• Tidak ada hasil yang ditemukan

Hoofstuk 1 Inleiding

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Hoofstuk 1 Inleiding"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

Hoofstuk 1 Inleiding

Die geskiedenis van die kerk in Nederland, al is dit net oorsigtelik, bly belangrik vir die verstaan van die geskiedenis van die kerk in Suid-Afrika. In 'n sekere sin is dit vanselfsprekend, want van 1652 tot 1795 is die Kaapkolonie 'n wingewes van die Ne- derlandse Verenigde Oos-Indiese Kompanjie. Die Kompanjie wat as owerheid in sy kolonies opgetree het, het gedurende sy besetting van die Kaap geen ander kerk in die Kaap toegelaat nie as die publieke kerk van Nederland wat van sy Rooms-Kato- lieke geloof gesuiwer is. Dit het beteken dat vir die eerste byna 150 jaar die histo- riese gebeure en teologiese ontwikkeling in Europa hoofsaaklik deur 'n Nederland- se tregter na Suid-Afrika kom. Omdat die kerk in die Kaapkolonie heeltemal ver- bind is aan die Kompanjie, word die verskuiwings in die Europese dinkwereld hoof- saaklik na die Kaap oorgedra deur aankomende predikante, amptenare en derglike meer. Dit het beteken dat ook nie alles wat in Nederland kerk en wereld beroer het, na die Kaap deurgewerk het nie.

In die negentiende eeu verander die prentjie heel dramatics. Die kart Bataafse tussenspel het, vanwee die werk wat Kommissaris-Generaal J A de Mist gedoen het, 'n merkwaardige en verreikende invloed op die kerkgeskiedenis van die Afrikaner gehad. Ook hier bly dit interessant dat die periode van die Verligtheid in Wes- Europa waarin die Franse rewolusie so 'n dramatiese hoogtepunt vorm en die Na- poleontiese periode daarna, grotendeels in sy Nederlandse vorm na die Kaapkolo- nie deurwerk.

'n Nuwe faktor kom na vore met die tweede en finale Engelse besetting van die Kaap in 1806. Die beleid van Lord Charles Somerset om die Kaap te verengels het vanaf 1814 heelwat weerstande opgeroep. Van daardie tyd af word die kerklike, kulturele en selfs ekonomiese bande met Nederland vrywillig deur die koloniste ge- handhaaf. Dit is veral nodig geag vir die handhawing van die Afrikaner se geestes- eiendomlike teenoor die opdringende Engelse invloede.

In die soek na steun vanuit Nederland is op die kerklik-godsdienstige vlak ook die verskillende strominge wat in die negentiende eeu in die Nederlandse teologie

HTS Supplementum 6 ( 1994) l

Digitised by the University of Pretoria, Library Services, 2015

(2)

Inleiding

na vore kom, oorgedra na die kolonie. Terselfdertyd is die situasie enigermate ge- kompliseer deurdat Skotte as predikante vir die kerk ingevoer is.

Die polities-kulturele botsing tussen die Engelse koloniale owerhede en die Afrikaner-grensboere in die oostelike distrikte van die kolonie loop uit op die Groot Trek en die vestiging van Afrikanerrepublieke in die lee binnelande van Suid-Afri- ka. In die Afrikanerrepublieke is daar weer pogings om die bande met Nederland op kerklik-godsdienstige, kulturele, ekonomiese en selfs staatkundige vlak aan te knoop. In die vormgewing van die republikeinse gemeenskappe wat die Voortrek- kers skep, word dit duidelik hoe nou die verbondenhede met Nederland was. Die verbintenis is veral, wat die Oorvaalse betref, baie lank lewend gehou. Eers die Wereldoorlog van 1939 tot 1945 het vanwee 'n reeks van redes 'n keerpunt gebring.

Die Afrikaner is egter dan alreeds sterk genoeg om op sy eie bene te staan.

Dit alles dui daarop dat 'n oorsigtelike kennis van die Nederlandse kerkgeskie- denis vir die verstaan van die kerkgeskiedenis van die Afrikaner onontbeerlik is.

Om die Nederlandse kerkgeskiedenis van die agtiende en negentiende eeu te ver- staan, is 'n oorsigtelike kennis van die voorafgaande geskiedenis ook noodsaaklik.

Wat hier gebied word, is nie 'n inleiding tot die Nederlandse kerkgeskiedenis as so- danig nie, maar 'n inleiding wat afgestem is op die behoeftes van 'n teologiese stu- dent wat sy aandag graag wil toespits op die agtiende en negentiende eeu.

Die volgende oorsigtelike werke oor die Nederlandse kerkgeskiedenis kan vir naslaandoeleindes gebruik word:

DeJong, 0 J 1978. Nederlandsche Kerkgeschiedenis. Nijkerk: Callenbach.

Reitsma, J & Lindeboom, J 1949. Geschiedenis van de Hervorming en de Hervormde Kerkder Nederlanden. 's-Gravenhage: Nijhoff.

Knappert, L 1912. Geschiedenis der Nederlandsche Hervormde Kerk gedurende de ag- tiende en negentiende eeuw. Amsterdam: Meulenhoff.

Van Itterzon, G P & Nauta, D (reds) 1963. Geschiedenis van de kerk. (9 deeltjies.) Kampen: Kok.

Ypey, A & Dermout, I J 1819. Geschiedenis der Nederlandsche Hervormde Kerk.

(Vier dele.) Breda: W van Bergen & Comp.

2 HTS Supplementum 6 (1994)

Digitised by the University of Pretoria, Library Services, 2015

Referensi

Dokumen terkait

Wat betref die vraag of respondente meen dat hulle na behore op en oor ekstrinsieke veranderinge in die Gereformeerde Kerk Ontdekkers- gemeente voorberei en ingelig word, het slegs 4.3%

"Die geskiedenis van die 19e eeu het geleer dat die bindkrag van nasionalisme die kragtigste en voordeligste in die politieke sfeer en gemeenskap is."20> Vir die doel van hierdie

Die eerste gedeelte van die boek word dan ook afgesluit met die ontleding van die Britse offensief onder bevel van Lord Roberts wat gelei het tot die besetting van Bloemfontein en

Die “onmoontlik” van die Kategismus is die onmoontlik van “dis tog ondenkbaar dat mense wat aan Christus behoort, wat in Christus is, wat deel is van Christus, wat deel het aan sy eie

Gegewe die eksogene faktore wat die toeganklikheid, toelating en keuring be"invloed en waaroor voornemende studente geen beheer het nie kyk paragraaf 2.5, moet studente- Hootstuk 2 -

Gegewe die feit dat Groen self die Christelik-historiese beskouing of filosofie wat hy gedurende hierdie tyd ontwikkel het in verband bring met sy toenemende waardering vir die gesag

Dat die Volksraad hier volkome onafhanklik van die Kaapse Kerk optree, bewys dat daar by hulle geen twyfel bestaan het dat hulle 'n onafhank- like ow erheid was wat ten opsigte van 'n

Gedurende hierdie jare het hy nie alleen die Hervorm­ de Kerk wat deur die oorlog stukkend geslaan was, weer help bou nie, maar het hy hom ook beywer vir 'n eie teologiese opleiding