• Tidak ada hasil yang ditemukan

Lieberman se hulpverleningsprogram vir selfmutilasie

3.9 HULPPROGRAMME VIR DIE ONDERSTEUNING VAN

3.9.2 Lieberman se hulpverleningsprogram vir selfmutilasie

Lieberman (2004), ʼn skoolsielkundige en leier van die Los Angeles Verenigde Skooldistrikte se Selfmoordvoorkomingseenheid en mede-voorsitter van die Noodondersteuningspan van die Nasionale Vereniging van Skoolsielkundiges in die VSA, het die volgende hulpverleningsriglyne en wyses van optrede voorgestel wat skole en onderwysers kan volg om hulp te verleen aan selfmutileerders. Die riglyne is soos volg:

Die opleiding van die skool se ondersteuningspan om selfmutilasie te kan identifiseer

Volgens hom behoort ʼn skool se krisisspan te bestaan uit die volgende lede:

die skoolsielkundige, die skoolvoorligter of welsynwerker, die skoolverpleegster en ʼn toepaslike bestuurslid van die skool. Die taak van die krisisspan is om te fokus op die mediese behoeftes van die selfmutileerder;

die bepaling van die selfmoordrisiko‟s verbonde aan die selfmutilerende gedrag; die daarstel van ondersteuningsnetwerke (byvoorbeeld die ouers en professionele geestesgesondheidsdienste); en die in kennis stel van die ouer

Lieberman (2004) altyd individueel behandel word en slegs teruggeplaas word by die ouer as hulle veiligheid verseker kan word.

Die deurgee van inligting aan alle volwassenes om tekens van selfmutilasie te kan identifiseer

Volgens Lieberman (2004) is ouers en onderwysers, onder andere ook sportafrigters en liggaamsopvoeding-onderwysers in ʼn meer unieke posisie om selfmutilasie te kan identifiseer op grond van die volgende gedrag wat selfmutileerders openbaar, naamlik die dra van lang moue om hulle letsels te verberg; en aggressie, emosionele afgestomptheid of emosionele ongebalanseerde optrede in klasverband.

Die opleiding van onderwysers om toepaslik op te tree teenoor selfmutileerders

Volgens Lieberman (2004) is opleiding vir die hantering van selfmutilasie noodsaaklik aangesien dit verseker dat die selfgemutileerde met respek en aanvaarding hanteer word. Hy merk verder op dat daar ʼn duidelike onderskeid moet bestaan ten opsigte van die take van die skool se ondersteuningspan (risiko-assessering en verdere ondersteuning) en die van die ander personeel by die skool (identifisering en aanvanklike intervensie en verwysing).

Die vermaning om versigtig op te tree wanneer leerders onderrig word aangaande selfmutilasie

Volgens Lieberman (2004) moet onderwysers versigtig wees en slegs die nodige inligting aan leerders weergee wanneer hulle die aard van selfmutilasie met hulle bespreek. Verder moet mede-leerders aangemoedig word om inligting oor selfmutilasie (van mede-leerders of vriende) bekend te maak. Die boodskap wat uitgedra behoort te word, is dat selfmutilasie ʼn geestesgesondheidsprobleem is en dat selfmutileerders professionele hulp benodig.

Stel ouers in kennis en maak hulle betrokke

Sodra ʼn leerder geïdentifiseer word as ʼn selfmutileerder, behoort die ouers daarvan in kennis gestel te word en ook moontlike professionele hulp aan hulle voorgestel word. Volgens Lieberman (2004) is dit verkieslik dat die leerder teenwoordig is wanneer die ouers gekontak word om misverstande te voorkom. Die skoolhoof en die onderwyser moet egter op so ʼn wyse optree dat dit altyd in belang van die leerder is.

Die skool behoort saam te werk met die ouers en ʼn sielkundige

Aangesien behandeling oor ʼn tydperk geskied is dit noodsaaklik dat die skool se geestesgesondheidswerker sy optrede sal koördineer met die leerder se sielkundige en sy ouers, sodat sy optrede nie bots met hulle hulpverlenings- program nie. Sodra die selfmutileerders terug is in die skoolopset is dit noodsaaklik dat hulle ten minste een vertroueling (onderwyser) het na wie hulle kan gaan as hulle ʼn behoefte tot selfmutilasie ervaar. Sulke persone is volgens Lieberman (2004) meestal die skoolsielkundige, die skoolver- pleegster, die welsynwerker of skoolvoorligter. Volgens Lieberman (2004) kan ook gebruik gemaak word van geen-mutilasie ooreenkomste wat alternatiewe optrede veronderstel om selfmutilasie te voorkom.

Die beperkte weergee van inligting oor selfmutilasie

Lieberman (2004) meld verder dat skole moet poog om nie te veel inligting oor selfmutilasie aan die leerders bekend te stel nie, omrede ʼn breë blootstelling aan selfmutilasie daartoe kan lei dat risiko-leerders kan begin om hulleself te mutileer (aansteeklike gedrag).

Aansluitend by bogenoemde riglyne wat Lieberman (2004) bied aan onderwysers vir hulpverlening aan selfmutileerders stel hy ook die volgende wyse van optrede voor vir onderwysers wanneer hulle met selfmutileerders werk:

 Die stig van ʼn vertrouensverhouding. Hoewel selfmutilasie problematies ervaar kan word deur die onderwyser, is dit noodsaaklik dat hy/sy nie die

selfmutileerder moet vervreem nie, maar moet poog om ʼn vertrouens- verhouding met hom/haar te probeer stig. Daarna is dit noodsaaklik dat die onderwyser die leerder na ʼn geestesgesondheidspersoneellid verwys.

Leerders moet hierna gemonitor word totdat hulle veilig is of in die sorg van hulle ouers is.

 Die aanspreek van mediese behoeftes deur die onderwyser (behandeling van letsels is die eerste prioriteit).

 Die onderwyser moenie met afgryse of ongeloof reageer wanneer hy met selfmutilasie gekonfronteer word nie.

 Bewerkstellig kontak sonder om opdringerig te wees (byvoorbeeld: “Ek kan sien dat jy ʼn probleem het. Kan ek iemand kry om jou te help?”).

 Moenie beskuldigend of direktief optree nie (byvoorbeeld: “Dit is duidelik dat iets jou pla en dat jy hulp nodig het. Kan ek jou help?”).

 Neem kennis dat die selfmutilerende gedrag ʼn wyse is waarop die selfgemutileerde poog om in beheer te wees van sy of haar lewe.

 Bewys empatie, maar moenie probeer voorgee jy weet hoe hulle voel nie.

 Beklemtoon hoop (“Ek is seker ek sal iemand kan kry om jou te help”).

Aansluitend by bogenoemde riglyne stel Lieberman (2004) verder voor dat die onderwyser die selfmutileerder na die skool se ondersteuningspan neem en hom verseker dat hy hulp sal ontvang en veilig is.

Met bogenoemde omskrywinge van die riglyne en moontlike wyses van optrede wat Lieberman (2004) aan die onderwyser bied om hulp te verleen aan die gemutileerde in skoolverband, wil die navorser volstaan en soos volg samevattende opmerkings maak oor die gebruik van die voorafgaande hulpprogramme in skole vir selfmutileerders.

Beide voorgestelde hulpverleningsprogramme vir selfmutileerders in skole is dit eens dat die onderwyser en die skool ʼn belangrike rol behoort te vertolk in

die identifisering en hulpverlening aan die selfmutileerder. Bogenoemde twee skoolgebaseerde hulpverleningsprogramme sluit verder nou aan by die gemeenskaps- en pastorale rol van die onderwyser in inklusiewe onderwys en die Nasionale Strategie vir Sifting, Identifisering, Assessering en Ondersteuning. Lukomski en Folmer (2004) se voorgestelde hulpverleningsprogram kom in ʼn mate ooreen met die hulpverleningsprogram van Lieberman (2004), hoewel Lieberman (2004) meer inligting aan die onderwyser en die skool se ondersteuningspan bied ten opsigte van identifisering en verdere optrede. Vir die navorser bied bogenoemde hulpprogramme tesame met die verskeie terapeutiese benaderings egter waardevolle riglyne vir die ontwikkeling van ʼn eie opleidingsprogram vir Suid- Afrikaanse skole wat deur die onderwyser, die DGOS en die SGOS gebruik kan word vir die identifisering van en hulpverlening aan selfmutileerders in inklusiewe klaskamers.