• Tidak ada hasil yang ditemukan

Kommas en betekenis

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Kommas en betekenis"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

170

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 59 No. 1: Maart 2019 doi.10.17159/2224-7912/2019/v59n1a13

Taalrubriek

Kommas en betekenis

ʼn Mens besef nie altyd watter betekenisverskil ʼn komma of twee in ʼn sin kan maak nie. In hierdie rubriek kyk ek na twee gebruike waarmee dikwels gefouteer word.

In Afrikaans (wat in dié opsig van Engels verskil) word ʼn byvoeglike bysin tradisioneel met ʼn komma afgesluit as dit nie die einde van die betrokke sin uitmaak nie. Dit is bysinne wat met ʼn betreklike voornaamwoord begin, soos wat, waarvan, wie se, vir wie, waarmee en so meer, byvoorbeeld:

1. Die haan wat op die kerktoring staan, is van brons gemaak.

2. Die gesin wie se huis afgebrand het, is nou haweloos.

3. Die motor waarvan ʼn band gebars het, het omgeslaan.

Dié komma maak deel van Afrikaans se punktuasietradisie uit en vervul ook die rol van die ou Afrikaanse reël dat ʼn komma geplaas word tussen werkwoorde wat tot verskillende sinsdele behoort, selfs al staan daardie twee werkwoorde nie direk langs mekaar nie. Dit is jammer dat dié tradisie en reël deesdae na willekeur geïgnoreer word, veral in die pers.

Soms kan daar egter ook ʼn komma vóór so ʼn bysin geplaas word en dit verander die betekenis en aard van die bysin. Kyk byvoorbeeld na die volgende sinne:

4. My kinders wat in Brittanje woon, verlang huis toe.

5. My kinders, wat in Brittanje woon, verlang huis toe.

Een van my ou leermeesters, prof. Meyer de Villiers, het die tipe van voorbeelde 1 tot 4

“beperkende byvoeglike bysinne” genoem, want hulle beperk die betekenis van die selfstandige naamwoord waarby hulle pas. Die tipe 5-voorbeeld – dit wil sê dié wat ook ʼn komma voor die betreklike voornaamwoord het – het hy “aanvullende” of “uitbreidende byvoeglike bysinne”

genoem, want hulle gee aanvullende inligting wat teoreties weggelaat kan word of wat in ʼn afsonderlike sin gegee kan word. In Engels word hulle onderskeidelik “restrictive” en “non- restrictive clauses” genoem.

In sin 4 beperk die bysin (“wat in Brittanje woon”) die betekenis van “My kinders”, want die spreker impliseer dat sy/haar kinders wat elders as in Brittanje woon, byvoorbeeld in Kaapstad of Australië, nie huis toe verlang nie: slegs dié wat in Brittanje woon, verlang huis toe. Die implikasie is voorts dat die spreker nog kinders benewens dié in Brittanje het. Die bysin is dus beperkend want dit beperk die betekenis van “my kinders” tot dié in Brittanje.

In sin 5, daarenteen, gee die spreker te kenne dat (al) sy/haar kinders huis toe verlang en voeg hy/sy as ʼn bystelling by dat die kinders in Brittanje woon – aanvullende of uitbreidende inligting, dus, wat ook in ʼn afsonderlike sin verstrek sou kon word, byvoorbeeld:

6. My kinders verlang huis toe. Hulle woon in Brittanje.

7. My kinders verlang huis toe; hulle woon in Brittanje.OF

Hierdie verskil kom heel dikwels voor, byvoorbeeld:

8. Die droogte het die saaiboere wat vroeg gesaai het, geknel.

9. Die droogte het die saaiboere, wat vroeg gesaai het, geknel.

(2)

171

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 59 No. 1: Maart 2019 doi.10.17159/2224-7912/2019/v59n1a13

Sin 8 beperk die betekenis tot slegs die saaiboere wat vroeg gesaai het, maar nie dié wat byvoorbeeld laat gesaai het nie, terwyl sin 9 impliseer dat die droogte al die saaiboere geknel het en bykomend of aanvullend, amper terloops, sê dat hulle vroeg gesaai het.

Dieselfde soort verskil kom ook voor by ander soorte bystellings wat ek hier “apposisies”

of “apposisionele konstruksies” noem (omdat hulle nie werkwoorde bevat nie en dus nie bysinne is nie), nl. beperkende en aanvullende/uitbreidende apposisies. Gewoonlik is die tweede konstruksie dan ʼn verklarende of onderskeidende bystelling by die eerste konstruksie.

Ook hier kan kommas ʼn beduidende betekenisverskil maak. Vergelyk:

10. My suster Anna is ʼn chirurg.

11. My suster, Anna, is ʼn chirurg.

In sin 10 is die implikasie dat die spreker minstens nog een ander suster het, maar dat die een genaamd Anna ʼn chirurg is. In sin 11 impliseer die spreker dat hy/sy net een suster het en dat dié ʼn chirurg is. As aanvullende of uitbreidende inligting word die suster se naam verstrek.

Dit word onderskeidelik beperkende en aanvullende apposisies genoem.

Die kommas, al dan nie, maak dus ’n belangrike betekenisverskil, byvoorbeeld:

12. Die DA-leier, Mmusi Maimane, stem saam. [aanvullend/uitbreidend/niebeperkend]

13. Die DA-leier Mmusi Maimane stem saam (maar nie die DA-leier HZ nie). [beperkend;

betekenisgewys hier waarskynlik foutief]

14. Die beroemde komponis, Ludwig van Beethoven, het geskryf ... [aanvullend; dit impliseer daar was slegs een beroemde komponis, nl. Beethoven – foutief]

15. Die beroemde komponis Ludwig van Beethoven (nie die beroemde komponis Mozart nie) het geskryf ... [beperkend; korrek]

16. Die Hertzogpryswenner Pieter-Dirk Uys vertel ... [beperkend; korrek]

17. Vanjaar se Hertzogpryswenner vir Drama, Pieter-Dirk Uys, vertel ... [aanvullend; korrek]MAAR Kyk gerus ook in die jongste AWS, bll. 121 en 122, reël 13.33, veral opmerking (b).

Dis die klein jakkalsies wat soms ʼn groot verskil kan maak!

JD (Tom) mcLachLan

E-pos: [email protected] Bronne:

De Villiers, M. 1968. Die grammatika van tyd en modaliteit. Kaapstad: AA Balkema.

De Villiers, M. 1983. Afrikaanse grammatika vir volwassenes. Goodwood: Nasou.

Quirk, R. & Greenbaum, S. 1973 (1988). A university grammar of English. Harlow: Longman.

Shorter Oxford English Dictionary. 2002, 2007. 6 ed. Oxford: OUP.

Taalkommissie, SAAWK. 2017. Afrikaanse woordelys en spelreëls. Kaapstad: Pharos.

Referensi

Dokumen terkait

35 Afgesien van die oorkoepelende Apostoliese tradisie wat tot uitdrukking kom in die Vroeë Kerk se belydenis in byvoorbeeld die verskillende en tog ooreenstemmende Regula Fidei deur

Wat die rigting van sy standpunte betref, sluit Bylaag 2 ook in sommige opsigte aan by die minderheidsverslag wat voor die AKV-NHK 2007 gedien het: dit neem die heteroseksuele

Kinders wat ly aan •n gebrek en wat deur die Minister9 in oorleg met die Administrateurs 9 aangevcys word as gestremde kinders vir wie voorsiening kragtens die Wet op

Haar belangstelling in die kreatiewe proses en haar gebruik van simbole spesifiek die mandala om persoonlike betekenis in haar kunswerke daar te stel, verbind haar skilderkuns direk met

"40 Die offisier wat inspirasie uit die verlede wil put, moet altyd in gedagte hou dat die lesse van die verlede gewoonlik nie baie duidelik is nie en dat dit dikwels duideliker in die

Met haar debuutbundel het sy haar poësie vanaf die skerm na die bladsy verskuif en sodoende deel ge- word van ’n internasionale groep digters wat op sosiale media beroemdheid verwerf en

Hieroor skryf Burger in sy voorwoord dat dit “die leser kan laat ineenkrimp met ’n gevoel van ongemaklike skaamte [...] [d]ie manier waarop hy haar ‘Kokon’ ‘Kokontjie’ of afgekort,

Roodt Nou die dag hoor ek ’n fraai verhaal: vir ’n vrou om gelukkig in die lewe te wees, moet sy ’n man kry wat haar in en om die huis help; hy moet haar kan laat lag; natuurlik moet