• Tidak ada hasil yang ditemukan

GEVOLGTREKKING

Dalam dokumen MUSIEK MEER AS WOORDE. (Halaman 101-105)

HOOFSTUK I HOOFSTUK I

HOOFSTUK 3 HOOFSTUK 3

3.7 GEVOLGTREKKING

Klerk en Smit, 20023 21 ), geesgei'nspireerd, nugter en verantwoord, sodat daar verstaanbaar, oortuigend gekommunikeer word (Strydom, 1994a:290).

3.6.9 Samevating

Die doel en funksie van die Bybelgetroue en Godgerigte liturgiese lied is in hoofsaak die opbou van die gemeente, die versterking van die gemeenskap van die gelowige (1 Korintiers 14:26) en die uitdrukking van blydskap en lofprysing teenoor God (Efesiers 5: 19 en 20) (Vorster, 1996: 97), wat bewerk word deur verkondiging, die geloofsantwoord, die pastoraat en evangelisasie.

musikale kundigheid en sensitiwiteit nodig om 'n gepaste modus te kies om musikale karakter te skep wat die teks kan vertolk.

'n Melodie bestaan uit die opeenvolging van verskillende toonhoogtes gerangskik in ritme. Die beweging van stygende en dalende intervalle, elk met sy eie karakter, kan emosionele response wek. Melodievorming, akkoordkeuse, modulasies en begeleiding kan 'n bydrae lewer tot die gepaste verklanking van die liedteks.

Sensitiwiteit vir die eienskap van intensiteit of toonsterkte is noodsaaklik vir die liturgiese lied. Die musiekleier in die erediens kan die gemeente lei in die vertolking en belewenis van 'n melodieteks of boodskap. 'n Lied (of gedeelte van die lied) van berusting, troos, bemoediging en aanbidding se intensiteit verskil van 'n lied waarin die gemeente opgeroep word tot aksie of lofprysing of waar die oordeel van God fel en h i d verkondig word.

Die oordeelkundige gebruik van verskillende stemme (byvoorbeeld met beurtsang), registrasie van die orrel of instrumentasie kan effektief gebruik .word in die vertolking van 'n liedteks.

3.7.2 Eienskappe van liturgiese musiek

In liturgiese musiek kan die eienskappe van musiek in die algemeen so aangewend word dat liturgiese momente van lofprysing, dank, verootmoediging, skuldbelydenis en gebed uit die dieptes van die siel vertolk word.

Die skeppingsopdrag impliseer die opdrag tot kreatiwiteit, waar die mens saam met die skepping in harmonie tot lof van die Skepper funksioneer. Dit behoort ook musikaal gedoen te word. Dit is ongelukkig so dat die sonde ook musiek as skeppingsgawe en skeppingsopdrag aangetas het. Deur die verlossingswerk van Christus het God versoening bewerk. Daarom het die verlostes soveel meer rede om dankbaar en gehoorsaam hulle aan God te wy en 'n "nuwe lied" te sing. Die gelowige word ook geroep om die versoening te bedien, maar ook wat die gebroke wereld van musiek betref, moet die Christen helend hierdie versoening laat deurwerk.

Liturgiese musiek verskaf 'n dieper dimensie aan die geloofsantwoord, Woordverkondiging en pastoraat. Die atmosfeerskeppende funksie van musiek dra grootliks daartoe by. Die erediens is 'n kommunikatiewe gebeure en kommunikasie vind nie net op die intellektuele verstaansvlak plaas nie, maar ook op die ervaringsvlak.

lndien die missie van kerkmusiek afwyk van die missie van die kerk is kerkmusiek nie meer funksioneel is nie. Liturgiese musiek is 'n bepaalde tipe musiek, soos deur die betrokke kerk bepaal, wat 'n duidelike funksie binne die raamwerk van kerklike aktiwiteite moet vervul. As die funksie van die kerklied in ooreenstemming is met die kerugmatiese (verkondiging), koinoniale (gemeenskap van heiliges deur middel van kommunikasie) en liturgiese (toppunt en bron van kerklike aktiwiteite, die openbare gesig van die kerk) modaliteite van die kerk, kan dit daartoe bydra dat talle liedere sinvol ge'integreer kan word in die liturgie en kerklike aktiwiteite.

lndien die toonsetting van liedtekste in 'n musikale idioom gedoen word wat eie is aan die luisterervaring en begripsvermoe van die gemeente, verhoog dit die . verstaanbaarheid en kommunikatiewe trefkrag van die teks. Dan kan dit op 'n besondere manier bydra tot die opbou van die gemeente, die versterking van die gemeenskap van gelowiges (1 Korintiers 14:26) en die uitdrukking van blydskap en lofprysing aan God (Efesiers 5: 19 en 20), wat bewerk word deur verkondiging, die geloofsantwoord, die pastoraat en evangelisasie.

HOOFSTUK 4

RIGLYNE HOE MUSIEK EFFEKTIEF IN DIE GEREFORMEERDE EREDIENS GEBRUIK KAN WORD

Uit die historiese ondersoek in Hoofstuk 2 het dit geblyk dat gelowiges deur die eeue heen besef het dat musiek meer is as net woorde. Hierdie besef is egter grootliks intu'itief aangevoel. In Hoofstuk 3 is ondersoek gedoen na musikale eienskappe om dit wat intui'tief aangevoel is te probeer vasstel. Op grond van hierdie insigte word daar in hierdie hoofstuk riglyne vasgestel hoe hierdie rnusikale eienskappe effektief vir die rnusiek in die Gereformeerde erediens gebruik kan word.

Wanneer sodanige riglyne bepaal word, moet in gedagte gehou word dat gemeentelede meestal ongeoefende sangers is. Gevolglik moet die musikale register ongekompliseerd wees (Kruger en Smit, 2001:ZZ). Hierbenewens moet ook in gedagte geholi word dat die woorde van die lied bepalend moet wees vir die musiek. Daarom moet die musiek as sodanig 'n beskeie, sober, ondersteunende rol speel, met die klem op die boodskap van die teks.

Die uitdaging is dus om ongekompliseerde musiek daar te stel, maar wat nie oppervlakkig is nie. Dit moet 'n waardige en getroue draer of vertolker van die woordinhoud wees.

Hierbewens kan instrumentale musiek voor en na die erediens, asook die begeleiding van die liturgiese lied, 'n klimaat skep wat ooreenstem met die liturgiese intensie en inhoud van 'n bepaalde erediens. Helaas is dit nie altyd geslaagd nie, want luisteraars kan die musiek vul met 'n eie subjektiewe betekenis, wat nie noodwendig ooreenstem met die bedoeling daarvan nie.

In hierdie hoofstuk word verder ingegaan op die feit dat die vorm waarin musiek in die liturgiese lied aangebied word, hetsy vokaal, instrumentaal, met of sonder teks, gevoelsmatig al dan nie, we1 bepalend kan wees oor hoe liturgiese musiek kommunikeer. Musiek kan meer kommunikeer as woorde alleen en kan 'n dieper dimensie aan die erediens verleen.

Alvorens musikale kommunikasie en die invloed van die verskeie musikale elemente bespreek word, kom 'n paar inleidende opmerkings oor die doel en betekenis van die liturgiese lied, die vorm waarin liturgiese musiek hom aanbied, die liturgiese lied as volkslied, gevoelsuiting deur die liturgiese lied en die woord- toonverhouding in die liturgiese lied aan die orde. Bogenoemde moet in ag geneem word as daar riglyne gegee word vir die effektiewe gebruik van liturgiese musiek.

Dalam dokumen MUSIEK MEER AS WOORDE. (Halaman 101-105)