• Tidak ada hasil yang ditemukan

uit sluit

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "uit sluit"

Copied!
14
0
0

Teks penuh

(1)

HOOFSTUK

V.

ENKELE IW#ONINGSTOESTANDE GEDURENDE DIE EERSTEJAAR AAN DIE UNIVERSITEIT.

(DIE 1954-STEEKPROEF)

In hierdie hoofstuk sal gepoog word om aan te toon of, en indien wel, tot in hoe 'n mate

A. die tipe huisvesting waarmee studente hulle hulle gedurende die eerstejaar moet bedien;

B. die aanwesigheid van kamermaats; en

c.

die geografiese verspreiding e.d.m.

'n invloed uitoefen op die akadcmiese prestasies.

A. Die tipe huisvesting waarmee die studente bedien word gedurende hulle eerstejaar op die universiteit.

Die ondersoek het aan die lig gebring dat die studente in dagstudente en koshuisstudente ingedeel kan word. Die dagstudente val uiteen in twee groepe, naamlik

die studente wat tuis inwoon en die studente wat loseer, en dan kry ons die groep studente wat in koshuise inwoon.

Die laasgenoemde groep sluit die studente in wat in die universiteitskoshuise of die Normaalkollege-tehuise tuis gaan.

In die onderstaande tabel word 'n weergawe gegee van die tipe verblyf, asook die akademiese prestasies

van die studente.

Die nulhipotese (Ho) ten opsigte van die ge- noomde indeling is dat die woonplek van die studente ty- dens hulle eerstejaar op die universiteit, nie verskille aantoon ten opsigte van hulle akademiese prestasies nie.

Die studente wat by hulle ouers en by familie- betrekkinge ingewoon het, is saam gegroepeer. 'n Ander groep het bestaan uit die studente wat privaat loseer het, op hul eie in kamers of hotelle gewoon het en in privaatlosieshuise tuisgegaan het. Die derde groep het die studente wat in koshuise gewoon het, ingesluit.

Die Chi-kwadraatwaarde van 2.17 wat verkry is, is nie-beduidend. Ons kan nie die hipotese (Ho) verwerp nie.

(2)

TABEL 5.1

-

Die woonplek van die studente en daarteenoor hulle akademiese prestasies.

Op eie in

By Familie- By Privaat kamer of Privaatlosies-

Kursus- BY o l.ers betre k:kin,ge mense woonstel. huis of hotel Koshuis Totaal groep. Slaag Druip Slaag Druip Slaag Druip Slaag Druip Slaag Druip Slaag Druip Slaag Druip

B.A. 16 0 1 2 1 0 2 0 1 1 26 8 47 11

B.Sc. 3 5 1 0 0 1 1 0 1 1 12 3 18 10

Medies 4 7 2 1 5 6 0 0 4 0 17 10 32 24

Totaal 23 12 4 3 6 7 3 0 6 2 55 21 97 45

(3)

B. Die aantal inwoners per kamer vergelyk met die akade- miese prestasies van die studente, dit wil s€ die aanwesigheid van kamermaats en daarteenoor slaag- druipprestasie s.

Uit Tabel 5.3 sal gepoog word om

vas te stel of die aanwesigheid van kamermaats enige in- vloed op die studente se akademiese prestasies uitoefen.

Die nulhipotese (Ho) ten opsigte van die

gcnoemde gegewens is dat die aantal kamermaats van die eerstejaarstudente tydens hulle eerstejaar op die univer- si tei t, nie verskille aantoon ten opsigte van hulle aka- demiese prestasies nie.

Die verkreEi Chi-kwadraatwaarde van 8.83 is beduidend - byna by die 1% waarskynlikheidsvlak.

Ons kan dus die hipotese (Ho) verwerp. l) Die eerstejaarstudente wat kamermaats het, presteer (bedoelende: meer slaag en minder druip) bedui- dend beter in die eerstejaar so eksamens as die eerstejaar- studente sonder kamermaats.

1) Hierdie resultaat kan moontlik gedeeltelik daaraan toegeskrywe word dat die B.A.-groep (met betreklike lae druipsyfer) so sterk verteenwoordig is in die een kamermaatkategorie~.

Let egter daarop dat die een kamermaatkategorie~ in aldrie die hoof-studierigtings 'n ho~r slaagsyfer vertoon as die geen kamermaatkategorie.

TABEL 5.2

Geen kamermaat Een kamermaat

Kursusgroep Slaag Druip Slaag Druip

B.A. 13 4 31 4

.B.Sc. 6 6 9 3

Medi es 15 15 14 6

Totaal 34 25 54 13

(4)

TABEL 5.3

Die aantal kamermaats vergelyk met die studente se akademiese prestasies.

Nul Een Twee Drie en/of Totaal

Kursus- me er

groep. Slaag Druip Slaag Druip Slaag Druip Slaag Druip Slaag Druip

B.A. 13

4 31 4 3 3 0 0 47 11

B.Sc. 6 6 9 3 3 1 0 0 18 10

Me dies 15 15 14 6 3 3 0 0 32 24

Totaal 34 25 54 13 9 7 0 0 97 45

(5)

c.

Die buurt van huisvesting.

Met betrekking tot die buurt van huisvesting is besluit om alleenlik die dagstudente in aanmerking te neem. Die rede is voor die handliggend: die koshuise wat die universiteit bedien is almal binne 'n redelike gerieflike afstand vanaf die universiteit gele~. Alleen- lik die dagstudente lewer in die verband moontlike pro- bleme op, uangesien hierdie groep studente, die groep wat by hulle ouers woon uitgesluit, self kP.n kies waar hulle graag wil woon.

Die gegewens wat in hierdie afdeling verstrek word, het dus slegs betrekking op die dagstudente.

1.

Die afstand vanaf die universiteit.

In die onderstaande tabel word 'n drieledige imdeling g~bruik. Die studente wat binne 'n kort af- stand, in die geval tot en met twee myl naastenby, die wat op 'n middelmatige afstand, volgens ons beoordeling

tussen twee en vier myl woonagtig is en die derde groep is die groep wat sowat vier myl en/of verder vanaf die universiteit woon.

Die bostaande indeling maak dus voorsiening vir 'n kort afstand, middelafstand en lang afstand.

TABEL

5.4

Kursus Af stand vanaf die universiteit.

groep. 0.2 myl 2-4 myl 4 + myl Totaal

B.A. 10 7 7 24

B.Sc. 5 6 2 13

Me dies 13 7 9 29

Totaal 28 20 18 66

(a) Die B.A.-groep:

(i) Ongeveer 42% studente het binne 'n straal van minder as twee myl vanaf die universiteit gewoon.

(ii) Sowat 29% het tussen twee en vier myl vanaf die universiteit gewoon.

(6)

- 95 -

(iii) Ongeveer 29% studente het verder as vier myl vanaf die universiteit gewoon.

(b) Die B.Sc.-groep.

(i) Ongeveer 38% studente het binne 'n twee myl straal vanaf die universiteit

gewoon.

(ii) Ongeveer

46%

het tussen twee en

vier myl vanaf die universiteit gewoon.

(iii) Slegs sowat

15%,

studcmte het verder as vier myl vanaf die universiteit gewoon.

( c) Die ~ilediese groep:

(i) Ongeveer

45%

studente het binne 'n straal van tweG myl vanaf die univer- si teit gewoon.

(ii) Sowat 24% het tussen twee en vier myl vanaf die universiteit gewoon.

(iii) Die res, ongeveer

31%,

het verder as vier myl vanaf die universiteit gewoon.

(d) Die Totale groep:

(i) Sowat 42% studente het binne 'n twee myl straal vanaf die universiteit gewoon.

(ii) Ongeveer

30%

studente het tussen twee en vier myl vanaf die universiteit gewoon.

(iii) Ongeveer 29% studente het verder as vier myl vanaf die universiteit gewoon.

2. Die rede(s) waarom die studente daar woon:

Hier word slegs drie moontlike redes waarom 'n student b;y sy/haar betrokke woonplek tuisgegaan het, aangetoon. Die rede is voor die handliggend~

'n student woon by sy/haar ouers, 6f by familiebe- trekkinge of so nie loseer hy/sy. In die geval van die eerste twee gevalle staan 'n student dus teenoor die een of ander verpligting, dog in die derde geval hang dit hoofsaaklik van sy/haar eie besondere keuse af.

(7)

TABEL

5.5.

Die redes waarom die student(e) daar woon Kursusgroep By ouers Familie Lo seer

B.A. 16 3

5

B.Sc. 8 1 4

Medies 12 3 14

Totaal 36 7 23

(a) Die B.A.-groep:

(i) Ongeveer 67% van die studente het by hulle ouers gewoon;

(ii) Sowat 13% het by familiebutrekkinge gewoon.

(iii) Omtrent 21% studente het loseer.

(b) Die B.Sc.-groep:

(i) Ongeveer 62% studente het by hulle ouers gewoon.

(ii) Sowat 8% studente het by familiebe- trekkinge tuis gegaan.

(iii) Omtrent 31% studente het loseer.

(c) Die Mediese groep:

(i) Ongeveer 41% studente hat by hulle ouers gowoon.

(ii) Sowat 11% hot by familiebetrekkinge tuis gegaan.

(iii) Ongeveer 48% het loseer.

(d) Die Totale groep:

(i) Uit 'n totaal van 66 studente het ongeveer

55%

studente by hulle ouers gewoon.

Totaal 24 13 29 66

(8)

3.

- 97 -

(ii) Ongeveer 11% studente het by familie- betrekkinge tuis gegaan.

(iii) Sowat 35% studente het loseer.

Die afstand wat die student vanaf die universit~it

woon en die rede(s) waarom hy/sy daar woon:

In hierdie af deling sal elke af sonderlike kursusgroep afsonderlik ontleed word.

(a) Die B.A.-groep.

TABEL

5.6

Die afstand wat die student vanaf die universiteit woon en die rede(s) waarom hy/sy dp.~r woon.

Af stand vanaf Rede(s) waarom hy/sy Totaal universiteit daar woon

0 - 2 myl By ouers 4

By familiebetrekkinge 2

Lo seer 4

Totaal 10

2 - 4 myl By ouers

By familiebetrekkinge Lo;;rner

Totaal

4 en meer myle By ouers

By familiebetrekkinge Loseer

Totaal

(aa) 0-2 m.yl vanaf die universiteit.

(i) Ongeveer 40% studente het by hulle ouers gewoon.

(ii) Sowat 20% het by familiebe- trekkinge gewoon.

(iii) Ongeveer 40% het loseer.

(bb) 2-4 m,yl vanaf die universiteit.

6 0 1

7 6 1 0 7

(i) Ongeveer 86% van die groep het by hulle oucrs gewoon.

(9)

(ii) Daar was g0en studente wat by familiebetrekkinge tuis gegaan het nie.

(iii) Ongeveer 14% studente hGt loseer.

(cc)

4

GnJneer myle vanaf die universiteit.

(i) Ongeveer 86% studente het by hulle ouers gewoon.

(ii) Sowat 14% het by familiebetrGkkinge tuis gegaan.

(iii) Daar was geen loseerders in hierdie groep aanwesig nie.

TABBL

5.7

ID1e af stand vva-c die student vanaf die universiteit die rede(s) vmarom hy/sy daar

j woon en woon.

t

Afstand vanaf Re de ( s) ·vvaarom hy/sy

universiteit daar woon Totaal

--

0-2 myl By ouers 1

By familiebetrekkinge 0

Lo seer 4

i - - - - -

·--·

-

I

!

Totaal 5

·-

-

2-4 myl By ouers 5

By· familiebetrekkinge 1

Lo seer 0

Totaal

-

6

-

4 -en meer myle By ouers 2

By familiebetrekkinge 0

Lose er 0

Totaal 2

( aa) 0-:2

m.Yl..

vanaf _£,_ie uni versi tei t.

(i) Ongeveer 20% studente bet b,y- hulle ouers gewoon.

(ii) Daar was geen studente wat by familiebetrekkinge tuis gegaan het nie.

(10)

- 99 -

(iii) Ongeveer 80% van die groep het loseer.

(bb) 2-4 myl vanaf die universiteit.

(i) Sowat 83% studente van hierdie groep het by hullo ouers gewoon.

(ii) Ongeveer 17% studente het by familiebetrekkinge tuis gegaan.

(iii) Daar was geen studente wat loseer het nie.

(cc)

4

en meer myle vanaf die universiteit.

(i) Albei studente (ongeveer 100%) het by hulle ouers gewoon.

(ii) Daar was geen studente wat by familiebetrekkinge tuis gegaan het nie.

(iii) Hierdie groep het geen loseerders gelevrnr nie.

(c) Die Mediese groep.

TABEL

5.8

Die afstand wat die student vanaf die universiteit woon en die Tede(s) waarom hy/sy daar woon.

Af stand vanaf Rede(s) waarom hy/sy Totaal universiteit daar woon

0-2 myl By ouers 3

By familiebetrekkinge 1

Lo seer 9

Totaal 13

2-4 myl By ouers 2

By familiebetrekkinge 0

Lose er 5

Totaal 7

4 en meer myle By ouers , 7

By familiebetrekkinge 2

Loseer 0

Totaal 9

(11)

(aa) 0-2 myl vanaf die universiteit.

(i) Ongeveer 23% studente het by hulle ouers gewoon.

(ii) Sowat 8% studente het by familie- betrekkinge gewoon.

(iii) Omtrent 69% studente het loseer.

(bb) 2-4 m.yl vanaf die universiteit.

(i) Ongeveer 29% studente het by hulle ouers gewoon.

(ii) Daar was geen studente wat by

familiebetrekkinge gewoon het nie.

(iii) Omtrent 71% studente van hierdie groep het loseer.

(cc) 4 en_..2}1eer m.yle vanaf die universiteit.

(i) Ongeveer 78% van hierdie eroep het by hulle ouers gewoon.

(ii) Sowat 22~ het by familiebetrekkinge tuis gegaan.

(iii) Hierdie groep lewer geen loseerders op nie.

(d) Die Totale groep.

TABEL

5.9

Die afstand wat die student vanaf die universiteit woon en die rede(s) waarom hy/sy daar woon.

Afstand vanaf Rede(s) waarom hy/sy

Totaal universiteit daar woon

0-2 myl By ouers 8

By familiebetrekkinge 3

Losee:..~ 17

Totaal 28

2-4 myl By ouers 13

By familiebetrekkinge 1

Lose er 6

Totaal 20

4 en meer my le By ouers 15

By familiebetrekkinge 3

Lose er 0

Totaal 18

(12)

- 101 -

(aa) 0-2

rnyl

vanaf die universiteit.

(i) Ongeveer 29~ studente het by hulle ouers gewoon.

(ii) Sowat 11% van hierdie groep het by fa..~iliebetrekkinge tuis

gegaan.

(iii) Die grootste groep, naa.mlik, ongcveer 61% van hierdie groep het loseer.

(bb) 2-4 myl vanaf die universiteit.

(i) Sowat 65% van hierdie groep het by hulle ouers gewoon.

(ii) Ongeveer 5% studente het by familiebetrekkinge tuis gegaan.

(iii) Hierdie groep lewer ongeveer 30%

studente op wat loseer het.

(cc) 4 en meer myle vanaf die universiteit.

(i) Die grootste groep, sowat 83%, het by hulle ouers gewoon.

(ii) Ongeveer 17~ studente het by fa:miliebetreklcinge tuis gegaan.

(iii) Daar was geen studente in hier- die groep wat loseer het nie.

4. Die toestand van die gebou, veral die kamer. 1 ) (a) Meubels.

Hierdie aspek is veral volledig gedek in die 1955-opname waarvan 'n volledige verslag in die Byvoegsel verskyn. (Hoofstuk IX).

(b) Kamermaats.

Die aanwesigheid van kamermaats op die akademiese prestasies van die studente, is ook breedvoerig uitgepluis. Die verband tussen die 1) Die bevindinge9 met betrekking tot (d) en (e),

berus op waarneming7 besoeke aan die verblyfplekke van die studente en persoonlike onderhoude wat met die studente gevoer is.

(13)

akademiese prestasies en die aanwesigheid van kamerm.aats is vroe~r in hierdie hoofstuk aangetoon.

Oor die algemeen is die studente tevrede met hulle kamermaats. Hierdie faktore skyn nie

'n te groot invloed uit te oefen nie, aange- sien die studente gewoonlik instaat is om van maats te verwissel indien hulle nie goed met mekaar kan klaarkom nie. Dit wil ook voorkom asof prikkelbaarheid ten opsigte van kamermaats die bre~r gemeenskap se simpatie wegdra. In koshuise, losieshuise en selfs by ouerhuise is hicrdie faktorc van haaksheid gewoonlik gou opgelos.

5.

'n Vergelyking van die inwoningstoestande van die eerstejaarstudente na aanleiding van die geslagte- like samestelling en die onderskeie kursusgroepe.

(a) Die geslagtelike samestelling.

Hier het geen spesifieke en ooglopende ver- skille hulle voorgedoen nie. Dit het voorgekom asof albei die geslagte min of meer onder soort- gelyke omstandighede gewoon het. Dit, altans1

wat die dagstudante oor die algemeen betref.

Ten opsigte van die koshuisstudente wil

dit voorkom asof daar wel •n verskil aanwesig is.

Daar is meer gevalle aangetref waar drie of meer mansstudente saamgehok is in een kamer - veral in die geval van drie koshuise. Wat betref die inwoningstoestande van die dames wil dit voorkom asof die drunes in tehuise •n geringe voordeel geniet bo die mans in tehuise, l)

1) Die nulhipotese (Ho) in hierdie geval is dat 1n eerstejaarstudent se geslag nie 'n invloed uitoefen op sy/haar akademiese prestasies nie.

Uit 'n totaal van 142 eerstejaarstudente was 104 mans en 38 dames. 64 Mans en 33 dames het onder-

skeidelik geslaag.

Die verkre~ Chi-kwadraatwaarde van 8.23 is bedui- dend en gevolglik kan ons die hipotese (Ho) verwerp,

(14)

- 103 - (b) Kursusgroepe.

Dit wil voorkom asof daar geen ooglopende en spesifieke verskille in die inwoningstoestande hulle hier voordoen nie.

Ten opsigte van die koshuis-akkommodasie wil dit lyk asof die B.A.- en B.Sc.-groepe 'n groter voordeel geniet, aangesisn hierdie twee kursus- groepe tot 'n groot mate opgeneem word deur die tehuise van die plaaslike Onderwyskollege.

Referensi

Dokumen terkait

Binne die konteks van Christelike moraliteit, sal die individu wat Stadium 6 bereik, moraliteit volgens Christelik-etiese beginsels beoefen wat in praktyk ‟n groter impak tot gevolg sal

Die bene van al die ander manne wat daar geval het, is gekry en daar begrawe." Volgens Steenkamp, bet bulle die nag voor die geveg naby die Vhlatuzirivier geslaap.. Vroeg, v~or

In die ondersoek na die verhouding tussen kerk en staat staan die vraag wat “kerkreg” is en wat die kerklike en juridiese benadering en betekenis wat relevant is tot so ’n ondersoek

In die geval van hierdie “meningsverskil” tussen my en Van Coller oor die ver- band tussen “stories” en psigiese heling meen ek ’n goeie benadering tot die pro- bleem sou wees om die

Alhoewel die verwantskappe ontstaan tussen die genoemde werke van Opperman, is hierdie ietwat verwagte temas en motiewe wat aangetref word in sy Komas uit ’n bamboesstok van ’n meer

Volgens sosiale-identiteitsteorie val alle sosiale situasies iewers tussen hierdie twee uiterstes Jesus en die Samaritaanse vrou, en gedrag teenoor mense word geklassifiseer as deel van

Van die 1 136 eerstejaarstudente wat in 1976 vir die eerste keer aan n universiteit ingeskryf het, en wel aan die PU vir CHO, is die volgende persentasie responsies in die groepe

Orestes kom binne en sien Elektra waar sy geluidloos soos 'n dier in die grond grawe.. Sy hou op, kyk om haar rond en grawe