Afrikaans Addisionele Taal
Lien se lankstaanskoene deur Derick van der Walt
Kontekstuele vrae: Hersiening
1. Watter tuisvideo is Braam se gunsteling video? Wat word in die tuisvideo uitgebeeld?
2. Gee drie fisieke kenmerke van elkeen van die volgende karakters:
2.1. Dirkie 2.2. Lien se pa 2.3. Hein Venter
3. Waar het Lien en Wouter die eerste keer ontmoet en wanneer het hulle vriende geword?
4. Watter karakter woon in die volgende woonstelnommers:
4.1. Nommer 504 4.2. Nommer 401
5. Watter TWEE foute (blapse) het Lien by Malie se Tuin gemaak?
6. Waarom werk Sophie slegs Dinsdae en Donderdae by Malie se koffiewinkel?
7. Watter vakke gee die volgende onderwysers?
Juffrou Breytenbach; Mister Macmillan; Meneer Visagie; Meneer Bruwer
8. Wie het vir Lien gesê dat sy nie juis “Lientjie Lieflik” is nie en waarom het die persoon dit gesê?
9. Waar werk Christine Jooste?
10. Wat is die naam van die prokureursfirma waar Lien se pa gewerk het?
11. Waarom is Lien se pa in die tronk?
12. Watter TWEE verskille het Lien opgemerk toe sy haar vorige huis besoek het? (Wat het verander?)
13. Wat gebeur Dinsdae en Donderdae by Malie se Tuin?
14. Watter kleur hare het Sally Swanepoel?
DK – September 2012 Page 1
15. Wie is Kuifie en watter werk doen hy?
16. Waar kom Roos vandaan en waarom bedel sy?
17. Wie het die meerderheid aandele in Millenium Creations?
18. Hoe tree Donovan op wanneer klante met hom gesels wanneer hy hulle hare sny? En Dirkie?
19. Wat moet tannie Bets een maal per week doen?
20. Wie maak elke week geselsies (flirtasies) met tannie Bets?
21. Waaroor gaan die toneelstuk, The Breakfast Club?
22. Waarom, dink jy, het juffrou Breytenbach juis op bogenoemde toneelstuk besluit? Waarom is dit relevant vir die hedendaagse tiener?
23. Waarom begin Lien mettertyd vanWeird Maria se karakter hou?
24. Wie word beskou as die “class clown” en “village idiot”?
25. Wie is Sue-Ellen en waar werk sy?
26. Waarom kry Lien die werk by Millenium Creations?
27. Wie is “Mary Morning Glory”?
28. Wie is Braam se beste vriend en waarom kuier hy so baie by die seun se huis?
29. Waar het Wouter gewoon voor hulle Pretoria toe getrek het?
Waarom het hulle in Pretoria kom woon?
30. Wat is Wouter se suster se naam?
31. Noem die eerste drie stede wat Lien graag sal wil besoek. (In volgorde)
32. Wat het Lien uit die rekwisietekamer gevat en waarom het sy dit gevat?
33. Wie het Lien met Julia Roberts vergelyk?
34. Wie is Spoet, Sproetjie en Muismondjie?
35. Met wie praat Sproetjie altyd wanneer hul motor langs Lien stop?
36. Wat sê Sproetjie vir Lien wat haar kwaad maak?
37. Watter raad het Roos vir Lien gegee toe sy begin bedel het?
38. Wat staan op Lien se bedel-plakkaat? Na wie verwys die “Twee afhanklikes” op Lien se plakkaat?
39. Waar woon Tibbey en watter sokkerspan ondersteun hy?
40. Watter musiekinstrument speel Hein?
41. Waarom woon Hein die toneeloefeninge by?
42. Wie is Joe en Roberta?
43. Watter werk doen Miemie Spies se pa?
44. Waarom werk Miemie se ma nie?
45. Wie is Trixie?
46. Wat het Lien, Roos, Tibbey en Magriet by Spar op uitverkoping gekoop? Was daar regtig ‘n uitverkoping op die twee produkte?
DK – September 2012 Page 2
47. Saam met wie het Lien daar agtiende verjaardag gevier?
48. Wat het Christien gedoen wat daartoe aanleiding gegee het dat sy vir ‘n tweede keer in die rehabilitasiekliniek opgeneem moes word?
49. Wie is oom Frank en tannie Poppie?
50. Watter werk doen oom Frank?
51. Wie is meneer Moller?
52. Wat is Sproet se regte naam?
53. Waarheen gaan Lien nadat Sproet probeer het om met haar seks te hê?
54. Waarom huil Lien terwyl sy in bogenoemde plek sit?
55. Watter lied speel in die plek?
56. Wie is Katrien?
57. Wie is “perd” en waar werk sy?
58. Watter tragiese insident het gebeur wat veroorsaak het dat Tibbey se bene geamputeer is?
59. Wie is James van Biljon?
60. Wat het ‘n motoris aan Lien by die verkeerslig gesê wat haar baie ontstel het? (bl. 165)
61. Wie het Tibbey se karretjie gebou?
62. Wie is “Engel”?
63. Wie is ou “Uil”?
64. Wat doen Christine Jooste na afloop van Lien se konsert?
65. Wat is ‘n “Steinway”?
66. Wat gebeur in die Naspel?
67. Het die roman ‘n gelukkige einde? Gee ‘n drie redes vir jou antwoord.
68. Gee ‘n verklaring vir die titel van die roman.
69. Wat word op die omslag (voorblad) van die roman uitgebeeld?
Hoe kan elke item by die roman betrek word?
70. Watter rol speel Norah Jones se musiek in die roman?
DK – September 2012 Page 3