• Tidak ada hasil yang ditemukan

Redakteursnota

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Redakteursnota"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

141

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 60 No. 1: Maart 2020 doi.10.17159/2224-7912/2020/v60n1a10

Navorsings- en oorsigartikels / Research and review articles (2):

Kwesbaarheid in die Suid-Afrikaanse samelewing (vervolg)

Redakteursnota

Reeds in die Desember 2019-uitgawe van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe (Vol 59(4):611- 700) is ’n onderafdeling gewy aan die verskillende manifestasies van die verskynsel kwesbaarheid in die Suid-Afrikaanse samelewing. In hulle inleidende opmerkings het die gasredakteurs, Derick Blaauw en Rinie Schenck, aangedui dat daar deur die navorsing getrag is om “aan die stemme van kwesbare groepe gehoor te gee” (p. 611) deur hulle verskillende ervarings en verhale oor hulle omstandighede op te teken.

In die artikels wat in die Desembernommer ingesluit is, is onder meer die volgende aspekte van kwesbaarheid bespreek: die noodsaaklikheid van ekonomiese geregtigheid (Chris Jones);

die uitdagings wat onderwysvoorsiening aan kwesbare groepe in die samelewing behels (Charl Wolhuter); die stryd van motorwagte (Marinda Pretorius en Derick Blaauw) om te probeer oorleef in die informele ekonomie; die kwesbaarheid van vroue in myngemeenskappe (Anmar Pretorius); voorts ook die kwesbaarheid van vroue wat aan alkohol of dwelms verslaaf is (Ilze Slabbert) en die kwesbaarheid van kinders in vaderlose gesinne (Fazel Freeks).

In hierdie uitgawe word verdere aandag gegee aan kwesbare groepe in die informele ekonomie. In ’n interdissiplinêre studie, waarin die universiteite van Wes-Kaapland, Noord- Wes en Pretoria verteenwoordig word deur onderskeidelik Rinie Schenck, Derick Blaauw en Marianne Matthee word die bestaanstryd van dagloners in twee verskillende stede indringend geanaliseer deur gebruik te maak van Max-Neef, die sogenaamde “kaalvoet- ekonoom”, se “menslike behoeftes-matriks”.

Ina Conradie, Anja Human-Hendricks en Nicolette Roman, almal verbonde aan die Universiteit van Wes-Kaapland ondersoek die sosiale weerbaarheid en strukturele kwesbaarheid van die inwoners van Genadendal in die Wes-Kaap gedurende die periodes vóór en ná apartheid deur gebruik te maak van die benadering van “instaatstellende geleenthede” (“capability approach”) in hulle evaluering van die onderhoude wat met ’n aantal ouer inwoners van Genadendal gevoer is.

In die laaste artikel in hierdie afdeling ondersoek Lizette Grobler en Rinie Schenck, albei verbonde aan die Universiteit van Wes-Kaapland, die diepgaande impak van afval, as

’n skadelike manifestasie van menslike aktiwiteit, op menslike en aardsistemiese kwesbaarheid.

Deur middel van die fokus op “persoonlike, relasionele en institusionele kwesbaarhede van beide menslike en niemenslike entiteite by die lokus van die afvalstortingsterrein” lewer die outeurs ’n bydrae tot “progressiewe regsteorie” oor afvalbestuur.

Die bydraes in die twee afsonderlike afdelings wat gewy is aan kwesbaarheid in die Suid- Afrikaanse samelewing sluit goed aan by die oorkoepelende tema van armoede vir die simposium van die SA Akademie in Stellenbosch later vanjaar in September. Die redaksie voorsien dus ’n voortsetting van navorsing oor die verskillende manifestasies van kwesbaarheid in die Suid-Afrikaanse samelewing.

Ina Wolfaardt-Gräbe Februarie 2020

Referensi

Dokumen terkait

lets waf vetwelkom moet word, is die insig- gewende bydraes oar die metodologiese en teoretiese aspekte an die yak -onder meet Kultuurgeskiedenis as wetenskap, Die betekenis van volks-

Faktore wat die groei van stede- like nedersettings bepaai en in hierdie hoofstUk geidentiflseer word, is onder meer die funksie van 'n nedersetting wat met verloop van tyd kan ver-

Onder die laer- skool word dan die volgende verstaan: ,lIn die algemeen kan ons die laerskool omskrywe as In samelewingsvorm waarheen ouers hulle kinders tussen die ouderdomme van 7

vrystellingsbepaling op 1 Desember 1838 te ontduik.1 Die doel van hierdie studie is om onder meer te bepaal waarom daar reeds v66r die aanvang van die Groot Trek 'n verbod geplaas is

In die lig van die bogenoemde bespreking is die navorsingshipoteses wat in die studie ondersoek sal word, die volgende: • mans en vroue verskil van mekaar ten opsigte van hul houdings

Preller skrywe in die Voorwoord tot Historiese Opstelle die volgende: 'Ons Militere Tradisie het ek geskryf vir die eerste uitgawes van 'De Brandwag.' Hy beweer dus dat hy die

Die volgende hedendaagse tendense wat in die BRICS-lande na vore gekom het, kan as voorbeelde geneem word wat die onderwysbeheer van ʼn onderwysstelsel tot voordeel kan strek: eerstens,

Daar word kortliks besin oor die impak van Covid-19 op die volgende: i die grondslag wat vir basiese onderwys gelê word; ii die voordeel wat sekere leerders uit aanlyn onderrig getrek