• Tidak ada hasil yang ditemukan

KATEGESE AS OUERPLIG EN AMPTELIKE KERKWERK

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "KATEGESE AS OUERPLIG EN AMPTELIKE KERKWERK"

Copied!
10
0
0

Teks penuh

(1)

KATEGESE AS OUERPLIG EN AMPTELIKE KERKWERK

PROF. DR. J. I. DE WET

Die tem a soos hierbo aangekondig, stel 3 vrae aan die orde te wete:

(a) W at is kateges.3 en is dit noodsaaklike kerkw erk?

(b) Is kategese ouerplig en am ptelike kerkw erk?

(c) Indien wel: w at is die verhouding tussen ouerplig cn am pte­

like kerkw erk?

A. WAT IS KATEGESE EN IS DIT ’N NOODSAAKLIKE KERK­

WERK?

Kategese is ’n onmisbare lewensfunksie van die kerk. Daarom is dit vir die kerk nodig om voortdurend nie net oor die kategese te besin nie, m aar om ook die kategetiese arbeid te verrig. Dat dit so is sal ons gaandeweg probeer aantoon.

Die vraag of kategese ouerplig en am ptelike kerkw erk is, is kennelik ’n vraag w at ’n spesifieke verband m et die praktyk van die kinderdoop hou. Dit is daarom ook ’n vraag w at binne die N ederduitsch Hervormde Kerk gevra kan en moet word omdat die kerk se doopsbediening vir bykans die volle 100 persent aan kinders geskied.

(Kategese is egter ook n ’ kersteningsw erk. Aangesien ons egter nou net die oog op ons eie kerklike situasis het sal dit miskien goed wees as hierdie vergadering by ’n latere geleentheid aandag kan gee aan die plek en taak van die kategese in die kerk se kersteningsw erk.)

Ons wil begin deur die kategese as dooponderrig te kwalifi- seer. Die rede vir hierdie omskrywing vind ons in die formulier vir die bediening van die doop aan die kinders van die gelowiges.

Die form ulier eis naamlik, „En die ouers sal verplig wees om hulle kinders as hulle opgroei hierom trent breedvoeriger te onderrig.” Voorlopig gaan dit vir ons nog nie om die ouers nie, m aar om die verpligte onderrig op grond van die doop. Ook die ongebruikte katkisasieboek, Die Belydenis van die Hervorm ers,”

verstaan kategese as dooponderrig. Dié geskrif begin die katki­

sasie m et ’n vraag aan die katkisant: W aarom wil jy katkiseer?

Daarop laat dit die katkisant antwoord: Omdat ek my doop wil verstaan!

Ons kan dus goedskiks aanneem dat die kategese tenminste enersyds dooponderrig is. Hierdie tipering bied vir ons ’n bruik­

bare aanvangspunt vir ons ondersoek cn beantw oording van die gestelde problematiek. Ons wil dus probeer om die gestelde vraag te beantw oord deur ’n paar aspekte van die doop nader te betrag.

(2)

II. Die DOOPFORMULE:

In die ty d van die Nuwe Testam ent was d aar blykbaar nie net een vasgestelde doopformule in gebruik nie. Ons vind in die Nuwe T estam ent uitdrukkings soos ,,epi to onom ati Jesou C hristou” (Hand 2:39), „eis to onoma to u kuriou Jeso u ” (Hand.

8:16 en 19:5), ,,en to onom ati Jesou Christou,” (Hand. 10:48) en dan nog die trinitariese, „eis to onoma tou patros, kai tou huiou kai tou hagion pneum atos.” (Matt. 28:19).

Die grootste gemene deler van die formules is die w oord

„onoma”. Die doop „op”, „in” en „ to t” die N aam bring egter almal presies dieselfde w erklikheid to t uitdrukking „Eis to ono­

ma”, bring to t uitdrukking d at die dopeling hom „gaan of laat rangskik” onder die persoonlike hoof to t wie se naam hy gedoop is d.i. Jesus C hristus (vgl. P. J. Muller, Dogmatiek, bis. 250). M et ,,epi” en „en” plus die datief word plek of die grond van ’n saak aangedui. Dit beteken dat die doop „op” of „in” die N aam van Jesus C hristus die dopeling op ’n bepaalde w yse ten opsigte van Jesus C hristus „lokaliseer”. Die doop „lokaliseer” die dopeling ten opsigte van Jesus só, d at hy daar te staan kom w aar sy verhouding to t die persoonlike Hoof, Jesus C hristus, die sin en draende grond van sy lewe is, om dat hierdie persoonlike Hoof oor sy lewe heerskappy voer. Die trinitariese doopform u­

le stel nie ’n ander saak teenoor dié van die enkelvoudige for­

mules nie. D it gee alleen ’n vollediger om skryw ing van die feit dat die heil van die drie-enige God in die doop toegesê en verseël word.

Die H eer to t wie die doop die dopeling in ’n persoonlike betrekking plaas, is Jesus C hristus w at gesterf en opgestaan het.

Daarom m oet ons ook n et kortliks handel oor III. DOOP, DOOD EN OPSTANDING:

Die predikoop w at in hierdie verband van besondere belang is, is Rom. 6:3-11. Paulus stel naam lik as ’n feit d a t dié w at gedoop is, die sonde afgesterf het. Daarom dui hy die doop aan as ’n doop in die dood van Jesus Christus. D aar is naam lik ’n verband tussen die dood van Jesus C hristus en ons sonde. Die dood is die stra f op die sonde. Deur Sy dood dra Hy die straf op ons sonde ephapaks. Dit is die plaasbekledende lyding. Paulus sien die saak dus so, dat ons deur die doop só to t Jesus Christus in relasie gestel word, d a t sy dood beteken d at ons w erklik die sonde afsterf. Die doop herhaal nie sy dood nie, m aar lyf ons in sy dood in, sodat ons deur die doop saam m et Hom op Golgota ons oue mens afsterf om saam m et Hom in die o pstan­

ding m et die nuw e mens oorklee te word.

(3)

Die dood kon Hom egter nie hou nie. En by sy opstanding breek sy oorw inning oor sonde en dood finaal deur. Dan verklaar Paulus, dat, om dat die dood nie oor Hom heers nie, Hy sy lewe as ’n lewe vir God leef. Deur die doop w ord ons dus só in relasie to t Jesus C hristus gestel dat ons nie n et eenm aal aan die einde van die ty d w eer verheerlik sal opstaan nie, m aar nou-al in die nuwigheid van die lewe vir God kan wandel. „So m oet julle (gedooptes) ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, m aar lewend is vir God in Christus Jesus onse H ere.”

Romeine 6 betuig die doop aan ons op so ’n w yse dat die heerskap van Christus oor ons lewe, ons hele lewe te staan laat kom onder die versoening deur sy bloed en die wedergeboorte deur sy Gees. Die dopeling word dus deur die doop uit die onversoende en onwedergebore sondaarsyn nuutgebore as kind van God in die lewe vir God. N.B. Daarom m oet ons m et nadruk verklaar d at die doop nie die einde van die pad is nie (Soos sommige mense skynbaar dink nie). Dit is in die volle werklike sin van die woord, die begin van die lewe in die gem eenskap met God. In die verband val te verstaan d at die doop alleen sin het vir die lewendes en nie vir sterw endes nie.

Voorlopig opsommend kan ons dus sê d at die doop ons in die relasie van verlostes to t Verlosser teenoor Jesus Christus stel.

Dit is in die Ryk van die genade w at deur die mens nie anders ontvang kan w ord as deur die geloof nie en nie anders in die mens se lewe to t uitdrukking kan kom as deur die lewe uit die geloof nie. Daarom is dit ook nodig om nog verder die lig te laat val op doop en geloof en doop en bekering.

1 IV. DOOP EN GELOOF:

Oor hierdie saak hoef nie breed uitgew ei te w ord nie. Dit is immers die uitdruklike veronderstelling van die hele Nuwe T estam ent d at almal w at gedoop is, in die geloof in Jesus Christus m oet volhard (vgl. byvoorbeeld Gal. 3:24-27). Ook van die vol- w assenes w at to t geloof gekom het en gedoop is, is dit sonder- m eer veronderstel dat hulle in die geloof m oet bly anders sou Demas se optrede byvoorbeeld sekerlik nie so ’n sm artlike be- lewenis vir Paulus gewees het nie.

Ons wil hier volstaan met die slotsom w aartoe Cullman gekom h et na ’n eksegetiese ondersoek van die Nuwe Testam ent oor die verhouding van doop en geloof. Cullman verklaar:

1. „ . . . nach der Taufe ist der Glaube eine Forderung an alle G etauften.

(4)

2. vor der Taufe ist die Bekundung des Glaubens zum zeichen des göttlichen W illens, dass die Kirche die Taufe vom ehm e, eine Forderung an die Erw achsenen, die individuele vom Juden- tum oder, H eidentum kommen; in anderen fallen feh lt sie.

3. W ahrend des Taufaktes ist der glaube eine Forderung an die betende Gemeinde (vgl. Tauflehre des neuen Testam ents S. 49).

Punt 1 (en 3) is vir ons doeleindes hier tersake. D it beteken dat ons op grond van die Nuwe Testam ent geregverdig is om te verklaar d at die kinderdoop soos dit in ons Kerk beoefen word,

’n doop to t geloof is. B eter gestel: Dit is die aanvang van die bemoeienis m et die kinders van die gelowiges, so dat ook hulle die saligm akende geloof in Jesus C hristus sal ontvang. Daarom moet dit gestel w ord dat wie ookal gedoop is op grond van die doop geroep is om te glo en in die geloof alles w at in die doop aan hom belowe en verseël is te aanvaar en in sy lewe te verw esenlik.

Dit kom to t uitdrukking in die openbare belydenis van die geloof.

V. DOOP EN BEKERING:

In die nuw e T estam ent w o iJ sowel die Johannes-doop (by- voorbeeld Mk. 1:4) as die christelike doop (Hand. 2:38) aan die bekering verbind. Hierdie verbinding is in verband m et ons probleem van groot gewig. Dit gaan vir ons h ier eg ter nie oor die vraag of geloof en bekering as menslike prestasies aan die doop vooraf m oet gaan soos die grootdopers eis nie. W an t ons insiens staan die goeie reg van die kinderdoop op bybelse gronde vas (vgl. J. I. de W et, Kerklike Verkondiging in die huidige Tydsgewrig, bis 62-65).

W aarom dit vir ons hier gaan is naam lik die nuw e lew e as

’n lewe vir God. Hierdie lewe w at bestaan u it die berouvolle aflê van die sonde en die dankbare vlug na God en elke menslike poging om nie n e t volgens sommige nie, m aar volgens al die ge- booie van God te lewe, is eintlik die nuwe lewe w at ’n lewe vir God is. Wie dus die kinderdoop aanvaar en beoefen, aanvaar en beoefen dit as ’n doop to t bekering. Wie gevolglik as kind die doop ontvang het, h et dit ontvang as die doop to t bekering. Soos w at hy k ragtens sy doop geroep is to t die geloof in Jesus C hristus so is hy k ragtens sy doop verplig to t die daaglikse bekering van harte. Sy doop is vir hom die aanvangspunt van sy bekering as voortdurende beweging na God toe to t verm eerdering van Gods lof in die wéreld.

(5)

Ons kan nou vasstel dat die doop w at ons in die heilsrelasie to t Jesus C hristus stel juis só is, d a t dit om daardie rede die gedooptes onder die noodsaaklikheid plaas om te glo en om ’n christelike lewe te lei.

H ierby is dit onvermydelik en gebiedend noodsaaklik om tladelik te stel d at die mens nie u it homself, nie uit eie krag of skerpsinnigheid of voortreflikheid kan glo of ’n christelike lewe kan lei nie. God self skenk deur sy W oord en Gees geloof en die m oontlikheid to t ’n lewe uit die geloof. Dit staan bo alle twyfel vas. V erder het dit Hom behaag om deur die doelbew uste en op- setlike oordrag van die evangelie w at Hy aan sy Kerk opgedra het, die geloof en die christelike lewe deur sy W oord en Gees te stig en instand te hou. Die doelbew uste en opsetlike oordrag van die evangelie onder Gods opdrag aan die opkomende geslag te r wille van hulle gejoof en hulle christelike lewensw andel is die Kategese. (Artikel 90 van die bepalings van die Kerkwet stel dit ook uitdruklik só). Dit h et ons insiens ook duidelik genoeg geblyk d at juis die kinderdoop kategese as ’n onvermydelike lewensfunksie aan die Kerk oplê.

B. IS KATEGESE OUERPLIG EN AMPTELIKE KERWERK?

I. INLEIDING:

Die vraag w at hier aan die orde kom is naam lik die vraag na wie hierdie vir die Kerk lewensnoodsaaklike kategese moet behartig. Die ondersoek na hierdie vraag is terselfdertyd ’n on­

dersoek na die gronde w aarop die K erkw et staan, w anneer daarin bepaal w ord d at die kategese „deur die ouers” en „in die daartoe bestaande katkisasieklasse” w aargeneem m oet w ord. Ook hierdie vraag wil ons probeer beantwoord aan die hand van ’n toeligting op enkele aspekte van die doop.

II. DOOP EN VERBOND:

Ons wil hoegenaamd nie probeer om die verhouding van doop en verbond volledig hier te behandel nie. Eintlik wil ons net die aandag bepaal by een besondere aspek van die verbond w at hier vir ons van deurslaggewende betekenis is.

Kortw eg kan verbond gedefinieer w ord as „God se genadige toeweiding to t sy mense” (K. Bijlsma, Doop in het pastoraat, bis.

36). In die lig hiervan wil ons stel d at al het die uiterlike ge­

daante van die Ou Verbond verbygegaan, dan h et die innerlike werklikheid, daarvan onveranderd gebly. Daarom geld die in- houdelike gegewens van die Ou Testam ent insake die verbond vandag nog vir ons.

(6)

Die saak w at nou vir ons van groot belang is, is die kw essie van die eenheid van die gesin. Binne die raam w erk van die Verbond is die gesin eg ter nie n et ’n gewone eenheid vanw eë die bloedband w at hulle onderling aan m ekaar verbind nie. V an­

weë die feit d at die indiwiduele lede die teken van die opnam e in die verbond ontvang het, w ord die gesin eintlik communio sanctorus in die kleine — ’n huis-gem eente a s’t w are.

Presies hoe om vattend hierdie verbondsgedagte van die huis- gesin as eenheid w erklik was, bly byvoorbeeld duidelik uit die joodse proselite-praktyk en die gesinsdope w aarvan die Nuwe Testam ent melding maak. Oorgang van die ouer n a die Jodedom of Christendom w as genoegsam e grond om die gesinslede deur uitdeling van die verbondsteken saam in die verbond te laat opneem (vgl. Hand. 16).

W atter implikasies die verbondsgedagte van die eenheid van die gesin vir ons onderhaw ige vraagstuk h et blyk duidelik byvoorbeeld u it die uitspraak van 1 Kor. 7:14 w aar gestel word dat die ongelowige eggenoot deur die geloof van die gelowige geheilig w ord en d at selfs die kinders uit so ’n meng-huwelik geheilig is. Hierdie heiliging van die gesinslede beteken eintlik niks anders as d at hulle deur die geloof van die gelowige ge- sinslid vir God opgeroep en aangespreek word nie. Dit spreek dus eintlik vanself d at die gelowige in hierdie oproep en aanspreek van sy gesinslede vir God nie passief nie, m aar aktiew e in stru ­ m ent m oet wees. Hy is immers deur sy geloof d aartoe verplig.

In die lig hiervan m oet die mededeling d at die sipier van Filippi „panoikei” hly w as d at hy to t geloof gekom h e t (Hand.

16:33 en 34) gew aardeer word. Ook Hand. 2:39 w aar betoog w ord dat die verbondsbeloftes vir ouers en kinders is, k ry in hierdie kader sy voile draagkrag. Juis in die raam w erk van die verbond en in verband m et hierdie besondere visie of gesinseenheid en gesinsheiliging, k ry die m edeverantw oordelikheid van die ge­

sinslede v ir m ekaar se geloof en lewe as verbondbegunstigdes so

’n diepte en ’n omvang dat dit nie sonder stra f versuim en nagelaat kan w ord nie.

As hierby v erder ingedagte gehou word d a t die ouers self hulle kinders voor doop hou en d at dit van die vroegste tye af gebruik w as d a t die ouers vir die kinders op die doopvrae moes antw oord as die kinders self te klein was, dan geld die woorde van Deut. 4:9 en 6:6 en 7 as die vasstelling van die noodwendige gedragslyn van die ouers teenoor die kinders binne die opset van die verbond. Vanweë die duidelikheid haal ons dié tw ee uitsprake hier w oordeliks aan:

(7)

„Neem jou net in ag en wees terdeë op jou hoede, dat jy die dinge nie vergeet w at jou oë gesien h et nie, en dat hulle nie uit jou h a rt w yk al die dae van jou lewe nie; en jy moet dit aan jou kinders en aan jou kindskinders bekend m aak.”

„En hierdie woorde w at ek jou vandag beveel, moet in jou h a rt wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.”

K ragtens die genadeverbond is die ouers dus verplig om doelbewus en opsetlik deur oordrag van die verbondswoorde (evangelie), besig te wees m et hulle kinders te r wille van die kinders se geloof. Die doopform ulier m aak dus m et goeie reg van die ouers kategete in die frontlinie van die Kerk se katege­

tiese arbeid. Kategese as ouerplig is dus eintlik ’n saak van gehoorsaam heid en diensbetoon aan die God van die verbond.

III. DOOP EN KERK:

Die eerste saak w at ons hier m oet duidelik stel is naamlik dat kategese w at deur die ouers behartig w ord sonderm eer kerkw erk is. ’n Mens kry soms die indruk d at die ouers se k ate­

getiese bemoeienis nie as kerkw erk beskou w ord nie. Sover ons kennis strek is daar geen handboek oor die kategese w at enige aandag gee aan die kategese as ouerplig nie. In ons eie Kerk lyk dit soms ook of daar mense is w at die kategese bloot as ’n am ptelike kerkw erk w at in die Sondagskool plaasvind, beskou.

H ierteenoor wil ons stel dat kategese as ouerplig wel deeglik kerkw erk is, w an t die ouers doen dit tog mos as gelowiges, dit wil sê as K erk van Jesus Christus.

Die vraag is dus nie of die kategese kerkw erk is nie, m aar of dit bo- en behalwe ouerplig ook nog am ptelike kerkw erk is.

H ieroor m oet tw ee sake gestel w ord naamlik:

(a) Doop is opname in die kerk. 1 Kor. 12:13 stel dit baie duidelik „W ant ons is almal ook deur een Gees gedoop to t een liggaam . . . ” Opvallend is dat Paulus die ..hen som a” , as aan­

duiding van die gem eente gewoonlik in verband m et die sakra- m ente gebruik (vgl. 1 Kor. 10:17 byvoorbeeld). Aangesien die doop opnam e in die gemeente is, m oet ons saam m et Cullmann stem d at die doop gevolglik ’n gebeurtenis aan en met die liggaam van C hristus is.

(b) Die doop moet amptelik bedien word. D at die doops- bediening w at aan die kerk opgedra is, am ptelik, dit wil sê deur am psdraers w at daartoe geroep is moet plaasvind, spreek duide-

(8)

lik uit M att. 28:19 en die talie vermeldings van doopsbedienings deur w ettige am psdraers in die Nuwe Testam ent. Die mense aan wie die doopopdrag oorspronklik gegee is, w as tenm inste almal am psdraers. So is die mense van wie genoem w ord d at hulle die doop bedien h et am psdraers. (Soos Filippus, P etrus en Paulus).

In verband m et hierdie tw ee sake w at genoem is geld die opdrag van M att. 28:19 „ . . . en leer hulle om alles te onderhou w at Ek julle beveel h et,” as ’n baie belangrike uitspraak. Die doop w at am ptelik bedien is, sodat daardeur iets m et die g e ­ m eente van die Here sou gebeur, wil opgevolg w ord. Hierdie ge­

dooptes m oet naam lik geleer word. Didaskein in die Nuwe Testam ent beteken eintlik die saaklike blootlegging van die diep­

ste sin en betekenis van die evangelie to t opbouing van die ge­

meente in die allerheiligste geloof. Die am psdraers h et ook die opdrag om die gedooptes so te leer. Didaskein is eg ter ’n om­

vattende aanduiding van die binnegem eentelike leerw erksaam - heid. Al kan ons dus nie sê dat die leeropdrag n et die kategese spesifiek aandui nie, kan ons dan tog wel sê d at die kategese daarin opgeneem is. Die binnegem eentelike leeraktiw iteit to t opbou van die geloof is dus eintlik die raam w erk w aarbinne die kategese as am ptelike kerkw erk m oet plaasvind.

V erder is dit in hierdie verband behartensw aardig om te let op die verbod w at die doopform ulier op doop u it gew oonte of bygelowigheid lê. Ons het reeds ten oorvloede aangetoon d at die doop gevolg wil hê in die geloof en ’n christelike lewe. Veral die doop uit gew oonte sal dan beteken dat die doop w el ontvang word, sonder d at ’n vinger verroer word om die doop dié gevolg te laat vind w at dit wel wil hê. Dit wil sê oral w aar daar gedoop w ord m aar die kategetiese bemoeienis m et die dopeling versuim of verw aarloos w ord, h et ons dan te doen m et ’n doop uit gew oonte. In die lig hiervan is dit duidelik d a t ook die kerk nie uit gew oonte of bygelowiheid die doop mag bedien nie.

K ategese as am ptelike kerkw erk is dus ’n saak van die hoogste verantw oordelikheid w an t die am ptelike instansies sal op alle vlakke m oet toesien d at die doop w at steeds am ptelik bedien word, nie m oet verval en vervlak to t ’n doop u it gew oonte of bygelowigheid nie. En dit opsig self is ook nog ’n kategetiese bemoeienis naam lik d at am ptelik daarvoor gesorg m oet word dat die doop sy gewilde gevolg verkry. K ategese is dus eintlik die enigste w eerm iddel teen die doop uit gewoonte.

S am evattend kan ons dus sê dat die K erkw et op goeie teologiese gronde bepaal d at kategese ouerplig en am ptelike kerkw erk m oet wees.

(9)

C. WAT IS DIE VERHOUDING TUSSEN KATEGESE AS OUERPLIG EN AMPTELIKE KERKWERK?

Die vraag w at hiermee aan die orde kom is naam lik hoe die der­

de doopvraag verstaan moet word. Die vraag vra naam lik dat die ouers hulle kinders na hulle vermoë m oet onderrig of laat o nder­

rig. Veral die woorde „of te laat onderrig” skep eintlik die probleme. Op die oog af lyk dit of hierdie toevoeging die moont- likheid d at die ouerplig heeltem al deur iemand anders oorge- neem kan w ord, oopmaak. Dan is hierdie vraag ’n absolute teenstelling m et w at vroeër in die form ulier bew eer is naamlik dat die ouers verplig is om hulle kinders breedvoeriger te onderrig.

D aar is tw ee sake w at oorweging verdien:

(a) Die situasie ten tyde van die opstel van die formulier.

Dit is naam lik ’n bekende feit d a t die Roomse kerk voor die kerkhervorm ing veral, geen besondere w aarde aan die geletterd­

heid van die breë m assa geheg het nie. Ook w as daar destyds nie die onderwysgeriewe en m oontlikhede van vandag nie. Die onverm ydelike gevolg was d at baie mense nie kon lees en skryf nie. Gevolglik w as hulle self nie baie goed daartoe in sta a t om hulle kinders u it die Bybel aangaande die geloof in Jesus Christus te onderlê nie. Aangesien die onm oontlike nie verw ag kan word nie, is d aar ’n konsessie gem aak sodat ouers die hulp van be­

voegde mense kon inroep w aar hulle self te k o rt geskiet het.

(b) Die tw eede saak w aarop gewys m oet w ord is naamlik d at die derde vraag tog nie in stry d is m et die vroeëre eis van die form ulier nie. Die formulier eis naam lik dat die ouers hulle kinders breedvoeriger moet onderrig. Die klaarblyklike bedoeling daarvan is naam lik dat die ouer-onderrig m eer om vat as w at die form ulier self bevat. Daarmee w ord egter nog nie vereis dat die ouer self en alleen die volledigste moontlik dooponderrig sal behartig nie. Geheel in lyn hiermee vereis die derde doopvraag dan ook n et d at die ouer tot die m aksim um van sy vermoë die dooponderrig sal behartig. Meer as dit kan tog nie verw ag word nie.

H ieruit is egter ook duidelik dat die ouerplig nie heelemaal deur iem and anderg oorgeneem kan w ord nie. D at die ouer-arbeid egter aangevul kan word in die opsigte w aarin dit te kort skiet, word wyd oopgelaat.

In die lig hiervan kan voorlopig gestel w ord d at die amptelike kategese w el die ouerw erk kan en moet aanvul in sovérre daarin tek orte voorkom.

(10)

Die toevoeging en veral die woordjie „of” in die toevoeging tot die derde doopvraag het in die verlede al heftige diskussie uitgelok. In die lig van die saam gaan van ouerplig en am ptelike kerkw erk is daar dan ookal voorgestel d at „of” met „en” v er­

vang m oet word. Dit deug egter ook nie, w an t dan w ord ’n relatiewe saak to t ’n absoluutheid verhef. Prinsipieel moet die moontlikheid oopgelaat w ord d at daar ouers is w at wel bekw aam is om huile kinders ’n volledige dooponderrig te gee. Hulle sal dus geen aanvulling nodig hê nie. W at m eer is: Dit is die ekspli- siete bedoeling van die Skrif dat die lidmate gaandew eg deur die binnegem eentelike bearbeiding uiteindelik d aartoe bekw aam moet w ord om andere en veral hulle kinders te onderrig (vgl.

Heb. 5:12 en Ef. 4:11 en 12) aangaande die geloof.

P rakties sal die K erk dus m et die m oontlikheid m oet reken dat d aar m ense kan kom w at volledig toegerus is om belydenis van geloof te doen sonder dat hulle onder die am ptelike kategese gekom het. Om sulke mense nie to t die belydenis van die geloof toe te laat nie, alvorens hulle nie ’n sekere aan tal van die am pte­

like katkisasieklasse bygewoon het nie, lyk to taal verkeerd.

In die p rak ty k gebeur dit soms dat persone w at w el die am ptelike katkisasie getrou bygewoon h et m aar selfde of nooit in die erediens gekom h e t of op geen w yse m et die gem eente m eegeleef h et nie, tog to t belydenis toegelaat word. Ook d it is verkeerd! W at hierm ee bedoel word is d at al sou ’n persoon vol­

ledige dooponderrig tuis ontvang het, dan hef dit nog nie die am ptelike kategetiese bemoeienis op nie. Die K erkraad m oet so

’n k and id aat nog ondersoek en toelaat to t belydenis. Hierdie ondersoek en toelating kan nie net ’n kandidaat se kennis betref nie. D it m oet ook gaan oor die kandidaat se lewensvorm ing om dat die evangelie nie n et u it die goddelike indikatief nie m aar ook u it die goddelike im peratief bestaan.

Ons insiens m oet die w isselw erking tussen ouerplig en am pte­

like kerkw erk nie n et die leer en die lewe van die dopeling raak nie. Efesiërs 4:11 en 12 m aak d it ook v ir die K erkraad onverm ydelik om na die beste van sy verm oë die ouers to e te rus vir die nakom ing van hulle kategetiese arbeid.

Referensi

Dokumen terkait

Daar is ’n duidelike implikasie dat jy as leser moet dink oor wat belangrik is vir jou, en hoe hierdie dinge soos voedselvoorraad, asook kulturele aspekte en kennis alles ’n plek het in

’n Mens moet jou heeltemal indring in twee volkome verskil- lende geestesklimate om te kan beoordeel wat elke drama- turg hom voor oë gestel het, en jy moet veral versigtig wees om nie

Die vermelding in die bronteks van 1 Makkabeërs 4:6 dat “hulle nie beskik het oor die harnasse en swaarde μαχαίραι wat hulle nodig gehad het nie,” word in die Apokriewe soos volg

Hoewel daar geredeneer kan word dat die erediens nie die begin en die einde van ‘n gemeente se openbare byeenkomste uitmaak nie, en dat ‘n mens moet waak teen die verheffing van die

So het Rautenbach tereg opgemerk en op skrit gestel dat die teologie w aarm ee die toekomstige predikante in die Nederduitsch H ervorm de Kerk in die Fakulteit gekonfronteer is, nie

Hulle dink dat die Heilige Gees maar net 'n mag of krag van God is wat aan die mens gegee word om die mens in staat te stel om allerlei dinge te doen en hulle vergeet dat die Heilige

Daarom kan Van Buren beweer dat die betekenis van die w oord „G o d ", taalanalities gesien, ondeursigtig is en vir die mens van ons dag, sonder werklike betekenis is." U itdruklik

Omdat dit w aar is, verskyn daar tans geen boek oor die pastorale gesprek waarin nie op talie bladsye en in vele toonaarde beklem­ toon word dat die pastor nie net ’n sprekende mond