• Tidak ada hasil yang ditemukan

rv.1.7 en rv.1.9

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "rv.1.7 en rv.1.9"

Copied!
11
0
0

Teks penuh

(1)

Die kenmerke van die gelowige en van die kerk by Calvyn,

Institutio Christianae Religionis 1559, rv.1.7 en rv.1.9

A D Pont U niversiteit van P reto ria

A bstract

T h e m arks o f th e faithful an d o f th e church in C alvin’s Institutes, IV.1.7-IV.1.9

C alvin’s tre a tm e n t o f the m arks o f the church are very w ell known. N ot so generally know n is C alvin’s tr e a t­

m e n t o f th e m ark s o f th e fa ith fu l. W H N e u se r has pointed out th at the Institutes IV. 1.8 can be described as

‘an unnoticed p a rt’. Calvin’s tre a tm e n t o f the m arks of the faithful is discussed while taking N euser’s opinion in co n sid eratio n . It is show n th a t alth o u g h th e m arks o f the faith fu l are not as im p o rta n t as the m arks o f the church, they should play a very definitive p art when dis­

cussing the organisation and building up o f the congre­

gation.

1. INLEIDENDE OPMERKINGS

In hierdie artikel word aandag gegee aan ’n p a a r stellings van Johannes Calvyn oor die kenm erke van die (w are) gelowige en van die (w are) kerk. D ie stellings w at hy die e e rs te m aal verw oord h et in sy Institutio C hristianae Religionis van 1536 (vgl

R ed e gehou by die opening van die Fakulteit aan die begin van die akadem iesc ja a r 1992.

ISSN 0259 9422 = H 7S ■«//<* 2 f / w ; 209

(2)

Die kcnmerkc van die geknvigc cn van die kerk by CaKyn

Sim pson 1980:150; vgl ook C O 1:76) het in ’n hoe m ate grondiiggend gebly vir sy kerklike en teoiogiese arbeid in G enêve vanaf 1536.

H oew el dit so is dat Calvyn en sy teologie ’n bepalende faktor gew ord het in die k erk h erv o rm in g van die sestien d e eeu en dat die N ed erd u itsch H erv o rm d e K erk m et sy teologie, naas an d er kerke, in die bree Calvinistiese, teoiogiese tradisie staan, is d it van d ag o p v allen d hoe m in Calvyn se teo lo g ie in die C alv in istiese tra d isie funksioneer. W aarskynlik vanw ee onkunde is d aar ook soms ’n bepaalde w eersin in kerk lik e kringe te b esp e u r té é n Calvyn en sy teologie. D it is nogal m erkw aardig, om d at Calvyn gew eldig baie te sê het vir vandag, w ant hy was in die sestiende eeu die één kerkhervorm er w at die kerk inderdaad w eer teruggelei het ‘in de diepe b ed ­ ding van de w are christelijke trad itie’ (O berm an 1988:50).

D aarom , so m een ek, biy dit belangrik om voortdurend in ons kerklike en teo io ­ giese arb eid te biy luister na Jo h an n es Calvyn. Sy teologie is in m eer as een opsig van grondliggende w aarde, om dat die gereform eerde kerke se belydenisskrifte, wat

’n sen trale rol speel in die opleiding van p red ik an te, gebou is op die w erk van dié G en eefse hervoTmer. Dit is dus sinvol om w éér te luister na Calvyn se beskrywing van die kenm erke van die (w are) gelowige in sam ehang m et dié van die (w are) kerk.

H ier sal dit opval dat Calvyn ten opsigte van hierdie twee sake ’n duidelik objektie- we m aatstaf aanlê en d a t die mens se visie van hom seif en sy ervarings en getuienis- se hier geen rol speel nie.

As dan ’n bietjie m eer presies na hierdie saak gekyk word, is dit opvallend dat die m eeste navorsers en dogmatici nie aandag gee aan die kenm erke van die (w are) gelowige soos Calvyn dit hier uitspel nie. As oor die kerk gehandel w ord, dan word al die aandag toegespits op die kenm erke van die (w are) kerk. Baie opvallend is by- v o o rb eeld d a t W N iesel (1957:183w ) in sy weergaWe van Calvyn se ekklesiologie geen aandag gee aan die m erktekens van die (w are) gelowiges nie, dit terwyl dit tog vanselfsprekend is dat die kerk niks anders is as die saam voeging van die (w are) ge­

lowiges nie. D ie hele aangeleentheid van die m erktekens van die gelowiges het on- der my aandag gekom toe ek in 1988-1989 navorsing gedoen het oor w at Calvyn on- d e r die b eg rip ‘belydeni.s’ v erstaan het (P ont 1991:106-116). K ort d a a rn a h et W N euser in ’n belangw ekkende artikel die saak van die m erktekens van die (w are) ge­

lowige by Calvyn behandel.

2. C A L V Y N SE IN L E I D E N D E O P M E R K IN G S O O R D IE K E N M E R K E VAN D IE (W A R E ) G E L O W IG E ( I N S T I W . I J )

A s ’n m ens g aan soek na die ‘u nnoticed p a rt’ van die Institusie van 1559 (Bk IV), soos N euser dit noem , dan w ord dit gevind in die Institusie IV .1.8. D ie opm erkings

210 HTS 4 9 /1 A 2 (1993)

(3)

word voorafgegaan deu r ’n parag raaf wat handel oor die w are en sigbare kerk (IV. 1.

7) en w ord opgevolg deu r die b ekende p arag raaf o o r die kenm erke van die (w are) k e rk (IV .l,9 ).

O m Calvyn se argum ent te volg, is dit nodig om eers op IV. 1.7 te let, w aar hy oor die w are en sigbare kerk skryf (my vertaiing):

U it die v oorgaande, .so dink ek, kan dit reeds duideiik w ees hoe ons die sigbare kerk, wat binne ons kennisveld val, kan beoordeel. W ant ons h e t re e d s gesê dat die H eilige Skrif op twee m aniere (hifariam ) o o r d ie kerk p raat. Soms bed o el die Skrif m et die begrip ‘kerk ’ dit w at reed s in die teenw oordigheid van G od is, w aarin niem and anders op g en eem is nie (recipiuntur) as hulle w at, d e u r d ie g en ad e van die aannem ing, kinders van G od en d e u r die heiiigm aking van die G ees, w are lidm ate {vera m em bra) van Christus is. D an inderdaad bevat die k e rk nie n e t d ie heiliges (= die gelow iges) w at nou in die w êreld woon nie, m aar al die uitverkorenes van die begin van die w êreld af.

D ie S k rif g e b ru ik e g te r dikw els die b eg rip ‘k e rk ’ om die hele m enigte van m ense aan te dui w at versprei is o o r die w êreld en w at bely d a t hulle een G od en C hristus v ereer (colere). D eur die doop is hulie ingelyf in die geioof in Horn, d eu r d eeln a m e aan die N agm aal bewys hulle hulle een h eid in die w are le e r en liefde; hulle h e t een- stem m ig h eid (consensionem ) in die W oord van die H e re en vir die p rediking van die W oord w ord die diens onderhou wat deu r Christus ingestel is.

In h ie rd ie kerk is d a a r e g te r baie h u ig elaars v erm en g (plurim i hypocriiai') wat niks van C hristus het nie, behalw e die naam en die uiterlike skyn...Hulle word vir ’n tyd lank verdra, enersyds om dat hulle nie d e u r ’n w ettige o o rd eel skuidig bevind kon w ord nie, andersyds o m dat 'n streng dissipline nie, soos dit hoort, g ehandhaaf word nie.

N et soos ons daarom m oet gio dat die eersgenoem de kerk, w at vir ons onsigbaar is, alleen vir G od sigbaar i.s, so word ons beveel om met laasgenoem de, wat ten opsigte van die m ens ‘kerk’ genoem word, ge- m eenskap te hou en dit te vereer.

M iskien is d it nodig om n et ’n o o m blik Calvyn se arg u m e n t h ier te o n d e rb re e k . H ier word dit duideiik dat Calvyn die stelling verdedig d at die w are kerk in die sig­

bare kerk op aarde raakgesien kán word. By Calvyn is die w are kerk en die sigbare nie twee teenoorgesteides nie, m aar is die w are kerk k enbaar en d áárom gee Calvyn ook ’n lysie van kenm erke van die w are gelow iges, dit o m d at by Calvyn die w are kerk die som totaal van die uitverkorenes is en dit beteken vir hom h erkenbare men-

A D Pont

IS.SN 02.S9 9422 = UTS 49/1 <t 2 (1993) 211

(4)

D ie kemncrkc van die gclowigc en van die kerk by Calvyn

se w at hy aandui as die sanctos qui in terra habitant. T erloops, volgens O b erm an se o o rd e e l, m o et h ie rd ie sanctos nie ‘h eilig es’ nie, tn aar e e rd e r ‘gelow iges’ g en o em word (vgl O b erm an 1988:50). Interessant dus word die kerk hier nie aangedui as ’n verborge, moeilik vindbare liggaam nie, m aar as ’n versam eling van gelowige m ense wat ’n b epaalde gedragskode nakom . H ulle is duidelik h erkenbaar, o m dat hulle

* een G od en Christus dien, vereer en glo;

* d eu r die doop ingelyf is in die geloof in G od;

* deel het aan die N agm aal w at sowei ’n belydende karak ter as ’n d ienenede pers- p ek tief het;

* eensgesind is in hulle verstaan van die W oord;

* die diensw erk van die verkondiging van die W oord in stand hou.

H ier lê Calvyn die basis vir sy m eer spesifieke aanduiding van die kenm erke van die w are gelow ige w at hy in die v olgende hoo fstu k gee. D it is, te rlo o p s, ’n belang- w ekkende beskrywing van die gedrag van die m ense w at saam gevoeg is om kerk te w ees. N eu ser (s j:81) wys d aaro p d a t as Calvyn hier die k en b are gedragskode van die w are gelowiges uitwys, hy nie daarm ee wil sê dat die kw aliteit van die gelowiges o f die kenm erke van die gelow iges dieselfde is as die kenm erke van die w are kerk nie, w ant saam m et hierdie vyf kenm erke van die gelowiges se lewenstyl gee Calvyn, om dit in re lië f te plaas, ook ’n beskrywing van die hipokriete w at vanselfsprekend in die sigbare kerk is en sal w ees. Juis in hierdie beskrywing van die aard van die gelowiges o n d er wie d aar dus ook huigelaars is, dui Calvyn aan dat die w are kerk op aa rd e nie so n d er m eer k en b aar is net aan die kw aliteit van die gelow iges nie. D ie sigbare k erk h e t juis, vanw eë die kw aliteit van die gelowiges, nie n et ’n positiew e aanskyn nie.

3. D IE S P E S IF IE K E K E N M E R K E V A N D IE (W A R E ) G E L O W IG E ( I N S T IV.1.8)

As d a a r gevra w ord na die spesifieke kenm erke van die (w are) gelow ige, verbind Calvyn daard ie kenm erke aan die kenm erke van die (w are) kerk. D aarom begin die a g tste p a ra g r a a f soos volg; ‘D a a ro m h e t die H e re d e u r sek ere k en m erk e [certae notae] en tekens [symbola] vir ons uitgewys w at ons in verb an d m et die kerk m oet w eet’ (my vertaling). D it gaan inderdaad hier vir Calvyn prim êr om die kerk, m aar o m d a t die kerk vir hom in die eerste plek ’n versam eling, ’n gem een sk ap van be- páálde m ense is, daaro m handel hy eers oor die gelowiges. O m dat die kerk sigbaar w ord, o f m iskien nog ste rk e r gestel, om dat die g em ee n te die kerk is en o m d at die g em ee n te niks an d ers as die sam evoeging van gelowige huisgesinne is nie, daarom begin Calvyn om oor die gelowiges te handel as hy oor die kerk praat.

212 NTS 4 9 /1 Í 2 (1993)

(5)

D it is e g ter van groot belan g om d aaro p te let d a t Calvyn baie versigtig is om nie die in d ru k te skep d a t g e lo o f d ieselfd e is as sien nie o f d a t d ie liggaam van C hristus so n d er m eer m et die sigbare kerk g eidentifiseer kan w ord nie (N euser s j;

92). D a a ro m m o et b aie sorgvuldig na Calvyn se u ite e n se ttin g in Institusie IV.1.8 gekyk word. D a a r kan ook gelet w ord op ’n sekere spanning in sy argum ent in dié sin dat hy enersyds volhou d at die uitverkiesing en die uitverkorenes alleen aan G od b ek en d is e n andersyds d a t d a a r sekere kenm erke is w aaraan die (w are) gelowige geken kan w ord. N euser (s j:85) wys ook dat Calvyn op a n d e r plekke {Inst 111.21.7) verwys na tekens van die uitverkiesing soos die roeping en die regverdiging. In Insti­

tusie IV.2.4 sê Calvyn d at die hoor van die W oord van G od die blywende m erkteken {nota perpetua) is van diegene w at die H e re as sy eie aangedui het. V erd er stel C al­

vyn in sy uitleg van 2 T essalonisense 2:13 d a t as die m ens iets oor sy verkiesing wil w eet, dan m o et hy in hom self soek vir ’n sek ere bevestiging d at G od hom d eu r sy G e e s g ered het en dat Hy hom verlig deu r die geloof in sy evangelie. H oew el C al­

vyn dus b e p a a ld e m erktekens aandui w aard eu r die (w are) gelowige k en b aar is, bly hy versigtig om hier nie te reglynig o f finaal te arg u m en teer nie, o m dat uitverkiesing uiteindelik ’n saak van G od is. Calvyn stel dan in die Institusie IV.1.8 (my vertaling):

O m te w eet wie aan H om behoort, is ’n voorreg w at alleen G od toe- kom ...W ant selfs hulle w at gelyk het asof hulle volkom e verdorw e is, is d e u r sy goedheid na die regte pad teruggeroep en hulle w at gelyk het asof hulle bo die an d er staan, het dikwels in duie gestort. D a a r is dus, volgens G od se verborge p red estin a sie (occultam Dei praedestinatio- n e m ) , soos A ugustinus sê, b aie skape b u ite en b a ie w olw e binne...

W ant G od ken hulle en het hulle gem erk w at nóg H om nóg hulleself ken. E n van diegene w at openlik sy tek en dra, sien sy oë alléén die wat, so n d er veinsery, heilig is en tot die einde toe sal volhard, w at die to ppunt van die saligheid is (quod dem um est salutis caput).

A an die an d er kant eg ter het G od, om dat Hy voorsien het {provi- d eb a t) d a t d it vir ons ’n sek ere nut kan he om te w eet wie ons as sy kinders m oet beskou, H om in hierdie verband aan ons begrip aange- pas. E n aangesien die sekerheid van die geloof (fidei certitudo) daar- voor nie nodig was nie, het G od ’n sekere oordeel van die liefde (c/ia- litatLs iudicium ) in die plek daarvan gestel sodat ons diegene as lidma- te van die kerk sal herken wat

A D Pont

ISSN 0259 9422 > HTS 4 9 /1 A 2 (1993) 213

(6)

Die kcnmcrkc van die gelowigc en van die kcrk by CaKyn

* d eu r belydenis van geloof (fidei confessione),

* d eu r die voorbeeld van hulle lew enswandel, en

* d eu r die deelhê aan die sakram ente dieselfde G od en Christus saam m et ons bely.

M aar die liggaam van die icerk self h et Hy, in die m ate w at G od w eet dat dit vir ons saiigiieid nodiger is, m et nog sekerder m erktekens aanbeveel.

Calvyn p raat hier baie duidelik van lew ende m ense w at in die ruim te van die sigbare kerk leef. H oew el d a a r in die kerk huigelaars kán wees, verwys Calvyn na dieselfde m ense wie se kenm erkende gelowige lewenstyl hy in IV.1.7 om skryf het.

As nou sorgvuldig op die kenm erke gelet word wat Calvyn hier noem , dan is dit duidelik d a t die belangrikste kenm erk die geloof is. D it gaan im m ers om diegene w at dieselfde G od en C hristus bely. G od se uitverkiesing word sigbaar deu r ’n be- paalde lewens- en gedragstyl van die uitverkorenes in die gem eente en daardie k en ­ m erke w ord deu r G od self vasgestel. H ierin het die H ere G od H om by die m ens se begripsverm oë aangepas.

N ou is dit belangrik om vas te stel dat Calvyn sy opvattings o o r die m erktekens van die (w are) gelow ige k o rreleer m et die m erktekens van die sigbare (w are) kerk en aansluit by die om skrew e gedragskode van die gelow iges w at hy in IV.1.7 uitge- spel het. D a a r gaan dit ook om geloof in die een G od en C hristus, die deelhê aan die sakram ente en die eensgesindheid in die verstaan van die W oord van G od binne die ruim te van die gem eente. M iskien ten oorvloede m oet hier b ek lem to o n word dat geloof ’n genadegaw e van G od is en nooit verstaan word as ’n prestasie of ’n ver- m oe van die m ens nie (vgl G raafland 1961:13 w aar hy begin m et Calvyn se beroem - de definisie van geloof in III.1.7). Juis deur só die klem op die geloof te plaas, kop- pel Calvyn sy leer van die kenm erke van die gelowige aan die leer van die uitverkie­

sing. D it is vir sy denke nogal vanselfsprekend.

In ’n u itste k e n d e studie w aarin hy veral aan d ag gee aan die plek van die leer van die uitverkiesing in die teologie van Calvyn, m aak O b erm an (1988:42) die vol- gende belangrike opm erking:

Wij w ezen e r reed s op, dat de p re d e s tin a tie le e r een heel bijzondere b etek e n is had gekregen in de derde fase van de reform atie, in de re- form atie van de refugiés, toen na 1548 de stadsreform atie overweldigd e n o m g ev o rm d w erd to t v lu ch telin g en re fo rm a tie . V o o r hen, die voortaan zonder blijvende stad en zonder vaste steen om het hoofd op te leggen, zonder geldig paspoort o f verblijfsvergunning v erd er moes- te n trekken, werd de p red estin a tie tot persoonsbew ijs. D o o r Calvijn

214 UTS 49/1 & 2 (1993)

(7)

providentia specialissim a genoem d, werd deze leer heel speciaal erva- ren als het ‘gaan aan G ods h an d ’ in vertrouw en op ‘zijn plan m et de g e sc h ie d e n is’ en besch erm d o n d e r ‘zijn wijze leid in g ’. D eze kern- w oorden zijn de herkenningsw oorden gew orden, die b eh o ren bij het g elo o f en de ervaring in de diaspora, bij het leven in de diaspora, bij het overieven tem idden van een triom ferende C ontra-reform atie.

So gesien, is Calvyn m et sy k en m erk e van die (w are) gelow ige besig om ’n vaste troos te bied aan die gelowiges w aar hy aandui wié lede van die sigbare, w are kerk op a a rd e is en w at die b re e d te en d ie p te van die gelowige lew enstyl op a a rd e is (N euser s j:88). Hoewel G od alleen die w are gelowiges ken, kan die m ens deu r die judicium charitatis tog ook die gelowiges herken en so tuis w ees in die gem eenskap van die gelowiges. N euser wys ook op ’n verd ere u iteen settin g in hierdie v erband wat hy gevind het by Calvyn se uitleg van Fiiippense 4:3. D aar het Calvyn gestel dat die gelow iges alm al as skape van die h erd er C hristus m oet herken w at hulle in ge- h o o rsaam h eid aan C hristus o nderw erp en dee! is en bly van sy kudde (vgl N euser sj:90).

D ie plig van die gelow iges, so stel Calvyn dit hier, is om die gaw es van die Heilige G ees wat G od aan sy uitverkorenes gee, so hoog te w aardeer dat dit vir hul­

le as die m erktekens van die verborge verkiesing duidelik word.

D ie gaw es w at G od gee, so beto o g Calvyn, w ord sigbaar in die lewe van die (w are) gelowiges. D aarm ee bek lem to o n Calvyn d at die m erk tek en s van die w are gelowige objektiew e m erktekens is w at die gevolg is van die genadegaw es van G od en nie die re s u lta a t is van m enslike keuses en o p tre d e nie. D it is m iskien juis in hierdie dae, w aar die kerk oorspoel word deu r die subjektiewe Engels-A m erikaanse teo lo g ie soos dit g estalte vind in die m o d ern e sam elew in g steo rieë (L abuschagne 1987:332w), belangrik om aan hierdie saak vas te hou. In hierdie verband is dit ter- loops van b etek en is om kennis te neem van S teenkam p se in teressan te studie oor die begrip progressio by Calvyn (S teenkam p 1991:69-75).

So gesien, kan die notae fidelium as volg w aardeer en verstaan word (N euser s j:

91):

* as ’n bewys van G od se voorsienigheid;

* as ’n b ruikbare m aatstaf w at Hy aan die gelowiges gee;

* as ’n toegew ing van G od aan die m ens se b eperkte verm oens;

* as ’n teken van die werk van die H eilige G ees w aarm ee die gelowiges rekening m oet hou.

So kan lidm ate van die (w are) sigbare kerk deu r die judicium charitatis herken word en is dit van w aarde om sekerheid te verkry oor die kerk. G raafland (1989:59) wys A D Pom

ISSN 0259 9422 = HTS 49/1 & 2 (1993) 215

(8)

Die kcmnerke van die gclowigc cn van die kerk by Calvyn

daaro p d at Calvyn beklem toon dat hierdie herkenning van die (w are) gelowiges nie van dieselfde gewig is as die k o rrek te evaiuering van die w are kerk nie. T ereg wys hy d aaro p d a t dit nie beslissend is vir die m ens se saligheid o f al die lidm ate van die g em ee n te die u itverkorenes van G od is nie. D it is e g ter wêl van beslissende bete- kenis d a t die gelow ige w eet o f hy m et d ie w are kerk te m ake bet en d aaro m sluit Calvyn sy bespreking van die notae fidelium a f m et die stelling (IV.1.8), ‘M aar G od b e t se k e rd e r m erk tek en s gegee om juis só die kennis van sy w are liggaam aan ons b e k e n d te m aak, o m d at H y w eet hoe b elangrik dit vir ons saligheid is’ (my verta- ling).

D a a ru it w ord dit duidelik dat die m erktekens van die gelow ige, dogm aties ge- sproke, nie op dieselfde vlak as die m erktekens van die w are kerk lê nie.

4. D IE N E D E R L A N D S E G E L O O F S B E L Y D E N IS (N G B )

D it is nogal m erkw aardig dat, van die Calvinistiese geloofsbelydenisse van die ses- tien d e eeu, d it slegs die N G B is wat die notae fidelium om skrywe en dit n ad at die m erk tek en s van d ie (w are) kerk beskryf is (vgl N G B, a rt 29). In die N G B a rt 29 word dit soos volg gestel:

Vervolgens, aangaande die lidm ate van die kerk: O ns kan hulle uitken aan die kenm erke van die C hristene, naamlik:

* hulle geloof d at hulle die enigste V erlosser, Jesus C hristus, aange- neem het, en

dat hulle d aarn a die sonde ontvlug, die geregtigheid najaag,

die w are G od en hulle naaste liefhet, nie na links o f regs afwyk nie, en hulle sondige natuur m et sy w erke kruisig!

H ierm ee sê ons nie d a t d a a r nie nog g root sw akheid in hulle is nie.

In te e n d e e l, d e u r die G e e s stry hulle ju is al die d a e van hulle lewe daarteen, terwyl hulle altyd w eer hulle toevlug neem tot die bloed, die dood, die lyding en g ehoorsaam heid van die H ere Jesus C hristus, in wie hulle, deu r die geloof in Hom , vergewing van hulle sondes het.

H ier w ord dit duidelik d at by die N GB ander aksente as by Calvyn geld, ook om dat die k e n m e rk e van d ie gelow iges ná dié van die kerk g enoem w ord. T og bly die klem toon staan dat die gelowiges die kerk is en d at daarom ’n C hristelike lewe ’n le­

we in die geloof is (K oopm ans 1939:189). H ier word die m erktekens eg ter gesien as

’n omskrywing van die geloof, terwyl by Calvyn die m erktekens niks m eer is as die

216 UTS 4 9 /1 A 2 (1993)

(9)

A D Pont

u iterlik e k en m erk e van die geloof nie (N eu ser s j:93). So w ord dit duidelik dat die ak sen te in die na-Calvynse teologie ook verskuif het. In die Institutio is dit im m ers d u id eiik d a t Calvyn é é rs die m erk tek en s van die (w are) gelow iges wil b eh an d el, voordat die m erktekens van die (w are) kerk aan die ord e gestel word.

5. SAMEVATTEÏWE OPMERKINGS

U it d ie v o o rg a a n d e w ord d it d u id elik d a t as Calvyn o o r die k erk begin p ra a t in IV.1.7, dit gaan om die w are sigbare kerk op aarde. Did kerk is vir Calvyn baie be- slis nie ’n in stitu u t o f ’n organisasie nie, m aar in die e e rs te plek gelow ige mense.

D ié gelow iges is nie binne o f b u ite die kerk nie, m aar hulle is die kerk. D it is mis- kien die eerste, ietw at verrassende konklusie w at hier getrek kan word.

D ie tw eed e saak w at n a vore kom , is d a t vir Calvyn die kerk op a a rd e in ’n k n e g g e sta lte aanw esig is en nie d irek e n so n d e r m e e r sig b aar is nie. In die be- h an d elin g van dié p ro b leem dui Calvyn dan aan d a t die (w are) gelow iges w at die kerk op a a rd e is, h e rk e n b a a r is aan ’n spesifieke lewenstyl. D it is e g ter nie ’n on- feilb are m a a tsta f w at hy hier gee nie w ant hy w aarsku onm iddellik d a t d a a r in die kerk op aa rd e ook huigelaars is. D it is dus du id elik d a t die getal lid m ate van die kerk op ’n b ep aald e plek m éér sal w ees as die getal van die (w are) gelowiges. D ié (w are) gelowiges bepaal eintlik o f daar ’n kerk is o f kan wees.

N ou g aan Calvyn in IV. 1.8 e g ter ’n stap p ie v e rd e r om d ie k en m erk e van die (w are) gelow iges aan te dui. In die corpus perm ixtum w at die k erk is en altyd op aa rd e sal bly, is d a a r e g ter b ep aald e duidelike m erk tek en s w aaraan die (w are) ge­

lowiges uitgeken kan word. D ie eerste en verrew eg die belangrikste is die belydenis van geloof. H ierdie kenm erk is nie net van belang vir die herkenning van die m ede- gelowige nie, m aar is van w esenlike belang in die lewe van die gem eente w aardeur die handhaw ing van die dissipline, die kategese en bow e-al die verkondiging van die W oord, die gem eente opgebou m eet word (P ont 1991:106-116).

Die a n d er twee kenm erke wat Calvyn hier noem , naam lik die d eelhê aan die sa- k ram en te en die voorbeeldige lew ensw andel, hang s6 saam m et die belydenis van g elo o f en is s6 d aarv an afhanklik d at dit nie w erklik nodig is om v e rd e re aandag d aaraan te gee nie.

D at h ie rd ie m e rk te k e n s o bjektiew e m e rk te k e n s is, w ord d e u r Calvyn o nder- stre e p d e u rd a t hy telk en s die m erk tek en s v erbind aan die uitverkiesing. Sy arg u ­ m en t is d at, hoew el die u itv erk o re n es slegs aan G o d b ek en d is, Hy ons tog tege- m oetkom sodat ons die (w are) gelowiges kan herken. H ierd ie h erkenning is egter nie absoluut noodsaaklik nie, w ant ons heil hang nie d aarvan af nie. M aar vir die

ISSN 02.59 9422 « HTS 4 9 /1 A 2 (1993) 217

(10)

Die kcnmcrkc van die gelowigc cn van die kerk by Calvyn

welw ese van die g em een te, vir die opbou van die kerk, is dit van g root belan g dat ons in staat sal wees om die (w are) gelowiges te herken.

Im m ers, soos G raafland dit beklem toon, is dit nie beslissend vir ons saligheid of die lid m ate van die kerk aim al u itv erk o re is nie o f as sodanig h e rk e n b a a r is nie, m a a r d it is wel van b eslissen d e b e te k e n is o f ons m et die w are kerk te m ake het w aarin G o d m et sy G ees woon en werk (G raafland 1989:59).

As Calvyn se u iteen settin g o o r die w are sigbare kerk (IV .1.7), die m erktekens van die (w are) gelow iges en die m erktekens van die (w are) kerk so oorw eeg w ord en gelet word op die wyse w aarop Calvyn dit verbind m et sy verstaan van G od se be- m oeienis m et die m ens op aard e, dan w ord dit w eer duidelik w aarom Calvyn en sy teologie nog steeds ak tu eel en w aardevol is. M iskien m oet ons, juis in hierdie tyd w aar die oppervlakkigheid hoogty vier en die hum anism e so ’n groot invioed op die m ens se d en k e het, ons w éér v erdiep in die w erk van die m an van G enêve. Ek is d aarv an oortuig dat, ondanks die feit dat Calvyn ’n man van die sestiende ecu is, is hy steeds e e n van die allerb este gidse om die W oord van die lew ende G o d te v e r­

staan.

Literatuurverwysings

Calvinus, J 1559. Institutio C hristianae R eligionis in Baum , G et al 1864, lohannis Calvini Opera, vol 3. Brunsvigae: Schwebschke et filium.

G raafland, C 1961. D ezekerheid van het geloof. W ageningen; H V eenm an & Z onen N V.

— 1989. Kinderen van een moeder: Calvijns visie op de kerk volgens zijn Institutie.

K am pen: Kok.

Labuschagne, J P 1987. D ie historiese konteks van m oderne sam eiew ingsteologieë.

D D -proefskrif, U niversiteit van Pretoria.

K oopm ans, J 1939. D e N ederlandsche G eloofsbelijdenis. A m sterd am : U itgevers- m aatschappij H olland.

N euser, W H s j. Calvin’s teaching on the notae fidelium: An unnoticed part of the Institutio IV. 1.8, in Me Kee, E A & A rm strong, B G (eds). Probing the reformed tradition: Historical studies in honor o f F A DoweyJr, 79-94. Louisville Kentucky:

John Knox.

Niesel, W 1957. Die theologie Calvins. M iinchen: Kaiser.

O berm an, H A 1988. D e erfenis van Calvijn: Grootheid en gretuen. K am pen; Kok.

Pont, A D 1991. Confession in faith in Calvin’s G eneva, in V a n ’t Spijker, W (H rsg), C alvin: E rbe u n d A uftrag. Festschrift fiir W ilhelm H einrich N euser zu m 65.

Geburtstag, 106-116. K am pen: Kok.

218 HTS 4 9 /1 A 2 (1993)

(11)

A D Pont

Sim pson, H W 1980. fnstilusie van die Christelike godsdiens deur Johannes Calvyn.

Potchefstroom : Calvyn Jubileum Boeke.

Steenkam p, J J 1991. A review of the concept o f progress in C alvin’s Institutes, in V a n ’t Spijker, W (H rsg), Calvin: Erbe undA uftrag, 69-75. K am pen: Kok.

H T S 4 9 / I A 2 ( i m ) 219

Referensi

Dokumen terkait

Die lees van hierdie briewe- bundel—sowaar ’n kwaliteitwerk kompleet met 13 fotoblaaie—laat die leser met ’n nuwe waardering vir Aucamp; dus wil ek met respek sê dat ek hoop hierdie

Dit gaan nie hier oor die opheffing of afskaling van vroeëre kritiek nie, maar oor die waardevolle leidrade wat reeds in ’n aantal gedigte uit hierdie eerste bundel opgesluit is: En

Dit word hier verder pertinent uitgewys dat daar met die onderhawige studie gefokus gaan word op slegs 'n deel van die toerusting wat Fanoy 2002 met sy definisie vir gemeentebou beoog,

Detailbesprekings kan in die kommentare en inleidings gelees word en sal nie hier in besonderhede aandag ontvang nie.1 Die Johannesbriewe was dokumente Die name van die outeurs van 1,

D it wil juis, in teenstelling m et ’n term soos ‘m ite’, erken dat die O u-T estam entiese narratiew e wel histories is o f ’n historiese kern kan hê.. D it is verw erkings van die

As op die twee belangrike stukke gelet word, dan word die tipiese Calvinistiese tw ee-eenheid van belydenisskrif en kerkorde ook hier gevind en is dit duidelik dat die kerkorde 'n

D aar is, volgens die kritikus, vir VAN SELMS „geen erger iets dan een „fundam entalist" te zijn ." VAN SELMS, sê hy, noem net die bouery van Kaïn en Babel; maar die H eilige Skrif

Ons wil op die' konsc- kwcnsies van hicrdio Brilso boleicl wys on moe voorbeeldo uit clio vorledo a:mtoon in waHcr go,·aar ous volk vandag gesLort word dom· 'n owerbcicl wat gcen die