Miemie help vir juffrou Breytenbach om die

rekwisietekamer reg te pak. Lien ontdek ‘n pruik met lang, rooibruin hare en sit dit op haar kop. Die

(6)

middag daag Sue-Ellen by Millenium Creations op. Later lig Donovan vir Lien in dat Sue-Ellen terugkom werk toe en dat Lien dus nie meer daar kan werk nie. Lien sê vir Donovan om haar nooit weer “Engel” te noem nie. Lien besoek ‘n reisagent om uit te vind wat ‘n vliegtuigkaartjie kos. Lien besef dat sy ten minste R30 000 in totaal gaan benodig om oorsee te kan gaan.

Die traandruppel – Lien woon Braam se krieketwedstryd by. Sy span lyk mooi in hul nuwe hemde wat deur Millenium Creations geborg is. Dirkie en Donovan is ook by die wedstryd. Lien besef hoe stukkend Braam se beenskutte is toe hy moet gaan kolf. By die huis luister Lien se ma na Frederic Chopin se impromptu – “die traandruppel”.

‘n Huis sonder ‘n moeder – Lien is vroeg by die skool. Sy gaan werk by die verste rekenaar in die biblioteek. Agie kom loer oor haar skouer. (Seun met draadjies). Sy jaag hom weg. Daarna druk Lien ‘n dokument uit. Lien wag vir juffrou Breytenbach sodat sy die rekwisietekamer se sleutel kan leen. Sy vra die juffrou of sy ‘n pruik en brilletjie kan leen. Haar ma het ‘n paar goedjies by Pick ‘n Pay gekoop insluitende ‘n doos wyn.

A change of scenery (regtig) - Lien ry met die bus tot by ‘n besige kruising. Sy klim uit en dra die pruik, brilletjie en ‘n ou rok van haar ma. Sy het ‘n plakkaat gemaak wat lees: Werkloos. Twee afhanklikes. Enige donasie welkom. Die Here seën u! Later bestorm ‘n vrou Lien en jaag haar weg aangesien dit die vrou se staanplek is. (Sy bedel op die plek) Die vrou wys vir Lien ‘n ander plek aan waar ene Johnny altyd gestaan het. Teetyd nooi die ‘n man genaamd Tibbey vir Lien om saam met hom ‘n breek te gaan vat. Lien vind uit dat die ou vrou se naam Roos is. Later die middag vertel Roos vir Lien dat haar bord te “fancy” is. Lien tel haar geld wat in die rooi sportsak (wat aan Braam behoort) lê. Sy her R150 gedurende die middag verdien. Lien se voete is baie seer en op pad na die winkel sien sy ‘n paar skoene in Pep Stores se venster. Die skoene kos R38.99. Lien koop die skoene (Dit word dus Lien se LANKSTAANSKOENE).

‘n Bottel Energade – Lien kom goed met Tibbey oor die weg. Roos bly egter nog afsydig. Roos verwys na Tibbey se hoek as “Entertainment Corner” omdat Tibbey die mense vermaak. Tibbey woon by die rolbalklub , sy ma is dood en hy weet nie waar sy pa is nie. Hy werk twee uur per week in die rolbalklub se tuin om in die kamer daar te kan woon.

Die Pussycat Dolls – Lien en die ander leerders repeteer vir die toneelstuk. Tydens ‘n breek, gaan sit Lien op die pawiljoen en hoor iemand op ‘n mondfluitjie speel. Dit is Hein – hy help om die dekor te bou. Lien ry saam met Miemie huis toe. (Miemie het ‘n bestuurder wat haar rond ry – sy naam is Joe.) Toe sy by die huis kom, sit haar ma op haar bed en drink dooswyn.

Die afgevaardigde van Tibet – ‘n Man met rooi hare en baie sproete (hy bestuur ‘n wit Volvo) stop langs Lien by die verkeerslig. Die meisie speel met ‘n Barbiepop. Haar pop se naam is Britney.

Lien verwys na Sproet se vrou as Muismondjie en die kind as Sproetjie. Johnny het op Lien se hoek gestaan, maar Roos het hom weggejaag. Lien doen navorsing oor Tibet op die internet.

Tee en kaaskoek – Lien stem in om saam met Wouter na die matriekafskeid te gaan. Haar ma het hulle by die skool kom haal – sy is dronk en die wit Mazda staan skeef op die sypaadjie geparkeer.

Wouter help Lien se ma terug in die motor en bestuur die motor terug na Lien se woonstel toe.

Sally Swanepoel sien alles wat daar gebeur. Dirkie nooi Lien vir tee en kaaskoek. Hy raai Lien aan

(7)

om met Gerhard (Kuifie) te gaan praat om haar met hulle probleme te help. Lien gaan na Gerhard se huis en ontmoet sy vrou, Elna. (ou Valetjie). Lien en Gerhard het ‘n lang gesprek oor God en oor haar ma wat soveel probleme het.

Baie sterker as Camel filters - By die skool loop Lien in Sally Swanepoel vas toe sy badkamer toe gaan. Sally praat met Lien en sê vir haar dat haar pa ook baie drink. Toe Lien die middag by die huis kom, gaan sy en Braam na tannie Bets se woonstel waar Kuifie en heerlike kos hulle inwag. Hulle sê vir Lien dat haar ma in ‘n kliniek ingeboek is om beter te word. Miemie nooi vir Lien om die naweek by haar te kom kuier.

Nuwe mense relax nou hier – Lien neem die bus en ry na haar ou huis toe. Sy sien van haar ou skoolmaats op die bus en herken die omgewing waar sy voorheen gewoon het. By haar vorige huis lui sy die voordeurklokkie en vra die huishulp of sy die toilet mag gebruik aangesien sy na die binnekant van haar vorige huis wil kyk. Die huishulp maak egter die deur in Lien se gesig toe. Lien is baie teleurgesteld.

1. Malie se Tuin

 Lien se eerste werk is by Malie se Tuin.

 Tannie Bets het die werk vir haar gereël.

 Die winkel se dekormotief is blomme / tuine.

 Dinsdae en Donderdae kry PENSIONARISSE 20% afslag op etes.

 Lien kry ‘n aanstelling as kelnerin.

 Sy verdien (earn) R10 per uur plus fooitjies.

 Sophie (kort met vlegsels) studeer deeltyds en Agnes (lang meisie) werk vir Tannie Malie

 Lien moet bestellings neem en klante bedien.

Lien maak ‘n groot fout – sy gee 20% afslag aan ‘n jong ouerpaar met ‘n klein

seuntjie. Tannie Malie is baie kwaad en trek die geld wat sy verloor het van Lien se dagloon af.

 Wouter kom eet koek en drink koeldrank – hy los vir Lien ‘n R10 fooitjie.

 Lien verdien R36,38 vir die middag se werk.

 Lien se tweede dag by Malie se Tuin verloop nie goed nie. Sy en Agnes loop in mekaar vas en Lien laat val ‘n skinkbord met breekgoed. Die koste beloop R128,50 en Lien en Agnes moet vir die skade betaal. Lien is kwaad aangesien dit net ‘n ongeluk was. Sy bedank en en sê vir Tant Malie dat sy nie weer terugkom nie.

2. Millenuim Creations

 Tannie Bets verwys (refers) Lien na Dirkie. Sue Ellen is met kraamverlof en hulle het ‘n tydelike (temporary) pos.

(8)

 Lien sal R15 per uur verdien en mag haar hare een maal per maand gratis (free) laat sny.

 Donovan (hy is bles) is die hoofaandeelhouer by Millenium Creations.

 Hy noem Lien “Engel” (Angel) – dit irriteer haar baie.

 Lien se take behels: tydskrifte regpak, telefoon beantwoord en afsprake maak, koffie maak en later selfs klante se hare was asook die hare opvee.

 Mary Morning Glory werk soggens by die salon.

3. Lien die bedelaar

 Lien leen ‘n pruik en brilletjie van die rekwisietekamer en vermom haarself.

 Sy dra ‘n ou rok wat aan haar ma behoort.

 Sy gaan staan by ‘n verkeerslig en bedel.

 Sy raak bevriend met Roos en Tibbey wat ook daar naby bedel.

 Lien verdien op hierdie manier geld om kos te koop en vir haar oorsese reis te betaal.

===========================================================================

Die toneelstuk is gebaseer op ‘n Amerikaanse film (fliek) wat handel oor ‘n groep tieners (hoërskoolleerders) wat een middag na skool in die biblioteek detensie moet doen. Die groep bestaan uit ‘n klomp eksentrieke persone. Soos die tyd verbygaan, leer die kinders mekaar beter ken. Lien se skool gaan die toneelstuk op die planke bring onder leiding van juffrou Breytenbach.

(Die Afrikaans en drama-onderwyseres). Riani lees vir die rol van Rona – ‘n bedorwe brokkie (spoilt brat). Miemie Spies lees vir die rol van Jenny, ‘n terterige karakter van wie die ouens baie hou.

Lien moet vir die rol van “Weird” Maria lees. (Maria se karakter kou altyd haar naels en praat min) Sanet kry die rol van Jenny en Riekie gaan Rona vertolk. Elma gaan Esther wees en Lien kry die rol van Maria. John Toerien kry die rol van Alac (windgat), Wian Reynecke is Frederick en Sors Naude gaan die rol van die nerd (bleeksiel), Ben, vertolk. Christiaan speel die hunk, David, in die toneelstuk. Herman gaan die onderwyser wees. Miemie kry die rol as die skoonmaker.

Referensi

Dokumen terkait