• Tidak ada hasil yang ditemukan

HEDENDAAGSE TENDENSE IN DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE EREDIENS

Dalam dokumen MUSIEK MEER AS WOORDE. (Halaman 53-58)

HOOFSTUK I HOOFSTUK I

2.10 HEDENDAAGSE TENDENSE IN DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE EREDIENS

2.10 HEDENDAAGSE TENDENSE IN DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE

seengroet, gebede, ensovoorts) genoegsaam begelei en ondersteun (Liedboek, 2001 : I 5.1 9).

2.10.2 Eietydse liturgiese musiek

Aan die ander kant ontwikkel daar in sommige kerke 'n soeke na emosionaliteit (gevoelsmatigheid en belewing) in liturgiese musiek, 'n godsdienstige "hedonisme"

(najaag van genot), 'n toeskouersmentaliteit (passief luister na gospelkunstenaars en laserskywe in die erediens) en 'n oordrewe sug na sentiment, met die eensydige klem op die lidmaat se voorkeur en smaak, waar gewildheid die liedereskat bepaal en nie die liedere wat die toets van die tyd deurstaan het nie (Strydom, 1995:41). In lyn met sekularisering en kornmersialisering van die twintigste eeu het hierdie massakultuur 'n nuwe genre voortgebring, naamlik popmusiek of populCre musiek.

Hierdie populere musiek weerspieel nie alleen die nuwe kultuur getrou nie, maar is uiteindelik ook die musikale vergestalting van kitsch, die mees fundamentele manifestasie van die twintigste- eeuse verbruikerskuns. Populere musiek toon die eienskappe van wereldwye kommersialiteit sonder standhoudenheid en diepte, simplisties ten opsigte van melodie, harmonie, ritme en vorm, waar eenvoud verbloem word deur tegnologie (Viljoen, 1997:45-47). Van der Mewe (1995:9) beskou hierdie musiek as kitsch, musiek met eienskappe van minderwaardigheid met die pretensie van goeie gehalte.

Die samelewing se assosiasie met hierdie musiek 18 daarin dat daar geleef word binne 'n kultuur wat draai om die hier en die nou en om die self. In hierdie kultuur is die soeke na inherente diepte en inhoud nie 'n belangrike faktor nie, maar we1 die onmiddellike bevrediging. Hierdie emosionalisme en die negering van die intellek is alles deel van die wyse waarop popul6re musiek tot die vlak van vermaak gereduseer word.

Dit is belangrik om die waarde van en die nuwe tendense in musiek te erken. Kabus (1995:310) wys daarop dat popmusiek of popul&-e musiek die enigste musiek is wat wereldwyd in alle kulture voorkom en deur grootskaalse strategiee bemark word. Dit is 'n faktor wat veroorsaak dat hierdie musiek ongetwyfeld 'n magtige invloed op die ontwikkeling en denkwyses van veral jongmense het.

Liedere in die popul6re idioorn sou met vrug in die erediens gebruik kon word as dit voldoen aan die vereistes ten opsigte van die aard en funksie van liturgiese musiek.

Dit is egter nie so maklik om hierdie genre binne liturgiese verband aan te wend nie.

Die doelwit van liturgiese musiek vereenselwig horn irnrners rnoeilik met die verrnaa klikheidsaspek van rnassarnusiek. Nieternin skryf Routley (1 984:206) dat dit nie onmoontlik is om poprnusiek deel van die rnissie van die kerk te maak nie.

Volgens die charismatiese kerke dra die gospelliedere deur rnusiek met ernosionele eerlikheid die eenvoudige boodskap van Christus oor. Hierdie liedere, met 'n vers- en refreinstruktuur, ligte orkesbegeleiding en met die atrnosfeer van vryheid en liefde lok rnense om te bid, sing en dans (Wilson-Dickson, 2003:201, 212).

Wat die teks betref, is dit ooglopend dat die oorname van verrnaaklikheids-gerigte vorrne in die kerkmusiek inderdaad, ook wat die tekste betref, bepaalde problerne na vore bring. Die volgende is karakteristiek ten opsigte van die gospel- tekste:

Daar is 'n hoogs persoonlike, sorns selfs selfsugtige element van ekspressie aanwesig (bv. die oordrewe gebruik van "ek- woorde).

Somrnige tekste is nie teologies verantwoord nie en steun sterk qp persoonlike en emosionele ervaring.

Daar is sterk sentirnentele ondertone aanwesig (Viljoen, 1997:49).

2.10.3 Sarnevatting

In die hedendaagse Suid-Afrikaanse kerkliturgie is twee tendense duidelik herkenbaar. In sornrnige kerke uit die Calvinistiese tradisies is daar 'n ondewaardering van die waarde van rnusiek. Klern word op die woord geplaas, met die gevolg dat daar dikwels onkunde en selfs weerstand teen die rnistieke waarde van rnusiek is. Liedere word dikwels gevoelloos gesing. Hierdie eensydigheid het ongetwyfeld aanleiding gegee tot 'n swaai na die ander uiterste. Veral in die charisrnatiese tradisies en die huidige gospeC en praise and worship- style, word die ernosionele waarde van musiek op die spits gedryf, t e ~ l y l daar weer minder aandag aan die teks van die lied gegee word.

In die geheel gesien, blyk dit dat talle mense nie die effek (positief of negatief) van musiek besef nie. Enersyds lei dit tot 'n totale negering van die waarde van musiek.

Aan die ander kant word die effek van musiek nakf en onvanpas aangewend bloot ter wille van emosionele effek.

2.1 1 GEVOLGTREKKINGS

Deur die loop van die geskiedenis het mense besef dat musiek in die erediens 'n bykomende dimensie aan woorde bied. Die Bybelse getuienisse behoort as riglyne te dien vir die liturgiese musiek van vandag. Die liturgiese lied word 'n medium waardeur die Heilige Gees werk, maar ook omgekeerd: deurdat die liedere gesing word, word mense deur die Heilige Gees vervul en aangespoor tot lofprysing.

Luther en Calvyn se onderskeie standpunte het egter 'n blywende invloed gehad op twee onderskeie kerktradisies

-

Lut heraans en Calvinisties. In die Lu therse tradisie bestaan daar 'n groter openheid en benutting van die bydrae wat musiek bied. In die Calvinistiese tradisies bestaan daar 'n groter voorbehoud en selfs miskenning of onbewustheid daarvan.

In die hedendaagse Suid-Afrikaanse kerkliturgie is bogenoemde tendense ook duidelik herkenbaar. In sommige kerke uit die Calvinistiese tradisies is daar 'n ondewaardering van die waarde van musiek. Klem word eensydig op die woord geplaas, met die gevolg dat daar dikwels onkunde en selfs weerstand teen die mistieke waarde van musiek is. Liedere word dikwels gevoelloos gesing. Hierdie eensydigheid het ongetwyfeld aanleiding gegee tot 'n swaai na die ander uiterste.

Veral in die charismatiese tradisies en die huidige gospel- en praise and worship- style word die emosionele waarde van musiek op die spits gedryf, terwyl daar minder aandag aan die teks van die lied gegee word.

In die geheel gesien, blyk dit dat talle mense nie die uitwerking (positief of negatief) van musiek besef nie. Enersyds lei dit tot 'n totale negering van die waarde van musiek. Aan die ander kant word musiek nai'ef en onvanpas aangewend bloot ter wille van emosionele effek.

Uit hierdie historiese oorsig blyk die noodsaak om sensitief te wees vir dit wat musiek tot woorde bydra. Sodoende kan hierdie Godgegewe gawe tot eer van God en nut van die mens gebruik word. Andersyds sal daar 'n groter versigtigheid ontwikkel vir die misbruik van musikale effekte.

Die vraag ontstaan: Wat veroorsaak dat musiek iets meer bied as woorde en hoe moet dit op 'n verantwoordelike manier in die erediens gebruik word? Hierdie vraagstukke kom in die volgende hoofstukke aan die orde. Musikologiese oorwegings oor die krag van musiek, die emosie wat dit opwek en hoe dit as kommunikasiemedium en uitdrukkingsvorm aangewend kan word, kom aan die orde.

Dalam dokumen MUSIEK MEER AS WOORDE. (Halaman 53-58)