• Tidak ada hasil yang ditemukan

Redaksioneel

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Redaksioneel"

Copied!
4
0
0

Teks penuh

(1)

xi

Redaksioneel

Die redaksie bied graag die volgende Koers-uitgawe aan. In hierdie uitgawe val die fokus op ’n christelik-wetenskaplike perspektief in die omgang met kernkwessies in die huidige samelewing; op die inter- aksie tussen werklikheidsbeskouing en kultuur, etnisiteit en verskil- lende godsdienste; asook op ’n besinning oor etiese besluitneming in ’n spesifieke vakgebied. Drie van die artikels wat verskyn, is die laaste in ’n reeks van die onderskeie outeurs.

Die uitgawe open met ’n uitstekende artikel waarin B.J. van der Walt voortgaan met sy navorsing oor die filosofiese wortels van die ge- wilde “waardegedrewenheid” van instellings. In hierdie artikel pro- beer hy vanuit ’n christelik-filosofiese perspektief vasstel wat die plek, aard en gesag van waardes is. Hy bring ’n verskeidenheid per- spektiewe van sleuteldenkers in die reformatoriese filosofie byeen en verklaar hulle interpretasie van waardes deur, onder meer, hulle konteks en reaksie op die westerse filosofie in ag te neem. Die ver- helderende stellings wat hieruit na vore kom, pas hy toe om ’n alter- natiewe voorstel te bied waarin diverse standpunte binne instellings, soos die Noordwes-Universiteit, geakkommodeer kan word.

P. Simons se artikel ondersoek die verhouding tussen die tegnisis- me en ekonomisme, gegrond op albei se verhouding tot die nuttig- heidsdenke. Die omvattende voorkoms van hierdie benaderings in die westerse kultuur, maak sy ontginning van ’n alternatiewe voor- stel vanuit ’n reformatoriese perspektief, hoogs relevant. Williams se derde artikel oor die sekularisme argumenteer dat die Heilige Gees ten grondslag lê van ’n eiesoortige gemeenskap, gekenmerk deur skeiding en verwantskap, wat die oorsake van sekularisme in die samelewing teenwerk.

Drie artikels het as agtergrond botsende wêreldbeskouings binne ’n spesifieke etniese, godsdiens- en kulturele konteks. P.O. Abioje ver- ken die sosio-politieke invloed van kritiese profesie in kontemporêre Afrika deur bybelse, Afrika en Islamitiese wêreldbeskouings te ver- gelyk. Die rol wat werklikheidsvisie-transformasie speel in die ontwikkeling en onderwyskundige transformasie van ’n gemeenskap van die Lamba in Zambië kom onder die loep in ’n artikel deur

(2)

xii

J. Compion, J.L. van der Walt, H.J. Steyn en C.C. Wolhuter. J. Hex- ham ondersoek die rol van godsdiens in die VSA, met spesifieke klem op die implikasies vir die verhouding tussen Christendom en politiek.

G.M. Steyn se artikel oor die skepping van doelbewus-uitnodigende skole deur middel van professionele ontwikkeling kan saamgelees word met ’n vorige artikel van haar wat in Koers verskyn het.

M. Swanepoel se artikel oor etiese besluitneming in forensiese psi- gologie is ’n waardevolle bydrae in ’n area waarin tot dusver redelik min gepubliseer is. Die ontleding van die verband tussen ’n vak- dissipline en die etiek, asook ’n besinnende perspektief daarop, be- hoort verdere gesprek oor hierdie tema te stimuleer.

Ten slotte verskyn daar ’n aantal resensies.

Lesers word uitgenooi om opvolgartikels voor te lê vir publikasie.

Helena Hoogstad Redakteur

(3)

xiii

Editorial

The Editorial Board is pleased to present this issue. This number brings to a focus the Christian-scientific perspective’s engagement with key issues in present-day society; the interaction between worldview, culture, ethnicity, and different religious commitments; as well as subject-specific considerations in regard to ethical decision- making. Three of the articles appear as the final installments of a series by the respective authors.

The issue commences with B.J. van der Walt’s excellent article which continues on his research on the philosophical underpinnings of the “value-driven” directive popularly adopted by institutions. Tak- ing the christian-philosophical perspective as starting point, this arti- cles sets out to determine the proper place, character, and authority of values. He draws from a variety of viewpoints from key figures in reformational philosophy and explains their interpretation of values in terms of, inter alia, their respective contexts and responses to western philosophy. The application of these illuminating insights delivers an alternate proposal which allows the accommodation of diverse perspectives within institutions such as the North-West Uni- versity.

P. Simons’ article investigates the interrelation of technicism and economism in terms of their relationship to utilitarianism. The pre- valence of the utilitarian approach in western culture lends a great deal of significance to his exploration of alternatives that are grounded in reformational philosophy. Williams’ third article on secu- larism argues that the Holy Spirit is foundational to a community characterised by the division and relationality required to combat the causes of secularism in society.

The clashing of worldviews within specific ethnic, religious, and cul- tural contexts provides the subject matter for three articles.

P.O. Abioje examines the socio-political influence of critical prophe- cy in contemporary Africa by comparing the biblical, African and Islamic worldviews. The role of worldview-transformation in the de- velopment and educational transformation of the Lamba, a Zambian community, is the focal point of an article by J. Compion, J.L. van der Walt, H.J. Steyn, and C.C. Wolhuter. J. Hexham inquires into the

(4)

xiv

role of religion in the USA and the implications it holds for the relationship between Christianity and politics.

G.M. Steyn’s article about the creation of intentionally inviting schools by means of professional development can be read in con- junction with another article of her that appeared in Koers.

M. Swanepoel’s article about ethical decision-making in forensic psychology is a valuable contribution to an area that has not yet been the object of extensive research. The article’s analysis of the relationship between ethical and subject-specific considerations, as well as the reflective perspective it provides, can be expected to spark a great deal of discussion.

Finally, the issue contains a number of reviews.

Readers are invited to submit response articles for publication.

Helena Hoogstad Editor

Referensi

Dokumen terkait

Pfaltzgraff merk in 40 hierdie verband juis op dat namate die grens tussen strategiese- en taktiese kernwapens vernou, dit die einde kan beteken van die tot dusver streng bilaterale

Vrydag, 25 Augustus 1961 DIE WAPAD Bladsy se we V ooruitsigte VIr • More RUGBY Hoewel die soeklig tydens hierdie Intervarsity soos ge~ woonlik op die botsing tussen die

Getrou aan hierdie strewe het die interne universiteitsgemeenskap – die Bestuur, die akademici en die steundiensomgeswings – ’n plan van aksie saamgestel wat hierdie Universiteit fokus

In hierdie artikel word ’n dialoog geopen tussen die literêre kritiek en die sosiaal-w etenskap- like studie van die Nuwe Testam ent.. Die to en em en d e rol wat die w onderw erke in

H TS 1/1, 1-3 op nasionale gebied diens te lewer deur die teologiese wetenskap te bevorder, ’n eie Suid-Afrikaanse teologie uit te bou en om sodoende uitvoering te gee aan die op- drag

Daar is ’n sterk behoefte aan die teoreties-filosofiese beoordeling van die hedendaagse popularisering van waardes as rigtinggewend vir instellings, terwyl klem ook gelê moet word op

Hierdie teoloë dring aan op ’n uiters intieme verband tussen die politieke verbintenis tot die bevryding van die lydende, arm en onderdrukte naaste en die mistieke – gesien as die kom

Die artikel sluit af met ’n voorstel hoe die spanningsverhouding tussen teks en konteks op die gebied van musiek benader kan word.4 3 Op ’n baie elementêre vlak word hierdie