Epistemiese waardes in die rasionaliteitsmodel van Wentzel van Huyssteen
Jaco Kruger
Departement Filosofie
Potchefstroomse Universiteit vir CHO POTCHEFSTROOM
Abstract
Epistemic values in Wentzel van Huyssteen’s model of rationality In his dialogue with the current state o f the debate on philosophy o f debate,
Wentzel van Huyssteen develops what he calls a postfoundationalist model o f rationality as opposed to the discredited foundationalist model and the, fo r him equally unacceptable, antifoundationalist model o f rationality. In this article it is argued that the two basic epistemic values o f Van Huyssteen's model, viz. the pursuit o f intelligibility and the concept o f critical realism, tie in with his opposition to foundationalism and anti- foundationalism. He uses the concept o f intelligibility to distance him self from a foundationalist approach, and then he utilizes the concept o f critical
realism to safeguard him self from antifoundationalism. The factor which ties these two values together is the notion o f progress in science. In this article it is argued that Van Huyssteen’s model does not really succeed in transcending the foundationalism-antifoundationalism tension with a radically new alternative, the main reason fo r this being that a pragmatic idea o f progress in science cannot succeed in integrally connecting the epistemic values o f intelligibility and realism.
1. Inleiding
Die fokus van Wentzel van Huyssteen se werk is geleë in ’n dialoog met die hedendaagse probleembewussyn van ons kultuur. In die proses van verant- woording doen van sy geloof en van die geloofwaardigheid daarvan, moet die teoloog, volgens Van Huyssteen, die metateoretiese vraag na die aard en struktuur van sy eie denkmodel vra. Hierdie problematisering van die teologiese denkwyse is ’n noodsaaklike voorwaarde vir ware kontekstualiteit in die teologie (Van Huyssteen, 1987:3). Die feit dat hier op metateoretiese vlak bew eeg word (die teoloog besin oor sy eie denkprosesse) bring so ’n aanpak dadelik in verband met die wetenskapsfilosofle. N og nader: omdat dit oor denkprosesse gaan, bring
Koers 62(1) 1997:29-14
Epistemiese waardes in die rasionaliteitsmodel van Wentiel van Huyssteen
dit die teoloog (se besinning) in verband met die kenteoretiese vraag na die aard van rasionaliteit1.
In die huidige w etenskapsfilosofiese probleem bew ussyn is fondasionalism e as rasionaliteitsmodel ( ’n mens sou ook kon praat van m etateorie) nie m eer aanvaarbaar nie (vgl. Brown, 1988:78, 107, 132, 133; W olterstorff, 1984:56, 57).
’n Fondasionalistiese benadering wil die sekerheid o f betroubaarheid van ’n teorie bevestig deur dit op een o f ander manier te verbind aan ’n “ fondasie” van kwansuis ononderhandelbare sekerhede. Die ideaal het geblyk onbereikbaar te wees. Aan die ander kant bestaan daar vandag (volgens Van Huyssteen: in die postm odem istiese konteks) verskeie antifondasionalistiese benaderings tot w eten- skapsbeoefening. In breë trekke kan gesê w ord dat dié benaderings w etenskap bloot op pragm atiese gronde wil bedryf (vgl. Rorty, 1989, vir ’n voorbeeld van so
’n standpunt; Brow n, 1988:125-128 en Van N iekerk, 1992:hfst. 5 vir reaksie hierop.) So ’n aanpak is vir Van H uyssteen ook nie aanvaarbaar nie. Hy ontwikkel ’n sogenaam de postfondasionalistiese rasionaliteitsm odel vir die teologie waarin hy probeer om aan die problem e verbonde aan sowel fondasionalisme as antifondasionalism e te ontkom. Die volgende vrae ontstaan nou: hoe sien hierdie “ postfondasionalistiese” model daar uit, en is dit w erklik ’n />oí/-fondasionalistiese model in die sin dat die spanning tussen fondasionalism e
en antifondasionalism e oorstyg w ord?
In hierdie artikel w ord die tw ee kern epistem iese w aardes w aarom heen Van Huyssteen sy rasionaliteitsm odel bou, geïdentifiseer as (1) die n astreef van intelligibiliteit en (2) die idee van kritiese realisme. D aar w ord geargum enteer dat Van Huyssteen die nastreef van intelligibiliteit as epistem iese w aarde gebruik om hom self aan die een kant a f te grens teenoor ’n fondasionalistiese opvatting van rasionaliteit. Aan die ander kant lê hy w eer sterk klem op kritiese realism e as ’n epistemiese w aarde vir ’n postm odem e rasionaliteitsm odel om hom sodoende te stel teenoor die antifondasionalistiese (lees: relativistiese) uitlopers van die post- modemism e. D ie instrument w at Van H uyssteen gebruik om hierdie tw ee w aardes aan m ekaar te bind, is die gedagte van vooruitgang in die w etenskap.
U iteindelik w ord tot die gevolgtrekking gekom dat Van H uyssteen nie werklik
1 R asionaliteit is een van daardie hoogs gclade b egrippe ten opsigtc w aarv an elke kecr op n u u t w eer uitgespel m oct w ord w at daarm ee bcdocl word. V an der M crw e (1 9 8 3 :3 2 2 ) vocr a an d at die gcsprck aangaandc rasionaliteit grootliks w cntcl om tw ee puntc: (1 ) pogings om rasionaliteit gcstand te docn teenoor irrasionalism c, en (2) analisc van die aan sp ra k c van die skcptisism c encrsyds, en van ’n beroep op co m m itm en t andcrsyds O procpe klink vanuit verskeie oordc op d at d a ar nuut gedink m oct word o o r die begrip rasionaliteit. H art (1 9 8 1 :1 7 4 ) p ra a t van die huidige krisis in rasionaliteit; Brow n (19 8 8 ) handcl oor die problem e m et die “k lassickc”
opvatting van rasionaliteit en docn 'n a ltc m a tic f aan die hand; en V an N iekerk ( 1992 :8 -1 0 ) sc scntralc hipotesc is dat d a ar ’n vcrruim ing in die idee van rasionaliteit m oct kom
daarin geslaag het om die tw ee kante - intelligibiliteit en realisme - met mekaar te versoen nie, en dat die teenstelling tussen fondasionalisme en anti- fondasionalism e dus ook nie werklik getransendeer is in ’n postfondasionalistiese rasionaliteitsm odel nie2.
2. R asionaliteit as die nastreef van intelligibiliteit
Van H uyssteen verbind die n astreef van intelligibiliteit aan iets w at eie is aan alle mense: die poging om die wêreld waarin ons leef, en w at in ons ervaring na ons toe kom, te verstaan. Die nastreef van intelligibiliteit is volgens horn altyd ’n reaksie op dit w at ons ervaar, dit is die strew e na die verstaan van die w erklikheid op die diepste moontlike vlak. In die w etenskap neem die strew e na verstaan die vorm aan van ’n poging om op ’n ordelike en sistem atiese manier verklarings van ons ervaring te gee. Die sluitstuk w at die begrippe “ ervaar” en
“ verstaan” aanm ekaar bind, is die opvatting van ervaringsmatige genoegsaamheid (experiential adequacy). Dié opvatting sê dat wetenskaplike denke altyd sal poog om op so ’n w yse ’n antwoord te gee op problem e w at uit ervaring ontstaan, dat dit ’n genoegsam e verklaring sal w ees vir dit w at ons ervaar (vgl. Van Huyssteen, 1993b:257). Hierdie is die vertrekpunt w aarm ee Van H uyssteen horn vereenselw ig en waaruit die em piriese basis van sy rasionaliteitsm odel duidelik blyk. N ou kom ’n belangrike punt na vore: vir Van Huyssteen bestaan rasionaliteit in die w etenskap uit die aanvaarding van die beste moontlike verklarings (Van H uyssteen, 1993a: 126). Dit gaan om die aanvaarding van die teoretiese modelle w at die mees effektiewe probleem oplossers is in term e van bepaalde kriteria. Van Huyssteen dui nie werklik aan o f daar algemene kriteria is w at vir alle teoretiese uitsprake geld nie, behalw e om te sê dat kriteria vir effektiew e probleem oplossing gebonde sal w ees aan die doel van die betrokke teoretisering (Van Huyssteen, 1988:82). Elders (Van Huyssteen, 1987:172) v ersk af hy wel sy w eergaw e van die kriteria w aaraan die rasionaliteit van spesifiek teologiese uitsprake getoets moet word.
Dit blyk dus dat Van Huysteen baie vinnig en direk bew eeg vanaf intelligibiliteit na die aanvaarding van teorieë wat problem e die effektiefste oplos. So ’n aanpak is dan volgens horn ’n kenm erkende karaktertrek van rasionaliteit. Dit wil voorkom a so f hy, ten minste op die vlak van intelligibiliteit, wil w egstuur van kw essies oor die w erklikheidsbetrokkenheid van teorieë, en eerder kies vir ’n breër, holistiese en m eer pragm atiese benadering. Hy stel dit duidelik dat
2 D a ar hct al vanuit v c rs k c c oordc reaksie gekom op V an H uyssteen sc voorstellc. Sm it (1988:91 e.v ) lë vcral klem op die im plikasics daarvan vir die tcologie. K ruger (19 8 7 :6 4 -6 9 ) fokus op die rclcvansic daarvan vir die vcrhouding tussen die C hrlstciikc tcologie cn andcr rcligice S trau ss (19 9 1 ) sc kritick op V an H uyssteen handcl veral o o r die statu s van tcologie as ’n w etenskaplike dissiplinc, cn oor die vcrhouding tussen tan I cn begripsvorm ing
Epistemiese waardes in die rasionaliteitsmodel van Wenlzel van Huyssteen
verklaring, sowel in die natuur- as die geestesw etenskappe, altyd ’n vonn van rasionele rekonstruksie is. Rasionele denke is nooit suiw er objektief nie; die interpretatiewe teoretiseringsproses word tot ’n groot m ate beïnvloed deur die konteks w aarin dit plaasvind. Enige navorsingsprogram en die verklarings w at dit gee, is dus slegs voorlopig en kan slegs gedeeltelik op ’n spesifieke tydstip geëvalueer word (Van Huyssteen, 1993a: 129); daarom dat rasionaliteit geken- merk word deur die keuse vir die beste moontlike verklaring op ’n spesifieke tyd.
So ’n opvatting van rasionaliteit probeer w egkom van die eng en rasionalistiese opvatting w at volgens Van Huyssteen dikw els in die verlede gehuldig is, en probeer reg laat geskied aan die feit dat rasionaliteit ’n kom plekse en veelkantige verskynsel is (Van Huyssteen, 1993a: 126).
Uit die voorafgaande uiteensetting w ord dit duidelik dat Van H uyssteen die kognitiewe aspek van rasionaliteit, in elk geval in hierdie deel van sy argument, ietwat relativeer. Volgens horn kan daar in ’n breër en ryker opvatting van rasionaliteit ten minste drie bronne van rasionaliteit geidentifiseer w ord, w aarvan die kognitiewe konteks slegs een is, en op gelyke vlak met die ander tw ee kontekste staan. Die drie bronne van rasionaliteit is die kognitiew e konteks, die evaluatiewe (morele) konteks en die pragm atiese konteks (Van H uyssteen, 1995:17). Die im plikasie van hierdie drie bronne is dat rasionaliteit bestaan in die verskaffing van goeie redes w aarom sekere oortuigings gehandhaaf word (kognitief), die verskaffing van goeie redes waarom sekere morele keuses gem aak is (evaluatief), en die verskaffing van goeie redes w aarom op ’n sekere manier opgetree word (pragmaties). H ierdie drie kontekste gaan dan saam as ’n
“naatlose geheel” . D aar sou dus gesê kan word dat ’n mens rasioneel optree in sake rakende oortuiging, aksie en evaluasie w anneer die redes vir die optrede oortuigend en samehangend is (Van Huyssteen, 1993a: 127). Die aanvaarding van
’n teorie as die beste verklaring het dus ’n kognitiew e dim ensie, m aar die pragmatiese en evaluatiewe dimensies is net so belangrik. Die afleiding w at nou gemaak kan w ord, is dat Van Huyssteen hoop om die sterk teenstelling van ó f fondasionalisme ó f antifondasionalism e te transendeer deur te fokus op pragmatiese en evaluatiewe dimensies.
Veral ten opsigte van die evaluatiewe dimensie van rasionaliteit gee Van Huyssteen ’n uiteensetting van wat hy met ’n breër en ryker opvatting van rasionaliteit bedoel. Die evaluatiewe dimensie van rasionaliteit fokus op die rol van beoordeling in menslike kognisie. O ordeel is dan in epistem iese sin die vermoë om ’n situasie te evalueer, om getuienis op te w eeg en om dan tot ’n redelike besluit te kom sonder dat voorafiieergelegde reëls gevolg w ord (Van Huyssteen, 1995:17; vgl. Brown, 1988:138 e.v.). O ordele m oet gevel w ord deur individue w at beskik oor genoegsam e, relevante infonnasie ten opsigte van die tersaaklike situasie. Die klem val op die spesifieke en kontingente param eters van ’n situasie eerder as op algemene en noodw endige kennis w at kw ansuis deur 32
’n sekere m etode van ’n vaste basis van sekerhede afgelei sou kon word. So ’n opvatting van rasionaliteit verteenw oordig vir Van Huysteen ’n stap vooruit ten opsigte van die klassieke fondasionalistiese rasionaliteitsmodel. V olgens dié opvatting behoort dit ook glad nie so ’n groot gew etenswroeging a f te gee w anneer dit duidelik w ord dat ’n bepaalde opvatting ten gunste van ’n nuwe een laat vaar m oet w ord, indien goeie redes vir die aanvaarding van die latere een bestaan nie (Van H uyssteen, 1995:18).
’n Volgende aspek van ’n evaluatiewe benadering tot rasionaliteit is, volgens Van H uyssteen, dat naas rasionele oortuigings (d.w.s. oortuigings w aarvoor goeie redes bestaan) ook rasionele persone belangrik is (vgl. Brown, 1988:185).
Rasionele persone is m ense w at hulle gesonde verstand kan gebruik en w at ’n goeie oordeel te midde van moeilike en kom plekse om standighede kan vel (Van Huyssteen, 1995:19). Van Huyssteen gaan nou verder en onderskei drie kenm erke van rasionaliteit w aar die rasionele persoon vooropstaan.
• Die eerste kenm erk is dat ’n rasionele oortuiging een is w aartoe deur ’n rasionele agent gekom is; dit gaan oor die w yse w aarop die agent met die beskikbare getuienis omgaan. In die uitgediende, fondasionalistiese rasionaliteitsm odel is die rol van die agent geminimaliseer. Die rasionaliteit van ’n oortuiging is eerder gekoppel aan die manier w aarop die oortuiging aan genoegsam e getuienis daarvoor (veral deur logiese relasies) verbind kon word.
In die altem atiew e model word die rasionele agent as vertrekpunt geneem, en die rasionaliteit van ’n oortuiging w ord nou bepaal deur die manier w aarop die agent m et getuienis omgaan (Van Huyssteen, 1995:19).
• ’n T w eede kenm erk van ’n rasionele agent is die vermoë om oordele te vel in situasies w aar genoegsam e reëls vir besluitneming ontbreek. ’n Implikasie hiervan is dat ons vermoë om op te tree as rasionele agente beperk sal word deur die mate van kundigheid w aaroor ons beskik.
• Die derde kenm erk behels die inbring van ’n sosiale element: rasionele besluitnem ing is ’n sosiaal bem iddelde eerder as ’n reël-beheersde proses. Vir
’n oortuiging om rasioneel te w ees en gebaseer te w ees op ’n oordeel wat gevel is, m oet dit voorgelê w ord aan die gem eenskap van m ense w at die relevante kundigheid deel. Hiermee w ord rasionaliteit dan ook ’n sosiale fenomeen (Van H uyssteen, 1995:20; Brow n, 1988:187).
Die gevolgtrekking ten opsigte van intelligibiliteit as epistem iese w aarde by Van Huyssteen is dat die n astreef van intelligibiliteit, as die maak van die mees progressiew e teoriekeuses, vir horn saamhang met ’n breër, m eer holistiese en pragm atiese opvatting van rasionaliteit. In hierdie pragm atiese opvatting van rasionaliteit w ord die kognitiew e, reëlgebonde dim ensie van kennisvorm ing doclbew us onderspeel, ten einde w eg te kom van ’n fondasionalistiese
33
Epistemiese waardes in die rasionaliteitsmodel van Wentzel van Huyssteen
rasionaliteitskonsepsie. In die m aak van die m ees progressiew e teoriekeuses speel die rasionele agent, w at rasionele oordele vel, ’n besondere rol. Hierdie agent is ’n méns w at strew e na intelligibiliteit. M enslike oordeel is egter altyd feilbaar en voorlopig en daarom is die beste kans om foute uit te skakel daarin - geleë dat oordele en besluite aan intersubjektiew e kritiek onderw erp w ord (Van
Huyssteen, 1995:21).
3. W erklikheidsbetrokkenheid as epistem iese waarde
Hoewel Van H uyssteen klem lê op ’n m eer holistiese benadering tot rasionaliteit waarin die menslike faktor en kontrole deur die gem eenskap van kundiges ’n belangrike rol speel, blyk dit tog dat sekere postm odem istiese opvattings van rasionaliteit en w etenskap hom tot kom m er stem. D it is veral dié standpunte w at alle pogings tot kontak met die w erklikheid laat vaar en w etenskap blóót op pragm atiese gronde bedryf. In sodanige opvattings w ord die klem geplaas op lokale kontekste van ondersoek: daar w ord slegs na afgegrensde problem e gekyk, sonder om te probeer vasstel hoe sulke problem e inskakel by die geheel- beeld w at aangaande die werklikheid gehuldig w ord. Eintlik w ord die vraag na die geheelbeeld as ’n non-vraag beskou. Van H uyssteen se w eerstand teen so ’n benadering blyk uit die volgende aanhaling:
... we cannot remain content with a pluralism o f unrelated languages if they are languages about the same world. Thus, if we seek a coherent inter
pretation o f all experience, we cannot avoid the search for a unified world
view ... A pragmatism that shuns the cognitive dimension o f rationality will be an impoverished pragmatism ... Also, why should anything be conceptually powerful or pragmatically useful unless it somehow relates, through the language we use to the way things are? (Van Huyssteen,
1993c:373, 374).
Dit blyk dus dat Van H uyssteen, in sy argument teen ’n antirealistiese en bloot pragm atiese opvatting van w etenskap, klem lê op die kognitiew e aspek van rasionaliteit w at nie buite rekening gelaat mag w ord nie. Die kognitiew e aspek w ord skynbaar veral belangrik w anneer ons ’n geheelbeeld van die w erklikheid (;unified w orld view) wil kry. U it die aanhaling w ord dit duidelik dat “ ervaring” , soos uitgedruk in “ taal” , vir Van Huyssteen belangrike aspekte is van ’n model van hoe daar in die w etenskap by die w erklikheid uitgekom w ord. Die epistem iese w aarde onder bespreking het dus te m ake m et die w erklikheids
betrokkenheid van teoretiese uitsprake. Van H uyssteen verw ys na die model wat hy voorstaan as ’n krities-realistiese model.
In die behandeling van Van Huyssteen se krities-realistiese rasionaliteitsm odel moet in gedagte gehou w ord dat die model in die eerste plek as rasionaliteits
model vir die teologie aangebied word. Die w etenskapsteoretiese aspekte w ord dus alreeds vanuit die staanspoor deur hom op teologie.se teoretisering van
toepassing gemaak. Aangesien daar in hierdie artikel spesifiek gefokus w ord op die w etenskapstcoretiese aspekte van Van Huyssteen se w crk, w ord ’n skeiding gem aak tussen die w etenskapsteoretiese en teologiese aspekte van sy model wat soms kunsm atig kan w ees, m aar wat in die lig van die onderw erp onder bespreking as geregverdig beskou word.
D it blyk dat V an H uyssteen, ten opsigte van die kw essie van werklikheids- betrokkenheid, in sy argumentasie nou aansluiting vind by ’n rigting in die w etenskapsfilosofie genaam d wetenskaplike realisme (vgl. Van Huyssteen, 1987:
174, 175). Die debat insake w etenskaplike realism e wentel random daardie teoretiese term e w at na entiteite verw ys waarvan die bestaan slegs uit die teorie(ë) w aarbinne hulle voorkom , afgelei kan w ord (dink byvoorbeeld aan die term e “kw ark” , “ gluon” en “ swart gat” in fundamentele fisika, o f Freud se “ id”
en “ superego” in die psigologie). D ie vraag is o f daar op enige m anier ’n w erklike bestaan vir dié teoretiese entiteite toegeëien kan w ord. Diegene wat w etenskaplike realism e voorstaan, sal sê dat daar indcrdaad op een o f ander m anier van die teorie-onafhanklike bestaan van teoretiese entiteite gepraat kan w ord Een van die hoofargumente wat hiervoor aangevoer w ord, is die em piriese sukses van hierdie teorieë. Terwyl variasie en nuanse by die verskillende voorstanders3 daarvan steeds in gedagte gehou w ord, kan die volgende v y f sake vir die doeleindes van die bespreking geneem w ord as die kardinale punte waarop
’n w etenskaplik realistiese standpunt rus (vgl. Laudan, 1984:219, 220; Rescher, 1987:1,2):
1. Die w erklikheid wat deur wetenskaplike teorieë beskryf w ord, is grootliks onafhanklik van ons denke o f teoretiese stelling-innames.
2. B enew ens die observasionele term e, m oet die teoretiese term e in wetenskaplike teorieë ook gesien w ord as werklik verw ysende/refererende uitdnikkings. Rofvveg kan daar in ander w oorde gesê word: daar bestaan substansies in die wêreld waarm ee ons beste teorieë ooreenkom.
3. W etenskaplike teorieë, realisties geïnterpreteer, is bevestigbaar en word inderdaad dikw els bevestig as synde by benadering w aar. M eer onlangse teorieë is nader aan die waarheid as ouer teorieë binne dieselfde domein.
H oew el dit ’n hoogs gelade begrip is, sou gesê kon w ord dat realiste tipies ’n korrespondensieteorie van w aarheid aanvaar.
4. Die historiese vooruitgang van die volw asse w etenskappe is grootliks ’n saak van opeenvolgende akkurater benaderings van die w aarheid aangaande
3 H icr kan gcdink word aan die wcrk van o a. E m an M cM ullin, R ichard B oyd, H ilary Putnam cn Jarrctt Leplin (vgl Lcplin, 1984)
Epistemiese waardes in die rasionaliteitsmodel van Wentzel van Huyssteen
w aam eem bare en nie-w aam eem bare fenomene. D ie im plikasie hiervan is dat latere teorieë voortbou op hulle voorgangers. ’n Verdere kw alifisering van hierdie punt is dat opeenvolgende teorieë van so ’n aard sal w ees dat hulie die teoretiese verhoudings en die oënskynlike verw ysings van vroeëre teorieë bew aar, dit wil sê vroeëre teorieë sal spesiale gevalle van die lateres wees.
Aanvaarbare nuwe teorieë behoort ook te verklaar w aarom hulle voorgangers suksesvol w as in die mate w aarin hulle wel suksesvol w as, en die nuwe teorieë doen dit ook. Sam evattend kan gesê w ord dat die realis tipies glo in die konvergensie van w etenskaplike kennis.
5. Stellings 1 tot 4 vorm saam die verduideliking vir die sukses van die wetenskap. Om gekeerd is die em piriese sukses van die w etenskap die beste bevestiging van realisme.
D ie m ees basiese tese van w etenskaplike realism e w ord in soveel w oorde deur Van Huyssteen van toepassing gem aak op dit w at hy sy krities realistiese model noem: “ In a qualified or w eak form o f critical realism in theology, the focus is only on the very limited epistemological conviction that w hat we are provisionally conceptualizing som ehow really exists” (V an H uyssteen, 1993b:255). D ie vraag wat nou ontstaan is o f Van H uyssteen se kritiese realism e op alle punte ooreen- stem m et w etenskaplike realisme en o f daar dalk sekere punte is w aar hy ’n ander opinie huldig as die standaard realistiese opvatting.
Kritiese realism e begin by ervaring. V olgens Van H uyssteen (1994:303) sal rasionele ondersoek en die strew e na intelligibiliteit altyd ’n antw oord inhou op dit w at ons ervaar. D aar kan dus nie m etafisiese aansprake aangaande die w êreld gemaak w ord buite ons ervaring om nie. Aan die ander kant is ’n naïef-realistiese standpunt w at sê dat kennis aangaande die w erklikheid direk en onbem iddeld uit ervaring verkry kan w ord ook vir hom onaanvaarbaar4. Volgens hom is ons kennis aangaande die w erklikheid altyd bem iddel deur taal. Kennis begin by ervaring, maar die ervaring is dadelik gei'nterpreteerde ervaring sodra ons in taal daaraan uitdrukking gee. Taal, as gei'nterpreteerde ervaring is, so gesien, ons enigste epistem iese toegang tot die w erklikheid. M aar as dit die geval is, hoe kan daar dan van enige vorm van realism e sprake w ees? Is antirealism e nie tog m aar die enigste uitweg nie? Volgens Van Huyssteen is daar tog ’n m anier w aarop ons - ju is deur die bem iddeling van taal - by die w erklikheid kan uitkom. H ierdie proses geskied deur daardie belangrike karaktertrek van taal, naamlik die m etaforiese potensiaal daarvan. In die m etaforiese aard van taal kom volgens Van Huyssteen ook die kognitiewe en verw ysende dim ensies daarvan na vore -
4 V ir ’n duidelike ondcrskcid tu sscn naiew e cn w etenskaplike realism e, kyk D an cy (1 9 8 5 :1 4 4 157) en ook D elaney (1985).
36
dim ensies w at aan ons ’n toegangspoort tot die w erklikheid bied (Van Huyssteen, 1993b:256).
Van H uyssteen m aak dit duidelik dat die m etaforiese spreekw yse vandag w etenskapsfilosofies en literêr w eer in die sentrum van aandag te staan gekom het. Dit het duidelik gew ord dat m etafore ’n sleutelrol speel in die w yse waarop daar tot kennis van die w êreld gekom word, ’n M etafoor is ’n vorm van beeldspraak w aarin iets (die onbekende o f minder bekende) vanuit die gesigspunt van iets anders gesien w ord (Van H uyssteen, 1987:161). D it is nie ’n geval dat die een pool van die vergelyking deur die ander pool vervang kan w ord nie, juis in die gebruik van ’n w oord o f begrip in ’n vreem de konteks kom ’n nuwe en unieke betekenis tot stand - ’n betekenis w at nie goedsm oeds uit enige een van die tw ee pole van die vergelyking afgelei kan w ord nie. “ ’n M etafoor is inderdaad ’n w yse van taalgebruik waarin die taal se lf op ’n m anier gerek word om nuwe insig te bring, iets te verstaan w at v T oeër nie verstaan kon w ord nie”
(Van H uyssteen, 1987:161). Die belangrike epistem iese implikasie van so ’n siening van m etafore is, volgens Van H uyssteen, dat insig in aspekte van ons werklikheid w at nie in letterlike taalgebruik form uleerbaar is nie, deur metafoor- gebruik bem iddel o f ontsluit word. W aarop hier aanspraak gem aak w ord, is niks m inder nie as dat m etaforiese taal in ’n voorlopige en gekw alifiseerde sin werklik verwys. Van H uyssteen (1993b:260) stel dit soos volg:
The epistemic purpose o f metaphorical language is not to transcend the world o f human experience but to set limits, rather, to the range o f our language. Such limits establish a domain for human knowledge, and our subjective encounter o f the world is therefore of the same order as our recreation o f the world in language.5
Dit is aan die ander kant ook belangrik om te onthou dat Van H uyssteen se realism e ’n kritiese realism e is. V olgens hom is ons kennis van die w erklikheid altyd bem iddelde kennis: om dat ervaring uitgedruk w ord in taal, speel die kenner
’n konstitutiew e rol in die totstandkom ing van kennis; daarom is teorieë altyd voorlopig en oop, en is teoretisering ’n voortgaande en kritiese proses (Van H uyssteen, 1993b:256). Nietemin is dit duidelik dat Van H uyssteen, via sy siening van die m etaforiese aard van taal, tog aanspraak sal m aak daarop dat die sentrale term e van w etenskaplike teorieë op een o f ander m anier verw ys6.
5 D it is natuurlik ’n opc v raag o f so ’n u itsp raak sondcr m ecr a an v a a r kan word. S trauss (19 9 0 :1 5 -1 7 ) vocr aan dat d a a r by V an H uyssteen ’n onaan v aarb arc kritieklose vereensclw iging van taal cn begripsvorm ing aanw esig is.
6 V ir ’n posisic soortgelyk aan die van V an H uyssteen, cn vir ’n uitccnsctting van die vcrhouding tu ssen m etafoor, vcrw ysing cn w erklikheid, kyk Soskice (1987).
Epistemiese waardes in die rasionaliteitsmodel van Wentzel van Huyssteen
Die w aarheidsvraag is tradisioneel nou verbonde aan die vraagstuk van menslike denke en die w erklikheidsbetrokkenheid daarvan. Volgens Van H uyssteen (1995:24) het die epistem iese mislukking van fondasionalism e ons m et geen sterk w aarheidsaansprake gelaat nie. D ie opvatting dat ’n uitspraak w aar is w anneer dit ooreenstem met die werklikheid (die korrespondensieteorie van w aarheid) word eenvoudig vandag w etenskapsfilosofies as nai'ef en uitgedien beskou. Dit wil voorkom o f Van Huyssteen voel dat dit nie nodig is om ten opsigte van die w aarheidskw essie ’n keuse te m aak tussen ó f objektivism e ó f subjektivism e nie (vgl. Van Huyssteen & Du Toit, 1989:10-12). Vir hom m oet w aarheid nie so eng aan realism e verbind w ord nie, m aar m oet dit gesien w ord binne die konteks van
’n m eer holistiese rasionaliteitsopvatting. H oew el Van H uyssteen dit nie self doen nie, sou miskien gesê kon w ord dat hy sy opvatting van w aarheid, naas die kognitiewe, ook wil verbind aan die ander tw ee bronne van rasionaliteit w at hy onderskei, naamlik die evaluatiewe en die pragmatiese.
Ten opsigte van die evaluatiew e aspek van rasionaliteit sou gesê kon w ord dat Van Huyssteen, in sy w aarheidsbegrip, nou aansluiting vind by die opvatting van
’n rasionele agent - dit kom tot uiting in die relasionele w aarheidsbegrip w aartoe hy sim patiek gesind is. D at waarheid relasioneel is, beteken volgens Van Huyssteen dat dit nie objektivisties heeltemal los van die mens vir die m ens kan bestaan nie. O ok kan die w aarheid nie subjektivisties deur die m ens geskep word nie, m aar kan dit eerder binne ’n relasie, binne die betrokkenheid van die m ens op iets anders onthul word. “ W aarheid” is dus nie iets totaal buite die mens nie.
Immers, soos w at die mens taal en begrippe aanleer, so w ord hy ook deur die denkklimaat van sy tyd beinvloed ten opsigte van w at “ w aar” o f “ geloofw aardig”
is (Van H uyssteen & D u Toit, 1989:10-12).
Die ander aspek van rasionaliteit w at volgens hierdie interpretasie van Van Huyssteen se w aarheidsbegrip daarop inspeel, is die pragm atiese. Hiervolgens bestaan die band tussen rasionaliteit en w aarheid daarin dat ons rasioneel te w erk gaan in ons pogings om die w aarheid te “ ontdek” , en dat ons daardie gevolg- trekkings van ons w at rasioneel aanvaarbaar is, neem as die beste skattings van die w aarheid w aaroor ons beskik (Van H uyssteen, 1995:24). H ierdie siening is ingebed in ’n feilbare {fallibilist) epistem ologie w at im pliseer dat die w aarheid nooit - in hierdie bedeling - volkom e bereik kan w ord nie (vgl. Van H uyssteen, 1995:28). W etenskaplike realism e aanvaar ook dat ’n m ens nooit finaal op em piriese gronde sal kan sê dat ’n teorie w aar is nie, m aar hou tog vol dat opeenvolgende teorieë nader aan die w aarheid is. D aar w ord gepraat van w aarheidsbenadering en die bew ys w at hiervoor gegee w ord, is die sukses van die w etenskap. Op hierdie punt stem Van H uyssteen egter nie saam nie. V olgens hom w ys die geskiedenis van die w etenskap duidelik dat vooruitgang gepaard gegaan het met revolusies en radikale skuiwe. Konvergensie van w aarheid is dus onaanvaarbaar. In w etenskaplike navorsing word daar, volgens Van Huyssteen,
eerder tot ’n skatting van die waarheid gekom. Hierdie skatting van die waarheid impliseer die volgende benaderingswyse: vel, so goed as moontlik, ’n beredeneerde oordeel van w aar die waarheid van ’n saak geleë is. Die enigste m anier w aarop ons kan sê dat die huidige status van w etenskaplike teoretisering
’n verbetering is op die verlede, is daarin geleë dat die huidige beeld w at ons van die w erklikheid het, ’n beter (nie noodw endig nader) skatting is, in die sin dat dit
’n groter hoeveelheid data akkommodeer.
W ord Van H uyssteen se opvatting van w aarheid nou in oënskou geneem (veral die onm oontlikheid van waarheidsbenadering), dan blyk dit dat hy ten opsigte daarvan ’n m eer genuanseerde standpunt huldig as die algem ene w etenskaplik- realistiese standpunt soos w at dit hierbo b esk ry f is. M oontlik sal gesê kan word dat hy, w at sy siening van die waarheid betref, ’n middelposisie tussen realisme en antirealism e inneem. In dié verband sluit hy aan by die w erk van Nicholas R escher (vgl. byvoorbeeld Rescher, 1987:41-44).
4. Die saam bindende faktor: vooruitgang in die wetenskap
Dit w ord in hierdie artikel geargum enteer dat die saam bindende faktor binne Van H uyssteen se denke oor die epistem iese w aardes van intelligibiliteit en realisme die gedagte van vooruitgang in die w etenskap is. Van H uyssteen se siening van progressie in die w etenskap word gegee binne sy uiteensetting van ’n geldige teologiese rasionaliteitsm odel. N ogtans kan dit, met die nodige veranderinge, ook m eer algemeen wetenskapsfilosofies gestel word. Volgens hom kan die oplos van hetsy em piriese o f konseptuele problem e gesien w ord as die kern van
’n vooruitgangsm odel vir die w etenskap. Vooruitgang in die w etenskap vind dan plaas w anneer daar gekies w ord vir ’n bepaalde teorie w at ’n beter oplossing vir
’n probleem bied as ’n ander een. Van Huyssteen (1988:85) stel dit soos volg:
“ Explanatory progress in theology thus shows itself to be a form o f inference to the best explanation ...” ’n Beter oplossing vir ’n em piriese o f konseptuele probleem hou tegelyk ’n verhoging in intelligibiliteit in. Die vraag ontstaan nou:
in term e w aarvan kan gesê word dat een teorie ’n beter verklaring bied as ’n ander? Die hele kw essie van realism e en w erklikheidsbetrokkenheid kom hier w eer aan die orde. Sou ’n m ens kon sê dat een teorie beter as ’n ander is omdat dit nader aan die w aarheid is? Soos reeds geblyk het, is so ’n standpunt nie meer vir Van H uyssteen aanvaarbaar nie (in sommige van die vroeëre geskrifte, bv.
1987 en 1988, het hy wel nog van ’n gekw alifiseerde vorm van w aarheids
benadering gepraat, m aar in die lateres glad nie). Om enigsins deurslaggew ende getuienis vir die keuse tussen kom peterende teorieë by die “ w erklikheid” te kry, is volgens hom nie m oontlik nie. Die enigste doel wat ’n idee van ’n denke- onafhanklike realiteit nog kan hê, is dat dit as ’n soort onbereikbare ideaal kan dien vir die w etenskap om na te streef. Van H uyssteen (1995:34) stel dit soos volg: “ ... realism is a position to which we are constrained not by the push o f
Epistemiese waardes in die rasionaliteitsmodel van Wentzel van Huyssteen
evidence, but by the pull o f purpose” . D eur die opvatting van vooruitgang in die w etenskap w ord die n astreef van intelligibiliteit dus verbind aan ’n pragm atiese o f funksionele vorm van realisme.
5. ’n Postfondasionalistiese rasionaliteitsm odel?
Van H uyssteen se siening van die w yse w aarop die m ees progressiew e teorie- keuses gem aak word, kan op ’n manier gesien w ord as tiperend van sy hele opvatting van rasionaliteit. N et soos daar vir o f teen ’n teorie gekies w ord deurdat die kensubjek, m et al die subjektiw iteit van sy eie konteks, in ’n relasie te staan kom tot die kenobjek w at in sy ervaring na hom toe kom, so bestaan die m eer holistiese rasionaliteitsm odel w at Van H uyssteen voorstaan uit ’n realistiese (kognitiewe) kom ponent, m aar ook uit ’n evaluatiew e en ’n pragm atiese komponent. O p dié manier hoop hy om die dooiepunt w at deur ’n keuse tussen ó f ’n fondasionalistiese ó f ’n antifondasionalistiese standpunt geskep w ord te deurbreek. Die vraag bly egter staan o f so ’n relasionele benadering w erklik daarin slaag om ’n nuw e antw oord te gee op die vraagstuk hoe die epistem ologiese gaping tussen denksubjek en kenobjek oorbrug kan w ord. Die standpunt w ord hier gehuldig dat daar in die kom plekse en genuanseerde uiteensetting van Van H uyssteen ’n eklektiese benadering aanw esig is - ’n benadering w aarin sekere kom ponente m eer neig na die fondasionalistiese kant en sekere kom ponente w eer meer na die antifondasionalistiese kant. Hierdie divergerende kom ponente word dan saam gebind deur die gedagte van vooruit
gang in die w etenskap. Die gevolg is dat dit uit die geheelbeeld lyk o f ’n derde altem atief gegee w ord. Die volgende vraag m oet egter indringend gevra word:
kan Van H uyssteen in w erklikheid aanspraak m aak op ’n integrate derde w yse van teoretisering w at nie fondasionalisties o f antifondasionalisties is nie, m aar posi-fondasionalisties? U it die voorafgaande bespreking van die kern epistem iese w aardes in hierdie rasionalisteitsm odel, is dit te betwyfel o f dit die geval kan wees.
Van H uyssteen verbind die epistem iese w aarde van intelligibiliteit eng aan die pragm atiese idee van die aanvaarding van dié teorieë w at problem e die beste oplos. Só ’n benadering neig na ’n antifondasionalism e w at nie em s m aak met die w erklikheidsbetrokkenheid van teorieë nie, en w aarvan Van H uyssteen juis wil wegstuur. Aan die ander kant is daar die w aarde van kritiese realisme.
Hierdie w aarde staan volledig binne die spanning tussen fondasionalism e en antifondasionalism e. In sy m eer realistiese uitlopers neig dit na die fondasionalistiese kant toe met ’n aanspraak op w erklikheidsbetrokkenheid, w aarop ontw yfelbare kennis dan verder gebou kan w ord. Sy m eer antirealistiese uitlopers staan w eer nader aan ’n antifondasionalistiese standpunt w at nie in kontak met die w erklikheid belangstel nie, en w at w etenskap bloot op pragm atiese gronde wil bedryf. Om die gedagtes van w erklikheidsbetrokkenheid
en w aarheid van m ekaar los te maak, sal ook nie help nie, w ant o f ’n mens nou ten opsigte van werklikheidsbetrokkenheid nader aan ’n realistiese standpunt staan en ten opsigte van waarheid nader aan ’n antirealistiese standpunt, dit bring jo u nog nie buite die realism e-antirealism edebat asook die korrelaat daarvan, die
fondasionalism e-antifondasionalism edebat nie.
Terwyl dit toegegee w ord dat intelligibiliteit en realism e belangrike epistemiese w aardes in ’n rasionaliteitsm odel is, m oet daarby gevra w ord o f die idee van vooruitgang in die w etenskap die mees bevredigende manier sou w ees om die verband tussen dié tw ee w aardes te lê. D eur vooruitgang en sukses die sluitstuk van die model te m aak, verkry die hele model immers ’n pragm atistiese kleur.
Die standpunt w ord hier gehuldig dat daar ook ander moontlike maniere bestaan om dié tw ee w aardes aan m ekaar te koppel - maniere w aardeur die innerlike kontak w at daar tussen hierdie w aardes bestaan duideliker na vore gebring kan w ord, terwyl die integriteit van die gesprek met die huidige w etenskapsfilosofiese probleem bew ussyn steeds behou word.
Een so ’n m anier w ord indirek deur M ichael Polanyi gehanteer as hy die opkoms van die m eganistiese w êreldbeeld beskryf (Polanyi, 1958:6). Die opkom s van die m eganistiese w êreldbeeld hang saam met wat beskryf kan w ord as die skeiding tussen die epistem iese w aardes van intelligibiliteit en realisme. V oor die opkoms van die m eganistiese w êreldbeeld w as daar ’n tradisie van kennisvorm ing waarin die kennende m ens luister na die inherente intelligibiliteit in die natuur. Hierdie tradisie het al by die Pythagoreërs bestaan, w at die heelal uitsluitlik in term e van getalle w ou verklaar. In ’n sekere sin het hulle op ’n m istieke w yse “ geluister”
na die eenvoudige geom etriese harmonie van die heelal. Hierdie tradisie is, volgens Polanyi (1958:6, 7), voortgesit deur Copernicus en Kepler. Die bew ondering vir die harm onieuse bew eging van die hem elligam e en die eenvoud van die formules w aannee dit beskryf kon w ord, w as tot ’n groot mate verantw oordelik vir die opgang van die heliosentriese w êreldbeeld. Natuurlik w as hierdie sentimente grootliks ingebed binne ’n neo-Platonistiese wêreldbeeld.
Die punt is egter dat daar ’n b esef w as van die inherente rasionaliteit in die natuur w aarm ee kontak gem aak is deur die rasionaliteit van die teorieë w at gebruik is om die ervaring van die natuur te verklaar.
M et die oorgang vanaf K epler na Galilei figureer getalle vir die eerste keer as afgem ete hoeveelhede binne wiskundige formules. A lgaande het ’n materialistiese benadering tot die objekte van kennis die oorhand begin kry. V olgens hierdie denkw yse is slegs die m eganiese eienskappe (afmetings) van dinge prim êr - die ander eienskappe soos byvoorbeeld kleur en smaak is sekondêr en berus op konvensie. M et die opkom s van die m eganistiese w êreldbeeld het ’n belangrike verandering plaasgevind in die opvatting van teoretiese kennis. G etalle en geom etriese vorm e is nie langer gesien as inherent in die natuur nie. Teorieë het
Epislemiese waardes in die rasionaliteitsmodel van Wentzel van Huyssteen
nie langer iets raakgevat van die innerlike rasionaliteit aan die natuur nie; dit het nie langer die harmonie in die Skepping as objek gehad nie (Polanyi, 1958:8).
Die verdere ontwikkeling van hierdie tendens het tot ’n skeiding tussen rede en ervaring gelei; wiskunde is gei'dentifiseer met rasionele denke en noodwendige waarheid, terwyl alle ervaring van die werklikheid as kontingent gesien is. Die opkoms van die positivisme teen die einde van die vorige eeu is in ’n sekere opsig die kulminasie van hierdie ontwikkeling, met wetenskaplike teorieë wat enige aanspraak op inherente rasionaliteit ontneem is. Deur hierdie ontwikkeling is intelligibiliteit in die sin van rasionaliteit algaande verwyder uit die kenbare. Die denksubjek is geneem as op hom self aangewese om intelligibiliteit aan die kenobjek te verleen. Die gevolg was ’n debat o f daar ooit deur wetenskaplike teorieë by die werklikheid uitgekom kan word.
Die benadering tot kennisvorming wat gevolg is deur die Nederlandse filosoof, Hennan Dooyeweerd, stem in dié opsig ooreen met die benadering van Polanyi in die sin dat dit ook die radikale splitsing tussen die subjek en die objek wat in die modeme tyd plaasgevind het, bevraagteken. Dooyeweerd wil nie ’n radikale skeiding maak tussen denke en werklikheid nie, maar plaas denke eerder binne die kosmos en maak dit ondergeskik aan die ordening van die totale kosmos. Die logiese aspek van die geskape werklikheid vorm dus ’n faset van ’n ordening van die werklikheid wat veel wyer strek as slegs die logiese. D ie implikasie hiervan is dat denke nie die werklikheid skep nie (idealisme), maar ook dat daar nie ’n radikale breuk tussen denke en nie-denke bestaan nie. Juis die feit dat denke deel is van die kosmologies-geordende skepping maak kennis moontlik, want daar bestaan ’n band tussen menslike denke en die werklikheid buite die menslike denke. Hierdie ordening van die werklikheid het Dooyeweerd, vanuit sy Christelike perspektief, aan die wet van God toegeskryf (vgl. Henderson, 1994:96,103).
In die tradisie wat in die lyn van Dooyeweerd voortwerk, word die mening soms gehuldig dat die probleme van realisme en nominalisme, subjektivisme, relativisme en objektivisme in die wetenskap te wyte is aan die absolute skeiding wat deur die rasionalisme gemaak is tussen denksubjek en kenobjek. Eeue lank al probeer die epistemologie hierdie gaping oorbrug deur soms die rol van die denksubjek te beklemtoon (subjektivisme) en soms weer die rol van die kenobjek (objektivisme). Daar word geworstel met die vraag o f die objek die wet vir die subjek is, en o f die teer.oorgestelde eerder waar is. Tans word dit algemeen aanvaar dat kennis van objekte nie as bruta fa c ta uit sintuiglike ervaring verkry kan word nie; die subjektiviteit van die waamemer speel ’n beslissende rol. Die .gevolg van hierdie insig is die vele posisies tussen realisme en antirealisme wat tans in die wetenskapsfilosofie aangetref word. D ie argument loop dan verder dat die radikale (ontologiese) gaping tussen subjek en objek op prinsipiële gronde ontken moet word. In plaas daarvan om die wet ó f in die subjek, 6 f in die objek
te soek, w ord aangevoer dat die w et ’n heeltemal ander synde is w aaraan sowel die denksubjek as die kenobjek onderw orpe is. Die w et vind sy bestaan daarin dat dit vir dinge geld. D ie standpunt w ord gehuldig dat sowel die subjek as die objek deur G od onder dieselfde w etsorde gestel is, dit wil sê hulle behoort tot dicselfde ontiese (kosm iese) orde (Ouw eneel, 1993:191). D aar bestaan dus in beginsel nie ’n onoorbrugbare gaping tussen die m enslike rasionele subjek en ander rasionele subjekte asook die nie-m enslike natuur nie, aangesien die dinge almal saam gebind w ord deur die feit dat dit aan die w et onderw orpe is.
O uw eneel (1993:193) stel dit soos volg:
Subject and object themselves are subject to the structural norms which hold for them. The two, man with his logical subject function and the thing with its logical object function, have been ‘layed-out’ for one another.
Through this creational order, all entities ... creationally hang together.
Die feit dat daar nie ’n radikale (ontologiese) gaping tussen denksubjek en kenobjek bestaan nie, het im plikasies vir die epistem iese w aardes van intelligibiliteit en realisme. Hoewel een o f ander vorm van realism e o f kritiese realism e w aarskynlik steeds gehuldig sal w ord (volgens H enderson, 1994:92, het D ooyew eerd som s na sy siening verwys as kritiese realisme; vgl. ook O uweneel, 1993:186, 187), is die standpunt w at gestel moet w ord dat daar ’n innerlike verband bestaan tussen die w aardes van intelligibiliteit en realisme. Juis omdat die objekte van kennis deel is van dieselfde geordende w erklikheid is daar ’n inherente intelligibiliteit in hulle. D it hang nie van die denksubjek a f om intelligibiliteit van buite a f daaraan toe te ken nie.
D ie gevolgtrekking w aartoe aan die einde van hierdie bespreking gekom w ord, is dat intelligibiliteit en kritiese realisme inderdaad kém epistem iese w aardes van enige w etenskaplike rasionaliteitsm odel sal wees. Dit is egter te betwyfel o f Van H uyssteen in die uiteensetting van sy rasionaliteitsm odel en deur die gebruik- m aking van die w aardes van intelligibiliteit en realism e daarin geslaag het om aan die fondasionalism e-antifondasionalism edebat te ontkom. D eur die idee van vooruitgang in die w etenskap die saam bindende faktor van sy rasionaliteitsm odel te m aak, verkry die model ’n pragm atistiese kleur w at dit in elk geval neig na die antifondasionalistiese kant toe. D aarbenew ens moet die verband tussen intelligibiliteit en realism e ook op ’n dieper vlak gesoek w ord as op die vlak van vooruitgang.
Bibliografie
BROWN, H I. 1988. Rationality London : Routledge.
DANCY, J. 1985. Introduction to contemporary epistemology. Oxford : Blackwell.
DF.LANEY, C.F. 1985 Presidential address: Beyond realism and anti-realism Proceedings of the American Catholic Philosophical Association. Notre Dame
Epistemiese waardes in die rasionaliteitsmodel van IVentzel van Huyssteen
HART, H. 1981. The impasse o f rationality today. (In Blokhuis, P. et al., reds. Wetenschap, wijsheid, filosoferen. Assen : Van Gorcum. p. 174-199.)
HENDERSON, R.D. 1994. Illuminating law: The construction o f Herman Dooyeweerd’s philosophy. Amsterdam : Vrije Universiteit. (Ph.D.-proefskrif.)
KRUGER, J.S. 1987. Resensie in: Theologia Evangelica, 20(l):64-70.
LAUDAN, L. 1984. A confutation o f convergent realism. (In Leplin, J ed Scientific realism.
Berkeley : University o f California Press, p. 218-249.)
LEPLIN, J. 1984. Scientific realism. Berkeley : University o f California Press
OUWENEEL, W.J. 1993. A critical analysis o f the external and internal prolegomena o f systematic theology (vol. 1). Bloemfontein : UOVS. (D.Theol. dissertation.)
POLANYI, M. 1958. Personal knowledge: Towards a post-critical philosophy. London : Routledge & Kegan Paul.
RESCHER, N. 1987. Scientific realism - A critical reappraisal. Dordrecht : Reidel.
RORTY, R. 1989. Pragmatism and philosophy. (In Baynes, K., Bohman, J., McCarthy, T.
After philosophy - End or transformation? Cambridge, Mass. : MIT Press, p. 26-63.) SMIT, D.J. 1988. Theology as critical account o f personal faith? (In Mouton, J , Van Aarde,
A.G., Vorster, W.S. eds. Paradigms and progress in theology. Pretoria : Human Sciences Research Council, p. 91-112.)
SOSKICE, J.M. 1987. Metaphor and religious language. Oxford : Clarendon Press.
STRAUSS, D.F.M. 1991. Wat is teologie? Tydskrif vir Christelike Wetenskap,21(2):\-22.
VAN DER MERWE, N T. 1983. Rationality and Scripture: Outline o f a philosophical approach (In Hart, H. et al., reds. Rationality in the Calvinian tradition. Lanham : University Press o f America, p. 319-359.)
VAN HUYSSTEEN, W. 1987. Teologie as kritiese geloofsverantwoording. Pretoria : Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing.
VAN HUYSSTEEN, W. 1988. Paradigms and progress: inference to the best explanation?
(In Mouton, J., Van Aarde, A.G., Vorster, W.S eds. Paradigms and progress in theology. Pretoria Human Sciences Research Council, p. 81-90.)
VAN HUYSSTEEN, W. & DU TOIT, B 1989. Geloof en Skrifgesag. ’n Analise van die Skrifgesagprobleem na aanleiding van die rapport ‘God met ons’ Pretoria : NG Kerkboekhandel.
VAN HUYSSTEEN, W. 1993a. Theology and science: The quest for a new apologetics.
The Princeton Seminary Bulletin, 14(2): 113-133.
VAN HUYSSTEEN, W. 1993b. Critical realism and God: can there be faith after foundationalism? (In Van Niekerk, H., Esterhuyse, W. en Hattingh, J. reds. Intellektueel in konteks - Opstelle vir Hennie Rossouw. Pretoria : Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. p. 253-266.)
VAN HUYSSTEEN, W. 1993c. What epistemic values should we reclaim for religion and science? A response to J. Wesley Robbins. Zygon - Journal o f Religion and Science, 28(3):371-375.
VAN HUYSSTEEN, W. 1994 Is there still a realist challenge in postmodern theology? On religious experience and explanatory commitments in Jerome Stone’s “A minimalist vision o f transcendence” . American Journal o f Theology A Philosophy, 15(3):293-304.
VAN HUYSSTEEN, J W. 1995. The shaping o f rationality in science and religion. (Paper submitted for a conference on “Religion and science” (March 1995) at the Royal Institute o f Philosophy, University o f Warwick, UK.) 45 p.
VAN NIEKERK, A. 1992. Rasionaliteit en relativisme - Op soek na ’n rasionaliteitsmodel vir die menswetenskappe. Pretoria : RGN Uitgewers
WOLTERSTORFF, N. 1984. Reason within the bounds o f religion Grand Rapids : Eerdmans.
44