• Tidak ada hasil yang ditemukan

Ter inleiding

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Ter inleiding"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

T E R INLEID IN G

O p 21 en 22 Junie 1960 het die Predikantevergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk in ’n spesiale vergadering byeengekom.

Die doel van hierdie vergadering was om ’n voorlopige, onderlinge bespreking te hou oor dié punte wat vir diskussie op ’n vergadering van die Suid-Afrikaanse lede-kerke van die Wêreldraad van Kerke in Desember 1960 te Johannesburg, te berde gebring sou word. Dr. Bilheimer, die afgevaardigde van die Wêreldraad van Kerke wat Suid-Afrika aan die begin van hierdie jaar besoek het, het in ’n skrywe aan die Suid-Afrikaanse lede-kerke van die Wêreldraad van Kerke vyf diskussiepunte vir die voor- gestelde samespreking aan die hand gedoen. N a aanleiding van dié genoemde diskussiepunte is verskillende referate en inleidende lesings voor die Predikantevergadering gehou.

Die eerste diskussiepunt wat aan die hand gedoen is, is die feite van die huidige situasie in Suid-Afrika ten opsigte van die verhouding Blank:

nie-Blank in die Unie. Hier is die versoek verder gewees dat die basiese patroon waarop die verhoudinge geskoei is, deurdink moet word. D ie referate van Prof. Dr. P. J. Coertze en Mnr. R. D . Coertze, beide van die Departement Volkekunde van die Universiteit van Pretoria is hier ter sake.

D ie tweede punt wat aan die hand gedoen is, was dat die diskussie sal gaan oor die optrede van die lede-kerke van die Wêreldraad van Kerke om in die situasie in Suid-Afrika te verseker dat geregtigheid en vrede in die U nie sal heers. Hier het die referaat van Dx. C. L. van der Berg, predikant te Pretoria, die besprekings op die Predikantevergadering ingelei.

D ie derde punt gaan oor die betekenis wat die Evangelie vir die verhoudings tussen die verskillende volke in Suid-Afrika het o f m oet hê.

Hier is verwys na die Evanston besluit wat stel dat die Wêreldraad van Kerke al sy lede-kerke aanspoor om segregasie o f diskriminasie (wat vir die W êreldraad skynbaar dieselfde beteken) teen te gaan. O p hierdie punt het Prof. Dr. H. P. Wolmarans tans predikant te Johannesburg, ingegaan en artikel III van die Kerkwet van ons Nederduitsch Hervormde Kerk ontleed. Verder is die inleiding van Ds. ]. P. Oberholzer, predikant te Rustenburg, hier oo k ter sake.

A s vierde en vyfde punt is genoem die verstaan deur die Kerke nie net van die noodtoestand wat in die U nie geproklameer is en wat daaraan voorafgegaan het nie, m aar ook van die veranderende situasie in A frika.

Hier het die inleidings van Ds. A . J. Q. Oosthuizen, predikant te Pretoria 161

(2)

en voorsitter van die H .E. Kommissie van die Algemene Kerkvergadering en Ds. C. J. Mans, predikant te Rustenburg, die diskussie op gang gebring.

Hierdie referate en inleidings wat voor die Predikantevergadering gedien het, word nou hiermee aan die gereëlde lesers van die Hervormde Teologiese Studies beskikbaar gestel. D it spreek natuurlik vanself dat hierdie referate en inleidings nié die konklusies is waartoe op die Predi- kantvergadering gekom is nie. O ok bevat hierdie stukke nié die stand­

punt wat die Nederduitsch Hervormde Kerk op die voorgestelde interkerklike samesprekings in Desember 1960 sal inneem nie.

Tog word vertrou dat die publikasie van hierdie referate en in- leidings wat vir die Kerk ongetwyfeld van belang was om tot helderheid oo r hierdie aangeleentheid te kom , d ie, belangstelling van die gereëlde lesers van die Studies sal mag geniet.

A. D . Po n t,

Voorsitter: 1960 Predikantevergadering.

PRETO RIA,

5 Oktober 1960.

162

Referensi

Dokumen terkait

Die aanslag van die Nieu-Marxiste op Suid-Afrikaanse historiografi e het tot gevolg gehad dat stede se geskiedenis aandag begin geniet het, maar die klem is hoofsaaklik op die twee

In 6 jaar van geologiese kartering deur Suid Afrikaanse geoloe is nog geen aanduidings van vroeere plant of dierlewe in die Hierdie kaart wat die redaksionele a.rtikel toelig is

" Deur die Britse konneksie word Suid-Afrika - so het hy eredeneer - in 'n minderwaardige posisie geplaas; hy aan aan die leiband van Groot-Brittanje; hy 'ord 'n gedienstig dienaar van

INHOUD VAN HIERDIE VAK Alhoewel die Liggaamlike Opvoedkunde ree.ds baie eeue lank beoefen word, het dit eers gedurende die afgelope vyf-en- twintig j aar in Suid-Afrika opgang begin

gebruik gemaak van die biblioteke van die Universiteite van Natal meer bepaald die in Pietermaritzburg, van Pretoria en van Suid-Afrika, asook van die Suid-Afrikaanse Biblioteek te

’n Studie by ’n gesondheidsfasiliteit in Hlabisa Na- tal, Suid-Afrika het bevind dat die voorkoms van SOS veral hoog is in die Suid-Afrikaanse platteland, wat ’n groot las op die

Hierdie drie faktore kan beskou word as subkriteria vir die beoordeling van suksesvolle aanpassing by Antarktiese toestande.. Die afgelope vyftien jaar is Suid-Afrikaanse Nasionale

In die heersende klimaat vandag in Suid-Afrika verlekker baie mense hulle in uitsprake "dat die Afrikaanse kerke in besluite van vergaderings en in afvaardigings by die owerheid veel