• Tidak ada hasil yang ditemukan

View of ’n Persoonlike bekendstelling

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "View of ’n Persoonlike bekendstelling"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

468

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 63 No. 3: September 2023 doi.10.17159/2224-7912/2023/v63n3a2

’n Persoonlike bekendstelling

Dit is vir my ’n eer en ’n voorreg om prof. Ernst F Kotzé kortliks bekend te stel.

In 1995 is ek tot die Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns verkies.

Daar het ek ’n man raakgeloop wat ek so half en half geken het: Ernst Kotzé. In die 17 jaar dat ons saam in die TK gedien het, het my agting en waardering vir hom al hoe groter geword – nie net vanweë sy verbysterende taal-, tale- en taalkundekennis nie, maar veral dalk ook vanweë sy geaardheid. Ek is grootliks bevoorreg daardeur dat daardie halwe kennis van 1995 sedertdien vir my tot ’n baie verrykende vriendskap ontwikkel het.

Ernst is nogal iets besonders, want taalkundiges wat op soveel uiteenlopende terreine van die taalkunde op so ’n hoë vlak funksioneer, kom nie tiekie ’n bossie nie.

Hy is ’n formidabele poliglot wat nie slegs Afrikaans en Engels ken nie, maar ook Duits, Frans, Italiaans, Portugees, Spaans, Noorweegs, Japannees, Zulu en Xhosa, plus ’n teoretiese kennis van Russies, Moderne Grieks, Sweeds en Deens. As ’n mens daarby sy kennis van die linguistiek in die algemeen en sosiolinguistiek in die besonder voeg, is dit duidelik dat hierdie bron van kennis ’n besondere bate in die werk van die Taalkommissie was. Trouens, hy word steeds dikwels geraadpleeg om raad of uitsluitsel oor bepaalde kwessies te gee. Ek ken hom boonop as iemand wat nooit suinig is om sy kennis met jou te deel nie.

Uit hierdie kennis het twee uitsonderlike woordeboeke gespruit: ’n Afrikaans-Zoeloe- woordeboek met Engelse vertalings (saam met dr. Vusumuzi P Wela) en ’n Afrikaans-Japannese woordeboek met Engelse vertalings (saam met dr. Takashi Sakurai). Laasgenoemde woorde- boek gee aan die Afrikaanse gebruiker ook uitspraak- en leesleiding vir en ’n kort grammatika van Japannees. Hieruit blyk nie net Ernst se leksikologie- en leksikografi ekennis nie, maar ook die wydheid van sy belangstellings- en kennisvelde.

Danksy sy doktorale proefskrif, wat oor aspekte van Maleierafrikaans gehandel het, het Ernst

’n deurslaggewende rol gespeel in die opname in die AWS van ’n seleksie van veel voorkomende woorde uit hoofsaaklik die standaardtaal van Moslem-Afrikaanssprekendes, waardeur nie net die belangrikheid van hierdie gemeenskap in die ontwikkeling van Afrikaans en in hedendaagse Afrikaans erken is nie, maar daardie Afrikaans uiteindelik sy regmatige plek in die breë Standaardafrikaans ingeneem het.

In die afgelope klompie jare was Ernst ook die grondlegger van forensiese linguistiek in Suid- Afrika, nie net akademies nie, maar ook in die praktyk. ’n Student of twee het reeds onder sy leiding in forensiese linguistiek gepromoveer, maar hy het ook reeds in howe as spesialisgetuie op die gebied van forensiese linguistiek opgetree, in een geval selfs virtueel in ’n Duitse hof.

Ernst het reeds verskeie eerbewyse ter erkenning van sy werk ontvang, ook van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. In 2006 word hy die eerste (en tot dusver die enigste)

(2)

469

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 63 No. 3: September 2023 doi.10.17159/2224-7912/2023/v63n3a2

Suid-Afrikaner wat ’n Erepenning van die Belgiese diensorganisasie Marnixring ontvang vir sy internasionale bydrae tot die ontwikkeling van Nederlands (en Afrikaans).

In die jare lange werk aan die jongste Afrikaanse Bybelvertaling – Die Bybel 2020-vertaling – het Ernst ’n wesenlike rol as hoof- Afrikaanse taaladviseur gespeel. Van sy onmisbare bydrae hierin getuig almal wat aan daardie reuseprojek meegewerk het.

Dit sou nog etlike bladsye kos om Ernst se prestasies en publikasies te noem, maar hy sou dit waarskynlik nie wou hê nie, want ondanks alles wat hy bereik het en ondanks ’n buitengewone intelligensie is hy ’n beskeie mens sonder pretensie en vertoon. Hy is waarlik ’n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.

Ek is dankbaar dat ek nog gereeld uit sy wye kennis kan put, maar ek is nog dankbaarder dat ek hom my vriend kan noem.

TOM MCLACHLAN

Referensi

Dokumen terkait

Wat wel in die volgstroom van Newton se wetenskaplike bydrae lê – as alternatiewe storie – is ’n verstaan van die natuur as ontwikkelende sisteem, ’n veel indringender en effektiewer

Jan Romein het byvoorbeeld meer as net terloopse aandag gekry.75 Romein het ‘n belangrike invloed op Van Jaarsveld se denke oor die geskiedenis gehad, veral in sy pleidooie dat veel

Leierskapsopleiding waarin die volgende aspekte ’n opsomming van die aspekte wat in hierdie artikel behandel is van die langtermyn dimensie van die onderwyser se leierskapsrol

Ek het hierdie biografie, wat in werklikheid 'n besonder goeie beeld van die Nederlandse kultuur en maat- skaplike toestande en verhoudings van voor die Eerste Wereldoorlog tot die

Die historici van die verlede het dus heeltemal 'n ander opvatting gehad van die geskiedenis van die mens as die historici van ons tyd, wat veral vanaf die Eerste Wereldoorlog van

Vir my gevoel is daar twee aspekte 4Jie mens: wat het hom gemaak wat hy is, sy persoonlikheid en karakter, wat het hom sy messia6-statuur besorg - oor die w@reld hoekom vereer en

Daarby is dit opvallend hoe relatief min aandag Stals skenk aan die Nama en Oorlams en die rol van die sendelinge – iets soos hoofstuk 3 sou baie gebaat het by ’n nouer omgang met die

Hierdie woorde van Miga het te doen met wat ek hierbo die individuele vlak ge- noem het, met ander woorde dit gaan in feite oor die probleem van individuele grondbesit en nie oor die