• Tidak ada hasil yang ditemukan

Die modellering van die evolusie van pulsarwindnewels

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Die modellering van die evolusie van pulsarwindnewels"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v32i1.425 Referaatopsomming

Die modellering van die evolusie van pulsarwindnewels

Author:

Michael Vorster1 Affiliation:

1Centre for Space Research, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa

Correspondence to:

Michael Vorster Email:

[email protected] Postal address:

Centre for Space Research, North West University, Private Bag X6001, Potchefstroom 2520, South Africa

How to cite this abstract:

Vorster, M., 2013, ‘Die modellering van die evolusie van pulsarwindnewels’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art #425, 1 page. http://dx.doi.org/

10.4102/satnt.v32i1.425 Note:

This abstract was presented at the ‘Studentesimposium in die Natuurwetenskappe 2011’, presented under the protection of the Suid- Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of South Africa on 27–28 October 2011.

Copyright:

© 2013. The Authors.

Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

Page 1 of 1

Modelling the evolution of pulsar wind nebulae. Using numerical models, the influence of factors such as magnetic field strength on the evolution of pulsar wind nebulae can be determined. This includes the morphological evolution as well as the evolution of the type of light emitted and the corresponding intensity.

Een van die moontlike eindpunte van sterevolusie is die vorming van ’n sogenaamde pulsar.

Pulsare het geweldige sterk magneetvelde, wat veroorsaak dat subatomiese deeltjies (elektrone en positrone) aan die oppervlak van die pulsar onttrek word. Hierdie deeltjies vorm ’n ‘wind’

wat van die pulsar af wegvloei. Omdat die deeltjies in die wind gelaai is, word ’n gedeelte van die pulsar se magneetveld in die wind vasgevang, wat daartoe lei dat die magneetveld saam met die deeltjies weggevoer word.

Namate die deeltjies en magneetvelde van die pulsar af wegvloei, vind daar verdere interaksie tussen die twee komponente plaas. Dit veroorsaak dat die deeltjies lig uitstraal met golflengtes wat van radiogolwe tot X-strale kan strek. Die deeltjies kan ook met agtergrondfotone (ligdeeltjies) bots, wat tot gevolg het dat die deeltjies energie aan die fotone oordra. Hierdie tipe fotone word dan gewoonlik as gammastrale waargeneem. ’n Baie helder ‘wolk’ oftewel pulsarwindnewel word dus rondom die pulsar gevorm.

Deur middel van wiskundige modelle kan daar bepaal word hoe ’n aantal faktore soos die magneetveldsterkte of interstellêre digtheid die evolusie van die fisiese eienskappe (hoofsaaklik die grootte en vorm) van die newel beïnvloed. Die modelle kan verder gebruik word om te bepaal hoe die intensiteit van die lig wat uitgestraal word, met verloop van tyd verander. Beide resultate sal daartoe lei dat die bestaande teorie oor pulsarwindnewels verbeter en uitgebrei word.

Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.

Read online:

Referensi

Dokumen terkait

Hier- mee bedoel hy dat wat aan die voornemende onderwyser in onderwyskundi- ge verband geleer word ook deur hulle in die praktyk ervaar moet word: "In die geheel gesien beteken dit

128 No die slog von Dalmanutha trek Die Jood saam met die Lvdenburgse kommondo onoer kmdt David J Schoemannoordwaorts longs Steenkomps- berg en kampeer wes von Lvdenburg Hier word sv

Voordat iemand se dat hierdie navorser 'n soort engel uit die hemel moet wees, kan vermeld word dat enigiemand met sosiologiese agter- grond wat goed voorbereid is en oor redelike

In ’n gesprek met die gebruikers oor die waarde van tolking blyk dit dat hulle tolking gebruik omdat die tolke die korrekte vakterminologie ken: “Ons luister vir sic die terme omdat

Almal wat belangstel om hierdie groot mylpaal van Afrikaans te vier, kry toegang tot ‘n eenvormige, positiewe feesveldtog en -identiteit in die vorm van ‘n logo wat saam met die

Nadere ondersoek van die Matjiesrivierformasie het getoon dat daar egter geen antiklinale plooi voorkom nie en ook geen duplisering van die lae soos wat daar verwag sou word met die

11.2 Kategismusprediking Ten opsigte van die Kategismusprediking, wat op Sondagmiddae gehou moes word, het geblyk dat daar haie praktiese probleme was: die feit dat landarbeid

Dat dit die sentrale tema in die boek is, word bevestig deur die feit dat die profeet juis gebelg is oor en in opstand kom teen die feit dat God inkonsekwent is en nie doen wat Hy gese