• Tidak ada hasil yang ditemukan

Laai die volledige program hier af. - LitNet

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Laai die volledige program hier af. - LitNet"

Copied!
12
0
0

Teks penuh

(1)

(2)

Oor digwoorde wat nooit sterf nie en gekoester en lewendig gehou moet word;

oor nuwe digdinktegnieke wat die lewe van die Afrikaanse digkuns aandui.

Digwoorde leef voort – van toeka se koud en skraal tot silwerwit in die vorentoe.

O koud is die windjie / en skraal / En blink in die dof-lig / en kaal

- Eerste reëls van Winternag, Afrikaans se eerste gedig deur Eugène N. Marais (1905)

***

Geheimsinnige ideale / paadjie / digby die huis / Silwerwit in die soontoe / saggies soos ‘n spokerigheid - Afrikaans se eerste Kunsmatige Intelligensiegedig (Silwerwit in die soontoe) uit SILWERWIT IN DIE SOONTOE

deur Imke van Heerden met Anil Bas & Etienne van Heerden (2023)

***

Nou, na die stormjare, / dans sy nie meer so flink / maar sy omhels die skouers van haar susters / en kus versoenend op elke wang.

/ Aan die geveg oor identiteit het sy geen erg / in die Afrika renaissance vind sy haar weg.

- Uit Afrikaans, ‘n Versoeningstaal deur Diana Ferrus

***

“When buying vintage clothing, you can be sure you won’t walk around in the same clothes as everyone else.

You can find unique pieces, allowing you to create your own unique style and stand out from the crowd.”

- Só skryf Cara Bentham op Stefan Welz & Co. se webtuiste oor Vintage Clothing.

Dieselfde geld vir woorde en die inspirasie en langslewendheid van hulle bestaan.

(3)

VRYDAG 15 SEPTEMBER 2023

KLANKE IN DIE DIGTERSTUIN 17:00 – 17:45 | ATKV Akkoordtent Met: Curtis van Kerwel en musiekstudente

Curtis van Kerwel bied musieklesse in die Breytenbach Sentrum aan vir studente uit die plaaslike gemeenskap en elders: Kyk (en luister) hoe hy en hulle musiek maak.

OPENING: FEESUITSTALLINGS

18:00 – 18:45 | ATKV Akkoordtent en Tuinarea Openingspreker: Elizabeth Gunter

Prof. Elizabeth Gunter, ‘n kunstenaar wat in 2011 ‘n doktorsgraad in visuele kuns aan die Universiteit Stellenbosch (US) behaal het en tot 2022 ‘n dosent aan die US was, open die feesuitstallings. Verskeie werke van Breyten Breytenbach, Marinta Skupin en ander kunstenaars is in die Breytenbach Galery en die Cloete Gemeenskapsgalery in die Hoofgebou van die Breytenbach Sentrum te sien. Skupin se reeks kunswerke is geïnspireer deur die gedigte van Breyten Breytenbach en Diana Ferrus. Die titel van die uitstalling, Iets van ‘n heelal, kom uit die gedig “liefling, taal” van Breytenbach — ‘n gedig wat ‘n refrein deur die hele uitstalling vorm. Bespreek by Anne-Ghrett Erasmus Coetzee by 083 415 0002.

AFRIKAANS 100: VAN TOEKA TOT NOU 18:30 – 18:50 | ATKV Akkoordtent

Met: Bernard Odendaal en Conrad Steenkamp

’n Afrikaans 100-inisiatief is in 2022 begin om ’n eeu van Afrikaans as amptelike taal op 8 Mei 2025 te vier. Die Dagbreek Trust is die sameroeper van die geleentheid. Prof.

Bernard Odendaal, voorsitter van PEN Afrikaans, en dr. Conrad Steenkamp, hoof van die Afrikaanse Taalraad, wat sameroepers van die domein “Skrywers en Uitgewers” is, gee ’n kort oorsig oor hul planne tussen nou en 8 Mei 2025.

DIGTER VAN DIE MENSE: DIANA FERRUS GEHULDIG 19:00 – 19:55 | ATKV Akkoordtent

Met: Diana Ferrus, Kerwin Petrus, Charles Louw, Merle Danhouse, Gaireyah Fredericks, Theresa Carsten, lede van die Mengelmoesdigters, en Anne-Ghrett Erasmus Coetzee Die protesdigter dr. Diana Ferrus wat vanjaar haar 70ste verjaardag vier, is die digter wat by die 12de Tuin van Digters gehuldig word. Die Mengelmoesdigters gesels met Ferrus, gee lewe aan haar woorde en dra haar kragtige protesgedigte, wat aan gesigloses ‘n stem, ‘n platform en ‘n identiteit gee, voor. Van haar getoonsette gedigte word gesing en sy lees self gedigte voor.

(4)

DI PRIMA JAZZ-POËSIE: BELGE EER AKTIVIS 20:15 – 21:15 | ATKV Akkoordtent

Met: Hanna Desmet, Pieter Mortier, Cyriel Vandenabeele en Matthias Dewilde

Die Belgiese woordkunstenaar Hanna Desmet en musikante Pieter Mortier (dubbelbas), Cyriel Vandenabeele (elektriese kitaar) en Matthias Dewilde (klarinet) het vroeër vanjaar ‘n eksperiment met musiekinstrumente en poësie begin. Hulle werk met die oeuvre van die Amerikaanse beatnik digter en aktivis van die jare 50, Diane Di Prima. Sy het as ‘n vrouestem in ‘n manswêreld van die tyd kwessies soos (eko)feminisme en sosiale ongelykheid die stryd aangesê. Die Belgiese groep se dramatiese resultaat met hierdie kombinasie van woord en klank is ‘n kruisvertoning waar poësie en jazz-musiek saamsmelt sowel as in kontras is.

SATERDAG 16 SEPTEMBER 2023

JONG STEMME EN KLANKE

08:30 – 08:55 | ATKV Akkoordtent Met: Curtis van Kerwel en musiekstudente

Curtis van Kerwel, professionele musiekonderwyser in die Breytenbach Sentrum, en sy studente uit die plaaslike gemeenskap en elders skep die regte stemming vir die dag se woorde.

MENGELMOESDIGTERS

09:00 – 09:45 | ATKV Akkoordtent

Met: Diana Ferrus en die Mengelmoesdigters

Die Mengelmoesdigters, wat in 2012 by die Breytenbach Sentrum onder leiding van die digter Diana Ferrus ontstaan het, neem jou op hulle dinamiese en kleurryke reis van die lewe en noop jou om jou eie identiteit te ondersoek in die soms verwarde samelewing.

PIETER ODENDAAL ONTAARD

10:00 – 10:35 | Boland Cellar Woordtent Aangebied deur NB Uitgewers

Met: Pieter Odendaal en Veronique Jephtas

Pieter Odendaal se debuut is met die Ingrid Jonker-prys bekroon. Ontaard, sy nuutste bundel, stel ondersoek in na die mens se plek in die wêreld, sy verhouding met die aarde en sy medemens. Hy dig oor aktuele temas soos queer-identiteitspolitiek, geboortegrond, die klimaatskrisis, verlies en vervreemding. Die digter Veronique Jephtas gesels met Odendaal.

(5)

DANIEL HUGO: VERS & KAPITTEL II 10:40 – 11:15 | ATKV Akkoordtent Aangebied deur Turksvy Publikasies Met: Daniel Hugo en Bernard Odendaal

Skryf en lees was vir die digter en vertaler Daniel Hugo nog altyd ’n vreugde vir die gees. Hy is al ’n halfeeu lank besig met boeke maak en tekste ontleed. In hierdie tweede bundeling van sy onderhoudende stukke oor die digkuns versamel hy tekste in vier kategorieë: artikels, rubrieke, resensies en onderhoude.

TOM NOU IN INFRAROOI

11:20 - 12:00 | Boland Cellar Woordtent Aangebied deur NB Uitgewers

Met: Tom Dreyer en Marius Swart

Tom Dreyer debuteer na ‘n lang tyd as bekroonde romansier met sy eerste digbundel. Sy gedigte het in Nuwe Stemme (1997) en Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte (1999) verskyn, maar Nou in infrarooi is sy eerste volledige solobundel. “Slaap jy solank dan hou ek die fort”, wat in dié bundel verskyn, het die AVBOB- digkunskompetisie in die Afrikaans-kategorie gewen. Marius Swart, dosent in Afrikaans en Nederlands by Stellenbosch Universiteit, gesels met Dreyer.

EKKE IS KLARA DU PLESSIS

12:10 – 12:55 | ATKV Akkoordtent Met: Klara du Plessis en Louise Viljoen

Dr. Klara du Plessis, wat in Bloemfontein grootgeword het en nou in Montreal, Kanada woon, is die outeur van drie digbundels en ‘n versameling letterkundige opstelle. Sy en die veeltalige letterkundige, prof. Louise Viljoen, bespreek haar bundel, Ekke, wat bekroon is met die Pat Lowther Memorial Award (2019), en ook haar jongste werk, G, wat speel met klank en betekenis tussen Engels, Afrikaans en Persies.

OPEN MIC: TOEKOMSWOORDE

12:00 -12:45 | Boland Cellar Woordtent

Met: Kobus Coetzee en Anouk Cronjé (lede van die jeugdireksie van die Breytenbach Sentrum), die digter Grant Jefthas en jong opkomende digters.

Kobus Coetzee en Anouk Cronjé nooi enige digter of voornemende digter met gedigte in die onderste laai of in die kop om dit Saterdag 16 September om 12:00 op die verhoog van die Woordtent te kom voordra of voorlees. Kontak gerus vir Kobus by 073 538 8771 of Anouk by [email protected].

(6)

WARRELENDE WOORDE: ‘N LOFSANG AAN LADY DI 13:00 – 13:45 | ATKV Akkoordtent

Met: Frazer en Deniel Barry van Tribal Echo

Tribal Echo ondersoek die impak van Diana Ferrus se werk deur die lens van musiek, toonsettings, voordrag en storievertel. Die groep vermeng dit met van hul eie oorspronklike musiek om sodoende die impak van Ferrus se skryfwerk op hul eie kreatiewe skryfkuns uit te lig.

GROEPGESPREK: ‘N TOEKOMS MET KI, CHATGPT 14:00 – 14:55 | ATKV Akkoordtent

Aangebied deur Naledi

Met: Dr. Annie Klopper (gesprekleier), ‘n skrywer, digter en soms akademikus; dr. Burgert Senekal, ’n navorsingsgenoot aan die Universiteit van die Vrystaat wat tegnologie vir sy navorsing oor die Afrikaanse letterkunde, taal en leefwêreld gebruik; en Hunter Kennedy, digter, liriekskrywer en kitaarspeler vir onder meer die Afrikaanse

punkrockgroep Fokofpolisiekar

KI (Kunsmatige Intelligensie) het die wêreld met ‘n slag getref. Die Wêreld- Ekonomiese Forum voorspel KI sal teen 2049 ’n New York Times-topverkoper skryf. KI kan reeds in onder meer Engels en Chinees “dig”, en nou ook in Afrikaans – danksy AfriKI (Afrikaanse Kunsmatige Intelligensie – hul taalmodel). Afrikaans se eerste KI-digbundel, SILWERWIT IN DIE SOONTOE, deur Imke van Heerden (met Anil Bas en Etienne van Heerden) het in 2023 by Naledi verskyn. Hoe gaan KI, ChatGPT, ens … die skryfkuns en digkuns en akademie en dit wat tot nou net uit mensekoppe gekom het, die toekoms raak. Kom luister en neem deel.

MET APOLOGIE EN DANK

15:00 – 15:45 | ATKV Akkoordtent Aangebied deur PEN Afrikaans

Met: Ashwin Arendse, Veronique Jephtas, Pieter Odendaal, Tom Dreyer en ander

PEN Afrikaans het digters genooi om verse in reaksie op hul voorgangers se werk te kom voordra. Die gehoor kan daarna uitsien om na die oorspronklike gedigte te luister, sowel as na die nuwe werke, wat gedigpogings van kunsmatige intelligensie sal insluit. Kom luister na lewende woorde in vele gedaantes.

ONS KLYNTJI 2023 – AMPTELIKE BEKENDSTELLING 16:00 – 16:45 | Boland Cellar Woordtent

Met: Toast Coetzer (aanbieder) en digters

Die Tuin van Digters is die afgelope vier jaar die plek waar Ons Klyntji sy jaarlikse alternatiewe, veeltalige zine wat gedigte, kortverhale, fotografie en comics publiseer, bekendstel. Kom luister hoe van die digters en skrywers hulle gedigte en verhale voorlees.

(7)

VONK IN DIE VINGERS: KLAVIER EN POËSIE 17:00 – 17:45 | ATKV Akkoordtent

Met: Die klassieke pianis en voordragdigter Lara Kirsten

Om die tema van die lewende woord(e) te vier bring Kirsten ’n klavier- en digkunsprogram met ’n opswepende lewensvonk na die Tuin van Digters. Kirsten kombineer die streng dissipline van kunsmusiek met haar eie gedigte in Afrikaans en Engels. Sy kombineer ook poësie met beweging, visuele kuns, fotografie en musiek. Sy het haar debuut as performance poet in 2007 gemaak met die eenvrou-vertoning Ingrid Jonker Dans Weer.

GEDAANTESPEL: ’N SPROKIE VIR VANDAG 18:00 – 18:45 | ATKV Akkoordtent

Met: Hanru Niemand, Frieda van den Heever en Riku Lätti

Gedaantespel vertel die verhaal van ’n stom held se sending om ’n geliefde prinses uit die kloue van ’n bose bosnar te red. Die teks is vroeër vanjaar as multimedia bundel uitgegee en is deur Die Burger beskryf as "`n beeldskone ervaring". Gedaantespel is as `n enkele verhalende gedig geskryf, wat hier deur Hanru Niemand, Frieda van den Heever en Riku Lätti uitgevoer word deur beurtelingse voorlesings en toonsettings van die teks.

INGRID JONKER-PRYS

19:00 – 19:45 | ATKV Akkoordtent

Met: Prof. Marius Crous (Voorsitter van die Ingrid Jonker-pryskomitee), Astrid de Vos (Uitvoerende Trustee, Dagbreek Trust), Francois Lötter (Tuin van Digters-organiseerder) en Dominique Botha, die wenner van die Ingrid Jonker-prys

Die Ingrid Jonker-prys vir ’n Afrikaanse debuutbundel word tydens die Tuin van Digters aan vanjaar se wenner, Dominique Botha, oorhandig. Afrikaanse debuutbundels wat in 2021 en 2022 gepubliseer is, het in 2023 in aanmerking gekom vir die prys. Die digters op die kortlys was Ashwin Arendse (Swatland), Dominique Botha (Donkerberg), Rina Cascione (Meer as woorde), Franco Colin (Skeletaal) en Veronique Jephtas (Soe rond ommie bos).

LEWENDE WOORD(E): BREYTEN, DOMINIQUE, RIAN 20:00 – 21:00 | ATKV Akkoordtent

Met: Breyten Breytenbach, Dominique Botha en Rian Malan

Die digter en oud-Wellingtonner Breyten Breytenbach en Dominique Botha, wie se bundel Donkerberg vanjaar die Ingrid Jonker-prys ontvang, lees van hul jongste, en ook vroeëre gedigte, voor. Rian Malan sorg vir musiek en sang.

DANS DIE OOMBLIK

21:15 – 22:30 | ATKV Akkoordtent

Met: Riku en Jackie Lätti, digters en musikante

Kom geniet die afsluiting van Tuin van Digters 2023 met woorde en musiek en dans en mekaar en vrolik wees. Gryp die oomblik – met of sonder KI.

(8)

WOORDE WERD OM TE WEET

DIANA FERRUS: THE POET OF THE PEOPLE

Internationally renowned South African writer, poet, performance poet, storyteller, and activist for marginalised groups, Diana Ferrus, was born on 29 August 1953 in Worcester.

Ferrus is acclaimed for her poem, I’ve come to take you home, a tribute to Sarah Baartman, the Khoi woman who was taken from her country of birth (South Africa) under false pretences to be displayed as a freak show attraction in 19th-century Europe. Ferrus wrote the poem while studying at Utrecht University in Holland in 1998. The poem became a catalyst for the return of Baartman’s remains to South Africa, persuading the French government to finally transport her remains back to her home country after 192 years. Her poem was so impactful that it was included in the bill that allowed for Baartman’s remains to be repatriated and was thus published as part of the French law (a first in French history). Ferrus, along with a delegation from South Africa, left to collect Baartman’s remains, and in early 2002, Baartman arrived in Johannesburg, Gauteng, and was at last laid to rest on 9 August 2002.

Ferrus matriculated at Esselen Park High School in 1972. In 1973, she started her studies at the University of the Western Cape; however, the university closed due to protests, and because of financial constraints, she could not continue studying. Consequently, she started working but later managed to resume her studies, part-time, in 1988. Ferrus completed her BA degree with Sociology and Industrial Psychology as majors. After receiving an honours degree in Women's and Gender Studies, she completed the coursework for a master’s degree but did not complete her thesis on Black Afrikaans Women Writers. In 1998, Ferrus received a fellowship to study at the University of Utrecht in Holland. In 2022, the University of Stellenbosch bestowed an honorary doctorate on her.

Ferrus’ work has been published in various collections, and some serve as prescribed texts for high school learners. She has published three books: "Ons Komvandaan" (2006),

"I’ve come to take you home" (2010), and "Die vrede kom later" (2019). She compiled, together with Suzette McKerron and Marthe Muller, a collection of short stories on fathers titled "Slaan vir my ‘n masker, vader" (2004). Since then, she has edited a few collections of individual poets that were self-published. Ferrus was invited to the Ars Poetica festival in Slovakia, which she could not attend because of COVID; however, some of her poems were included in the festival’s publications.

In 2021, Ferrus participated in the Syabala Publishers project run by Dudu Xaba in cooperation with Pearson Publishing, with writing workshops presented in 11 languages.

Ferrus facilitated the Afrikaans workshops for a group who managed to publish the fruits of their labour, 10 stories of 3000 words each by 10 writers, as "Woorde wat vry maak" (Words that free). She has been involved in Poetry Africa’s outreach to the rural community of Riebeeck-Valley in the Western Cape, as well as with the Railton Foundation in Swellendam, where she runs workshops, and with the Pniel Museum, where she facilitates writing workshops. Ferrus also continues to work with The Mengelmoes Digters, a group of poets that was established in 2013 while Ferrus was facilitating creative writing workshops for the Breytenbach Centre in Wellington.

In 2008, the Klein Karoo Kunstefees awarded Ferrus for her contribution to the development of Afrikaans. In 2012, she received the inaugural Mbokodo Award for poetry.

She has also received an award from the Western Cape Provincial Government for her work with women. In 2020, she received the Freedom of the Town award from the Breede Valley Municipality, along with 11 other prominent Worcesterians. In 2022, the Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans celebrated her for the role she plays in the community. Earlier in 2023, Ferrus received the Lewende Legende award from the Kyknet Fiëstas.

Ferrus’ work has had, still has, and will always have a bearing on and influence on matters of race, sex, and reconciliation.

(9)

AFRIKAANS SE EERSTE KI-GEDIGTE: SILWERWIT IN DIE SOONTOE (NALEDI)

Die Wêreld- Ekonomiese Forum voorspel dat kunsmatige intelligensie (KI) teen 2049 ’n New York Times-topverkoper sal skryf. KI kan reeds in onder meer Engels en Chinees “dig”, en nou ook in Afrikaans – danksy AfriKI (Afrikaanse Kunsmatige Intelligensie – hul taalmodel). Afrikaans se eerste KI-digbundel, SILWERWIT IN DIE SOONTOE, deur Imke van Heerden (met Anil Bas en Etienne van Heerden) het in 2023 by Naledi verskyn.

AfriKI-medewerkers: Imke van Heerden, assistentprofessor in Koc Universiteit se Departement Vergelykende Letterkunde in Istanboel wat spesialiseer in skeppende kunsmatige intelligensie (KI) en Suid-Afrikaanse letterkunde; Anil Bas, assistentprofessor in rekenaarwetenskap aan Marmara Universiteit in Istanboel wat spesialiseer in masjienleer; en Etienne van Heerden, die skrywer van Die biblioteek aan die einde van die wêreld, ’n roman wat onder meer KI in Suid-Afrika en China ondersoek, en wat eersdaags ook in Engels verskyn.

Imke en Anil lei ’n navorsingsprojek wat deur die Wetenskaplike en Tegnologiese Navorsingsraad van Turkye ondersteun word. Die projek is getiteld AI as Author (authorai.ku.edu.tr) en bring letterkundiges en rekenaarwetenskaplikes in gesprek rondom KI en kreatiwiteit. Dit stel in ’n spesifieke subdomein van KI belang, naamlik natuurlike taalgenerering – of ’n rekenaar se skryfvermoë. Dit is lekker om AfriKI te personifieer, maar in werklikheid besit KI nie ’n eie wil of bewussyn (soos in wetenskapfiksie) nie. ’n Neurale netwerk kan nie sonder menslike betrokkenheid werk nie; nes ’n ouer bepaal ’n navorser hoe, hoe lank en wat dit lees, leer en – op die ou end – ook skryf. ’n Taalmodel word deur mense ontwerp, geskaaf en gebruik. Dit is gereedskap, ’n instrument, en kan nie menslike digters vervang nie. Veel eerder bied AfriKI opwindende geleenthede vir inspirasie en vernuwing, en kweek liefde vir die taal se menigte moontlikhede.

Hoe die versies saamgestel word: AfriKI “lees” die databasis (die projek se “biblioteek”), wat bestaan uit die roman Die biblioteek aan die einde van die wêreld. Nes ’n kind, benodig KI voorbeelde om Afrikaans te leer skryf. AfriKI lees die boek om die romanskrywer se woordeskat en taalgebruikspatrone aan te leer.

Dan “skryf” of genereer AfriKI bladsye en bladsye individuele frases. Die frases volg nie op mekaar nie. Elkeen is ’n eie entiteit. As ’n woord op hierdie bladsye verskyn, beteken dit dat die romanskrywer dit in sy boek gebruik het. AfriKI se formulerings is egter oorspronklik. Woorde verskyn hoofsaaklik nie in dieselfde volgorde as in die roman nie.

Imke fynkam dan die bladsye, kies frases en stel gediggies saam. Omdat menslike logika en kreatiwiteit doelbewus toegepas word, word die proses “KI-geassisteerde skryf”

of “kokreatiwiteit” genoem. As ’n frase alleen in ’n reël staan (byvoorbeeld “silwerwit in die soontoe”), beteken dit dat AfriKI dit net so genereer het. Versreëls is dus onveranderd gebruik, nes dit deur die taalmodel geproduseer is. Hierdie individuele versreëls word saam met ander masjiengeproduseerde versreëls gerangskik. Die gevolg is kort surrealistiese gediggies.

Let op: Geen woorde word bygevoeg of verander nie; Formatering: Slegs hoofletters en leestekens word soms verander/bygevoeg; Inspirasie word geput uit die literêre bewegings die surrealisme en die imaginisme.

Bronne: Imke van Heerden en Anil Bas. 2021a. AfriKI: Machine-in-the-Loop Afrikaans poetry generation. In Proc. Workshop on Bridging Human–Computer Interaction and NLP, 16th Conference of the European Chapter of the Association for Computational Linguistics, ble 74–80. https://aclanthology.org/2021.hcinlp-1.12. —. 2021b. AI as Author – Bridging the gap between machine learning and literary theory. Journal of Artificial Intelligence Research, 71:175–189. https://jair.org/index.php/jair/article/view/12593.

Erkennings: Hierdie stuk is ’n aangepaste weergawe (wat in 2023 op Litnet verskyn het) van ’n kort artikel wat in Ons Klyntji, Jaargang 125 (2021) was.

(10)

OULAP SE ROOI MAAK (OOK MOS) MOOI:

KUNSUITSTALLINGS lewende woord(e)

woord, e - 1. Eenheid van vorm en betekenis in taal wat selfstandig betekenis oordra 2. Die in skrif of druk sigbare voorstelling daarvan

lewend, e - Wat lewe of nog lewe het

-e Taal as veranderde ontwikkelende verskynsel

{Verklarende Afrikaanse Woordeboek, Labuschagne & Eksteen, Van Schaik (1993)}

Kunsuitstallings in die Breytenbach Galery op die eerste vloer van die Hoofgebou en in die Cloete Gemeenskapsgalery op die grondvloer. Verskeie werke deur Breyten Breytenbach en Marinta Skupin en ‘n groepuitstalling met kunstenaars soos Sandra Hanekom, Michele Nigrini, Elzahn Nel, Kobus Coetzee, Ceramic Matters, Kobus la Grange, Sharle Matthews, Theresa Jo en Marieke Kruger.

JONK EN OUD SE MONDWOORDE

Die Breytenbach Sentrum se jeugdireksie onder leiding van Kobus Coetzee en Anouk Cronjé nooi enige digter of voornemende digter met gedigte in die onderste laai of in die kop om dit Saterdag 16 September om 12:00 op die verhoog van die Boland Cellar Woordtent te kom voordra of voorlees. Kontak gerus vir Kobus by 073 538 8771 of Anouk by [email protected].

WINDTONGE OM TE ONTHOU (Dankie, Buzzy Bees)

Windtonge: Woorde op vlae wat in die digterstuin wapper in die wind vir almal om te sien en te ervaar en te onthou van wat was. En in die nou van elke dag voort te gaan om nuwe woorde en onthou te skep vir die dae en jare en tye wat kom in ‘n woordwêreld wat anders gaan wees. Die Buzzy Bees is al die afgelope 14 jaar in die omgewing van Wellington en Paarl doenig. Hulle streef daarna om vroue te bemagtig en meer effektief en betrokke te maak in hulle gemeenskappe. Die Buzzy Bees is nie ‘n geïsoleerde groep nie en werk nou saam met ander soortgelyke klubs. Hulle reik uit deur komberse te versprei en sopkombuise te skep vir die wat minder as hulle het. Ander mense se behoeftes is hulle prioriteit. Die Breytenbach Sentrum wil hulle hartlik bedank vir die bereidwilligheid en vreugde waarmee hulle die Windtonge-projek aangepak het.

BARGAIN BOOKS-BOEKSTALLETJIE

Daar is ‘n Bargain Books-boekstalletjie in die ATKV Akkoordtent waar digbundels en ander publikasies gekoop kan word. The Book Traders-boekwinkel in die hoofgebou het ook ‘n uitsonderlike versameling tweedehandse boeke.

PEN AFRIKAANS

Lede van PEN Afrikaans, ’n skrywersorganisasie wat hom beywer vir die bevordering van Afrikaanse woordkuns en die letterkunde in die algemeen, sowel as vir uitdrukkingsvryheid en taalregte, wie se ledegeld opbetaal is, kan die Tuin van Digters gratis bywoon. Vir vereistes vir lidmaatskap van PEN Afrikaans, besoek www.litnet.co.za/pen-afrikaans-aansoekvorm/. PEN Afrikaans is deur sy lidmaatskap van PEN International die verteenwoordiger van sy lede en die Afrikaanse skrywersgemeenskap in ’n internasionale verband.

(11)

INGANG NA TUIN VAN DIGTERS

Daar is een ingang na die Tuin van Digters: In Burgerstraat langs die hoofgebou van die Breytenbach Sentrum deur die hek na die tuin.

VERTONINGS EN TENTE

Alle vertonings, behalwe as dit anders aangedui word, sal in die Boland Cellar Woordtent in die digterstuin en in die ATKV Akkoordtent agter die hoofgebou aangebied word.

SPYS EN DRANK

Wyn en ander drank is in Die Bôrdienghuis-teater te koop en eetgoed by stalletjies op die terrein sowel as by koffie@breytenbach, die Breytenbach Sentrum se restaurant en by ‘n koffiestasie in die tuin op die terrein. Besoek ook die Breytenbach-galery vir kunsgeskenke.

SÓ HELP ONS

Francois Lötter Hooforganiseerder 083 408 1902

[email protected] Grant Jefthas

Programleier

Deon Meiring

Skakeling met deelnemers 082 464 7897

Laetitia Badenhorst Verhoogbestuurder 082 380 2230

Jessica Ruiters

Administrasie, noodhulp,

062 060 8586; [email protected] Anne-Ghrett Erasmus Coetzee

Breytenbach Galery en verblyf

083 415 0002; [email protected] Esther Kotzé

The Book Traders boekwinkel

072 997 4813; [email protected] Jeannine de Frene

Kaartjies en besprekings 061 156 5386

VERDERE NAVRAE

Breytenbach Sentrum, Burgerstraat 14, Wellington. Kontak ons by [email protected].

(12)

KAARTJIEPRYSE

Toegang vir Vrydag 15 September: R150 per persoon (sluit alle aanbiedings in op 15 September) Toegang vir Saterdag 16 September: R275 per persoon (sluit alle aanbiedings in op 16 September)

Tweedagpakket vir Vrydag 15 September en Saterdag 16 September: R350 per persoon (sluit alle aanbiedings in op 15 en 16 September) Studente: R120 per persoon per dag (met geldige studentekaart)

Opbetaalde lede van PEN Afrikaans: Gratis toegang

BESPREKINGS

Jeannine du Frene 061 156 5386

H/v Burger- en Malherbestraat, Wellington

BORGE EN ONDERSTEUNERS

Dagbreek Trust, NB Uitgewers, ATKV, Boland Cellar, Drakenstein Munisipaliteit, Rupert Historiese Huise-stigting, Prosperity Management Africa, Dagbreek Trust se trust vir kuns, kultuur en erfenis, Naledi, Protea Boekwinkel (Kaapstad), Turksvy Publikasies, Ons Klyntji, PEN Afrikaans, kykNET Fiësta, Bargain Books, Die Bôrdienghuis Teater, The Book Traders, Breytenbach Galery, koffie@breytenbach, War Room Media, Isabeau PR & Communications

VERBLYFBORG Cummings Gastehuis

PROGRAM ONDERHEWIG AAN VERANDERING

Volg Breytenbachsentrum op Facebook en Instagram en hou ons webwerf, www.breytenbachsentrum.co.za, dop vir die nuutste inligting oor die Tuin van Digters 2023.

Referensi

Dokumen terkait

Hierdie pligte sluit in, behalwe neem van redelike sorg vir hulle eie gesondheid en veiligheid en die van ander, die dra en behoorlike versorging van beskermende klere en ander

NEETHLING OP OORHANDIGING VAN MEDALJE ,Dit is vir my n besondere eer om vanaand hierdie medalje van die Suid-Afrikaanse Antarktiese Vercniging in ontvangs te kan neem.. Dankic vir die

Tradisioneel is die posisie van die vrou in die samelewing byvoorbeeld afgelei van ’n bepaalde siening van haar rol in die huwelik – en daar is op grond daarvan aangeneem dat sy op alle

240 TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 53 2 • 2016 Hein Willemse Hein Willemse Tydskrif vir Letterkunde Hoofredakteur / Editor-in-chief Pretoria Tydskrif vir letterkunde @80 Op 10 September

7.3 Invloede van buite op enkele skoolvakke 'n Skoolvak in, die Transvaalse prim~re onderwys wat besondere oorsese beinvloeding ondergaan het,'· is Liggaamlike Opvoeding L.O...

Leon Rousseau ook, as ek dit nie mis het nie.” toekoMsroMans Hooftemas wat in wetenskapsfiksie hanteer word, sluit “die impak van die virtuele wêreld, simulasies, identiteit,

Om net ’n spul vloekwoorde in ’n speurder se dialoog te druk gaan dit nie op magiese wyse geloofwaardig maak nie, net soos wat ’n klomp slang nie skielik ’n tienerkarakter soos ’n regte

Die feit dat daar in ’n bepaalde geval ook owerspel deur die derde party gepleeg is wat nie meer gedingsvatbaar is nie, is nie ’n beletsel om ’n aksie op grond van afrokkeling teen die