• Tidak ada hasil yang ditemukan

Weer ʼn spelreël

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Weer ʼn spelreël"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

451

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 59 No. 3: September 2019 doi.10.17159/2224-7912/2019/v59n3a9

Taalrubriek

Weer ʼn spelreël

Ek dink dit het vir die breë Afrikaanssprekende gemeenskap polities inkorrek geword om goeie, korrekte, idiomatiese Afrikaans te gebruik. ʼn Mens wanhoop soms aan die toekoms van Standaardafrikaans as jy luister na onderhoude wat op radio en TV met allerlei mense oor allerhande onderwerpe gevoer word (om van sg. Afrikaanse “kunstefeeste” nie eens te praat nie). Ek het ook ʼn besondere broertjie dood aan adverteerders wat Afrikaanssprekendes se klandisie en geld wil hê maar nie eens die hoflikheid het om te voldoen aan die basiese norme van Standaardafrikaans se spelreëls en idioom nie.

Om vas te stel wat die oorsaak van sulke onvermoë en ongeërgdheid is, laat ek aan bevoegde navorsers oor – dit is nie my terrein nie. Ek het egter wel die vermoede dat behoorlike taalonderrig – sowel formeel in die onderwysstelsel as informeel deur byvoorbeeld ouers en grootouers – ʼn positiewe rol kan speel.

Om my deeltjie by te dra (al is dit dalk botter aan die galg) bespreek ek in hierdie rubriek weer aan die hand van ons spelreëls een soort fout wat ek gereeld sien.

Dié reël (wat ek al vantevore bespreek het) is wat in die Afrikaanse woordelys en spelreëls

“samestellende samestellings” genoem word (reël 12.6). Dié soort samestelling bestaan uit ʼn woordgroep van telwoord of byvoeglike naamwoord plus selfstandige naamwoord (wat as woordgroep dus gewoonlik los geskryf word) wat gesamentlik verbind met ʼn verdere selfstandige naamwoord. Algemene voorbeelde is:

korttermynversekering: (b.nw. kort + s.nw. termyn) + s.nw. versekering langtermynlening: (b.nw. lang + s.nw. termyn) + s.nw. lening

hoëhakskoen: (b.nw. hoë + s.nw. hak) + s.nw. skoen vyfjaarplan: (telw. vyf + s.nw. jaar) + s.nw. plan

tweewielfiets: (telw. twee + s.nw. wiel) + s.nw. fiets

eerstejaarstudent: (telw. eerste + s.nw. jaar) + s.nw. student

Almal weet dat ʼn byvoeglike naamwoord baie dikwels ʼn selfstandige naamwoord kan bepaal – op skool het ons destyds geleer hy “vertel jou iets meer” van die selfstandige naamwoord.

In bostaande gevalle is dit duidelik dat die byvoeglike naamwoord of telwoord op die eerste selfstandige naamwoord betrekking het: kort het betrekking op termyn en nie op versekering nie, vyf op jaar en nie op plan nie, en so meer.

In ʼn koerantberig oor ʼn Karooboer wat groot welslae met bokhaar behaal het, is daar dus tereg geskryf van die goeie pryse wat hy behaal met grootbokhaar en met jongbokhaar, want dit is immers nie “groot haar” of “jong haar” nie, maar die haar van ʼn groot/jong bok.

Daarenteen is onlangs ʼn paar keer berig oor ons politieke stelsel, wat die oorheersende partystelsel genoem is. Dit sou beteken dat die partystelsel oorheers en, by implikasie, dat ʼn ander soort stelsel daaraan ondergeskik is. Dit kan ek my nie behoorlik voorstel nie. Wat die skrywers eintlik bedoel het, is ʼn stelsel waarin daar ʼn oorheersende party is wat vermoedelik kan maak en breek soos hy wil. Oorheersende het dus betrekking op party, nie op stelsel nie:

(b.nw. oorheersende + s.nw. party) + s.nw. stelsel.

(2)

452

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 59 No. 3: September 2019 doi.10.17159/2224-7912/2019/v59n3a9

Om dus die korrekte betekenis oor te dra en terselfdertyd aan die spelreël te voldoen, moes dit dus wees oorheersendepartystelsel.

Baie mense skrik as hulle sulke “vreemde” of “lang” samestellings moet vorm. In die meeste gevalle is dit onnodig om daarvoor te skrik, maar indien dit wel steur, kan ʼn mens ʼn koppelteken voor die laaste selfstandige naamwoord invoeg, byvoorbeeld oorheersendeparty- stelsel, of jy kan dit omstel, byvoorbeeld stelsel van/met ʼn oorheersende party. In verreweg die meeste gevalle is dit egter onnodig.

Nog so ʼn samestelling waarvan ʼn mens gereeld lees, behoort te wees monetêre beleidskomitee, want dit is ʼn komitee vir of oor monetêre beleid.

Gewoonlik is die fout wat met hierdie soort samestellings gemaak word, dat die byvoeglike naamwoord los geskryf word, soos pas geïllustreer. Die teenoorgestelde gebeur egter ook soms, vreemd genoeg. Dit behels dat die byvoeglike naamwoord vas geskryf word, terwyl dit los moet wees.

In ʼn onlangse berig oor Suid-Afrika se elektrisiteitsprobleme is geskryf dat die stad Kaapstad hom van Eskom wil losmaak want “daar is talle privatekragverskaffers by wie ons krag kan koop”. Dit beteken dus daar is verskaffers van private krag (wat sou “private krag”

wees?), maar die bedoeling was waarskynlik dat daar talle verskaffers van krag in die private sektor (nie in die owerheidsektor nie) is – dus private kragverskaffers.

As ʼn mens twyfel, is bogenoemde toetsie (op watter s.nw. die b.nw. slaan) gewoonlik baie nuttig.

Wat het dit te doen met my inleidende paragrawe? Dit: Ek glo dat as jongmense – veral op skool, maar gewis ook studente vir wie se beroepe skriftelike Standaardafrikaans belangrik is, soos onderwysers, joernaliste of vertalers – uit die staanspoor behoorlik geléér word hoe om te skryf en te spel, ons teen die wanhoop, onvermoë en ongeërgdheid briek kan aandraai en weer ʼn mate van taaltrots kan aankweek.

JD (Tom) mcLachLan

E-pos: [email protected]

Referensi

Dokumen terkait

Alhoewel ’n mens baie versigtig moet wees om direkte parallelle tussen skrifopleiding in Mesopotamië en ou Israel te trek, is daar bewyse5 dat die Israelitiese skrifgeleerdes wel die

Hoeveel kennis hy van die politick moet he vir · sy tuinparty-toesprake is nie genoem nie, maar sovcr dit die aanleer van Afrikaans betref, kan ·verwag word dat dit maar die gewone

Geestelik Om geestelike welsyn te ervaar, moet die mens, volgens Demartini 2004:12, dankbaar wees: “Heaven and hell are mental states of gratitude and ingratitude respectively, so

Hedenmorgen sta ik hier vóór u, om een woord tot u te spreken ; een jaar geleden stond ik op den berg bij Ladysmith, om ook te spreken, maar tot menschen die ik goed kende, voor wie

Sou iets hiervan ook waar wees in Suid-Afrika vandag, naamlik dat daar binne ʼn relatief nuwe liberale demokrasie ʼn behoefte ontstaan om die publieke ruimtes te verchristelik deur middel

5.3 Vraelyste met betrekking op huishoudings Die vorige afdeling het getoon dat daar wel ekonomiese verskille is tussen mans en vroue wat deel vorm van dieselfde huishouding, maar as

Indien die staat ’n morele persoon is wat leef deur die vereniging van alle lede en indien die mees belangrike taak van die staat daarin geleë is om sigself te handhaaf, dan volg dit

Bos primigenus word byvoorbeeld voorgestel as ’n derde tipe bees, maar is eintlik die uitgestorwe voorvader van die ander twee.. Só ’n boek bring mens weereens onder die indruk van wat