• Tidak ada hasil yang ditemukan

D ie ontwikkeling van

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "D ie ontwikkeling van"

Copied!
4
0
0

Teks penuh

(1)

S. Afr. J. Antarct. Res., no. 5, 1975

D ie ontwikkeling van 'n k riterium vir aanpassing by Antarktiese toestande:

voorlopige bevindings

Hierdie ondersoek het betrekking op die ontwikke/ing van 'n kriterium vir die beoordeling van suksesvolle aanpassing by Antarktiese toestande. Suksesvolle aanpassing is omskryf in terme van drie komponente, naam/ik doeltreffende werk- verrigting. doeltreffende groepfunksionering en doel- treffende persoonlike integrasie. Die teiers van vier vorige Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisies (1971-

1974) het afsonderlik at die lede (n=79) van hulle onderskeie span ne beoordeel op grond van 23 stellings wat verband hou met bogenoemde komponente.

Deur middel van 'n faktorontleding van die versa me/de data en 'n 'skuins' rotasie is drie betekenisvolle faktore gei'soleer en onttrek. Die faktore is interpersoonlike vaardigheid, intra- persoonlike stabiliteit en taakmotivering. Hierdie drie faktore kan beskou word as subkriteria vir die beoordeling van suksesvolle aanpassing by Antarktiese toestande.

Die afgelope vyftien jaar is Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisies aktief besig met die weten- skaplike verkenning van Antarktika. Sedert die Suid- Afrikaanse navorsingsbasis (Sanae) deurlopend beman word, het in Suid-Afrika 'n groter behoefte ont- staan aan inligting oor die mediese en sielkundige ver- eistes vir suksesvolle aanpassing by Antarktiese toestande. Voornemende ekspedisielede word aan streng mediese en sielkundige keuring onderwerp om vas te stel of hulle opgewasse sal wees teen die veel- eisende omgewingstoestande en lewe in afsondering.

Die sielkundige keuring van die ekspedisielede is in I 960 aan die Departement van Arbeid opgedra, wat dit tot 1970 behartig het. Die presiese aard van hierdie keuring is nie bekend nie en geen navorsing is gedoen om die doeltreffendheid daarvan te bepaal nie.

Sedert 1971 behartig die Militere Mediese lnstituut (MM I) die sielkundige keuring van die ekspedisielede.

Die MMI maak in hoofsaak gebruik van 'n siftings- program wat bestaan uit 'n kliniese onderhoud en die toepassing van die Tematiese Appersepsie-toets (TAT) en die Rorschach-toets. Die sielkundige ver- eistes wat as maatstawwe (voorspellers) vir sukses- volle aanpassing beskou word, is 'n bestendige moti- vering wat nie 'n neurotiese behoefte bevredig nie, die vermoe tot goeie interpersoonlike verhoudings, sosiale aanvaarbaarheid, sosiale vaardigheid, 'n positiewe bantering van aggressie, asook emosionele stabiliteit en die afwesigheid van neurotiese en psigotiese tendense.

Aangesien daar nog nie 'n wetenskaplik gefundeerde kriterium vir die beoordeling van aanpassing by die Suid-Afrikaanse basis Sanae ontwikkel is nie, is die prestasie in die maatstawwe nog nooit met aanpassing op Sanae in verband gebring nie; die voorspellings-

21

L.P. Verrneulen

Departement Sielkunde Universiteit van Pretoria Brooklyn, Pretoria 0002

This paper is concerned with the development of a criterion for the evaluation of successful adjustment to Antarctic condi- tions. Successful adjustment has been defined in terms of three components, viz effective work performance, effective group functioning and effective personal integration. The leaders of four South African National Antarctic Expeditions (1971-1974) independently rated all members of their teams (n= 79) on 23 statements'referring to these components.

By means of a principal factor analysis of the data and an oblique rotation, three significant factors were extracted. The three factors were interpersonal competence, intrapersonal stability and task motivation. These factors may be regarded as three sub-criteria for effective adjustment to Antarctic conditions.

doeltreffendheid van die maatstawwe nie bereken nie;

en die relatiewe belangrikheid van die maatstawwe nog nie bepaal nie. Hierdie leemtes kan daaraan toe- geskryf word dat sielkundiges nog nie hulle kundig- heid ten volle by hierdie toepassingsgebied betrek het nie.

Uit die voorafgaande is dit duidelik dat daar steeds 'n behoefte bestaan aan die ontwikkeling van 'n doel- matige kriterium vir aanpassing, aangesien 'n geskilcte kriterium noodsaaklik is vir die geldigheidsbepaling van enige keuringsprogram.

Atbakening

Die voorspelling van aanpassing in buitengewone omgewings hang regstreeks af van die samestelling van 'n toepaslike kriterium vir die spesifieke omstandig- hede waarvoor dit nodig is.

Blum & Nay/or (1968, p.174) gebruik die volgende omskrywing: "The criterion is an evaluative standard which can be used to 'measure' a person's performance". Vir die doel van hierdie ondersoek word 'n kriterium omskryf as·1n betroubare en geldige stan- daard in terme waarvan optimale aanpassing op Sanae beoordeel kan word.

Alvorens met die opstelling van die kriterium voort- gegaan lean word, is die vasstelling van die gedrag- dimensies wat aan optimale aanpassing ten grondslag le, essensieel. Ten einde dit te verw'esenlik, is dit nodig om die faktore wat aanpassing in Antarktika beinvloed, te identifiseer en om 'n ontleding te maak van die aard van die gedrag en handelinge wat vermoedelik noodsaaklik is vir suksesvolle aan- passing.

(2)

22

Faktore wat aanpassing in Antarktika belnvloed

Uit die literatuur (Rohrer, 1959; Rivolier, 1962) blyk dit dat aanpassing in Antarktika nie deur 'n enkele faktor bei"nvloed word nie, maar deur 'n verskeiden- heid omgewings-en sosiale faktore wat direk verband hou met die buitengewone omstandighede in Antark- tika.

Yolgens Gunderson & Nelson ( 1962, p.ll) kan hier- die faktore in die volgende klasse ingedeel word:

Confined isolation: geographical, social and emotional remoteness with limited space and absence of an opportunity to withdraw or escape from the situation.

Continuous presence of same associates: continuous proximity of others with lack of interpersonal choice, knowing that one must get along with others.

Tension control: necessity of controlling aggressive and emotional impulses; inability to relieve anxiety;

lack of heterosexual object.

Boredom, monotony: sameness of physical surrounds, faces, work tasks, conversations; Jack of stimulus variety.

Physical hardship: hard and heavy work, cold weather, darkness, certain food deprivations, having to work to attain minimal standards for health and safety.

Status limitations: status levelling, role overlap. lack of immediate status rewards.

Ontleding van gedragsdimensies wat vermoedelik aanpassing ten

grondslag le

Doeltreffende werk verrigting

Die algemene werkverrigting van die ekspedisielede is van besondere belang aangesien die sukses van die ekspedisie, asook die oorlewing van die ekspedisie- lede, sentreer om die doeltreffende werkverrigting van beide die navorsings- en die logistiese personeel (Nelson, 1963; Owens, 1966).

Van die ekspedisielede wat gemoeid is met navor- sing word vereis om selfstandig navorsing te onder- neem in die verskillende wetenskaplike programme waarvoor hulle formeel aangestel is. Die navorsings- taak vereis verder dat hulle die nodige veldwerk moet onderneem wat bevorderlik is vir die veelvuldige navorsingsprogramme. Die primcre taak van die navorsingspersoneel is om wetenskaplike inligting in te win met betrekking tot die programme vir bolugfisika

en aardwetenskappe. ·

Die suksesvolle verloop van die wetenskaplike programme en die oorlewing van die ekspedisielede is primer afhanklik van die doeltrcffende ondersteuning en werkverrigting van die logistiese personeel. Elke individuele iid van die Jogistiese span moet spesifieke werktake verrig. Dit behels ondermeer die instand- houding en tegniese versorging van alle meganiese, kommunikasie- en elektroniese toerusting; die deur- sending en ontvangs van amptelike en persoonlike korrespondensie; die geneeskund1ge versorging van die ekspedisielede; en die administrasie van die basi!>.

Daar word van clke span lid vcrwag om behalwc die primere werktakc ook sekondcre take tc vcrrig. Die sekondere take behels onder mccr die voor~icning van

S. Afr. T. Antarkt. Nav .. no. 5. 1975

toerusting en voorrade aan die basis, die berging van voedselvoorrade, die smelt van sneeu vir huis- houdelike gebruik, die voorbereiding, kook en bediening van kos, die skoonmaak en higieniese ver- sorging van die basis.

Die variasie in werkvereistes wat die onderskeie werktake stel, bring mee dat daar nie spesifieke aan- duidings van suksesvolle werkverrigting ten opsigte van elke afsonderlike taak gegee kan word nie. Die aangewese metode sal wees om aanpassing ten opsigte van werkverrigting te beoordeel in terme van - (a) die aktiewe deelname van die ekspedisielede aan

die primere en sekondere werktake: en

(b) die doelmatigheid en verantwoordelikheid waar- mee hierdie werktake uitgevoer word.

Doeltreffende groepfunksionering

In Antarktika word die ekspedisielede blootgestel aan sosiale isolasie oor 'n langtermyn asook inperking tydens die winterperiode. Onder hierdie omstandig- hede is goeie interpersoonlike verhoudings en groep- samehorigheid noodsaaklik vir die doeltrcffende funksionering van die groep en die persoonlike aan- passing van die ekspedisielede (Natani & Shurley, 1974).

Die groepinteraksie op 'n Antarktiese basis word gekenmerk deur 'n intieme aangesig-tot-aangesig- verhouding waarin die emosionele betrokkenheid van die lede onderling besonder intens is. Goeie inter- persoonlike verhoudings is noodsaaklik vir die individuele lede se persoonlike aanpassing in die groep en vir hulle aanpassing by die Antarktiese leefwyse.

Suksesvolle groepinteraksie en interpersoonlike ver- houdings word hoofsaaklik bepaal deur sosiale vaardigheid. samewerking, aanvaarding van gesag, emosionele beheer en die vermoc om groepkohesie te bewer kstellig.

Samehorigheid onder die spanlede is noodsaaklik vir d1e optimale produktiwiteit van die groep as geheel en die doeltreffende werkverrigting en aanpassing van die individuele lede. Groepsamehorigheid vereis:

(a) 'gesonde' sosiale interaksie en samewerking tussen die spanlede;

(b) die nastreef van die doelwittc van die ekspedisie en die doelwitte van die groep; en

(c) die aanvaarding van die normc wat eic aan die groep is.

Doeltreffende persoonlike integrasie

Die suksesvolle persoonlike aanpassing van die ekspedisielede by die Antarkt1ese omgewing en sos1ale milieu is noodsaaklik vir die docltrcffendc funksionering van die groep asook vir die optimalc werkverrigting van die ind ivid uelc lcdc (Nelson. 196J ).

Die fisiese omgewing en sosiale omstandighcde m Antarktika stet besonder hoe eisc aan die ekspedisie- lede. H ulle moet hulle aanpas by 'n groot aantal ongewone omgewingstoestandc waaronder uitersH.:

koue, geografiese isolasie, ·n ecntonige omgcwing, beknopte leefruimte. gebrek aan bekende sensoricse stimuli en die afwesigheid van 'n norrnale dag-nag- siklus. Verder word die lede blootgestcl aan sosialc druk as gevolg van sosiale dcprivasie. gedwonge sosialisering, gclykheid in status, heterogenc same-

(3)

S. Afr. J. Antarct. Res .. no. 5. 1975

stelling, interpersoonlike konflik en 'n konstante bedreiging van sosiale verwerping.

Die individu se aanpassing vind hoofsaaklik op die sielkundige vlak plaas. Sielkundig moet die individuele lede in staat wees om deurgaans, te midde van intense omgewings-en sosiale druk, 'n hoe mate van kogni- tiewe, affektiewe en konatiewe integrasie te behou.

Psigofisies moet die lede hulle ook aanpas by die koue klimaatstoestande, die verhoogde mate van liggaamlike inspanning en fisieke aktiwiteite tydens die somer en onaktiwiteit in die winter.

Variasies in die volgende reaksies (simptome) word beskou as verteenwoordigende aanduidings van onsuksesvolle persoonlike integrasie: slaaploosheid;

depressie; angstigheid; aggressie; irriteerbaarheid;

rusteloosheid; afname in persoonlike higiene; afname in konsentrasie en prestasie; en 'n apatiese houding.

Gedurende die winterrnaande wanneer die ekspedisielede hoofsaaklik tot die basis beperk is, neem die intensiteit van die meeste van hierdie simptome gewoonlik drasties toe.

D ie ontwikkeling van 'n beoordelingskaal

'n lntensiewe ontleding van die literatuur oor aan- passing by Antarktiese toestande en buitengewone omgewings het die basis gevorm vir die ontwikkeling van die beoordelingskaal. Van die items is direk afgelei uit wetenskaplik gefundeerde ondersoek oor aan- passing in buitengewone omgewings (Owens, 1966:

Deppe, 1971 ).

Alle gedrag en handelinge wat vermoedelik krities is vir suksesvolle aanpassing in Antarktika, is vir kommentaar en aanvulling voorgele aan drie voor- malige leiers van Suid-Afrikaanse Nasionale Antark- tiese Ekspedisies. Op die wyse is 23 bipolere indika- tore van suksesvolle aanpassing gei'dentifiseer wat in die vorm van stellings ingesluit is in 'n voorlopige beoordelingsvraelys. 'n Graderingskaal van sewe punte is opgestel vir die beoordeling van die frekwen- sie en intensiteit waarmee die gedragswyses tot uit- drukking kom.

Spesifieke instruksies gegrond op 'n praktiese voor- beeld is aan die beoordelaars gegee om die skaal- toepassing te verdutdelik. In die instruksies is vera!

klem gelc op die vermyding van slaggate, soos die sentrale neigingsfout, stralekranseffek en ander konstante oordcelsfoute. Hierna is die voorlopige vraelys prakties toegepas. Die leiers van SANAE 12. 14 en 15, asook die onderleier van SANAE 13 het die lede (n = 79) van hulle onderskeie ekspedisies afsonderlik op elkeen van die 23 bipol<!re stellings beoordeel.

Statistiese ontleding van die voorl opige beoordelingsvraelys

Ten einde die beoordelings van die onderskeie beoordelaars vergelykbaar te maak, is die beoor- delingsyfers van elke afsonderlike groep verwerk na standaardtellings volgens McCall se T-skaal.

Vervolgcns is die interkorrelasies tussen die 23 bi- polere stellings aan die hand van die Pearson-produk- momentkorrelasietegniek bereken. Dit het 'n 23 x 23-

23

Tabell

Faktorladings van die stellings van die voorlopige beoordelingsvraelys*.

(Die ses hoogste ladings in elke faktor is vet gedruk.)

Faktore Stellings

11 lll

I 02 25 64

2 68 16 -16

3 18 -53 25

4 05 08 76

5 73 31 08

6 30 -50 29

7 02 -06 55

8 70 -20 09

9 20 -63 32

10 09 08 60

11 10 41 15

12 33 -03 -02

13 42 32 53

14 81 -10 08

15 l4 -54 24

16 41 04 4{)

17 69 01 06

18 32 -55 24

19 73 03 11

20 :2 -47 34

21 -20 15 89

22 54 -18 -25

23 !I -56 26

• Desimale komma is weggelaat.

korrelasiematriks tot gevolg gehad wat 'n wye spek- trum van korrelasiekoeffisiente ingesluit het. Die korrelasiekoeffisiente het gewissel van ..(),01 tot 0,73.

Met hierdie interkorrelasiematriks as basis is 'n faktorontleding gedoen om die faktoriale struktuur van die kriterium te ontleed. H ierdie faktorontleding is gebaseer op die 'Principal Factor Analysis (with squared multiple correlations as estimated communalities in the diagonal)' en geroteer volgens die 'oblique rotational method'. Op hierdie wyse is drie faktore gei'soleer en onttrek. Die faktorladings van die 23 stellings in die drie betekenisvolle faktore word in Tabel I verstrek. Weens die vertroulike aard van die beoordelingsvraelys word die inhoud van die stellings nie verstrek nie.

Beskrywing en benaming van die faktore

Die faktore is beskryf deur die inhoud van die ses stel- lings met die hoogste ladings in elke faktor te ontleed.

Die benaming van die drie faktore is ook gebaseer op hierdie ontledings.

Faktor I

Hierdie faktor staan hoofsaaklik in verband met sosiale verenigbaarheid en die vermoe om inter- persoonlike harmonic te bewerkstellig. Die oor- heersende elemente hier is sosiale samehorigheid, bedagsaamhcid, verenigbaarheid, verdraagsaamheid en buigsaamheid. Hierdie sosiale aspckte is deurgaans 'n funksie van interpersoonlike vaardigheid.

(4)

24

Faktor 11

Die elemente van hierdie faktor is emosionele vol- wassenheid, emosionele stabiliteit, die kontrole en beheer van gedragsuitinge en die vermoe om druk en spanning suksesvol te hanteer. Die inhoud impliseer 'n hoe mate van persoonlike integrasie op die kogni- tiewe, affektiewe en konatiewe vlakke. Na hierdie faktor word verwys as intrapersoonlike stabiliteit.

Faktor Ill

Hierdie faktor het betrekking op die toewyding waar- mee verskillende werktake verrig word. Die elemente van die faktor is volharding, pligsgetrouheid, arbeid- saamheid en verantwoordelikheid. Die klem val hier primer op taakgeorienteerde gedrag. Na hierdie faktor word verwys as taakmotivering.

Soortgelyke faktore is deur ander navorsers gei'so- leer in afsonderlike studies oor aanpassing in Antark- tika (Nelson & Gunderson, 1963; Owens, 1966). Na aanleiding hiervan word die drie faktore wat in die huidige studie onttrek is, voortaan as subkriteria beskou alhoewel dit gesamentlik ook as algehele aanpassingskriterium kan dien.

Die betroubaarheid van die subkriteria

Uit die aard van die ontwikkelingsmetodevan die voor- lopige beoordelingsvraelys is slegs die interne betrou- baarheid van die drie subkriteria bereken, aangesien dit nie moontlik is om die hertoetsmetode vir stabiliteit-met-tydsverloop toe te pas nie.

Die interne betroubaarheid van die drie subkriteria, bereken volgens Kuder-Richardson-formule 20 met Ferguson se aanpassing, is onderskeidelik 0,84 (faktor 1), 0,86 (faktor 11) en 0,87 (faktor Ill).

Om 'n aanduiding van die beoordelaarsbetrou- baarheid by die gebruik van die subkriteria te verkry, is die som van die beoordelingsyfers van die ondersoek- groep in die drie faktore gekorreleer met hulle beoordelingsyfer in 'n ander soortgelyke maatstaf vir aanpassing by Antarktiese toestande. Hierdie maat- staf is opgestel deur Nelson & Gunderson ( 1963) en omsluit drie faktore, wat elk uit twee items bestaan, waarvan die benaming soortgelyk is aan die sub- kriteria in die huidige ondersoek. Die korrelasies tussen die faktore in die onderskeie kriteria word in Tabel 2 verstrek.

S. Afr. T. Anta~kt. Nav .. no. 5. 1975

Slot

Aan die hand van die voorafgaande teoretiese en statis- tiese studie is daar vasgbtel dat verskillende gedrags- dimensies van differensiele belang is vir doeltreffende aanpassing by Antarktiese toestande.

Na aanleiding van die resultate blyk dit dat sukses- volle aanpassing by Sanae medebepaal word deur dje afsonderlike invloed van en wisselwerkende same- hang tussen drie faktore, naamlik interpersoonlike vaardigheid, intrapersoonlike stabiliteit en taakmoti- vering.

Hierdie drie faktore kan voorlopig dien as suh- kriteria vir aanpassing om die voorspellingsdoel- treffendheid te bepaal van die maatstawwe (voor- spellers) wat gebruik word by die sielkundige keuring van voornemende ekspedisielede.

Verwysings

Blum, M.L. & Naylor, J.C. Industrial psychology:

its theoretical and social foundations. New York, Harper and Row, 1968.

Deppe, A.H. A study of psychological factors rele- vant to the selection of SCUBA divers. D. Phil.- verhandeling, Universiteit van Suid-Afrika. 1971.

Gunderson. E.K.E. & Nelson, P.D. Clinical agree- ment in assessing for an unknown environment. US Navy Medical Neuropsychiatric Research Unit, Report no. 62-4, 1-13. San Diego, California, 1962.

Natani, K. & Shurley, J.T. Sociopsychological aspects of a winter vigil at South Pole Station. In Human adaptability to Antarctic conditions. edited by E.K.E. Gunderson. Antarctic Research Series, 22, 89-114. Worcester, Massachesetts, Heffernan Press, 1974.

Nelson, P.D. Human adaptation to Antarctic station life. Public HeaJth Papers, no. 18, 138-145.

Geneve, WHO, 1963.

Nelson, P.D. & Gunderson, E.K.E. Effective individual performance in small Antarctic stations:

a summary of criterion studies. US Navy Medica~

Psychiatric Research Unit, Report no. 63-8, 1-13, San Diego, California, 1963.

Owens, A.G. The assessment of individual performance in small Antarctic groups. Part I.

CIC's rating scales. Australian Army, I Psych.

Research Unit Research Report no. 3 I 66. 1-21.

Albert Park Barracks, Victoria, 1966.

Tabell

Die korrelasies tussen die faktore van die onderskeie kriteria Faktore

Korrelasiekoeffisiente Huidige subkritcria Onafhanklike maatstaf

Interpersoonlike vaardigheid I ntrapersoonlike stabiliteit Taakmotivcring

Sosiale verenigbaarheid Emosionele bedaardheid Taakmotivering

0,75*

0,73*

0.78*

• Bcduidend op die O.Oio/c-waarskynlikheidsvlak

Uit die resultate blylc dit dat die beoordelings betroubaar is vir sover die beoordelaars konsekwent was in die beoordeling van die toepaslike gedrag- dimensies en handelinge. 'n Ernstige beswaar wat teen hierdie gevolgtrekking ingebring kan word, is dat hierdie hoe verband die resultaat is van 'n oor- dragingseffek by die beoordelaars.

Rivolier, J. Some psychological aspects of the problems of adaptation to wintering in stations.

Public Health Papers, no. 15, 1-13. Geneve, WHO, 1962.

Rohrer, J.H. Human adjustment to Antarctic isola- tion. US Naval Research Review, 1-5, June 1959.

Received 11 September 1975; revised 26 February 1976.

Referensi

Dokumen terkait

In die nasionale finansiele rekening vir Suid-Afrika word die nasionale ekonomie of volkshuishouding in elf institusionele sektore verdeel, naamlik die buitelandse sektor, die

Voorgeskiedenis Die doel van die Suid-Afrikaanse Geneeskun- dige Diens is om mediese en aanverwante on- dersteuning aan die SAW te verleen, Om aan die doe I te beantwoord, moet aan

Die Bulle/in word kwarttaalliks gepubliseer en word gratis aan lede van die Suid-Afrikaanse Antarktiese Vereniging gestuur.. Die koste vir lidmaatskap beloop R2,00 per

Danie Joubert, Icier van SANAE 9 gelees: ,By geleentheid van midwinter 1968, dra die lede van negende Suid-Afrikaanse Nasionale Antarl:tiese Ekspedisie hullc bcste wense oor aan die

Hy dien vyf jaar op die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en is tans voorsitter van die Potchefstroomse Werksgemeenskap.. Marena Manley

Hierdie navorsing ondersoek die faktore wat die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse aandelemark die Johannesburgse Aandelebeurs, JSE aandryf, ten einde te bepaal of JSE- ontwikkeling

Dit stel ’n waterarmoedekaart vir drie dorpe en omliggende gebiede in die Vaaldriehoek-streek van Suid-Afrika saam, bespreek die effek wat verkeerde gewigte op die waterarmoede-indeks

Die Suid-Afrikaanse Antarktiese Vereniging is sewe jaar gelede gestig met die docl om persone met 'n gemeenskaplike belang in Antarktika en Sub-Antarktiese Eilande saam te snoer in 'n