• Tidak ada hasil yang ditemukan

2. HERKOMS EN EIENSKAPPE VAN DIE 20STE EEUSE IRRASIO

3.5 Neill se Summerhillskool

3.5.2 Organisasie en beheer

Neill het gese dat skoolorganisasie daarop toege~l'its moet wees om die skool 'n aangename plek te maak, want 'n mens se skooldae behoort die aangenaamste herinnering in jou lewe te wees. Watjy uit boeke geleer het, maak hoegenaamd nie saak nie, wat saak maak, is wat jy is (Neill, 1917:75, 81; Riedeman, 1975:123).

Hy was gekant teen 'n vaste program waarvolgens elke leerling 'n sekere aantallesure per week aan elke yak moet bestee, want die leerlinge moet doen waarvoor hulle Ius het. Die rede waarom hy weI 'n rooster gehad het, was omdat die Ieerlinge wat van ander skole af gekom het, hulle nog by die vryheid moes aanpas (Neill, 1937:73).

Summerhillskool het by die leerling aangepas. Die onderwysers moes toesien dat die kind gelukkig is en sy belangstellings kan uitleef. Die skool het die leerlinge al die moontlikhede gebied om vry en spontaan te ontwikkel - die kind se lewe moes 'n spel wees (Hart, 1970:

78; Perry, 1967: 127). Dit beteken nie dat alles vir hom maklik gemaak is rue, want dit sou noodlottig vir sy karakter wees. Omdat die lewe egter self soveel probleme opgelewer het, hoef daar rue vir die kind kunsmatige probleme geskep te word nie (Neill, 1920:194).

Sommige leerlinge sluit op 5-jarige ouderdom by Summerhillskool aan, ander selfs eers as hulle 15 jaar oud is. Hulle bly gewoonlik daar tot hull6de jaar. Die kinders word in drie groepe verdeel, met besondere inagneming van hulle verstandelike vermoens. Die jongste groep wissel van 5 tot 7 jaar, die tussengroep van 8 tot 10 jaar en die oudste groep van 11 tot 15, 16 jaar (Neill, 1960:3, 79).

Die leerlinge is ook in ouderdomsgroepe gehuisves met '0 huismoeder vir elke groep. Die senior seuns is in hutte gehuisves. Slegs een of twee van die ouer leerlinge het hulle eie kamers; die ander is verdeel in 2, 3 of 4 per kamer. Die jooger leerlinge is io '0 klipgebou gehuisves. Daar is geen kamerinspeksie gehou nie eo die leerlinge was heeltemal vry. Hulle trek aan net wat hulle wit en die huiswerk word deur diensmeisies verrig (Neill, 1960:21).

Die skool is gelee op 'n perseel wat ruim geleentheid vir ontspanning bied. Die hoofgebou, wat vroeer 'n private woonhuis was, bestaan uit 'n saal, 'n eetlokaal, siekekamers, 'n kuns­

kamer, 'n klein handwerkkamertjie en die dogters se slaapkamers (NeilJ, 1960:82). Die pro­

gram op 'n tipiese skooldag in Summerhil1 het soos volg daar uitgesien (Neill, 1960: 13-15, Riedeman, 1975:142-145):

08: 15 - 09:00 Ontbyt: Die personeel en leerlinge kry hul onlbyt in die kombuis en gaan nuttig dit gesamentlik in die eetsaal.

09:00 - 09:30 Beddens word opgemaak.

09:30 Klasse begin. Die jonger kinders (7 tot 9 jaar) bly gewoonlik die grootste gedeeIte van die oggend by hul onderwyser(s).

11:00 'n Pouse vir 'n paar minute en daarna hervat die klasse.

'n Rooster word aan die begin van elke kwartaal opgestel, maar dit is slegs 'n rooster vir die onderwysers (Neill, 1960:5). Klas word aan die groter leerlinge in ~pesifieke vakke op sekere dae deur bepaalde onderwysers gegee. Geen leerling word verplig om klas by te woon nie, maar sy klasmaats maak gou beswaar as iemand nie gereeld kom nie, omdat hy die vor­

dering van die klas strem, aangesien die werk dan later aan hom verduidelik moet word.

12:30 Middagete vir die "kindergarteners" en juniors.

13:00 Klasse vir groter leerlinge sluit.

13:30 Middagete vir die personeel en groter leerlinge.

In die namiddag is elkeen volkome vry om te doen wat hy wil. Die juniors hou hulle soms besig met bendespeleuies en sommige van die groteres bou motors of radio's, teken of skil­

der. Wanneer die weer dit toelaat, beoefen die groteres die een of ander sportsoort. Party timmer in die werkswinkel, maak hulle fietse heel of maak booUies of rewolwers.

16:00 Teet yd. Daarna word spesiale klasonderrig gegee aan diegene wat daarom vra.

17:00 Verskillende bedrywighede begin.

Die juniors bou daarvan om na stories te luister wat vir hulle voorgelees word. Die middel­

groep bou daarvan om in die kunskamer te gaan skilder of hulle besig te bou ,met leerwerk

of mandjiemakery. Die matriekgroep werk van 17:00 af tot in die aand. Gewoonlik is die hout- en metaalwerkwinkel elke aand vol.

18:00 Aandete.

19:30 Slapenstyd vir die kleintjies.

22:00 Slapenstyd vir die groter leerlinge.

Aangesien Summerhill 'n kosskool is, moet die leerlinge ook in die aand besig gehou word.

Die aandprogram vir die week lyk soos volg:

Maandagaand: Die leerlinge besoek die plaaslike bioskoop, waarvC?Or hulle self moet be­

taal.

Dinsdagaand: Neill het dan sy sielkundige praatjie vir die personeel en senior leerlinge gehou. Die juniors vergader in leesgroepe.

Woensdagaand: Almal dans en speel plate.

Donderda&aand: Niks spesiaals nie, die seniors kan weer bioskoop toe gaan.

Vl)'dagaand: Word vry gehou vir enige besondere geleentheid, byvoorbeeld die instu­

dering van toneelopvoerings.

Saterda&aand: Dis hulle belangrikste aand; dit is "General meeting night". Op hierdie algemene vergaderings word sake rakende die leerlinge, deur die onderwy­

sers saam met al die leerlinge, bespreek.

Sondapand: Teateraand.

Neill as hoof het nie geweet hoe die onderwysers klas gee nie; hy het die klaskamers nooit besoek nie en het nie belanggestel in hoe die kinders leer nie, want vir hom was die onder­

wys minder belangrik. Al word die Summerhill-leerlinge toegelaat om die hele dag lank te speel as hulle wil, doen hulle volgens hom speel-speel tog baie werk. Neill het verklaar dat as 'n onderwyser om die een of ander rede nie op 'n betrokke dag sy klas kon waarneem nie, die leerlinge gewoonlik baie teleurgesteld was (Neill, 1960:17).

Toneelopvoerings speel 'n belangrike rol in Summerhill se sosiale lewe. Die seuns en dog­

ters skryf self die toneelstukke en neem ook die regie waar. Hulle maak ook self die kos­

tuums en dekor en hulle verhoogtalent is gewoonlik van hoogstaande gehalte (Neill, 1960:

15). Dit is tradisie dat slegs toneelstukke wat in Summerhill geskryf is, opgevoer word.

Die leerlinge ken nie iets soos verhoogvrees nie. Neill het die beoefening van die toneel­

kuns as 'n noodsaaklike deel van opvoeding beskou, veral omdat dit die kind selfvertroue gee (Neill, 1960:68).

Sport is in Summerhill, net soos die bywoon van klasse, opsioneel. Die leerlinge organiseer self die sport (Segefjord, 1971 :34). Die kinders is ook lief vir swem. Hulle binnenshuise speletjies is tafeltennis, skaak en kaartspel. Vir die jonger kinders is daar 'n sandput en swaaie. Net soos Neill gekant was teen die toekenning van pryse vir akademiese prestasie, het hy ook nie van die toekenning van pryse vir sportprestasie gehou nie, hoewel die leer­

linge op laasgenoemde aangedring het (Neill, 1960:73-74).