MEI K O E R S
1959
D EEL XXVI No. 11.
DIE KOMMUNISTIESE GEVAAR
(Rede gelewer deur dr. Wm. Nicol by die gradeplegtigheid van die Potchefstroom se U niversiteit vir Christelike Hoër Onderwys op 18 April 1959).
Sestig ja a r gelede het ons beskou dat die Kommunisme sommer een van die m oontlike teorieë was vir die inrigting van ’n s ta a t se geldsake. Vandag is die beginsels van daardie teorie to t in die fynste besonderheid uitgew erk en toe- gepas op een derde van die mensdom.
Sy heerskappy strek van die Beringse S tra a t to t in die middel van Duitsland, van die Noordpoolsee to t by die Suidsee van Sjina, die grense van Indië, Iran en T urkye. D aardie gebied beslaan een k w art van die bewoonde aarde en sluit in 900,000,000 siele, sê een derde van die mensdom. Die uitbreiding du u r nog voort en telkens verneem ons van pogings w at m et sukses aangewend word om nuwe lande binne die invloed- sfe e r van die Kommunisme te bring.
Dog die bevolking van Suid-Afrika stel weinig belang in hierdie verskynsel.
Moskou is v er van ons af, ons h et ’n
stabiele, waaksam e regering, ons eet en slaap goed en nou kan ons tog w aarlik nie w akker lê oor ’n nuwe beleid w at in Rusland uitgebreek het nie.
W aar ek ook rondgereis het in die Unie gedurende die afgelope tien jaar, nooit het die gesprek na die Kommunis- tiese gevaar oorgeslaan nie. E k moet een groep uitsonder van hierdie alge- mene stelling, en dit is die gesantskappe van oorsese lande. Hulle is wel bewus van die erns van die saak en besef w at aan die gang is. Hulle bespreek gerede- lik die vooruitsigte en doen dit m et kennis. M aar nie ons eie m ense nie. ’n Klein m inderheid van ons universiteit- studente leer die beginsels van die Kom- m uniste ken, en ek wil aanneem dat hulle dit m et m ekaar bespreek. V ir die res staan ons n et so o-nverskillig teen- oor die Kommuniste as die m an in die m aan. Volgens die jongste berigte het
hy nie eers omgekyk toe die Russiese vuurpyl hom onlangs skram s gemis het nie.
E n tog sal ons noodwendig vroeër of la te r m et die Kom m uniste in per- soonlike aanrak in g kom. D aar is net een gebeurlikheid w at dit kan verhoed en dit is d at die Komm uniste d eu r in- wendige v erro ttin g vergaan voordat Suid-A frika aan die b eu rt kom. D it is nie onmoontlik nie m aar tog so onwaar- skynlik d at ons dáárop nie d u rf reken nie. Dit lê in die wese van die Kom- munisme d at hy nie kan berus voordat die hele wêreld hom aan v aar nie. Net soos die C hristendom nooit van sy sendingroeping sal kan afsien voordat dit voltooi is nie, n et so min kan die Kommunisme to t aan die grens van een s ta a t die oorw inning behaal en daarin berus d at ’n ander stelsel oorkant die grens toegepas word. Die stry d moet noodwendig voortduur, en ons sal ons b eu rt kry.
I.
Dit bring my vanself by die metode w at die Kommunisme volg m et die oog op die verow ering van ’n nuwe land. Dit volg altyd dieselfde beproefde patroon en ons w eet min of m eer w at om te verwag. U m oet nie op ’n formele oorlogsverklaring reken nie. Dis ’n ouderw etse beleefdheid w aaraan die Kommunisme hom nie m eer ste u r nie.
Die stry d begin m et ’n vreedsam e insypeling by liggam e w at eintlik voor- gee om afsydig te staan in die politieke stryd. Die vakbonde kom gewoonlik eerste aan die beurt. D aar probeer besielde Kom muniste om op die bestuu r verkies te w o rd ; m et voorbeeldige ywer bestudeer hulle sake en stree f daarna
om die leiding in hande te kry. Hulle stook onrus en wek ontevredenheid. ’n P a a r weke gelede het die regsgesinde voorsitter van ’n belangrike vakunie in Engeland getuig d at hoewel d aa r ’n m inderheid van Kom m uniste in sy unie is, die m eerderheid reeds so ondermyn is in hulle lojaliteit d at hulle geredelik links sou stem as hulle dink d at die Kommunisme tog die oorhand gaan kry.
Nie slegs in die vakunies nie m aar in allerhande organisasies, ook in die uni- versiteite, soek hulle tuiste om die intelligentsia te ondermyn. Vrouever- eniginge — die plekke w aar bevoorreg- te dam es vergader terw yl hulle kinders op skool en hulle m ans by die werk sit
— is lekker w arm broeiplekke vir die saai van sulke gedagtes.
In sommige lande w aar die Kom
munisme nog nie die hef in hande gekry het nie vind hy plek in die gemoed van die volk deur die stig tin g van aller
hande fronte. 'n F ro n t vir die bew aring van internasionale vrede, verwaarloosde groepe w erkers of vervolgde selote, trek weer ’n klomp mense saam w at later verras, m iskien aangenaam verras, is om te ontdek d at hulle onder Kom
m uniste leiding staan.
Gepaard hierm ee gaan die mees uit- gebreide stelsel van spioenasie w at die wêreld nog ooit geken het. D it word bereken deur kenners dat d aar ruim 250,000 Russiese spioene in hulle buite- land werk en dat hulle 500,000 betaalde of vrywillige m edew erkers het. Merk- w aardig is die deeglikheid waarm ee te werk gegaan word. Verskeie departe- m ente van die s ta a t het elkeen sy eie stelsel. Die vernaam ste is die Direk- to ra a t van In ligtin g van die Departe-
m ent van Binnelandse Sake, m aar dan bestaan daar ook ’n D epartem ent van Inligting w at sy eie agente het. Bowen- dien sorg die D epartem ent van Verdediging vir sy eie spioenasie wat j a a r in en ja a r u it aan die gang is;
die D epartem ent van Buitelandse Sake het ’n onafhanklike stelsel verbonde aan die talryke am bassades versprei oor die wêreld en die D epartem ent van Handel h et sy georganiseerde spioene by elke oorsese konsulaat. Ons kan aan- neem d at al hierdie inligting in Moskou gekotirdineer en beskikbaar gestel word. Hulle het ’n helder prentjie van elke land en ken presies ons sterk en swak punte.
Die volgende stap in die optrede van die Kommunisme is om verw arring en gaos te skep. Die metode volg gereeld hierdie patroon. E ers moet bestaande instellings, w aarop die volk gereken het, in diskrediet gebring word, verw ar
ring en onsekerheid o ntstaan en dan verskyn die Kommunis as die redder van die volk. H et Suid-A frika nie ook reeds sulke periodes deurgem aak nie;
tye toe vooraanstaande leiers openlik v erklaar h et d at die dem okrasie in Wes- terse sin ’n m islukking is en dat hulle nou gereed is vir ’n geheel nuwe grond- slag? Gelukkig het ander gedagtes ons w eer to t ontnugtering laat kom en is ons gew aarsku. Dog dit is die teken w aarvoor ons op ons hoede moet wees:
die in diskrediet bring van bestaande instellings en die skepping van verw ar
ring.
O nthou ook dat geen ooreenkoms tussen nasies vir die Kommunisme heilig is en van k rag bly as dit nie m eer in hulle kraam pas nie. 'n Belofte geld
slegs so lank as dit v ir die Kommunisme to t n u t is. Lenin self h et die rigting aangegee vir die behandeling van vre- d estra k ta te en ooreenkomste. „Ons moet in s ta a t wees,” sê hy, „om die toevlug te neem to t allerhande slim streke, onderduim se planne, onw ettige metodes, ontwykinge en v o o rw e n d s e ls...”
Ook Stalin het in hierdie verband gesê:
,,Wat julle noem eerlike diplomatiek is net so min bestaanbaar as droë w ater of sm eltbare hout”. Dit b aa t nie om m et hulle ’n ooreenkoms te m aak nie.
Die woord belofte het vir hulle 'n ander betekenis as vir ons, en die ooreenkoms kan van tyd to t ty d na eis van omstan- dighede deur hulle gewysig word as hulle eenmaal die hef in hande het.
Die ondervinding het geleer dat die Kommunisme op sekere soorte menss hom toespits w at besonder v atb aar is vir sy propaganda. D aar is vir eers die mense w at na hoë poste gemik het en dit nie verower het nie. In hulle teleurstelling is hulle v atb aar vir die m ooipraat van die Kommunis. Dan is d aar die oorlogsmoeë, en daar is baie van hulle op aarde w at gereed is om na enige stelsel te gryp w at ’n sterk mag a g ter hom het. Vervolgens die liggelo- wige w at hom la a t verlei m et die mooi beloftes van Moskou en die intellektuele w at betower raak deur die filosofiese grondslag van die stelsel. Kommunisme doen hom voor m et ’n rykdom van argum ente as ’n historiese noodsaaklik- heid en nie as ’n opportunistiese greep na m ag nie. Ook by die heel arm es slaan Kommunisme aan, om dat d it 'n deel van die ryk man se oorvloed aan hulle belowe. Eindelik is daar die groot groep in elke land w at altyd teen alles
is en w at meen dat ’n mens m aar so ’n bietjie aan die Kommunisme kan proe om te leer hoe dit smaak. Nou weet ek nie of my gehoor onder een van hierdie groepe val nie. Ek w aarsku m aar in die algemeen.
Die Kommunisme is soos ’n toneel- speler w at ’n hele aantal m askers in voorraad hou. Hy verand er gedurig van gedaante. Hy kan vlei, dreig, be- lowe, lieg, preek, soebat of bid net soos om standighede eis, as dit m aar net vir die doel van die Kommunisme dienstig is.
II.
Nou wil ek ’n p aa r m inute gebruik om ’n p re n tjie te bied van ons land soos dit d aar sal uitsien as die treurig e lot ons sou tre f en ons onder die Kom
munisme sou val.
Op staatkundige gebied sou ons ont- wikkeling 60 ja a r teruggeskuiw e word.
Die proses van onafhanklikheid w at gedurende die afgelope halwe eeu voortgegaan het sal nie slegs stopgesit word nie m aar sal geheel vernietig word. Moskou sal die m iddepunt van ons denke word en ons sal na die pype van die Sowjet-unie moet handel. Die leer van die Kommunisme verkondig d at w at goed of kwaad is v ir die Sow
jet-unie, goed of kwaad is vir alle Komm uniste, w aar hulle ook m ag wees.
Bevele van Moskou moet sonder be- vraagtekening orals onmiddellik gehoorsaam word, afgesien van plaas- like, nasionale belange. ,,Die verdedi- ging van die Sow jet-unie”, sê Stalin, ,,as die vaderland van die sosialistiese w êreld-proletariaat is die heilige plig van elke mens orals en nie slegs van die burgers van die Sowjet-unie nie”. Soos
in die satellietstate van Rusland moet ons dus verw ag om een of ander onbe- nullige leier te kry, w aarskynlik ’n Suid-A frikaanse burger, w at ons sal leer om na die pype van Moskou te dans.
Van staatk un dige vryheid kan daar geen sprake wees nie.
Die geboorte van 'n Kommunistiese s ta a t in Suid-A frika sal m et ’n tyd van groot geweld gepaard gaan. Dit was die patroon van die stig tin g van elke sa tellietstaat en van Rusland self. Dit word bereken dat die Rooi Rewolusie van 1917 binne die eerste d ertig maan- de gelei h et to t die dood van 7,000,000 persone. In S jina is sowat 11,000,000 reeds afgem aai, terw yl elkeen van die kleiner sta te w at aan Rusland grens sy kw ota moes lewer om die nuwe bloed- dorstige god te bevredig. Van hierdie geweld sal Suid-A frika nie vryspring nie. Dis ook nie moeilik om aan te dui wie eerste aan die b eu rt sal kom nie.
Die sterk voorstanders van ’n verteen- woordigende regeringstelsel, of hulle ta n s deel het aan die regering of nie, die groot eienaars van grond en mense w at op hulle rente lewe, groot fabrikan- te en werkgewers, almal w at teen die Kommunisme skryf, p ra a t of doseer, hulle almal, en nog baie m eer w at vir die stelsel lastig is, sal op een of ander m anier u it die weg geruim word. Ons sal ’n tyd van geweld deurm aak. Lenin het gesê: ,,A1 sou die mensdom m et driek w art verm inder word in die proses van toepassing, en d aa r bly net 25%
van vandag se bevolking van die aarde oor, as hulle m aar net ’n volledige Kom
m unisme sal belewe, sal dit ’n lonende ondernem ing wees”. Lonend vir wie, wonder ’n mens!
In Suid-Afrika, soos orals w aar die Kommunisme toegepas word, sal die en- keling onbenullig word. Dis nie slegs op ons goed d at Kommunisme toegepas word nie — as d it ál was sou ons dit kan oorlewe — m aar ook ons w erkkrag en ons belangstelling, ons doen en den- ke, ons lewe en dood behoort aan die staat. E k is m aar ’n brander, of lie- w ers ’n klein golfie op die groot see van die mensdom. My eie lewe en b estaan het geen w aarde of betekenis nie, behalwe in sover as dit van w aarde en to t betekenis vir die Kommunisme is. Dit is geen blote teoretiese punt nie m aar iets van die mees praktiese betekenis v ir ons lewe. Ons am bagsm anne, byvoorbeeld, heg groot w aarde d aa raa n dat hulle vry is om te werk w a ar hulle wil en v ir wie hulle wil. Hulle is v ry om te enige tyd die werk op te sê. Soiets is onbestaan- baar onder die Kommunisme, w at d it be- stempel as afw yking en veroordeel m et stren g optrede soos teen ’n vyand. ’n Am bagsman moet ’n bepaalde aantal ure op ’n bepaalde plek en teen ’n vasge- stelde loon werk en hy moet ’n bepaalde kwota aflewer. Hy tel nie as indiwidu nie en h et geen seggenskap nie.
Ons kosbaarste Suid-A frikaanse sk at is ons huisgesinne, die prim êre instel- ling van ons samelewing. W at sal onder
’•n Kom munistiese stelsel daarm ee gebeur? D it sou logies volg u it die beginsels van die Kommunisme dat die huisgesin afgeskaf moet word en dat verm eerdering van die mensdom soos die van diere op die plaas beplan moes word. Miskien kom dit nog la te r daar- toe. Die Kommunisme het in elk geval nog nie die moed om hierdie uiterste
toepassing van sy beginsels te laat geskied nie. Die verharding is nog nie so volkome d at die afskaffing van die huisgesin geduld sal word nie. Intussen onderm yn hulle die huisgesin m et hulle opvatting van gelykheid tussen m an en vrou. Dit het daartoe gelei dat aller- hande harde werk w at gewoonlik vir m ans uitgehou word nou ook deur vroue verrig moet word. Hulle werk op die spoorweg, in die myne, by saagmeule, vervoer van boum ateriaal en die a~nlê van paaie. Die stelsel hou opsetlik die loon van m ans so laag d at vrouens ver- plig word om by die w erkerskorps aan te sluit. D aardeur kry die s ta a t vanself byna die voile seggenskap oor die opvoe- ding van hulle kinders. Soos Lenin gesê h et: „Gee my die kind vir agt ja a r, en hy sal ’n lewenslange Bolshevik wees”. In elk geval, die huisgesin het onder die Kommunisme sy betekenis verloor, en kinders help geredelik om hulle ouers te v erraai as hulle dink d at afwykings van die P arty se voorskrifte geskied. Dis die algemene patroon w at ook op Suid-A frika van toepassing sal wees.
Oor die volgende p un t kan daar geen onsekerheid b estaan nie. Onder ’n Kom m unistiese stelsel sal die oorbly- wende blankes op gelyke voet m et die onrype n atu re l geplaas word. Dit is m aar ’n ander m anier om te sê d at die blankes w at in g etalsterk te sw akker as die n aturelle is, onder die naturelle gestel sal word. Reeds in 1927 tydens die lOe v erjaard ag van die Rooi Rewo- lusie is deur die Kom itern aan die Kom
m uniste van Suid-A frika opdrag gegee om te ywer vir die stig tin g van ’n S w art Republiek alhier. As ons dus
nie gou werk m aak van die opdrag nie, sal hulle dit self kom stig, en ons bond- genote oorsee sal in die onbenydens- w aardige posisie verkeer d at hulle, w at op elke wyse nou ons apartheidsbeleid veroordeel, ons sal moet kom help om ons grondw et te handhaaf. W at ’n knuppel in die hoenderhok van die V.V.O.!
Tyd belet my om die ingrypende verandering aan te toon w at in ons regspleging sal geskied. Die objektiewe standaarde sal, in een woord, moet plek m aak vir die beginsel d at w at goed is vir die Kom m unistiese P arty , dit is reg.
Ook die beginsel van verteenwoordi- gende regering gegrond op vrye ver- kiesing sal afgeskaf word, w an t Lenin h et bepaal d at die gewone volk nie genoegsaam ingelig is om te kan besluit w at goed en reg is nie; daar- oor moet die P a rty besluit en aan die P a rty behoort slegs 3% van die bevol- king.
My laaste p u n t is d at die Kommu
nisme die georganiseerde Godsdiens in Suid-A frika sal ontw ortel. Daarm ee bedoel ek die K erk as organisasie m et sy sending en evangelisasie. Een van die jongste volledige reisbeskryw ings in R usland is van M arshall Mac Duffie, The Red C arpet. Hy verseker d a t die mense w at nog die kerke besoek bokant 50 j a a r oud is en d at die einde van die openbare godsdiens nader kom. D it volg u it die leerstellings van Marx, Lenin en Stalin. V ladim ar Gsovski in sy Church and S ta te behind the Iron C urtain (1955) bewys ook u it am ptelike bronne d a t in 1929 248,000 persone hulle b u r
gerlike regte ontsê is om dat hulle bedie- n a a rs van die godsdiens was. In 1931
het die getal verm inder to t 161,000 w aarskynlik om dat die voorraad uitge- put geraak het. Miskien sal hulle in Suid-A frika geen openlike godsdiensver- volging instel nie m aar die godsdiens dood frons sodat dit binne ’n p aar deka- dcs vanself opdroog en verdwyn. Ek rneen dat ek my in hierdie deel van my toespraak gehou h et aan bew erings w at m aklik bewys kan word. As ’n m ens populêre geskrifte en jou eie ingeligte verbeelding wil bybring sou dit moont- lik wees om ’n veel skrikw ekkender en w aarskynlike veel k o rrek ter voorstelling van Suid-A frika onder die Kommunisme te gee.
m.
Ten slotte moet ek nou probeer aan- toon w at gedoen kan word om die dreigende onheil van ons en ons kinders a f te weer.
Ek gaan nie die V.V.O. bespreek nie.
Die organisasie b estaan nou reeds 14 ja a r en het ’n belangrike bydrae gelewer d eur ’n platfo rm te bied w aarvandaan K om m unistiese bedrywighede aan die kaak gestel kon word. Die enigste oor- log w aarin die V.V.O. se vlag vooraan gew apper het was teen die Kommunisme in Korea.
E k gaan ook nie N.A.V.O. bespreek nie. Sedert 1949 het 14 van die Wes- Europese nasies m et behulp van die V.S.A. aan R usland openlik gesê d at as een van hulle aangeval word dit geïn- te rp re te e r sal word as ’n aanval op al 14. In hoeverre d it R usland beteuel het w eet ons nie. In elk geval h et dit nog steeds by p ra a t en dreig gebly.
Ook die partik u liere wetgew ing van ons land la a t ek daarby. D it w ord erken
as middels om die dreigende gevaar af te weer.
Genoemde drie belangrike sake gaan ek verby om my te bepaal by die aspekte van ons w eerstand w at in sonderheid hier by ’n universiteitsplegtigheid tuis hoort, die opvoeding of innerlike w eer
stan d van die volk.
L aa t my u w eer herin ner d at die Kommunisme ’n geloofsoortuiging en ’n program is w at gegrond is op die rewo- lusionêre sosialisme van M arx en deur Lenin en Stalin verder ontwikkel is. Dit vertolk die geskiedenis as ’n klasse- stry d w at uiteindelik en orals nood- wendig sal uitloop op die oorwinning van die p ro leta riaat of werkende klas, en op die stig tin g van die diktatorskap van die proletariaat. Dit eis d a t alle m aatskaplike, ekonomiese, politieke en kulturele bedrywigheid beheer en voor- geskryf sal word deur een enkele, opper- m agtige p a rty en d at uiteindelik die hele wêreld verenig sal wees in ’n Unie van Sowjet-Sosialistiese Republieke. In die praktyk het Kommunisme neergekom op die diktatum van die Kommunistiese P a rty onder beheer van een m an of ’n klein groepie manne.
Dit klink so onskuldig en eenvoudig om te sê die Kommunisme vertolk die geskiedenis as ’n klassestryd w at nood- wendig moet uitloop op die oorwinning van die proletariaat, m aar d a a ra g te r lê
’n filosofiese stelsel w at die aandag van die beste brein w aardig is. As ons die Kommunisme wil beveg sal ’n groot getal van ons bevoorregtes geheel ver- tro u d moet raak m et die grondslae van die stelsel. ’n Opgevoede mens soos Lenin gaan tog nie die uitroeiing van driekw art van die mensdom te r wille
van enige stelsel voorstaan as hy nie diep oortuig is d at dit to t uiteindelike voordeel van die mensdom gaan wees nie. W aar lê sy fo u t? Of as u geen fo ut daarm ee kan vind nie, in w a tter opsigte verskil sy u itg ang spu nt so geheel en al van ons s’n d at ons tog sy gevolgtrekkings moet verw erp? Aan daardie ondersoek moet ’n groot deel van ons volk deelneem en d it is die roeping van die U niversiteite om ons daarin voor te gaan. D it geld veral van ’n U niversiteit w at op ’n Christelike grondslag staan.
Die m iddelbare skole sal wel nie so diep op die saak kan ingaan as die Uni
versiteite nie, m aar hulle het ook ’n roeping teenoor die groot m eerderheid leerlinge w at die skool op 16-jarige leeftyd verlaat. Hulle d u rf nie geheel ongew aarsku die lewe in g estu u r te word nie. Planne m oet beraam word om hulle aanhoudelik in te lig o m trent die gevaar w at oor die wêreld hang.
E k dink ook nie d at die pers sy plig teenoor Suid-A frika in hierdie opsig doen nie. V ir die sputniks het hulle baie ruim te, om dat dit ’n prikkelende sensa- sie verwek m aar nie v ir die daelikse doen en late van die Kommunisme nie.
Alles saam gereken m aak die persberig- te o m trent die Sowjet-unie ons m eer mak as bang vir die Kommunisme.
Toe ek nog lid was van die gods- dienskom itee van die R adioraad h e t ek in alle erns voorgestel d at ons moes vryg elaat word om die Kommunisme oor hulle senders te bespreek. My mede- lede sou destyds nie daaraan raak nie.
Miskien was dit nog te k o rt n a die II Wêreldoorlog, w aarin die Kommuniste ons bondgenote was. V andag is ons
verleentheid oor die gedrag van ons eertydse vriende ’n saak van die ver- lede, en kan die radio dit gerus as sy roeping aan v aar om die volk deeglik op te voed oor die betekenis van Kommu
nisme.
So alleen sal ons gewapen wees om te waak teen insypeling van die dwaal- leer by ons m aatskaplike instellings.
L aat my hier ’n woord van w aar- skuw ing op ’n ander p u n t aan u rig. As ons die Kom m uniste u it Suid-A frika wil weer sal ons moet toesien d at die leer geen vatplek aan ons kry nie. In die afgelope 25 ja a r het ons die armoede onder ons blankes nagenoeg uitgeroei.
Dit was een van ons groot gevare en dit is gelukkig opgelos. Geen blanke sal nou m eer enige voordeel trek u it die toepassing van Kommunisme in Suid- A frika nie. M aar d aa r dreig nog n et so
’n groot gevaar. Die Kommunis beweer, en die liggelowige n aturel glo maklik, d at hy bevoordeel sal word deur Kom
munisme. E k glo dit nie. Inteendeel, hy sal die onderste laag van die slawe in die klassestryd bly. M aar dit glo hy nie en daarom is hy eerste v atb aa r vir Kom m unistiese beïnvloeding. N et soos ons die arm eblankeprobleem opgelos het, moet alle k rag te ingespan word om die naturelleprobleem spoedig op te los.
Ons R egering moet hierin op die heel- h artig e stem van die hele bevolking kan reken. Geen opoffering is te groot vir die redding van die nageslag nie.
Eindelik wil ek sê d at dit nou die tyd is om te sorg v ir die verdieping van ons eie lewensbeginsels. W aardeer ons byvoorbeeld genoeg die vryheid w at ons geniet? Hoor w at sk ry f Illarion Pavlovick w at onder die Kommunisme
gely het, na K anada gevlug het en daar
’n nuwe lewenswyse ontdek h et: „Ge- durende die ja a r w at ek as tim m erm an in K anada werk het ek ’n sek u riteit en gerustheid gekry w aarvan ek nie in die Sowjet-unie ko-n droom nie. Gedurende die ja a r is d aa r nooit ondersoek inge- stel o m trent my personebewys, my gel- delike sta tu s of my oorsprong nie.
Niemand wil w eet wie my vriende is nie, en ek kan so laat slaap as ek wil. Ek hoef geen politieke vergaderings by te woon nie en ek hoef nie applous te gee as ek nie saam stem nie. By die werk vrees ek nie d at ’n foutjie w at ek m aak as sabotasie vertolk sal word nie. Ek lees enige soort koerant of ty d sk rif en niem and neem my dit kwalik nie. Ek lu iste r sonder vrees op enige golflengte n a die radio”. Hy kon daarby gevoeg h et d at ons die vryheid geniet om die R egering teen te gaan en aan te val en om ons God te aanbid w aar, wan- neer en soos ons wil. Ons h et so gewoon geraak aan die voorreg van volkome vryheid d at ons dit nie m eer w aardeer nie en daarvoor geen opoffe
ring wil doen nie. Ons volk moet die w aarde daarvan opnuut besef as ona enige toenadering van die Kommunisme beslis sal afwys.
Die w aarde van die lewe en van die enkeling is nog so ’n lewensbeginsel w at ons reg m oet w aardeer as ons m et beslistheid die Kommunisme aal ver- werp.
Dit bring my by die allerbelangrik- ste. As die C hristelike godsdiens vir die volk van Suid-A frika werklik begin en einde van die lewe is, sal ons nie m et die Kommunise kan heul nie. Die m aterialism e is die direkte negasie van
alles w at vir ons dierbaar is. Geen tydelike voordeel w at die Kommunis
tiese organisasie van die lewe mag aanbied, kan opweeg teen die gemis w at ons sal ly as ons lewe ingehok word aan alle kante, ook na Boontoe, d eur die stoflike. „W ant w at b aa t dit
’n m ens as hy die hele wêreld win m aar aan sy siel skade ly ? ”
Die saak is nog nie hopeloos nie. Dis w aar die Komm uniste beheer een derde van die mensdom, m aar die totale bevol- king van R usland is 215 m iljoen terw yl die ledetal van die Komm unistiese p arty slegs 7 m iljoen tel. 97% van die bevol- king word m et geweld bedwing. By
hulle heers vrees, haat, opstand en die begeerte om te vlug. Duisende mense vlug u it die Kommunistiese lande na die vry lande; die omgekeerde gebeur een- voudig nie. Van die gevange Noord- Koreane het 22,000 geweier om na hulle eie land teru g te keer na beëindiging van die oorlog, om dat hulle die stelsel geken het en daarvan wou vlug. Ons verw ag nog d a t ’n stelsel w at op vrees en dwang gegrond is vroeër of la te r sal inm ekaar tuim el en m et ’n erg er bloed- sto rtin g as in 1917 beëindig sal word.
L aa t ons dus alle voorsorg neem, op God v ertro u en moedig voortgaan om reg te doen en die einde sal v ir ons volk gelukkig wees.
CALVYN — JUBILEUM II.
DIE WESE VAN DIE KERK VOLGENS CALVYN.
I. Inleiding.
Die leer van die kerk by Calvyn is een van die gew igtigste en verreikend- ste stukke in die hele Calvinistiese sis- teem. D aar was seker geen enkele saak w aaraan Calvyn m eer aandag gegee het en w at hom nader aan die h a rt gelê het as die herlewing van die idee en die praktyk van die ware kerk nie. Dit is m et reg beweer d at die groot doel van sy lewenswerk was om hierdie idee te realiseer ooreenkom stig die suiwere patroon w at deur die S krif geleer w ord'). Sy w erksaam heid in Genêve en na buite was voor alles gerig op die herstel van die kerk ooreenkom stig die instelling van C hristus. V ir die self- standigheid van die kerk, v ir die onaf- hanklike uitoefening van die tu g deur
die kerk, vir die suiwerhou van die bediening van Woord en Sakram ente het hy jarelan k moeisaam en to t die oor- winning toe gewerk, gely en gestry.
II. Die oorsprong en fundam ent van die kerk.
In die m iddelpunt van die teologiese denke van Calvyn staan God. H y is genoegsaam in Homself m aar tog het dit Hom behaag om Homself te openbaar en om n a die sondeval v ir Homself ’n volk te vergader u it die hele menslike geslag. As ons gaan handel oor die kerkbeskouing van Calvyn is d it van die allergrootste belang om hierdie teosen- triese u itgan gsp unt te benadruk, w ant daarin reeds onderskei hy hom al van die teologiese sisteem van Rome, w at in sy wese antrop osen tries is en van