Lees ons & adverteer AANLYN www.
28 JULIE 2023 Gestig 1955
Epos: [email protected] Tel: 018 632 6038
Faks: 018 632 4222
r2-00
VAT INCL
Brand in Biesiesvlei bring gemeenskap saam - bl 4
Hoërskool Lichtenburg is so deel van die Noordwes soos mielies en sement. Oor 102 legendariese jare het dié skool diep spore getrap – nie net in die gemeenskap wat deur hierdie uitsonderlike skool bedien word nie, maar veral in die harte en lewens van Liggies oor die hele wêreld heen. Op 16 Augustus hou Hoërskool Lichtenburg Opedag en kan voornemende leerders en hul ouers
‘n voorsmakie kry oor hoe dit sal voel om deel te wees van dié roemryke skool. Lees op bl 7 van dié uitgawe meer oor die skool se hoogtepunte en prestasies van die afgelope jare.
Die voorbladadvertensie is trots geborg deur Silvercross Vet
102 jaar
van uitnemendheid
Mnr en Mej Liggie- kroning was weer ‘n glansgeleentheid.
Vanjaar se Mej Liggie is Leanet de Jager en Wian Basson is Mnr Liggie. Op die foto saam met hulle is Mea Colyn (Mej Liggie 2022), Zivan Stoltz (Mnr Persoonlikheid Junior), Izak Kriel (Mnr Liggie 2022), Vicky Botes (Mej Fotogenies), Esti Kriel (Eerste Prinses), Cari Olivier (Tweede Prinses), Anabel Marais (Mej Persoonlikheid junior), Quinton Karsten (Mnr Fotogenies), Jano Meiring (Mnr Persoonlikheid Senior), Douw Jacobs (Tweede Prins) en Dourend Geldenhuys (Eerste Prins).
Mnr en Mej Liggies
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Dis tyd vir die Hervormde Kerk Lichtenburg Oos se Hartklop karnaval.
Dié Saterdag (29 Julie) gaan daar gekuier en, natuurlik, lekker geëet word. Tradisionele lekkernye is altyd hoog in aanvraag, maar daar sal ook vars vleis te koop wees
Daar is ook volop vermaak vir die kinders en gaskunstenaar, Kosie en sy konsertina sal sorg dat die grootmense se voete jeuk vir ‘n boeredans of twee.
Is jy kompeterend? Dan is die kettieskiet en melktert- eetkompetisie vir jou! Daag jou buurman uit en kom vat die prys!
Pieter Bondisio sal ook rokke uitstal wat gepaard gaan met ‘n modevertoning. Sien jou dié Saterdag by die Hartklop karnaval - op die hoek van 7de Laan en 5de straat.
Die Hervormers van
Lichtenburg-Oos hou karnaval!
Noordwester- Lichtenburg:
Die verhoor van die vermeende moordenaar van Francois Swart is weer uitgestel.
Die saak het in die Lichtenburg Streekshof voorgekom.
Swart is in 2018 tydens ‘n rooftog by
‘n winkel met ‘n gaspistool geskiet en het later aan sy beserings beswyk.
Die beskuldigde, Abram Ergicho, is kort na die voorval by die taxistaanplek in Lichtenburg in hegtenis geneem.
Hy het Maandag (24 Julie) ‘n pleit van onskuldig by die hof ingedien.
Tydens Maandag se verrigtinge is die saak tot 21 September uitgestel.
Francois Swart-moord:
Saak uitgestel
NOORDWESTER – LICHTENBURG - The DA has noted that after almost two years since the devastating floods that left Deelpan residents homeless in the Tswaing Local Municipality and the R54,9 million made available by the North West Provincial Government to reconstruct damaged homes, many remain destitute.
While the DA acknowledges the provincial government’s intention to rebuild houses for those who were affected as well as to construct new homes for beneficiaries, we believe preference should be given to reconstruct those homes that were damaged by the floods and remain underwater to this day.
North West Acting Premier Nono Maloyi indicated during his Human Settlements Budget Speech this year that the residents agreed to be relocated to a new site where the construction of new houses was supposed to be underway. Typical of the ANC in government, we only found a vacant plot of land during an oversight inspection of the area last week.
During the DA’s engagement with residents, it was clear that the North West Provincial Government has failed them. Residents confirmed that several meetings were held with government officials, but nothing tangible has come from those – only empty promises.
Many of the affected residents are still forced to share accommodation with relatives and have nowhere else to go.
The Deelpan story is a sad reminder of how this ANC government has no sympathy for
the desperation of citizens. Two years ago, ANC leaders, Ministers, MECs, and officials swarmed the Deelpan community in blue-light VIP convoys making all sorts of promises to rebuild and uplift the Deelpan community.
Today the village is quiet as if no disaster ever took place, with nothing but the remnants of some houses still submerged in water and impassible gravel roads.
“We will write to Acting Premier Maloyi requesting him to give a detailed outline of any progress his government has registered in Deelpan. The North West Provincial Government should account for every cent spent to date of the R54,98 million and provide a detailed timeline for when the construction of houses at the identified new site would be completed, along with the bulk infrastructure necessary to service the new development, The ANC North West Provincial Government should be ashamed of its failure to respond decisively to the Deelpan disaster”
Freddy Sonakile MPL - DA North West Spokesperson on Cooperative Governance, Human Settlements and Traditional Affairs (COGHSTA) said.
by Freddy Sonakile MPL - DA North West
R55 million and 2 years later Deelpan flood victims still struggling
to stay afloat
NOORDWESTER –LICHTENBURG – Stasiebevelvoerder van die Lichtenburg polisie, kolonel Willem Bekeer is verheug oor die onlangse sukses wat polisiebeamptes behaal het.
Die polisie, in samewerking met die Gemeenskap in Blou, het drie verdagtes op heterdaad betrap terwyl hul by ‘n huis in Burgersdorp besig was.
Die drie word verbind met 19 sake wat wissel van verkragting, roof, inbraak en huisroof. Kol Bekeer is ook in sy skik met die inhegtenisname van ‘n verdagte wat glo vervalste sigarette in Lichtenburg gesmokkel het. Daar is beslag gelê op die sigarette, sowel as ‘n luukse voertuig.
Kol Bekeer is steeds bekommerd oor die besighede wat beroof word. “Wat kommerwekkend is, is dat dié rowers nie huiwer om hul vuurwapens te gebruik nie,” het kol Bekeer opgemerk.
Daar was ‘n strategiese vergadering met besighede wat geteiken word gehou en Kol Bekeer is positief dat die voorkomingsmaatreëls vrugte sal afwerp.
Kol Bekeer versoek die gemeenskap om deurentyd paraat te wees.
Lichtenburg SAPS jag kriminele
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Vier buitelanders is vroeër dié week hier deur die polisie aangekeer.
Die vier is Woensdag (26 Julie) deur die Lichtenburg K9-eenheid en die Mahikeng Blitspatrollie in besit van ‘n vermoedelik gesteelde
BMW betrap en in hegtenis geneem.
Dit blyk dat die luukse motor glo in Sandton, Gauteng as gesteel aangemeld is.
Lichtenburg SAPS
kry gesteelde kar terug
Brand in Biesiesvlei bring gemeenskap saam
Noordwester - Biesiesvlei - inwoners van Biesiesvlei het donderdag (20 Julie) groot, swart wolke gesien wat van die bande-opgaarplek net buite die dorp kom.
Kort tevore het ‘n veldbrand gewoed en dit was die oorsaak dat die bande daar aan die brand geraak het.
Die Noordwester het voorheen ook berig oor die opgaarplek wat nie net ‘n seeroog is nie, maar ook ‘n wesenlike brandgevaar is. Ongelukkig is dié voorspelling toe bewaarheid.
Donderdag se brand het oorspronlik net as ‘n klein veldbrand begin. Sterk wind het egter die vlamme vinnig versprei - ook na die hoop bande toe.
Boere in die area het dadelik gereageer en met hul basiese brandtoerusting die vuur probeer blus.
Hulle het later hulp gekry van die Ngaka Modiri Molema Distrikmunisipaliteit se brandweer.
”Ons as inwoners het die Departement gewaarsku dat dit ‘n gevaar kan inhou, maar daar is niks daaraan gedoen nie. Ons weet self nog nie wat die skade beloop nie, aangesien meeste van die skade aan ons veekuddes nie nou al wys nie;
Dit gaan eers oor ‘n paar maande duidelik wees.
Die Hartsrivier loop net agter die opgaarplek
verby en dit kan lei tot skade aan verskeie natuurbewaargebiede af in die stroom,” het Peet Greeff, inwoner van Biesiesvlei gesê.
Amptenare van die Department van Bosbou, Visserye en omgewing se afvalbestuurburo monitor steeds die brand om seker te maak hy vat nie weer vlam nie.
“Met die hulp van die werkers by die depot, plaaslike besighede, boere, die Biesiesvlei Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), gemeen- skapspatrollies en brandweerlede van beide die Ditsobotla en Tswaing Distriksmunisipaliteit, is tonne bande verwyder om te voorkom dat die vuur die nabygeleë huise sou bereik. Dit is die moeite werd om te vermeld dat nie een enkele persoon of dier tydens hierdie vuur beseer is nie. Beide die SAPD en brandweerlede hou ‘n waaksame oog oor die situasie,” het Biesievlei Polisiestasiebevelvorder, kapt TP Mahube gesê.
‘n Vergadering is geroep om die pad vorentoe te bespreek en almal is genooi om Vrydag (28 Julie) om 10:00 by Biekiesvlei bymekaar te kom.
‘n Stootskraper skuif van die bande tydens die brand.
My kleuter byt! Hoe moet ek dit hanteer?
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Afrikaans.com het met die vroeëkinderontwikkelingspesialis en eienaar van Oasis Club Learning, Yolandi van den Heever- Breytenbach, gesels oor wat ouers te doen staan as hulle kleuter byt.
Yolandi is ook die ontwikkelaar van Afrikaans.
com se kleuterkurrikulum op ons splinternuwe leerhulpblad.
As jou kind byt, wys dit op iets wat fout is by die huis?
As ouer wil mens dadelik die vinger na jouself wys en die blaam vierkantig op jou eie skouers laai. Dit is egter nie nodig nie, want glo dit of nie, dit is normaal en dikwels die kleuter se manier van kommunikeer. Nietemin, ’n mens kan dit ook nie net aanhou ignoreer nie en daarom is dit nodig om die saak reg te benader en te hanteer.
Mens hoor soveel verskillende opinies en oplossings vir hierdie probleem, na wie luister ek?
Daar is deesdae kenners vir elke ding. Dit kan nuwe (en gesoute) ouers oorweldig. Jy hoef nie altyd almal se raad in jou huis toe te pas nie.
Oorweeg die volgende en besluit dan wat om te probeer, wat om gedeeltelik toe te pas en wat om liefs te ignoreer:
• Stem die raad ooreen met my eie oortuigings rondom kinders grootmaak.
• Stem die raad ooreen met wat ek van my kleuter weet en wat ek weet in my huis werk.
• Wie is die persoon wat die raad gee? (Hoe lyk hulle eie agtergrond en benadering tot kinders?)
Moontlike strategieë wat toegepas kan word
• Trek die kleuter se aandag af.
• Probeer raaksien watter situasies die kind laat oorgaan tot byt en bestuur dit voor die tyd. Beperk die vier uur lange inkopietog totdat jou man jou kleuter kan oppas.
• Maak seker daar is voorsiening gemaak vir fisiologiese behoeftes. Bv ’n tandering en pynstropie vir seer tandvleise.
• Tree ferm op wanneer so ’n insident plaasvind.
Moet asseblief nie lag of iets dergelik nie.
• Oppas om straf uit te deel, maar aanvaar ook dat jou kleuter nie die Engel Gabriël is nie.
• Werk saam met die skooltjie en juffrou. Hulle is darem in die meeste gevalle nie daarop uit om op jou tweejarige te pik nie.
• Beperk aktiwiteite wat kan lei tot frustrasie – veral oormatige skermtyd wat tot frustrasie kan lei. Die kleuter is gemaak om te klim, klouter en
aktief deel te neem aan die wêreld.
• Neem jou kleuter se gemoedstemming in ag en toon begrip daarvoor. Dis egter nie nodig dat jou kleuter die huis regeer nie.
• Kleuters het beperkte moraliteit en reageer nog nie uit ’n verstaan (begrip) van goed en sleg nie. Die kleuter hou egter van die beloning wat gepaard gaan met “goeie” gedrag. Moet dus nie
van jou kleuter verwag om uit hulle eie te weet dat byt verkeerd is nie.
• Indien jy as ouer vermoed dat die bytery ’n ander oorsaak het, en geen strategie werk nie, kan
’n arbeidsterapeut of spelterapeut se hulp ingeroep word.
As jy nog soortgelyke artikels wil lees of net wil gaan loer na die magdom gratis leerhulpbonne op Afrikaans.com, besoek https://leerhulp.afrikaans.
com/ (Tuis - Leerhulp (afrikaans.com). Lees die volledige artikel hier: https://bit.ly/kleuterwatbyt.
Antonie Johannes Paulus Botes (51) is op 18 Julie oorlede. Sy verassing sal privaat gehou word. RUHET Begrafnisdienste neem die
reëlings waar. (K82941)
Edith Louise van Niekerk (69) is op 23 Julie oorlede. Haar begrafnisdiens word op Vrydag
28 Julie) uit die NG Oos Coligny gehou.
Pastoor O’callaghan neem die diens waar.
RUHET Begrafnisdienste neem die reëlings waar. (K82941)
Lichtenburg-tak bou voort op slaggatprojek
NOORDWESTER – LICHTENBURG - AfriForum se Lichtenburg-tak het van 10 tot 20 Julie ingespring en voortgegaan met dié organisasie se slaggatprojek ten einde padveiligheid in dié dorp te verbeter.
Hierdie projek word deur Pine Pienaar en sy span gelei en tot op hede is ’n totaal van 117 slaggate met 160 sakkies teer opgevul.
Dié tak het besluit om te fokus op Bantjessstraat.
“Die meeste van dié slaggate is die gevolg van swak instandhouding deur die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit, oormatige reën en swaar verkeer. Ongelukke vind gereeld plaas, en skade aan motorvoertuie is ook al aangemeld,” sê Armand Viljoen, distrikskoördineerder vir Marico.
Die Lichtenburg-tak wil graag ’n verskil maak sodat inwoners die dorp se paaie met gemoedsrus kan gebruik. Daarom daag die tak sakeondernemings en gemeenskapslede uit om by die slaggatprojek betrokke te raak.
“Ons bedank graag vir Gerrie van den Berg, Burger Terblanche
van Scott’s Manor-gastehuis en Bennie Snyman van G-3 makelaars
wat die teer en drom SS60 bitumen geskenk het. Ons bedank
ook die Noordwes Koöperasie (NWK) wat hulle snymasjien en
padroller beskikbaar gestel het vir die projek,” sluit Viljoen af.
Hoërskool Lichtenburg: 102 jaar van uitnemendheid
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Hoërskool Lichtenburg is so deel van die Noordwes soos mielies en sement.
Oor 102 legendariese jare het ons diep spore getrap in die harte en lewens van Liggies oor die hele wêreld heen. Met die oog op ons Opedag op 16 Augustus, wil ons graag bietjie spog met ons roemryke skool en die afgelope jaar se hoogtepunte en prestasies.
In die eerste plek gaan skool om akademie.
Hoërskool Lichtenburg spog met toegewyde, top- gekwalifiseerde leerkragte wat altyd die ekstra myl stap. Ons puik uitslae en prestasies op akademiese gebied spreek vanself. Die matrieks van 2022 het ‘n uitstekende slaagsyfer van 96.6% gehad en ons kan spog dat ons die beste akademies presterende skool in ons streek is met die beste uitslae in 19 vakgebiede.
Tien van ons leerders het vier of meer onderskeidings in die eindeksamen behaal en ons is ook die skool met die meeste onderskeidings in ons streek.
Buiten dit, het ons elke jaar leerders wat suksesvol aansoek doen vir hoogs kompeterende keuringskursusse by al die universiteite in Suid Afrika en kan ons met reg spog dat Hoërskool Lichtenburg se akademiese standaard jou verseker van ‘n sukesvolle eerste tree in die grootmenswereld. Maar hier werk ons nie net nie. Ons bied ook elke leerling die geleentheid om sy kreatiwiteit uit te leef met die beste en grootste musieksentrum in die hele provinsie. Hier leer oor die die 120 leerders hoe om enigiets van die
klavier tot die ukulele te speel en met ons leerkragte se gekominbineerde ervaring van 69 jaar kan ons nie anders as om te kook nie.
Ons ukulele-orkes was al twee keer nasionale wenners en ons spog graag met Katarsis en Suits, ons skool se twee rockgroepe, wat altwee die finale rondte van GrootFM se landswye “Battle of the Bands”- kompetisie gehaal het.
Gaan luister gerus na hulle op Youtube as jy
‘n voorsmakie van hulle talent wil kry. Behalwe musiek, is daar verskeie ander kultuuraktiwiteite waaraan leerders kan deelneem soos Liggies got talent, Battle of the bands, toneel, sêr, redenaars, debat, rasieleiers, fotografie asook Mnr en Mej Liggie. Om te wys waartoe hulle in staat is, kry leerlinge elke jaar die geleentheid om aan die nasionale ConSpirito eisteddfod deel te neem, waar ons gewoonlik skoonskip maak. Ons bied hierdie jaar weer ‘n groot geleentheid met 650 inskrywings aan.
Dit is dus geen wonder dat Allegretto ons in 2021 as kultuurskool van die land aangewys het nie.
Liggies het ook ‘n hart vir ander en dit is nerens duideliker as by Hart en Hande nie.
Onder leiding van ons passievolle onnies, hoofleiers en te danke aan ons donateurs, ondersteun ons 65 gesinne in ons omgewing, 30 meisies in ons
skool en bied ons bystand aan Lichthuis ouetehuis, Zeerust kinderhuis, die Lichtenburg Kankerkliniek en Lichtenburg dierewelsyn.
Ons glo ook dat ‘n gesonde liggaam ‘n gesonde gees huisves en bied dertien sportsoorte aan waaraan leerlinge kan deelneem. Ons is bevoorreg om ons ligas te deel met groot skole in Gauteng en elders, waar ons ons man moet staan teen groter Goliatte, maar waar ons hulle
ook telkens bloedneus laat. Ons meisieshokkie is nie verniet die tweede beste in die provinsie nie. Ons is ook geweldig trots op die feit dat ons ‘n totaal van 79 provinsiale spelers in tien van die dertien sportsoorte het en dat twaalf van ons afrigters in provinsiale spanne afrig. Ons is ook die skool met die meeste provinsiale rugbyspelers van enige skool in die Noordwes provinsie.
Ons sien baie uit daarna om alle voornemende leerlinge en hulle ouers welkom te heet by ons opedag op
16 Augustus. Kom ontmoet ons vriendelike personeel, entoesiastiese Liggies en kom vat ‘n toer deur ons opgeknapte koshuise (met plek vir 100 seuns en 100 meisies), ons statige skoolgeboue uit die vorige eeu en ons fantastiese sportgronde met ons eie Liggies High Performance Centre. By Hoërskool Lichtenburg is daar ‘n plek vir elkeen. Hier kweek ons wenners, ons koop hulle nie.
Wenke vir Geklassifi seerde
Advertensies
1. Beplan en skryf u advertensie uit voordat u by die Noordwester kom.
2. Maak seker dat u duidelike en korrekte kontak besonder- hede gee soos naam en/of adres en telefoon en/of selfoonnommer.
3. Die koste van ‘n geklassifi seerde advertensie is R1,60 per woord + BTW.
4. Bring u advertensies vroegtydig. Sluitings- tyd is Woensdae 17:00.
5. Donderdagoggend tot 09:00. Waar die advertensie dan onder die Hofi e 27
“Te Laat vir Klassifi - kasie” sal verskyn.
6. Ons verander of maak nie u taal reg nie. Verseker dus dat u reg spel. Ons plaas net wat u skryf.
WARNING
ADVERTISEMENTS ALL RELATING TO:
• Loans and fi nancing
• Hire purchase problems / Transfer of installments
• Business opportunities
• Investments
• The fi lling of envelopes
• Work at home
• Earn extra money
• Business propositions
• Part-time work PROHIBITED:
Use of the following words in abovementioned
advertisements are prohibited:
*No Credit Checks required
*Blacklisted clients welcome
*Free Credit etc.
MUST contain the following information in
the advertisement:
Telephone number Street address Name of person and/or
business.
These are the requirements and NO exceptions will be made.
All advertisements are placed with the approval
of the National Press Union and it is our responsibility as an advertising medium to ensure that these rules are strictly adhered to.
However, it still remains the responsibility of the buyer or consumer to thoroughly investigate the trustworthiness of the advertiser with whom they
are doing business.
** Noordwester is ‘n onafhanklike, outonome en nie-politiese koerant, getrou aan sy roeping as waghond van die gemeenskap. Noordwester verbind homself tot billike en eerlike beriggewing van ‘n wye verskeidenheid nuusgebeure, waarin die belange van die gemeenskap die belangrikste kriteria is. Noordwester vereenselwig hom nie noodwendig met menings wat uitgespreek word in artikels, rubrieke of lesersbriewe nie. Noordwester sal homself nie blootstel aan druk om materiaal te publiseer wat lasterlik, onwaar of ongeregverdig is nie en sal ook nie toegee aan druk om nuusmateriaal waarvan publikasie in die belang van die gemeenskap is, te verswyg of te versluier nie.
** Noordwester is an independent, autonomous and non-political newspaper, committed to its calling as watch-dog of the community. Noordwester is committed to fair and honest reporting on a wide range of issues in which the interests of the community are the primary criteria. The opinions expressed in articles, letters and columns are not necessarily the opinion of Noordwester. We will not be forced to publish material that is defamatory, untrue or unjust and will not be tempted to conceal or suppress material that is in contrast with the interest of the community.
23
SPESIALE DIENSTE SPECIAL SERVICES
20 DIERE ANIMALS
15 ALGEMEEN TE KOOP MISCELLANEOUS FOR SALE
13
PLOTTE/PLASE TE KOOP PLOTS/FARMS FOR SALE
8A AKKOMMODASIE ACCOMODATION
8
ALGEMEEN TE HUUR GENERAL FOR HIRE
6
WOONSTELLE TE HUUR FLATS TO LET
5 HUISE TE HUUR HOUSES TO LET
2
BETREKKINGS VAKANT SITUATIONS VACANT
1 PERSOONLIK
PERSONAL
OORTOLLIGE boeke tuis? Ek sal dit baie graag kom haal! 071 384 0431.
--- 82939 28/7-4/8 ALLEEN? Christen Enkello- pndes! Ontmoet jou lewens- maat! Landswye diens. Skakel Lenie van Top Partners by 0824917845
--- Website 28/7 DATING vir Christen Enkello- pendes. Verander jou lewe en ontmoet dalk jou lewensmaat!
Skakel: 0824917845 --- Website 28/7 MEDIEsE Fonds Konsultant - 0836351398
--- Website 28/7
BETREKKING vakant. Pos beskikbaar vir semi-skilled am- bagsman by algemene staal- werke. Kontakpersoon Werner.
Kontaknr. 071 600 9104. Stuur CV na wernerhallcwm6@gmail.
com
---82928 21/7-28/7
DRIEsLAAPKAMERHUIs met alarm te huur in Kieserville, R6 500. Kontak 079 893 2055.
---82926 21/7-28/7 2-sLAAPKAMERHUIs te huur vir afgetrede egpaar op plaas R4 000 + krag (meter) R2/kW. Geen troeteldiere / geen drinkers. 083 385 9898.
--- 82934 28/7
ONE Bedroom Bachelor Cot- tage. Rooigrond. R3999. Clean and Safe. Contact 0720115798 to view. Limited Water included.
--- Website 28/7
DRINGEND op soek na weiding vir beeste om te huur. Skakel asb Johan de Koker: 076 375 1975.
---82854 23/6-28/7 PAINTBALL GAMES AND Target SHOOTING. Gokart Rides and Pedal Karts. Book by Appointment. Contact Laure 0829687632
--- Website 28/7 GOKARTING and Paintball Games, TEAM Building ac- tivities. Situated in Rooigrond.
Bookings required. CONTACT PHIL 083 7508142
--- Website 28/7 VIsUAL Screens for Presenta- tions and Seminars for Hire.
Data projectors for Hire. Contact 0720115798. We deliver.
--- Website 28/7
LICHTENBURG Vakansie-oord.
Luukse toegeruste chalets en karavaanstaanplekke. Konferen- sie en lapageriewe en warm swembad. Langtermynverblyf ook beskikbaar vir kontrakteurs.
Tel 018 632 5826. Sel 082 543 3326.
---82636 24/3-29/9 AFFORDABLE short-to-long- term accommodation just out- side Lichtenburg for managers and contract workers. 10% off until end of August 2023. From R150 to R350 p/p. Perdehoek Venue. Contact Uschaan Roode at 082 785 1625.
--- 82927 21/7-4/8 ONE Bedroom Bachelor Cot- tage. Situated in Rooigrond. Very Clean R3999. Clean and Safe.
0720115798
--- Website 28/7
PLAsE te koop: Hennie Wille Estates 082 460 8376.
--- 81248 20/1-22/12
WALL Unit for Lounge. 3x piece solid wood. Good condition.
R7500 Neg. Contact Laure Cell 0829687632
--- Website 28/7 CO2 - Paintball Gas canisters refills. Situated in Rooigrond.
Phoenix race Track/ Paintballs.
Contact Phil 0837508142.
--- Website 28/7
VOËLs te koop. Celestials - x3 pr @ R250. Cell: 084 225 4139, 084 439 2481.
---82913 14/7-28/7
G & R Kombuise Inboukaste.
(Sedert 1994). Andries Mareestr.
6, Industriële gebied. Gert: 082 493 5036. *Kombuise, alle kaste vir huis en kantoor. *Rekenaar ontwerp*. Veneer en melamien- borde gesny volgens u mates.
--- 82473 AC/TC FANIE Wille Kontrakteur: Verf, teël, bou en pleister, plafonne, afdakke, geysers en ander in en- om die huis. Sel. 073-224-6708.
---42788 10/9 AC/TC WENDY House 2.4 x 2.4 = R6 500. 2.3 x 2.3 = R5 500. 3 x 3
= R7 500. 3 x 4 = R8 500. 3 x 6 = R10 500 = 4 x 6 = R16 500.
We do all sizes, big or small.
Whatsapp 072 472 2067, 079 135 8138.
---51365 21/7-28/7 FANIE Wille Kontrakteur; Verf, teël, bou en pleiser, plafonne, afdakke, geysers en ander in en om die huis. Sel. 073 224 6708.
--- 82887 7/7-29/9 TUINDIENsTE vir n gratis kwo- tasie maandeliks of eenmalig skakel Julie 0648987662 of Christo 0834623835
--- Website 28/7 GO-KARTING and Paintballs.
Private and Team Building Situ- ated in Rooigrond. Book via Appointments. CONTACT; Phil :0837508142
--- Website 28/7 ONs kan u trou, waar en wan- neer u wil. 0849798764 --- Website 28/7 MEDICAL Aid broker/Mediese Fonds Konsultant - 0836351398 --- Website 28/7
NOTICE PAUL FOURIE ATTORNEY. NOTICE TO CREDITORS: In the estate late LUCAS JOHANNS ROUX, identity no. 550608 5094 085, with last adress at Remaining Extent of Farm Doornrivier, Zeerust, and who passed away on 2023-01-08 at Zeerust. Estate number 000893/2023 (Mahikeng). All creditors and debtors in the before-mentioned estate is hereby requested to lodge their claims and to pay their debt at the below-mentioned within 30 days from date of publication hereof. PAUL FOURIE PROKUREUR, 7 President Street, Zeerust. Tel: (018) 150-0212. E-mail: [email protected] --- K1 28/7 KENNIsGEWING. BOEDELKENNISGEWING In die boedel van wyle: THEUNIS GERTHSE VAN SCHALKWYK Gebore: 1944/07/16.
Identiteitsnommer: 4407165032080 Boedelnommer: 629/2021 Adres: Plaas Hibernia 52, Lichtenburg. Datum van afsterwe:
2020/12/17. Gade: Anna Francina Roos van Schalkwyk Gebore 1950/07/19. Identiteitsnommer 5007190193086.Kennis geskied hi- ermee dat die Eerste en finale Likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae sal lê te kantoor van die Meester van die Hoogeregshof, JOHANNESBURG, en die Landdroskantoor LICHTENBURG, vir ‘n tydperk van 21 dae gereken vanaf 28 JULIE 2023. Eksekuteur: Handri Coolen, 5 Sable Place, River Club, Johan- nesburg, 2196 E-pos: [email protected]
--- K2 28/7 NOTICE. LOST OR DESTROYED DEED. Form for publication in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act 47 of 1937. No- tice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of T18759/1985 passed by: CHRISTIAAN FREDERIK KARSTEN IDENTITY NUMBER: 171120 5014 005, MARRIED IN COMMUNITY OF PROPERTY TO HENDRINA JOHANNA ELSABE KARSTEN. In favour of LUCAS JACOBUS VAN NIEKERK IDENTITY NUMBER:
520329 5009 000 AND SUSANNA MAGDALENA VAN NIEKERK IDENTITY NUMBER: 530114 0010 007 MARRIED IN COMMUNITY OF PROPERTY TO EACH OTHER. In respect of certain: REMAIN- ING EXTENT OF ERF 874 LICHTENBURG TOWNSHIP, REGIS- TRATION DIVISION I.P., NORTH WEST PROVINCE MEASURING 1918 (ONE THOUSAND AND EIGHTEEN) square meter. Which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Pretoria, Rentmeester Building
· 219 Bossman Street, Tshwane, 0001, within two weeks from the date of the publication of this notice. Signed at LICHTENBURG on 6 JULY 2023. (SIGNED) PL BADENHORST. BOSMAN & BOSMAN ATTORNEYS (Applicant) Address: P O BOX 1, LICHTENBURG, 2740. E-mail address: [email protected]. Contact number:
018 632 7200.
--- K3 28/7 KENNIsGEWING. KENNISGEWING AAN KREDITEURE EN DEBI- TEURE IN BESTORWE BOEDEL. In die boedel van Wyle Helena Lotriet Boedel nr. 007989/2022 ldentiteitsnommer: 701003 0032 082 gebore op 03 Oktober 1970 en oorlede op 26 November 2022 in lewe woonagtig te Rust Straat 1A, ZEERUST. Krediteure en debi- teure in bogenoemde boedel word hiermee versoek om binne ‘n tydperk van dertig (30) dae vanaf datum van publikasie hiervan eise teen die boedel in te stel en hul skulde te betaal by: Marais
& Crowther, Geoktrooieerde Rekenmeesters (S.A.) lng., President Boshoffstraat 32, Posbus 221, BETHLEHEM, 9700. Tel nr.: (058) 303 5696; Faks nr.: (058) 303 3023.
--- K4 28/7
Vakatures
Vacancies
Vakatures
Vacancies
Vakatures
Vacancies
Vakatures Vacancies Vakatures Vacancies Vakatures Vacancies
Baie geluk aan al die wenners van Junie se Fotografieklubkompetisie. Die tema was ‘Winter’. Carli Pretorius (regs) was eerste, met Lehanke Seymore (afwesig) tweede. San-Marie Hamman was derde en Theoene Janse van Rensburg (links)
was vierde.
Fotografieklubkompetisie wenners
Lichtenburg SAPS bederf Seniors
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Lichtenburg Polisie, in samewerking met die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en die gemeenskap, het die bejaardes van Rietvlei tydens hul Mandeladagvieringe bederf.
Toesprake is deur rolspelers aangebied teen gesinsgeweld, sowel as veiligheidswenke is met die senior burgers gedeel. Warm sop en brood is ook bedien.
Die kersie op die koek was die warm komberse wat aan die sestig bejaardes gegee is.
Die dag is suksesvol afgesluit en elke bejaarde is by hulle woning afgelaai.
“Rietvlei is ‘n afstand buite Lichtenburg geleë, maar word deur Lichtenburg bedien.
Dié gemeenskap word soms vergeet, maar weereens het Lichtenburg SAPD bewys dat gemeenskappe selfs onder moeilike omstandighede bedien sal word,” het kol Willem Bekeer gesê.
Kol Bekeer bedank almal wat deel was
van die geleentheid.
Ek het ‘n pensionfonds / I have a pension fund 35%
Ek het ‘n pensionfonds en spaar addisioneel / I have a pension
fund and save additionaly
11%
Ek het nie ‘n pensionfonds nie / I dont have a pension fund 27%
My kinders sal vir my sorg / My children will take care of me 4%
Ek sal die lotto moet wen / I will have to win the Lotto 22%
Ander opsies / Other options 1%
Voice your opinion / Verhef jou stem
Laas week se vraag: Is jy finansieel voorbereid op aftrede? Are you financially prepared for retirement
Die massiewe brand by Biesiesvlei wat ‘n buitebandopgaarplek verwoes het, se volle impak sal dalk later eers besef kan word. Wat dink jy kan van die gevolge wees –
kortermyn, sowel as langtermyn. Gaan stem op ons Facebookbladsy.
• Siektes – mens én dier
• Verlies van inkomste • Natuurlewe wat
verwoes is • Water –en lugbesoedeling
• Al die bogenoemde
Die blokraaiwenner van 14-07 is N Smalman van Greeffstraat, Lichtenburg. Die wenner van Sudoku #721 is Herna Nortman
van kerkplein-Suid, Lichtenburg.
Baie geluk! Haal u prysgeld af by die Noordwester se kantore in Bantjesstraat, Lichtenburg.
Onthou om u ID-dokument saam te bring.
Hou in gedagte dat ons kantore Vrydae om 12:00 sluit
En die
wenner is...
English
Primary’s Top 5
NOORDWESTER – LICHTENBURG - The top 5 learners from each grade of Lichtenburg English Primary were recently announced for term 2.
GRADE 2: Oregile Mogorosi, 2. Lesedi Seitshiro, 3. Anele Gongxeka, 4. Rentlafetse Mogapi, 5. Warona Mogokonyane.
GRADE 7: Paballo Serobatse, 2. Busisiwe Maseko, 3. Remofilwe Mosetlo, 4. Remofilwe Ramatlotlo, 5.
Rethabile Maphike GRADE 1: Nhlanganiso Maseko, 2. Warona Moilwa, 3. Betle Umbeno, 4. Keatlegile Mo’amu, 5. Wa-
Nnette Machusi.
GRADE 3: Jayden Bunjira, 2. Letang Mothatlhedi, 3. Lemogang Mere, 4. Tetelo Seleke, 5. Omaatla Shema
GRADE 4: Tebontle Masiela (Absent), 2. Realeboga Nkgadime, 3. Bokamoso Moeti, 4. Keamogatse Mosimane, 5. Maikano Motlhatlhedi.
GRADE 6: Caelyn Bunjira, 2 Levonah Chakanza, 3. Tlhalefo Mooketsi, 4. Katlego Maphologela, 5 Olebogeng Tlhale
PRINTED BY NORTH WEST WEB PRINTERS (PTY) LTD. TEL: 014-592 8329
Vyf ruiters van Laerskool Lichtenburg het Noordweskleure verwerf in perdry (Spring en Dressering). Hulle is (vlnr) SW Liebenberg, Abigail Conradie, Mieke Moore, Anelleri Lombaard en Rikus Ras. Dié ruiters gaan in die Oktobervakansie deelneem aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Kyalami.
Perdepassies
Illeane Botha (Gr 8) en Christiaan Strydom (Gr 10) is ingesluit in die AGA Botswana
Boogskietspan.
24-29 Julie het hulle deelgeneem aan die AGA World Tournament. Illeane is ook as kaptein van die Juniorspan gekies. Albei is
leerders van die Hoërskool Lichtenburg.
AGA Botswana Boogskietspan
Marli Jacobs van Laerskool Lichtenburg het gedurende die vakansie deelgeneem aan die uitmergelende Fauresmith Uithourit.
Dié kompetisie, wat die uiterste van ruiter en perd verg, word oor 204 km beslis. Marli het baie goed gevaar en sesde geëindig in die kinderruiterafdeling.
Marli vaar goed
Frank du Preez,
verbonde aan die Hoërskool Lichtenburg, is gekies as afrigter om in Desember saam met die Rhinoweek- toerspan Ierland toe te toer.
Frank gaan Ierland toe
NOORDWESTER –LICHTENBURG - Die spelers van die Lichtenburg Rugbyklub wat gekies is om in die Luiperds se Plattelandsespan ingesluit te word, is Benje Thorp (slot), Zulu
Mongwe (flank), Dariës Viljoen (agsteman), Jako Venter (vleuel),Pieter Wagner(heelagter) en Ruben Oosthuizen (agterspeler).
Ses spelers
gekies vir
die Luiperd
plattelandspan