Lees ons & adverteer AANLYN www.
14 OKTOBER 2022 Gestig 1955
R2-00
VAT INCL
Waardige troukiekie-wenners
Duan en Liné du Preez van Lichtenburg is uit ‘n groot aantal inskrywings van Noordwester se troukiekie-kompetisie gekies as wenners met die besondere troufoto wat hul van hul huweliksdag ingeskryf het. Die foto is in Potchefstroom na afloop van hul troue geneem en vir beide baie spesiaal aangesien
hulle vroeër in Potchefstroom ontmoet en verlief geraak het. Lees meer oor die paartjie op bl. 5.
Spesialis-eenhede ontplooi om
kabeldiewe vas te trek – bl. 3 Opwindende Jeugskou op
Lichtenburg gehou – bl.4
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die gewilde Steakaand van die Gereformeerde Kerk Uitschot (in die Vermaas- omgewing) vind op 14 Oktober (vanaand) om 18:00 plaas.
Hierdie geleentheid is al vir meer as 15 jaar
‘n instelling van die gemeente om fondse in te samel en is elke keer ‘n heerlike kuier- geleentheid. Daar sal oudergewoonte
‘n verskeidenheid vleis en hamburgers wees om van te kies en die smullekker Dom Pedros en melkskommels vir die kinders sal nie teleurstel nie.
Die Boere- gemeente wat omring word deur weiding en mielielande bestaan uit ongeveer sestig lidmate. Gebruik hierdie geleentheid om die gemeente te ondersteun en ook terselfdertyd ‘n baie lekker aand te geniet saam met vriende en familie.
Daar is steeds plek beskikbaar dus is u welkom om vir tafelbesprekings/
kaartjies, vir Yolanda – 0791861842 of Adri – 0824555130 te skakel.
Kry jou kaartjie vir gewilde Steakaand vanaand
Sentrum stem saam dat sy ‘n regte Ma-figuur vir almal daar is en elkeen wens haar ‘n wonderlike nuwe lewensjaar vol geluk, liefde en goeie gesondheid toe.
Die personeel van Clarkes Tuinsentrum in Bantjesstraat, Lichtenburg het op Dinsdag, 11 Oktober die eienaar van die sentrum, Susari Loubscher bederf op haar verjaarsdag met geskenkies, blomme en blyke van waardering vir dit wat sy vir hul beteken. Susari se personeel en almal in die Leefstyl
Ons ‘Ma’
verjaar!
Twee oulike honde verlore
Die mooi reun is verlore en gevind in Thabo Mbeki-rylaan, Lichtenburg. Hy wag by die Lichtenburg Dierewelsyn op sy baas om hom te gaan haal. Skakel 0713139248 om reëlings te tref.
Die oulike Foxterriër kruising tefie is verlore gevind in Sarel Celliersstraat, Kieserville, Lichtenburg en word tans by die Lichtenburg Dierewelsyn gehuisves. Skakel gerus
0713139248 om reëlings te tref om haar daar te gaan haal as sy joune is.
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die VF Plus verwelkom die ontplooiing van spesialis polisie-eenhede om kabeldiefstal in Noordwes te ondersoek. Dit volg nadat diefstal van kabels en Eskom-infrastruktuur reeds vir ‘n geruime tyd veral in die gebied tussen Lichtenburg en Ventersdorp hoogty vier.
Die VF Plus het op 11 Oktober 2022 tydens ‘n ministeriële voorlegging in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) oor die skaal en impak van die vernietiging en diefstal van openbare infrastruktuur, die versekering van die polisie se ministeriële afvaardiging ontvang dat hierdie eenhede eersdaags in die
provinsie ontplooi sal word.
Genl. Maropeng Mamotheti het namens die adjunkminister van polisie, Cassel Mathale, gesê dat hierdie eenhede ook
spesifiek aandagsal gee aan die vernietiging van diefstal van Eskom- infrastruktuur in die gebied tussen Lichtenburg en Ventersdorp.
Hierdie gebied loop lank reeds deur onder grootskaalse kragonderbrekings weens goed georganiseerde kabeldiewe. Boere en sakelui het al
groot finansiëleverliese weens die onderbrekings gely.
Dit is duidelik dat kabeldiefstal- sindikate die gebied geteiken het. Kilometerlange kraglyne en selfs hoogspanningsdrade word gereeld deur goed toegeruste misdadigers gesteel.
Swaarvoertuie word gebruik om die tonne draad weg te voer.
Die ontplooiing van die spesialis-eenhede volg op herhaalde versoeke tot ingryping deur die VF Plus die afgelope jaar. Die VF Plus sal die situasie en vordering met die ondersoeke bly monitor.
Spesialis Polisie-eenhede om
kabeldiefstal te ondersoek verwelkom
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die aantal polisielede wat by misdaad in Noordwes betrek word, is skokkend.
Die minister van polisie, Bheki Cele, het in antwoord op ‘n parlementêre vraag van die VF Plus bekend gemaak dat 104 polisielede in die provinsie sedert 2020 by misdaadvoorvalle betrokke is.
Die erns van die misdadigheid is kommerwekkend. Dit sluit in poging tot moord, sakeroof, korrupsie, verkragting, ontvoering en diefstal. Die minister het bevestig dat vyf Noordwes polisielede oor die afgelope twee jaar in hegtenis geneem is. Een is reeds gevonnis.
Geen melding is in die antwoord gemaak oor vordering met ondersoeke teen die ander 99 lede nie. Die VF Plus sal in ‘n opvolgvraag aan die minister aandring op ‘n volledige uiteensetting van die status van hierdie ondersoeke.
Opmerklik ook is die groot aantal senior polisielede en speurders wat by hierdie misdade betrek word. Polisie-
offisiere met range soos kolonel,eenheidsbevelvoerders en langdienende lede van die polisie, vorm deel van die statistiek. Dit is juis diegene waarna opgekyk word in die gemeenskap en wat daarom ‘n voorbeeld behoort te stel.
Hierdie stand van sake skep ‘n donker prentjie in ‘n provinsie waar die gemeenskap toenemend vertroue in die polisie verloor. Voorvalle waar gemeenskappe die reg in eie hande neem kom ook al hoe meer voor. Hierdie situasie dui ook op die lae morele vlakke onder polisiebeamptes wat oor die afgelope jare ontstaan het, onder meer weens onstabiliteit in die nasionale polisiebestuur. Die meeste toegewyde polisiebeamptes ly ook nou onder die gevolge van swak betuur en die dade van misdadige elemente in die polisie. Die herstel van die moreel en dissipline in die polisie behoort minister Cele se hoogste prioriteit te geniet.
Vlakke van misdaad onder polisielede skok
Itsoseng Police back to taverns
On 2 October the Itsoseng Police visited local taverns to address GBV and encouraged the community to solve their personal problems in a good manner. Warrant Officer Mokgothu (on the photo), asked residents and the elderly to report any abuse in their community. He also encouraged tavern owners to close on time and to make sure the security at taverns is up to scratch. The owners of the taverns appreciated the good work done by Itsoseng Police.
The Coligny Community Cleaning Team, under the leadership of Amalia Legote worked very hard the past months to keep Coligny clean despite the ongoing strike of Municipal workers because they did not get paid. Amalia and her team keep their promise to the community of Coligny to help clean the town and they loaded six loads of rubbish with the bakkie provided by Frans Gerber who they are very grateful for. On the photos the team is busy cleaning Voortrekkerstreet, offloading the rubbish at the dumping site and a photo of the street after the cleaning took place.
They thank everyone in the community that supported them in their effort.
Reliable team
keep Coligny clean
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Noordwes Landbou Jeugskou en die Lichtenburg skouterrein het hul vere reg geskud vir die een en twintigste Nasionale Landbou Jeugskou kampioenskappe wat van 2 tot 5 Oktober plaasgevind het.
21 ste Nasionale Landbou Jeugskou Kampioenskappe
Die geleentheid is bygewoon deur agt provinsies, uitgesonder Wes-Kaap, en ongeveer 300 kinders, hul afrigters, ouers en besoekers. Die room van Suid Afrika se jong landbou skoumanne het gekompeteer in 15 afdelings vir die titel as Opperste of Groot Kampioen Skouman in ʼn bepaalde afdeling en ouderdomsgroep. Afdelings het ingesluit; vleis- en suiwelbees, perde , wol- en vleisskaap, vesel-, vleis en melkbokke.
Die statiese afdelings was pluimvee, konyne, sier- en wedvlugduiwe asook kulinêre kunste en suiwelbereiding.
Met die kampioenskap het die Suiwelbereiding skoumanne ʼn verskeidenheid kase en joghurt gemaak. Die ouderdom van die skouman die het die moeilikheidsgraad van die kaas of joghurt resep bepaal. Junior skoumanne het drink-, gegeurde joghurt en roomkaas, terwyl die senior skoumanne Haloumi, Ricotta en mascarpone gemaak het.
Een van die gunsteling afdelings die jaar was die kulinêre kunste waar die skoumanne kolwyntjies moes versier. Senior skoumanne het ʼn drie dimensionele ruiker gemaak met 12 tot 15 kolwyntjies, slegs botterversiersel kon gebruik word. Die junior kulinêrekuns skoumanne
het ʼn plat ruiker met nege kolwyntjies gemaak en kon botterversiersel en fondant gebruik. Die 7 tot 10-jarige, Junior-junior, skoumanne het botterversiersel, fondant en lekkertjies gebruik om hul blommetjies te maak.
ʼn Splinternuwe afdeling wat vanaf 2022 deel geword het van Jeugskou was die Afslaer- afdeling. Slegs drie senior skoumanne van elke provinsie mag deelgeneem het aan die afdeling wat deur Veeplaas en Toyota ge-ondersteun was.
Jong afslaers het eerste handse ondervinding op gedoen deur verlede Dinsdag plaaslik , by ‘n Swariko-veiling, diere op te veil.
Ouderdomsgroepe is Junior-junior; 7-10 . Junior 11tot 14 en Senior 15 tot 18 jaar.
Die Biosekuriteit protokol vir die voorsorg en hantering van gehoefde skoudiere, met betrekking tot Bek-en-Klouseer, vanaf verskillende provinsies is baie streng nagekom. Staatsveeartse en –tegnici het die diere met aankoms deurgaan en nadat hul B&K vry gesertifiseer was, kon hul na die skou krale gaan. Voertuie en besoekers moes deur die verskillende biosekuriteit sones gaan.
Die Noordwes span het bestaan uit 55 skoolkinders van Hoër- en Laerskool Sannieshof, Stella Gekombineerde Skool , en Hoërskool
Wesvalia, asook tien afrigters. Om te kwalifiseer, moes die skoumanne aan twee provinsiale skoue deelneem en die die hoogste gemiddeld onder die beste drie eindig.
Noordwes was ook gasheer van die geleentheid, en het die jaar met die louere weg- gestap.
Verskeie maat- skappye het as borge vir die kampioenskappe opgetree.
Die kompe- tisie het bestaan uit
vier komponente: ʼn toets oor die produksie handleiding, was van die skoudier, voorbereiding en skouman waar meegeding word om die dier die beste te vertoon.
Ringgidse, Juniorbeoordelaars en Hoof- beoordelaars was in die meeste gevalle self kampioen of reserwe kampioen-skoumanne.
Hoërskool Sannieshof verwerf 11 goue, vier silwer en een brons medaljes.
Leala Schutte (Vleisbees Junior-junior), Ingrid Schutte (Melkbees Junior), Divan Venter (Wolskaap Junior) en Emjee Greef (Wedvlugduif Junior) wen met die interafdeling-kompetisie die titels as Groot kampioene in die onderskeie klasse.
Twee van die skoumanne - Penelope Tofarides en Ryno Sachse - word as Opperste skoumanne aangewys deur die hoogste punte in die Grootvee en Statiese afdeling te behaal.
‘n Baie trotse Eric Louw, Voorsitter van die Noordwes Jeugskou wat saam met Driekie Louw (Landbouwetenskap-
onderswyser by Hoërskool Sannieshof)
en Ansa du Preez, ‘n reusetaak met groot sukses voltooi het.
Hoërskool Sannieshof Jeugskou deelnemers.
Ryno Sachse word as Opperste skouman aangewys deur die hoogstee punte in die Grootvee en Statiese afdeling te behaal.
Divan Venter (Wolskaap Junior) wen met die inter- afdeling kompetisie die titel as Groot kampioen.
Penelope Tofarides word as Opperste skouman aangewys deur die hoogste punte in die Grootvee en Statiese afdeling te behaal.
Emjee Greef (Wed- vlugduif Junior) wen met die inter -afdeling kompetisie die titel as Groot kampioen.
NOORDWESTER – LICHTENBURG – The Itsoseng Police had the following cases reported in their area recently:
Bussines Robbery: Itsoseng Police arrested a 37-year-old man for robbery. He allegedly entered the shop and pretend to shop when he
took out a kitchen-knife, threatened the staff and demanded moneyfrom the counter and safe. He ran away, but the community assisted the police and the suspect was arrested.
Assault: The Itsoseng Police arrested a 24-year-old man for assaulting a 25-year-old woman. The victim alleged that she was on her way home with her boyfriend when the suspect came from the back and assaulted her with a bottle.
Housebreaking: The Itsoseng Police arrested a 28-year-old man of Matile village for housebreaking and theft. The complainant alleged that he left his house at Meetmekaar village closed and when he arrived back, he found his house broken into and a laptop and other belongings missing.
The suspect was arrested and the property recovered.
Itsoseng
crime roundup
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Duan en Liné du Preez is uit ‘n aantal inskrywings as die wenners van Noordwester se Troukiekie- kompetisie aangewys. Die pragtige twee jong mense is die wenners van die R10 000 konstantprys.
Die Noordwester het ingeloer by die wenpaartjie en bietjie meer oor hulle as mense en hul troudag uitgevind.
Duan het in graad sewe saam met sy ouers vanaf Krugersdorp na Lichtenburg verhuis en Liné kom oorspronklik van Klerksdorp.
Die twee het mekaar amptelik op universiteit deur
‘n gemeenskaplike vriend ontmoet. Albei is tans onderwysers by Hoërskool Lichtenburg en was baie opgewonde toe hulle die nuus meegedeel is dat hulle die wenners van ons kompetisie is.
Hulle skryf hul sukses om te wen toe aan Duan se ma, Tersia wat familie en vriende aangemoedig het om vir die paartjie te stem op al drie platforms soos in die reëls vereis was.
Die twee beoog om die prysgeld te gebruik om vir Duan ‘n nuwe skootrekenaar te koop.
Die paartjie sê hulle hou van romanse en Duan het geen steen onaangeroer gelaat met hul verlowing nie. Hulle is nou nege maande getroud en steeds dolverlief.
“Ons troudag was vir ons een van die mees spesiale dae van ons lewens. Dit was ‘n sprokiesdag, ‘n dag van oorwinning en ‘n getuienis waar families kon saamsmelt deur vergifnis. Ons wou nie hê die dag moes eindig nie en soos ons terugdink sou ons so graag daardie dag wou herleef. Die dag het al ons verwagtinge oortref en dit was wonderlik om die dag saam met almal wat vir ons spesiaal is, te kon vier,”
het hulle gesê.
Liné sê sy kon nie vir ‘n beter lewensmaat gevra het nie en soos die tyd aanstap kan sy elke dag terugkyk en weet dat sy die beste besluit van haar lewe gemaak het.
Die paartjie hou daarvan om in hul vryetyd bordspeletjies te speel waar strategie betrokke is en hul
geniet verskeie sportsoorte soos fietsry, muurbal, draf engholf.
“My gunsteling geregte is pizza en ‘wraps’ terwyl Liné veel eerder ‘n tuisgemaakte gereg verkies. Dankie aan
die Noordwes Koerantgroep vir die ongelooflike prys,”het Duan bygevoeg.
Ontmoet ons Trou-kiekie
wenners
Duan en Liné du Preez, wenners van die Noordwester se troukiekie-kompetisie, onstspanne tuis.
NOORDWESTER - LICHTENBURG - Bedryf jy ‘n plaaslike of kleiner besigheid/
onderneming in die fisiese verspreidingsgebied van die Noordwester?
Ons kan help met advertensietariewe wat nét op plaaslike en kleiner ondernemings van toepassing is. Kontak een van ons advertensieverteenwoordigers om meer hieroor uit te
vind.
Lydia Drinkwater - 072 807 6913 of e-pos: [email protected] en Jackie Ghosn - 084 414 3985 of e-pos [email protected]
* Neem kennis: Die spesiale tariewe sluit vakatures en kennisgewings uit.
Dié advertensies spesiaal vir plaaslike en kleiner besighede
Wees koel met die
Noordwester
23
SPESIALE DIENSTE SPECIAL SERVICES
20 DIERE ANIMALS
15 ALGEMEEN TE KOOP MISCELLANEOUS FOR SALE
10 HUISE TE KOOP HOUSES FOR SALE
8A AKKOMMODASIE ACCOMODATION
8A AKKOMMODASIE ACCOMODATION
8
ALGEMEEN TE HUUR GENERAL FOR HIRE
6
WOONSTELLE TE HUUR FLATS TO LET
3
BETREKKINGS GEVRA SITUATIONS WANTED
2
BETREKKINGS VAKANT SITUATIONS VACANT
1 PERSOONLIK
PERSONAL
Wenke vir Geklassifi seerde
Advertensies
1. Beplan en skryf u advertensie uit voordat u by die Noordwester kom.
2. Maak seker dat u duidelike en korrekte kontak besonder- hede gee soos naam en/of adres en telefoon en/of selfoonnommer.
3. Die koste van ‘n geklassifi seerde advertensie is R1,60 per woord + BTW.
4. Bring u advertensies vroegtydig. Sluitings- tyd is Woensdae 17:00.
5. Donderdagoggend tot 09:00. Waar die advertensie dan onder die Hofi e 27
“Te Laat vir Klassifi - kasie” sal verskyn.
6. Ons verander of maak nie u taal reg nie. Verseker dus dat u reg spel. Ons plaas net wat u skryf.
WARNING
ADVERTISEMENTS ALL RELATING TO:
• Loans and fi nancing
• Hire purchase problems / Transfer of installments
• Business opportunities
• Investments
• The fi lling of envelopes
• Work at home
• Earn extra money
• Business propositions
• Part-time work PROHIBITED:
Use of the following words in abovementioned
advertisements are prohibited:
*No Credit Checks required
*Blacklisted clients welcome
*Free Credit etc.
MUST contain the following information in
the advertisement:
Telephone number Street address Name of person and/or
business.
These are the requirements and NO exceptions will be made.
All advertisements are placed with the approval
of the National Press Union and it is our responsibility as an advertising medium to ensure that these rules are strictly adhered to.
However, it still remains the responsibility of the buyer or consumer to thoroughly investigate the trustworthiness of the advertiser with whom they
are doing business.
** Noordwester is ‘n onafhanklike, outonome en nie-politiese koerant, getrou aan sy roeping as waghond van die gemeenskap. Noordwester verbind homself tot billike en eerlike beriggewing van ‘n wye verskeidenheid nuusgebeure, waarin die belange van die gemeenskap die belangrikste kriteria is. Noordwester vereenselwig hom nie noodwendig met menings wat uitgespreek word in artikels, rubrieke of lesersbriewe nie. Noordwester sal homself nie blootstel aan druk om materiaal te publiseer wat lasterlik, onwaar of ongeregverdig is nie en sal ook nie toegee aan druk om nuusmateriaal waarvan publikasie in die belang van die gemeenskap is, te verswyg of te versluier nie.
** Noordwester is an independent, autonomous and non-political newspaper, committed to its calling as watch-dog of the community. Noordwester is committed to fair and honest reporting on a wide range of issues in which the interests of the community are the primary criteria. The opinions expressed in articles, letters and columns are not necessarily the opinion of Noordwester. We will not be forced to publish material that is defamatory, untrue or unjust and will not be tempted to conceal or suppress material that is in contrast with the interest of the community.
PERSONAL/BUSINESS Afford
able Funeral Cover and Life Cover. Call Or WhatsApp For More Information And Quote
#0849544570 KATLEGO MOLAPONG
Website 14/10 DATING vir Christen Enkello
pendes. Verander jou lewe en ontmoet dalk jou lewensmaat!
Skakel: 0824917845
Website 14/10 SIELKUNDIGE Berader/
Psychological Counsellor. Call Naylin Coombe on 0725950835 or email [email protected]
Website 14/10
FORKLIFT Training R500 1 week. Welding, ADT, F.E.L., Ex
cav R3 300 2 weeks. Renewal R700 1 day. Free accommoda
tion. Cell 072 954 7705.
74689 14/104/11
MARTHA vra mooi vir huis en skoonmaakwerk, voltyds of deel tyds. 076 816 8106.
82224 7/1014/10 EMILY is op soek na werk. Het rekenaarsertifikaat karwas, sertifikaat of huis. Voltyds of deel tyds. 078 940 1356.
82255 14/10 LIZZY is op soek na huis en skoonmaakwerk. Voltyds/deel
tyds. 078 030 3776, 076 767 2252.
82265 14/10
EENSLAAPKAMERWOON- STEL. Groot met of sonder meu
bels. Watertenk & krag ingesluit, naby Lichtenburg Laerskool.
Geen kinders of diere. R3 100 per maand. R1 000 Deposito.
078 167 8655.
82264 14/10 2X Bedroom Cottage situated in Rooigrond. Clean, safe and tran
quil. R5300. Prepaid electricity.
Water included. 072 011 5798
Website 14/10 1X Bedroom Cottage to rent.
Situated in Rooi grond. Quiet, Clean and Safe. R3 995 water included. 072 011 5798
Website 14/10
PAINTBALL GAMES AND Tar
get SHOOTING. Gokart Rides and Pedal Karts. ROOIGROND.
Book by Appointment. Laure 082 968 7632.
Website 14/10 GO-KARTING and Paintballs Games. Private and Team Build
ing. Situated in Rooigrond. Book via Appointments. Phil:
083 750 8142.
Website 14/10
LICHTENBURG Vakansieoord.
Luukse toegeruste chalets en karavaanstaanplekke. Konferen
sie en lapageriewe en warm swembad. Langtermynverblyf ook beskikbaar vir kontrakteurs.
Tel 018 632 5826.
Sel 082 543 3326.
80134 22/111/3/2023 1X Bedroom Cottage to rent.
Situated in Rooi grond. Quiet, Clean and Safe. R3 995 water included. 072 011 5798.
Website 14/10
2X Bedroom Cottage situated in Rooigrond. Clean , safe and tranquil. R5300. Prepaid electric
ity. Water included.
072 011 5798.
Website 14/10
HUISE te koop: Hennie Wille Estates 082 460 8376.
81248 10/623/12 FOUR bedroom & flat house for sale/hire. No. 35 Danie Smuts Ave, Sederpark ext. 4, Lichten
burg. For sale: R800 000 (neg.).
For hire: R6 500 (neg.) per month. Contact details:
071 361 9934.
82178 23/914/10
SITKAMERSTEL. 2 Banke, 2 stoele, kort skoonmaak R600. 1 x Dubbel bed R500. Verskeiden
heid lot hout kassies + 2 x box tv’s. 078 167 8655.
82263 14/10 YSKAS te koop. R1750. Onder
handelbaar 074 665 3383.
82262 14/10
4 VOëLHOKKE met 16 ring
nekke te koop. 082 898 2589.
82248 14/10 MINIATUUR Worshondjie (sjokolade bruin) te koop, 9 weke oud, geënt en ontwurm.
Skakel 073 721 7996.
N/C 14/10
G & R Kombuise Inboukaste.
(Sedert 1994). Andries Ma
reestr. 6, Industriële gebied.
Gert:
082 493 5036. *Kombuise, alle kaste vir huis en kantoor. *Re
kenaar ontwerp*. Veneer en melamienborde gesny volgens u mates
80089 15/126/12/2021 AC FANIE Wille Kontrakteur: Verf, teël, bou en pleister, plafonne, afdakke, geysers en ander in en om die huis. Sel. 073224
6708
42788 10/9 AC/TC WENDY’S House 2.4 x 2.4 = R6 500. 2.3 x 2.3 = R5 500. 3 x 3 = R7 500. 3 x 4 = R8 500. 3 x 6 = R10 500 = 4 x 6 = R16 500. We do all sizes big or small. Whatsapp 072 472 2067, 079 135 8138.
51347 7/1014/10 FORKLIFT Training R500 1 week. ADT, F.EL, excav R3 500.
710 Days. Free accommoda
tion. 072 954 7705, 061 520 3445 Vic
74688 30/921/10 VIR enige staal en houtwerk asook algemene herstelwerk in en om die huis.Kontak Deon 072 248 1732
Website 14/10 TUINDIENSTE vir n gratis kwo
tasie maandeliks of eenmalig skakel Julie 0648987662 of Christo 083 462 3835.
Website 14/10 SWARTBOER investment Ltd Pty, We specialise in building, plastering, painting, paving and etc.Please do not hesitate to contact us on 078 728 4198 or email us on swartboer.invest
Website 14/10 ALL Repairs to Tarps. Saded covers and Jumping castles.
Any Gluing or stitching. Contact Laure 082 968 7632.
Website 14/10
NOTICE. NOTICE TO CREDITORS IN DECEASED ESTATES. All persons having claims against the undermentioned estate must lodge it with the Executor concerned within 30 days (or as indicated) from date of publication hereof. A. Estate No.: 006206/2022. Master’s Office: MAHIKENG. Surname: WALLIS. Christian names: MARIA DOROTHEA. Date of birth: 19440330. Identity No. 440330 0003 086. Last address: FARM RIETFONTEIN, BIESIESVLEI, LICHTEN
BURG. Date of death: 20201009. C. Name and (only one) address of Executor or authorised agent: Lindè du Preez Prokureurs, 14A Dr Nelson Mandela Drive, Lichtenburg, 2740. D. Period allowed for lodgement of claims, if other than 30 days: 30. E. Advertiser and address: Lindè du Preez Prokureurs, 14A Dr. Nelson Mandela Drive, Lichtenburg, 2740. Date: 14 October 2022. Tel. No.: 082 789 6303.
K1 14/10 KENNISGEWING. N DIE BOEDEL VAN WYLE: DAVID JACOBUS ERASMUS. BOEDELNOMMER: 1116/2021. MAFIKENG MEESTER
SKANTOOR. DATUM VAN GEBOORTE: 19480726. ID NOMMER:
480726 5179 089. LAASTE ADRES: Sarel Cilliersstraat 65, Lichten
burg, 2740. DATUM VAN AFSTERWE: 7 November 2019. Voorname en Van van nagelate gade: ISABELLA CATHARINA JOHANNA ERASMUS. DATUM VAN GEBOORTE: 19520726. ID NOMMER:
520726 0065 087. NAAM EN ADRES VAN EKSEKUTRISE: ISA
BELLA CATHARINA JOHANNA ERASMUS, Najaarsrus Ouetehuis, Voortrekkerstraat, Coligny. Krediteure en debiteure in bovermelde boedel word hiermee versoek om hulle vorderinge in te lewer en hulle skulde te betaal by ondergetekende binne ‘n tydperk van 30 (dertig) dae, gereken vanaf datum van verskyning van hierdie kennisgewing.
CHANTEL VAN DER MERWE PROKUREURS, ELANDSFONTEIN KLEINHOEWES, R503 MAFIKENGPAD, LICHTENBURG, 2740, TEL:
071 607 3537, (Verw: C vd Merwe/BB0012).
K2 14/10 NOTICE. NOTICE OF SALE IN EXECUTION. IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA NORTH WEST DIVISION, MAHIKENG. CASE No: 1273/2020. In the matter between: MAFOKO SECURITY PA
TROLS (PTY) LTD EXECUTION CREDITOR And TSWAING LOCAL MUNICIPALITY EXECUTION DEBTOR. In pursuance of judgement granted in the HIGH COURT on the 22 OCTOBER 2020 the un
dermentioned movable property will be sold in execution on the 03 November 2022 at 10:00 at Corner General Delarey & Government Street, Delareyville: 20x COMPUTERS; 1x FORD RANGER BAKKIE;
40x DESKS; 4x LAPTOPS; 100x OFFICE CHAIRS; 2X PHOTOCOPY MACHINES; 1x LANDINI TRACTOR; 1x MITSUBISHI TRUCK; 2x TRACTORS; 1X TRACTOR TRAILER. TERMS: STRICTLY CASH or BANK GUARANTEED CHEQUE, VAT PAYABLE. THUS DONE AND SIGNED AT PRETORIA ON THE 3RD OF OCTOBER 2022. Baloyi Masango Attorneys; 777 Arcadia Street; Arcadia, Pretoria; Tel: 012 342 7178; Fax: 012 342 7299; Ref: BMP03256/J BALOYI/am.
K3 14/10 KENNISGEWING. In die Boedel van Wyle: LOUIS STEPHANUS TALJAARD. Geboorte Datum: 25/06/1952. Identiteitsnommer: 520625 5019 083. Huwelikstatus: Getroud buite gemeenskap van goed. Laas
bekende adres: PLAAS GOEDGEDACHT DISTRIK OTTOSDAL. Da
tum van Afsterwe: 2021/06/23. Boedelnommer: 005390/2021. KEN
NIS GESKIED HIERMEE dat EERSTE EN FINALE LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIEREKENING IN TERME VAN ARTIKEL 35, van die Boedelwet, in bogenoemde vir ‘n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae gereken vanaf 14 Oktober 2022 ter insae lê te die MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF, Mamabatho en die Landdros Ottos
dal. FOSTER PROKUREURS, EKSEKUTEURS, OTTOSTRAAT 12, OTTOSDAL, 2610. VER. IW/BT8, TEL: 018571 0031.
K4 14/10
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Misdaad in Suid-Afrika is ‘n werklikheid en enige iemand kan ‘n slagoffer word. Daar is egter
‘n paar maatreëls wat jy kan tref om jouself en die mense vir wie jy omgee te beskerm.
Onthou dat kriminele altyd op die uitkyk is vir maklike teikens. Misdaad is meestal ‘n opportunistiese daad – dit beteken jy kan ‘n paar dinge doen om opportunistiese geleenthede te verminder, sê Charnel Hattingh, hoof van Kommunikasie en Bemarking by ADT. Die volgende tien punte kan jou kwesbaar maak ten opsigte van misdaad: Moenie sonder brandstof gaan staan nie. Hoë-risiko areas is plekke soos die kant van die snelweg in die dag of nag en geïsoleerde paaie. Kriminele skuil dikwels naby verbypaaie en slaan toe as hulle besef dat hulle maklik en vinnig kan wegkom en dat die kanse skraal is dat motoriste sal stop om hulle te konfronteer of te volg. Moenie groot bedrae kontant saam met jou dra nie. Kriminele het in die meeste gevalle inligting oor mense wat groot hoeveelhede kontant by banke of kitsbanke getrek het en sal probeer om jou in ‘n hoek vas te keer of om op ‘n ander manier met jou kontant weg te kom. Wees oplettend wanneer jy of jou vrou by die huis by die hek in- of uit ry. Rowers gebruik dikwels ‘n geleentheid soos hierdie wanneer jou aandag by iets anders is om toe te slaan. Moenie dat vreemdes onnodig sien jy het heelwat kontant, duur juweliersware soos horlosies of selfone in jou besit nie. Artikels soos hierdie is dikwels genoeg om ‘n desperate dief te oortuig dat jy ‘n maklike slagoffer kan wees. Doen die nodige agtergrond-ondersoek na mense voordat jy enige iemand vir werk in diens neem. Moet nooit deure of sekuriteitshekke by jou woning ooplaat nie omdat dit die veiligheid van jou hele gesin bedreig. Wees baie versigtig wanneer jy in ‘m onbekende area in jou motor sit of buite jou motor rondbeweeg. Onthou, misdaad kan maklik gewelddadig word en jy kan oorval en van jou motor beroof word. Onthou altyd dat dit vir enige gesoute voertuigkaper of -rower hoegenaamd nie ‘n probleem is om ‘n motorruit stukkend te slaan en ‘n motordeur oop te maak nie. Maak altyd seker dat jou motordeure gesluit is en dat alle vensters heeltemal toe is. Hattingh sê hierdie wenke behoort mense oor die algemeen baie te help om nie ‘n slagoffer van misdadigers te word nie.
Veiligheidswenke
teen misdaadgolf
Die Redakteur,
‘n Mens staan verwonderd dat inwoners die huidige toedrag van sake met die Ditsobotla Munisipaliteit verduur. Vir jare al was die munisipaliteit onder administrasie. Nie een van die administrateurs kon enige verskil maak nie.
Inteendeel hulle het nog altyd net die belange van die verkose party gedien, nl. die ANC.
Moet onder geen illusie verkeer nie. Noudat die raad ontbind is, sal dit niks beter gaan nie. Met die laaste verkiesing was raadslede glo ‘gekeur’.
Hierdie gekeurde raadslede kon geen hond haaraf maak nie, wat staan nog om ‘n nuwe raad saam te stel. Nie die mense wat vir die ANC-lede gestem het, die Provinsiale raad, of die heersende regering het die vermoë om mense te kies wat kan ‘regeer’nie. Almal wil net hul eie sakke vul met korrupsie en ongekwalifiseerde amptenare (baantjies vir boeties).
Daar is nie geld om personeel te betaal nie. Daar is geen geld om die noodsaaklike dienste te lewer nie, en dan staak die werkers ook nog – almal vergeet dat toe hulle aangestel was, hulle onderneem het om die gemeenskap te dien. Wat ‘n gekkeparadys!
Met ‘n nuwe raad sal dit nie beter gaan nie – jare se skade gaan jare neem om te herstel. As iemand vir my sê demokrasie heers, dan moet hy of sy twee keer gaan dink. Daar is nerens iemand wat behoorlike ondervinding het van hoe om ‘n plaaslike bestuur te bestuur nie. Al die amptenare van die verlede met jare se ondervinding is uitgewerk. Hulle het in die verlede weer hulp aangebied maar dit is botweg geweier.
Hou hierdie spasie dop, oor ‘n paar maande van nou af sal die huidige probleme van die stadsraad steeds heers, geen hoop vir verbetering in sig nie!
Bekommerd
Lichtenburg – die spoeg en plak dorp
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die blokraaiwenner van 30/9 was S.M.
Dielele van Boikhutso, Lichtenburg. Die wenner van Sudoku #682 was J.P.
Venter van Kerkstraat, Lichtenburg. Baie geluk! Haal asb. u pryse by die Noordwester se kantoor in Bantjesstraat, Lichtenburg af met identifikasie van uself. Moenie vergeet dat ons kantore op ‘n Vrydag om 12:00 sluit nie!
Jacob Gerlina Croukamp is gebore op 26 April 1960 en is oorlede op 24 September 2022. Gerda laat haar moeder Rina Pretorius, twee seuns Roelfie en David Croukamp, skoondogter Michelle en kleinseun Oliver agter. Die familie sê dankie vir elkeen se ondersteuning met die afsterwe van Gerda Croukamp. Dankie vir Gerda se seun David en Michelle wat van Engeland af gekom het. Ons gaan haar mis… (K82254)
Johnetta Glinister (88) is op 8 Oktober 2022 oorlede. Haar begrafnis vind op die plaas Goedgelegen, Groot Marico plaas op Saterdag, 15 Oktober 2022 om 14:00. Pastoor Grobler sal die diens waarneem en Ruhet Begrafnisdienste is in beheer van die reëlings. (K82261)
Anthonie Jacobus Lombard (67) is oorlede op 10 Oktober 2022.
Sy verassingsdiens sal om 11:00 op Vrydag, 14 Oktober vanuit die NG Kerk Sederpark plaasvind. Ds. Kobus Kloppers sal die diens waarneem en Ruhet Begrafnisdienste is in beheer van die reëlings. (K82261)
Gobusamang Gabriël Morure (58) died on 28 September 2022.
The funeral will take place on Saturday, 15 October 2022 at 07:00.
Ruhet Funeral Services is in charge of the arrangements. (K82261)
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die gemeenskap van Lichtenburg wens die seniors van SAVF Lichthuis wat in Oktober verjaar harlik geluk met hul verjaarsdae. Hulle is:
• 4 – Nico van der Merwe (1953)
• 11 – Shadrack Tshazebane (1952)
• 14 – Nols Jansen van Rensburg (1955)
• 20 – Anna Mathe (1946)
• 21 – Emms Swart (1932)
• 22 – Daniël Modisa (1928)
• 29 – Pauline Theart (1931)
Baie geluk aan seniors
wat in Oktober verjaar
NOORDWESTER – LICHTENBURG – The Gelukspan District Hospital staff visited Ipokeng Middle School in Bapong Village, Gelukspan recently. The learners were very eager too participate and to learn about educational topics.
The youth is a very important part of the community and the staff concentrated on the following topics: Sex education, sexually transmitted diseases, teenage pregnancies, blood glucose testing, BMI index (weight) and pamphlets on drug abuse were also distributed.
The staff created a safe and private space where learners could ask questions that they did not want to ask in the group presentations.
The staff members of Gelukspan District Hospital that visited a Gelukspan School recently were (front) Qhayiya Sifuba and Vivi Dinwayo. At the back are Keitumetse Mphanga, Kea Mutloane, Irene Lecholo, Bennie Bodenstein, Lina Letsoalo, Hope Mphatswe, Jannet Ferrero (Pharmacy manager), Katlego Setshedile and Mpho Mongala.
Two of the Gelukspan staff members that helped during the visit to a local school, are Robert Mayeke and Matimba Baloye.
Learners eager to learn
Baie geluk aan die leerders van Laerskool Burgersdorp wat puik presteer het in die Kunsafdeling van die Conspirito-kompetisie.
Hulle is (voor) Eldonique Wallis, Mia Breytenbach, Milandi Venter, Tlotliso Makoa, Miancke Wallis, Armandt Botha en Leané Brits. Agter staan Armiston Watson, Mia Lotter, Marlo Coetzer, Celestine Wessels, Eeden Wessels, Antoné Venter en Merize Burger.
onderskeie items tydens die SACOPA danskampioenskappe te Rustenburg.
Hulle is voor Anika van Dyk (1 x brons ;4 x silwer), Minette Coetzer (2 x brons;
4 x silwer), Mianke Marais (1 x brons; 6 x silwer), Mieke Joubert (2 x brons; 3 x silwer) en Leané Brits (2 x brons;5 x silwer). Agter is Larïsa Bonthuys (1 x brons;
1 x silwer), Paul Snyman (1 x brons; 3 x silwer; 2 x goud), Marioné Marais (1 x brons; 1 x silwer), Palesa Mkhari (Instrumentaal: 2 x goud. Dans: 3 x silwer; 3 x goud. Acting: 2 x brons; 1 x silwer) en Lenice Cook (1 x brons; 1 x silwer).
Die leerders van Laerskool Burgersdorp het puik presteer tydens die Con Spirito Forte Rondte. Baie geluk aan die volgende leerders met die prestasies in hul verskeie items. Hulle is Armiston Watson, Marlo Coetzer, Sumare Watson en Elné van Wyk.
Baie geluk aan Elné van Wyk, leerder van Laerskool Burgersdorp, wat puik presteer het tydens die SA Gimnastiekkam- pioenskappe. Sy het die Noordwesspan verteenwoordig en Vlak 4 voltooi.
Baie geluk aan Leané Brits, leerder van Laerskool Burgersdorp, wat aangekondig is as die 1ste Prinses wenner van Mej. Perdehoek ouderdom 7-9 jaar.
Leerders woeker by Laerskool Burgersdorp
Dansers van Hoërskool Lichtenburg het tydens die afgelope skoolvakansie aan SACOPA se nasionale kompetisie deelgeneem. Hulle het ook hul Noordweskleure verwerf. Die ‘Diamond’s Group’ waarvan vier van die skool se leerders deel is, het vier silwer medaljes ontvang. Hulle is Bernei Snyman, Sumé Weber, Clara-Mari du Toit en Chrismari Swart. Bernei Snyman word ook opgeneem in die SACOPA SA 2023 span, verwerf ‘n goue medalje, 10 silwer medaljes (waarvan vier saam met die ‘Diamond Group’ asook vyf brons medaljes. Voorwaar prestasies om op trots te wees!
Dansers presteer puik
PRINTED BY NORTH WEST WEB PRINTERS (PTY) LTD. TEL: 014-592 8329
Baie geluk aan Hoërskool Lichtenburg se nuwe Hart en Hande leiers vir 2023. Mag julle liggies helder skyn. Hulle is Gizelle Texeirra, Amelia Roelofz, Cari Olivier, Ruleste de Beer, Lehanke Seymore, mev. Tersia du Preez, juf. Lizane Zandbergh, Leane Jacobs, Mjabula Mdluli, Alizee Smit, Elayne Pretorius en Sumari Swanepoel.
Nuwe Hart en Hande leiers aangewys
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Op Saterdag, 8 Oktober het die maandelikse Action Ford slagspelkompetisie by Lichtenburg Gholfklub plaasgevind. Die spelers het goed gevaar ten spyte van die versengende hitte.
Christo Reyneke was die speler met die beste brutotelling terwyl Dieter Hansen die beste netto telling gehad het en as kampioen van die Action Ford slagspelkompetisie gekroon is.
Die 4Wheels Hyundai Lichtenburg speler van die maand van September was Folkers Hamman met ‘n skitterende telling van 151.
Folkers het week na week baie konstante gholf gespeel en het stof in al die ander klublede se oë gekop. Baie geluk aan hom.
Lichtenburg Gholfklub bedank graag bogenoemde borge vir hul volgehoue ondersteuning.
Die Lichtenburg Gholfbaan is nou heeltemal omhein met elektriese heining.
Baie dankie aan die mielieboere met Kobus du Preez aan die spits van sake, wat ‘n mielieprojek begin het om fondse te in vir die oprigting van die heining.
Hartlike dank ook aan Dewald Steyn en sy span wat die heining opgerig het, klublede glo en vertrou dat die ongewensde elemente wat die baan beskadig, by die klubhuis ingebreek en toerusting gesteel het, nou iets
van die verlede sal wees.
Op die foto is Dewald Steyn (Vise-kaptein), Dieter Hansen en Christo Reyneke na afloop van die Action Ford slagspelkompetsie.Dewald Steyn, Vise-kaptein van Lichtenburg Gholfklub wens vir Folkers Hamman, September se speler van die maand geluk met sy prestasie.
Gholfnuus vanuit Lichtenburg
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die Lichtenburg 4x4-Klub bied op 22 Oktober ‘n opwindende Pretdag by die 4x4-baan buite Lichtenburg aan wat om 08:00 sal afskop.
Besoekende 4x4-klubs sal ook deel uitmaak van die dag vol pret en plesier vir besoekers en deelnemers.
Enige persoon met ‘n 4x4 kan deelneem.
Heerlike verversings en yskoue drinkgoed sal te koop wees. Kampgeriewe vanaf Vrydagaand (21 Okt.) is beskikbaar (warm storte ook) en heerlike braaipakke sal vir die Saterdagaand se braai te koop wees. Inskrywings vir deelnemers beloop R150 elk en dit sal R20 per persoon vir besoekers by die hek kos.
Almal is welkom en die geleentheid beloof om ‘uit-die-boeke’ te wees vir die hele familie!
Vir enige navrae en inskrywings, skakel vir Koos – 0824589567 of Dewald – 0723485287.
4x4 Pretdag voor die deur!
Een van die staatmaker 4x4-voertuie wat aan die pretdag by die Lichtenburg 4x4-Klub gaan deelneem.