• Tidak ada hasil yang ditemukan

View of Spesiale tema: Afrikaans – Huidige inisiatiewe en toekomstige perspektiewe

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2023

Membagikan "View of Spesiale tema: Afrikaans – Huidige inisiatiewe en toekomstige perspektiewe"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

874

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 62 No. 4: Desember 2022

Uitnodiging

Spesiale tema: Afrikaans – Huidige inisiatiewe en toekomstige perspektiewe

In die vorige twee uitgawes, die Junie- en Septembernommers, is twee meningstukke oor “die twintig jaar van openbare taaldebat op Stellenbosch” (Brink, p. 411) geplaas. In sy weergawe meen prof. Chris Brink, voormalige rektor van die Universiteit Stellenbosch (2002–2007), dat die kern van die probleem opgesom kan word as die botsende verwagtinge betreffende die belange van Afrikaans aan die een, en die belange van die Universiteit Stellenbosch aan die ander kant. Op sy beurt bevind dr. Edwin Hertzog, voormalige voorsitter en ondervoorsitter van die Raad van die Universiteit Stellenbosch (2000–2008) “dat die aanpassings wat gedurende prof. Brink se termyn aan die taalbeleid gemaak is, nodig en in die beste belang van die universiteit was”, alhoewel hy dit terselfdertyd betreur “dat die akademiese onderbou van Afrikaans in die proses onder druk gekom het” (Hertzog, p. 608).

Twintig jaar later het die tersiêre landskap in Suid-Afrika onherroeplik verander en is Afrikaans as wetenskapstaal ongetwyfeld onder druk. Nietemin is daar die afgelope twintig jaar ook verskeie inisiatiewe onderneem waardeur Afrikaans op verskillende terreine bevorder is.

Hiervan is die stigting van Akademia, ’n privaat hoëronderwysinstelling, byvoorbeeld onteen- seglike getuienis van ’n voortgesette betrokkenheid by die handhawing van Afrikaans as wetenskapstaal.

Hiermee nooi die redaksie alle belangstellendes uit om deel te neem aan ’n spesiale temanommer oor huidige en toekomstige inisiatiewe rakende Afrikaans, waarin herbesinning oor vroeëre optredes en standpunte beslis ook sal figureer. Prof. Wannie Carstens, die aangewese gas­

redakteur, sal later ’n vollediger uiteensetting van die beoogde temanommer verskaf. Intussen word belangstellendes versoek om aan hom te skryf by: wannie.carstens@nwu.ac.za.

Ina Wolfaardt-Gräbe

Referensi

Dokumen terkait

Vierdens: Die identiteit van Christus se hoëpriesterskap word bepaal deur kontinuïteit en diskontinuïteit tussen die ou, die nuwe en die toekomstige bedelings – soos blyk uit die