• Tidak ada hasil yang ditemukan

UIT GERMANICUS

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "UIT GERMANICUS"

Copied!
4
0
0

Teks penuh

(1)

UIT GERMANICUS Deur

N.P. VAN WYK LOUW

Dit is die dag van Germanicus se triomftog. Rome: kamertjie in die paleis van Livia, moeder van Tiberius. Plancina en Livia is alleen.

LIVIA

Moenie nog praat nie, Plancina. Help my dat ek kan staan.

:

Ek weet. Ek hoor, ek sien deur hierdie muur al is my oë oud. Ek kyk die straat.

Dis net "Germanicus", die "imperator",

"die lang gevangenes", "ewerswyne", "bere", - die hele santekraam van 'n triomf -

die vreemde name van sy groot riviere, sy vyf fraai kinders op die hoë wa…

Tiberius het net een…

[Skielik] Kyk hoe lê die stof; die goed word wild, ons sweep, dié rus te baie, deserdae…

wat sit jy daar en praat nie?

[Livia gaan sit weer]

A ja, ek weet,

Die een wat weet, dis ek, dis ek, die ouvrou:

hoe bedelaars, slagters, mankes, senatore, die hele stink bevolking van die stad

almal kon uitstroom na die twintigste mylpaal hóm tegemoetgaan - mooi, ek ken die name.

Dit borrel van verraad; die goed is kwaai, maar báng. Luister: Jy gaan na Sirië. Skrik jy?

Ek het jou man laat terugroep deur Tiberius, en hy gaan Sirië toe, as goewerneur,

saam met Germanicus… ê, ê [Kekkellag] nie altyd lekker as 'n mens se man weer terugkom, nè, Plancina?

(2)

2

Maar jy is lief vir my, en jy… dis jy

wat gaan na Sirië en later meer daarvan.

Vandag het ek iets fraais vir jou laat bring.

Julle dink sy's oud,

sy's klaar, die ouvrou. Sy's nog sterk genoeg, en dié vir wie sy liefhet, gee sy baie.

Tiberius kon ek naas my keiser maak.

Ek sal hom hou.

Maar langs ons is nog plek vir goeie vriende.

Altyd so haastig!

Wag. Wag. Jy sal die wag moet leer.

Wat wou ek sê? Wat wou ek nou weer sê.

My liewe vroumens, waarom sit jy, sit jy, en praat so niks? Jy's bang vir die ou wyfie!

Wat wou ek sê: dis sy, dis Agrippina - sy sal die taaiste wees. Germanicus…

hy's bang; of waarom slaan hy nie vandag?

Jy sal haar sien: dis één van jou presente wat ek vandag wil gee. [Geskreeu buite]

Luister hoe skreeu dit.

[Sy staan op. Bediende kom binne en fluister vir haar]

Net een van sy ou mankes hink verby, dan skreeu hulle so. Dit etter, etter nog, die buil "Germanicus", en ons kry koors.

Wat wou ek sê? Ek wys vir ons iets moois:

die rooi Germaanse juffrou self, Thusnelda!

Hulle sê sy's kwaai.

Ek hou van kwaai. Ek wil hulle kwaai ook sien;

nie altyd honds soos hier in Rome nie.

Wag. Wag. Hier kom iets.

[Gaan sit in haar stoel] Nou's ek weer Augusta.

Ek het beveel dat sy voor my gebring word.

(3)

3

[Thusnelda kom binne, begelei deur 'n offisier en wagte. Livia bekyk haar lank, nuuskierig aan]

A, so, so, wit en rooi nè, melk en bloed…

En jonk nog. Lekker sag. Nie oud en benerig soos Livia, die wyfie van die Caesars.

Nie swart en klein soos ek.

[Wys na haarself] So lyk 'n heerser!

Verstaan sy?

'n Makke?

En langer as óns vrouens… Staan, Plancina, en meet jou!

[Vir Thusnelda]

Hou julle mans daarvan dat jul so lank is?

[Vir offisier]

Jy sê sy praat. En waarom hoor ek niks!

[Vir Thusnelda]

Wat dink jy van my stad? Hy's darem mooier as 'n rietpondokkie in die woud?

Of het hulle huise?

Jy ruk jou hoog. Jy haat ons seker erg.

Maar weet dít goed: die haat help jou ook nie, teen ons help niks. Leer maar gou nederig wees.

[Kekkel van die lag]

Mooi! Sy kan praat! Wie sal jou kinders gee?

Ek kan 'n slaaf stuur om jou voort te help as jy behoefte het. Mooi! Kinders-kry…

dit wil hulle almal, die lang lekker sagtes.

Ook daarvoor kan ek sorg.

[Lag]

As ons die vrees geken het, hoe kon ons Caesars word?

Ek kan die vrees hanteer soos jy 'n naald.

[Wys na Plancina en Offisier]

(4)

4

As ek vir hóm sê: Maak haar dood, dan doen hy dit.

Hy vrees.

As ek vir háar sê: Maak hom dood, dan doen sy dit.

Sy vrees.

Net ék is bokant al die vrees, laat rus my voet daarop soos op 'n vloer.

Dit skeel miskien maar net aan hoe mens kyk:

want ek, vir my, bly rustig en tevrede in hierdie Ryk en hierdie vaste mag

op aarde - wat vas sal staan as jy verdwyn't.

---ooOoo---

(Tafelberg Uitgewers Bpk, Kaapstad)

Referensi

Dokumen terkait

Dit sien ons al in die manier waarop God die opdrag stel – “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun ...” – wat

altyd deur sy raad en hand wat daar ook gebeur.79 Hoewel God se raad verborge is en alle verstand te bowe gaan, word dit deur Gods Woord vir ons op bevatlike wyse geopenbaar.80 In sy

Albasini se swerfgees kon egter nie gedemp word nie en in 1853 trek hy, saam met sy swart volgelinge, na die dorp Zoutpansberg later be- kend as Schoemansdal.. Hoewel Albasini weer 'n

Soos vyf vlamme het hulle daar uitgekom - hulle moes hulle klere van hulle afskeur - maar hulle het hom uitgebring… Daar sal niks met jou pa gebeur nie.. Hulle maak

Toe eindig ons in Rissikstraat op.” Dit was nie lank nie of hul versameling het so gegroei dat hulle maar weer moes oppak en ’n nóg groter perseel Ons versameling bevat eerste

Kopstukke : Uit Drie Eenaktes 3 Nou, elke keer as my oupa ruk - ek het jou mos gesê met Parkinson's ruk 'n mens so aanmekaar - nou ja, elke keer wanneer die oukêrel ruk, het die voëls

En uiteindelik sal jy vroue soek wat na my lyk om 'n nuwe Medea te kry, om jou oumansbed te vul, wanneer die ou Medea niks anders meer is as 'n sak bene nie.. Dan sal die dikte van 'n

Hy kan 'n honderd jaar by Angustias wees, maar laat hy my net omhels, dan is dit iets vreesliks vir jou, want jy het hom ook lief!. Jy het hom