• Tidak ada hasil yang ditemukan

Taaltoets - LitNet

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Taaltoets - LitNet"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

KINGSWOOD COLLEGE DEPARTEMENT AFRIKAANS

TAALTOETS – GRAAD 8 JULIE 2015

Eksaminator: Mnr. D. Koen Tyd: 1 UUR

Moderators: TS / MM / TB Totaal: 30

=========================================================================

Vraag 1 – Woordstrukture

Lees die onderstaande paragraaf aandagtig deur en skryf die korrekte vorm van die woord op jou antwoordblad neer.

My naam is Stefanus. Ek woon in Grahamstad. Ek het twee (1.1. ouma) en een oupa. My ma se naam is Gertruida. Sy werk by Rhodes Universiteit. My pa se naam is Johannes en hy is ’n onderwyser by St Andrew’s College.

Ons het baie (1.2. troeteldier) by die huis. Op my oom se plaas is daar baie klein (1.3. kalf) en groot (1.4. koei).

My ouma het ’n (1.5. baie swart) kat en haar naam is Geraamte. Daar is ook ’n (1.6. baie klein) rondaweltjie op die plaas wat my oom soms uitverhuur. Ons huis in Grahamstad is nuut gebou en die baie (1.7. boom) is nog klein. Ek het laas week ’n klein (1.8. slang) in die swembad gekry.

Hy het verdrink.

In my vrye tyd neem ek baie (1.9. foto). Wanneer iemand verjaar, gee ek vir hulle baie (1.10.

present), want ek hou daarvan om mense te bederf.

Die bome by my skool gee (1.11. a.g.v.) hul grootte lekker skaduwee af in die laatmiddag. Die graad twaalwe is (1.12. groot) as ons en is streng. Hulle straf ons wanneer ons kwaad doen.

Wanneer ons na Hawaii met vakansie gaan, voel ons soos regte toeriste uit (1.13. SA) met ons (1.14. kamera) en (1.15. baie geel) hemde. My ma het altyd ’n klein (1.16. boek) waarop sy alles wat ons moet saamneem, neerskryf.

My ouer broer lyk soos Ryk Neethling en loop altyd in ’n klein (1.17. swembroek) op die strand rond om die meisies te beïndruk. Dan lag ek maar net vir hom, maar hy steur hom nie aan my nie. My ma neem altyd ’n klein (1.18. mandjie) saam strand toe. Dan sit sy op ’n klein 1.19.

stoel) en kyk hoe ons swem. Ek is (1.20. lief) vir my babasussie as vir my ouer broer.

[20 x ½ = 10]

=========================================================================

(Blaai asseblief om)

(2)

Vraag 2 – Sinstrukture

Skryf die volgende sinne KORREK oor deur met die gegewe woord(e) te begin:

2.1. Quitin Shiel speel goed muurbal.

Gister. . . (2)

2.2. Mike praat baie in die klas.

In die verlede. . . (2)

2.3. Meneer Koen is lief daarvoor om koek te eet.

Volgende jaar. . . (2)

2.4. Cheren sit en slaap in die klas.

Eergister. . . (2)

2.5. Marcus is moeg na die krieketwedstryd. Hy het nie genoeg geoefen nie. (omdat) (2) 2.6. Het jy al ooit so ’n moeilike toets geskryf?

Nee, . . . (2)

2.7. (meneer Opperman)(geraas)(met die stout kinders)(gister)(het)

Gister. . . (2)

2.8. (om vinnig te swem)(Donna)(oefen)(elke middag)(by die swembad)(baie hard)

By die swembad. . . (2)

2.9. (Matthew)(baie hard)(leer)(elke dag)(om goeie punte te behaal)

Om goeie punte te behaal. . . (2)

2.10. (Francoise)(baie lief)(is)(vir lees)(om haar kennis te verbreed)

Francoise. . . (2)

[20]

=========================================================================

GROOTTOTAAL: [30]

Referensi

Dokumen terkait

Deur 'n vergelykende studie van die motiewe en belange van beide die VSA en die USSR te maak, asook die wyse waarop hulle te midde van talle gebeure wat die twee op die rand van 'n

'n Maand later is stadsinge- nieur Lutz deur die kommissie gevra om sy be- noeming as argitek van die monument goed te keur en op 30.10.1897 is die tender £650 aan Hekhuyzen toegewys..

Om sake soos religieuse verskille en daarmee saam religieuse verdraagsaamheid te ondersoek vereis nie bloot net om van die definisies van religie gebruik te maak nie, maar daar moet

Aan die hand van ʼn dergelike strategie kan die kerk verhoed om op die kantlyn uitgeskuif te en geïgnoreer te word en kan dit juis te midde van ʼn tyd waarin die sosiale bestel in

Oberholzer 6.2 Elkeen van die 39 kinders in juffrou Botha se klas moet R25 betaal om op ’n uitstappie te gaan.. In juffrou Jordaan se klas is daar 35 kinders wat ook op die uitstappie

Afdeling A: Geskiedenis Vraag 1 Die koninkryk van Mali en die stad Timboektoe gedurende die 14de eeu.. Hy moet die waarheid praat en moet ’n eed aflê om dit te

As mense net vir ’n oomblik hul idee van geskiedenis ’n bietjie los kan skud, is dit darem al iets, maar my hoop is die kyker gaan verder saam met my op ’n reis – om op ’n kreatiewe

Dit is dalk tyd om die groot kannon te gebruik, maar aangesien daar reeds ’n skermutseling of twee was, gaan wedersydse twyfel beslis ’n invloed op ’n gedeelde bekommernis hê..