• Tidak ada hasil yang ditemukan

Tegnieke vir die bestudering van DNS metilering: ‘n Epigenetiese merk vir biodiversiteit

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Tegnieke vir die bestudering van DNS metilering: ‘n Epigenetiese merk vir biodiversiteit"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v31i1.316 Referaatopsomming

Tegnieke vir die bestudering van DNS metilering:

‘n Epigenetiese merk vir biodiversiteit

Authors:

Vanessa O’Neil1 Charlene Andraos2 Tamsyn Jeffery1 G. Koorsen1 Liza Bornman1 Affiliations:

1Department of Biochemistry, University of Johannesburg, South Africa

2National Institute for Occupational Health, South Africa Correspondence to:

Vanessa O’Neil Email:

[email protected] Postal address:

PO Box 524, Auckland Park 2006, South Africa How to cite this abstract:

O’Neil, V., Andraos, C., Jeffery, T., Koorsen, G. &

Bornman, L., 2012, ‘Tegnieke vir die bestudering van DNS metilering: ‘n Epigenetiese merk vir biodiversiteit’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 31(1), Art.

#316, 1 page. http://dx.doi.

org/10.4102/satnt.v31i1.316 Note:

This abstract was initially presented at the annual Biological Sciences Symposium, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of Johannesburg on 01 October 2011.

Page 1 of 1

© 2012. The Authors.

Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

Techniques for studying DNA methylation: An epigenetic mark of biodiversity. Epigenetics is the study of heritable changes in gene expression that does not alter the underlying DNA sequence. High resolution melt analysis and enzymatic regional methylation assay are compared as techniques for the quantification of regional methylation at specific loci.

Inleiding

Epigenetika is die studie van oorerflike veranderinge in geenuitdrukking wat nie verandering in DNS basisvolgorde betrek nie en wat deur seldeling oorgedra word. Die genoom van elke sel in die mens se liggaam is identies en diversiteit in selfenotipe ontstaan deur epigenetika.

Die epigenoom is dinamies en word tot ‘n groot mate beïnvloed deur die omgewing. Leefwyse en omgewingsfaktore dra dus by tot die biodiversiteit van die mens deur die voortdurend veranderende epigenoom. Epigenetiese modifikasies word bewerk deur drie meganismes, DNS metilering, histoonmodifikasie en RNS regulering, wat onderling van mekaar afhanklik is. DNS metilering is een van die mees bekende epigetiese modifikasies en behels die toevoeging van ‘n metiel-groep tot die vyfde koolstof posisie op ‘n sitosien ring (5mS). Die reaksie word gekataliseer deur DNS metieltransferase en vind grootliks plaas op sitosien basisse gevolg deur guanien (SpG).

SpGs is teenwoordig in die genoom teen gemiddeld een per 80 nukleotiede, maar 1–2% van die genoom is vyf-maal ryker aan SpG dinukleotiede. Hierdie streke staan bekend as SpG eiland(e) (SGE). ‘n SGE is tipies 0.3–3 kb en kom algemeen voor in promotors areas of eerste eksone van gene. SpGs buite SGE is grootliks ongemetileerd, terwyl dié in SGE meestal gemetileerd is. ‘n Verskeidenheid molekulêr-biologiese tegnieke vir die bestudering van DNS metilering word gebruik. Die keuse van tegniek is afhanklik van fasiliteite en doelwit, byvoorbeeld of metilering op genoomwye-, steek- of lokus-spesifieke vlak bestudeer wil word.

Hipotese

Daar is geen verskil in die sensitiwiteit van hoë resolusie smeltkurwe (HRS) analise en ensiematiese streeksmetilering analise (ESMA) ten einde die bepaling van streeks-metileringspatrone nie.

Materiaal en Metodes

In die studie word die doeltreffendheid van ESMA en HRS analise vergelyk as metodes vir die analise van streeksmetilering op ‘n sitosien-guanien eilande in die mens vitamien D reseptor geen.

Resultate

HRS tegniek lewer liniêre standaard kurwes met ‘n regressie waarde van 0.98 en kan tot verskille van 5% in metileringspatrone onderskei, terwyl die ESMA betekenisvolle variasie oplewer by ‘n metileringsdigtheid van 75% en 100%. Die laer metileringsfrekwensies by die sitosien-guanien eilande bestudeer tydens die studie lei daartoe dat beide tegnieke die suksesvolle ontleding van metileringdigtheid teweeg bring, alhoewel HRS analise ‘n beter sensitiwiteit het en nie beïnvloed word deur hoë persentasies van metilering nie.

Bespreking

HRS analise is minder intensief, veilig en omgewingsvriendelik aangesien geen radio-isotope in die tegniek gebruik word nie. Die grootste nadeel van ESMA is die onstabiliteit van die SpG metieltransferase ensiem, wat moontlik die groot variasie in die standaardkurwe tussen 75% en 100% metilering teweeg bring. HRS analise is dus meer betroubaar oor ‘n wye reeks metilerings persentasies en kan dus ten volle- en gedeeltelik gemetileerde fragmente onderskei.

Die nulhipotese is dus verwerp. Hoë resolusie smeltkurwe (HRS) is ‘n beter keuse vir die analise van streekmetilering as ESMA ten einde te fokus op areas van belang vir lokus-spesifieke metileringsanalise.

Referensi

Dokumen terkait

hierdie studie qaan dit om die vloei van kapitaal tussen.. Afrika en die res van

Die Heilige Gees dra by tot die moment van onderskeiding tussen die ambivalente gevoel van vrees en fassinering en maak dat die mens desondanks ’n keuse vir geloof kan maak.. Niemandt

In die raamwerk van die verstaan van “ontmoeting” beteken ʼn etiek vir ontmoeting enersyds mense se etiese verantwoordelikheid om ander te help, te versorg en te dien en dat hierdie

Nadere inspeksie van die gemiddelde waardes toon verder dat die scenario’s se houdingswaardes almal laer is as die gedragswaardes; dit toon aan dat die gedrag meer aanvaarbaar geag word

deur sou in ANNA se klassifikasie as absolute kognate met vormverskil gereken word, maar vir die doel van hierdie studie is die vormverskil as voldoende geag om te aanvaar dat die

In hierdie verband gaan dit slegs om die feit dat hierdie sake geopper word wat tot die noodsaaklikheid van ’n vakfilosofiese beskouing van die Bedryfsieikunde aanleiding gee.. Die

Die gevolgtrekking is gemaak dat onderwysers se kennis en begrip van ’n filosofiese raamwerk vir tegnologie as grondslag dien vir bepaalde keuses wat hulle moet uitoefen in terme van

Omdat die deeltjies in die wind gelaai is, word ’n gedeelte van die pulsar se magneetveld in die wind vasgevang, wat daartoe lei dat die magneetveld saam met die deeltjies weggevoer