4. A S NEILL SE SUMMERHILLSKOOL AS UITVLOEISEL VAN
4.4 Gevolgtrekking
Uit 'n analise van die opvoedingsdenke van A.S. Neill blyk dit dat hy oorwegend 'n irrasio
nalistiese denker is wat op 'n teenstrydige wyse ook enkele rasionalistiese trekke vertoon.
Waar die Rasionalisme die wet verabsoluteer en sodoende 'n rigiede raamwerk daarstel waarin die wereld en die mens gegiet word, Ie die Irrasionalisme (soos by Neill) die klem op die individu, die enkeling en vryheid. Op hierdie wyse word nie die wet (i.c. reels, onderwysers) as belangrik geag nie, maar die individu en sy vryheid. Dit wet is dus daar ter wille van die individu.
Op 'n eg irrasionalistiese wyse verval Neill in 'n vorm van indeterminisme, dit wil se, daar is byna geen riglyne wat die individu se gedrag/optrede bepaal nie. By die Irrasionalisme bly die rede belangrik, die wetsy bly ook belangrik maar die subjeksy kry meer aandag as die wetsy. Die rede as sodanig is daar vir 'n doel buite homself. Op 'n indeterministiese wyse word die wetsy dus opgelos in die subjeksy. Omdat die wetsy vir opvoeding en onder
wys opgelos word in die subjeksy, bepaal die leerlinge self die wette.
Omdat Neill nie 'n vaste vertrekpunt (Archimedespunt) in sy opvoedingsdenke het nie, word hy vasgevang in die dualisme tussen die vryheidsideaal/persoonlikheidsideaal en die weten
skapsideaal. 'n Noodwendige uitvloeise1 hiervan is dat Neill in allerlei teenstrydighede, inkonsekwenthede en anomaliee verval. 'n Voorbeeld hiervan is dat Neill gese het dat die kind toegelaat moet word om in vryheid te ontwikkel, sonder enige reels en beperkings, maar dan in dieselfde asem het hy gese dat algehele vryheid nie moontlik is nie, aangesien ander se regte eerbiedig moet word - dus is daar reels wat nagekom moet word.
As antwoord hierop konstateer die Christen dat die mens se denke gefundeer word in die
Skrif met die liefdesgebod as vaste anker. Die eenheidslyn van denke wat deur die skepping-sondeval-verlossingsmotief veronderstel word, bied 'n oplossing vir die rondval van die mens tussen die twee ismes (Rasionalisme en Irrasionalisme). Sodoende ontstaan daar geen botsende sienings/beskouinge van liefde, waarheid, dissipline, vryheid, en dies meer, nie.
Waar die Christen dus werk met 'n verankerde, eenduidige en reglynige grondmotief van skepping-sondeval-verlossing, is Neill vasgevang in die dialektiek van die twee hededaagse grondmotiewe van natuUf en vryheid aan die een kant, en die vrye mens in die kontingente situasie aan die ander kant.
Die Irrasionalisme, soos verteenwoordig deur Neill, slaag nie daarin om die onderwys- en opvoedingsvraagstukke van die 20ste eeu op te los nie. Dit is 'n immanente en horisontale beskouing wat tipies is van die dualistiese gevangenheid van die 20ste eeuse mens.
Daar kan egter met groot waardering kennis geneem word van die erkenning wat Neill aan die kindematuur gee. Elke kind behoort die geleentheid te kry, vera! in die skool se onderwys en opvoeding, om tot sy volle potensiaal te ontwikkel. Erkenning moet gegee word aan die besondere vermoens en belangstelling van die kind. Daar behoort ruim ge
leentheid te wees vir selfekspressie, selfbesluitneming, spel, skeppende werksaamhede, en dies meer. Die instelling van leergierigheid en spelgerigtheid by die kind behoort tot die voordeel van opvoeding en onderwys gebruik te word.
Daar kan met waardering en instemming kennis geneem word van die waarheid dat Neill groot klem op naasteliefde Ie. Liefde kan die kind verander van 'n staat van egolsme na een waar die naaste belangriker word as die self.
Hoewel 'n mens die vryheidsiening van Neill sou kon bevraagteken, is dit te waardeer as hy dit stel dat die mens keusemoontlikhede in die werklikheid het. Deur konkreet hiermee gekonfronteer te word, bestaan daar 'n besliste moontlikheid dat die mens meer selfvertroue en geleentheid tot persoonlikheidsontwikke1ing het. Hy gaan selfs so ver om dit te stel dat die mens se vryheid bepaalde verpligtinge inhou. Dit k:pl waardeer word.
Neill verhef sy stem tereg teen rigiede, outoritere en negatiewe opvoeding. Outoritere opvoeding ontken die verantwoordelikheid van die individu. Daar kan geen geleentheid wees vir die aanvaarding van werklike self-verantwoordelikheid nie. Die toepassing van slegs eksteme dwangmaatreels lei tot passiwiteit en verwarring.
Die aanvaarding deur Neill, dat die skool 'n be1angrike rol te speel het in die totale ontwikkeling van die kind, is te waardeer. Die skool dien in meer as een opsig as voor
bereider vir die volwasse wereld van die huwelik, die aanvaarding van 'n beroep, die toe
rusting met vaardighede vir die lewe in die algemeen, en dies meer.
Die feit dat die skool op die kind gefokus behoort te wees, kan met nadruk aanvaar word.
Die kind is immers die hoofrede waarom die skool bestaan. Verder kan gelyk gegee word aan Neill as hy dit stel dat die belangstelling, aanleg en kreatiwiteit van die kind erken moet word. Hiersonder kan daar kwalik na opvoeding en onderwys verwys word.
Neill slaag vervolgens daarin om die gebrokenbeid van die werklikheid te beskryf. Sy ver
wysing na gebroke gesinne en ontoereikend opgeleide ouers en onderwysers, vestig deuren
tyd die aandag op die belangrikheid van die rol en voorbeeld van die opvoeders. Indien sake bier nie pluis is nie, is die logiese gevolge angs, vrees, ongelukkigheid, en uiteindelike verontmensliking.
Die afwysing van onbehoorlike straf van kinders kan aanvaar word. Straf behoort met groot omsigtigheid hanteer te word. Indien daar op negatiewe wyses gestraf word, kan dit lei tot minderwaardigheidsgevoelens by kinders, vrees, angs, ontoereikende persoonlikheidsontwik
keling, seksuele wanpraktyke, haatgevoelens, en dies meer.
Dat Neill die onderwyser as belangrik en met groot inv loed op die kind se lewe sien, be
hoort met ems aanvaar te word. Hy is korrek as hy dit stel dat die onderwyser 'n aangename skool- en klasmilieu daar behoort te stel, sodat die kind tot sy volle potensiaal kan ontwikkel. Verder is sy siening dat die onderwyser die kind behoort te help om die werklikheid te verstaan en om sy ervaringswereld te verbreed ook aanvaarbaar.
Die begrip selfregulering ("selfregulation") wat Neill gebruik om sy opvoedingdenke mee te beskryf, bied besondere moontlikhede aan die opvoeder en onderwyser. Indien met om
sigtigheid hanteer, kan selfregulering uiteindelik lei tot die aanvaarding van eie verantwoor
delikheid vir die eise van die lewe. Selfregulering word egter by Neill 'n irrasionalistiese begrip deurdat die norm in die kind geplaas word.
Neill vertoon egter ook duidelike irrasionalistiese trekke in sy opvoedingsgedagtes. Sy siening dat die kind ongebonde moet ontplooi, moet leer deur ervaring, en die natuurlike ge
volge van sy dade as straf moet ontvang, kweek onteenseglik bandeloosheid en gesagsver
werping. Sodoende word die kind slaaf van sy hartstogte en drange; hy word beroof van sy vryheid, toerekenbaarheid en eie verantwoordelikheid. Die natu,ur van die mens (i.c.
kind) vra nie na die motiewe enlof instelling agter die oortreding nie en die "natuurlike straf" is dikwels ver buite verhouding met die oortreding wat begaan is. Sodoende kan on
berekenbare en onherstelbare skade aan die kind berokken word.
Indien van die kind verwag word om op 'n biologies-naturalistiese wyse aan te pas en te ont
willel by sy omgewing, word die Goddelike roeping van die mens misgekyk. Hy het im
mers die opdrag gekry om die aarde te onderwerp en daaroor te heers, die sonde te bestry en om die verkeerde in homself te wysig.
Die skool is Die net 'n hulpmiddel vir die kind om in die samelewing aan te pas nie. Dit is 'n samelewingsverband wat geroepe is om op eie wyse, met 'n eiesoortige aard en struk
tuur, die kind terug te bind aan sy Oorsprong, aan God. In 'n Christelike skool heers daar 'n Christelike gesagsbeskouing wat onderle word deur 'n Christelike antropologie. Gevolg
Iik is die inrigting, gees, dissipline, inhoud, metode, beheer en dies meer in ooreenstemming met die Christelike eis.
Deur onwrikbaar in die aangebore goedheid van die kinderlike natuur te glo, verwerp Neill die sondevaI, die erfsonde en die radikale verdorwenheid van die mens. GevoIglik word ook 'n streep getrek deur die herstel van die mens deur die genade en geloof in Jesus Christus.
Enige leer wat Christus verwerp, is totaal onaanvaarbaar vir die Skrifgelowige.
Neill se verwerping van boekkennis, boekgeleerdheid en eksamens, asook enige vorm van evaluering of toetsing, kan nie aanvaar word nie. Die skool maak 'n besliste bydrae tot die kind se logies-analitiese ontsluiting (i.c. kennisuitbreiding) en voorbereiding vir 'n eie beroepslewe. Hiervoor is opleiding en opvoeding in die verwerwing van spesifieke kennis
inhoude en vaardighede van kardinale belang. Neill vertoon bier 'n irrasionalistiese trek deurdat hy redelikheid in diens stel van die individu wat in vryheid en outonomie sy lewe orden en rig.
Antropologies gesien, vertrek Neill vanuit 'n ooroptimisitiese, humanistiese en romantisis
tiese siening van die mens. Hierdie stellinginname is vir die Christen onaanvaarbaar. Ge
luk, wat vir Neill die hoogste doel van opvoeding en die lewe uitmaak, is nie te vind in die vervulling van eie behoeftes nie, maar in die geboorsaamheid aan die wet van God.
Om kinders toe te laat om hulleself te reguleer wat hulle optrede en gedrag aan betref, bring mee dat kinders oorgelaat word aan bulle eie vertolking van wat reg en verkeerd is. Selfre
gulering word by Neill 'n irrasionalistiese begrip deurdat die norm in die kind self geplaas word (apriories). Hierdie is nie net 'n ontkenning dat opvoediog en onderwys 'n bepaalde rol te speel het in die oordra van waardes en norme me, maar negeer ook die bestaan van algemeen-geldende en umversele norme vir optrede. Neill huldig bier dus 'n subjektivistiese norm vir die waarbeid.
Die ongekontroleerde vryheidsgedagte, soos gepropageer deur Neill, bet emstige tekortko
minge en bring gevaarlike uitwasse. Neill sien die begin en einddoel van vryheid in die mens. Deur vryheid primer in die mens te setel, word die mens niks anders as sy eie wet
gewer en normbepaler me. Hierdeur loop Neill die gevaar om in allerlei wanopvattings, inkonsekwenthede en anomaliee te verval. Op 'n eg irrrasionalistiese wyse vier die vry
beidsgedagte by Neill hoogty en stel hy volle vertroue in die outonomie van die mens.