• Tidak ada hasil yang ditemukan

Normatiewe perspektiewe op die beeld van God (Imago Dei)

HOOFSTUK 4: NORMATIEWE STUDIE OP DIE KERK AS

4.4 Normatiewe perspektiewe op die rol van die kerk (ekklesia) in die

4.4.2 Normatiewe perspektiewe op die beeld van God (Imago Dei)

 Die Heilige Gees as die Gees van Christus in die kerk woon. Daarom kan met reg gesê word dat die kerk die vergadering van die burgers van die koninkryk of volk van God is. Die kerk is die gemeenskap van gelowiges en daarom ʼn gemeenskap wat hul verlossing van God verwag, maar dit is ook ʼn ruimte waar die gawes en die kragte van die koninkryk geskenk en ontvang word. Daarom kan met reg tot die gevolgtrekking gekom word dat die kerk geroep word om ʼn instrument, ʼn orgaan, van die koninkryk van God in hierdie wêreld te wees.

 Die kerk is die produk van die koninkryk, maar dit is die roeping van die kerk om die koninkryk van God te verkondig. Daarom werk Koning Jesus Christus ook deur sy Gees in die kerk.

 Die kerk beskik oor die Woord en daarom word uitgegaan van die besef dat die Woord oortuigingskrag het. Deur die oortuiging van Woordverkondiging (proklamasie van die Koning se regering) breek die koninkryk van God ʼn baan in woord en daad. Sodoende gebruik die Gees verkondiging in woord en daad om Christus se koninkryk op aarde te vestig. Toegepas op dié studie wat handel oor die kerk as verteenwoordiger van God in die samelewing, behels dit dat die kerk daarmee sal rekening hou dat haar optrede in die gemeenskap daarop gerig moet wees om God se koninkryk te laat kom.

 Die kerk bestaan uit ’n gemeenskap van gelowiges en elke gelowige, met sy of haar eie spesifieke funksie, is gevolglik deel van die volk van God.

Om die koninkryk te laat kom, word die plan van God, waarvan elke mens deel vorm, vanuit die skepping van die mens in Genesis 1:26–27 verduidelik.

 Genesis 1:26: “En God het gesê: Laat Ons mense maak na Ons beeld, na Ons gelykenis, en laat hulle heers …”.

 Genesis 1:27: “En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape” (Bybel, 1990).

Beeld (H6754) tselem םלצ word soos volg verduidelik:

 Strong (1995:120) verduidelik dat die Hebreeuse woord ’n skaduwee, ’n skim (figuurlik gesproke), ’n illusie, ’n ooreenkoms, dus ’n afgod of skadubeeld beteken.

 Strong (2001:134) gee die betekenis as “idolatrous figure”.

 Strong (1995:32) verduidelik dieselfde woord vir “beeld” vanuit Genesis 5:3 met die gebruik van demûth (H1823) דּמוּת:

“Toe Adam honderd en dertig jaar oud was, het hy ’n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem.”. Die woord “beeld”

(“image”) beteken “afbeelding”, soos met heidense gode, ewebeeld (ooreenkoms) en ’n skynbeeld (figuurlik gesproke).

 Vosloo en Van Rensburg (1993:8) beklemtoon dat die beeld-metafoor se betekenis die volgende behels:

o Dat die mens God se heerlikheid sal weerspieël;

o dat die mens namens Hom op aarde optree; en

o dat die mens met Hom kan kommunikeer in die vervulling van bogenoemde.

Vanuit bogenoemde betekenisse word afgelei dat die mens as verteenwoordiger van God gemaak is. Vorster (2011:39) beskryf hierdie funksie – verteenwoordigers van God – vanuit die ekklesiologiese model waarin die geïnstitueerde kerk as kragstasie van die koninkryk gesien word. Gelowiges het die roeping om as die kragdrade van die koninkryk die etiese beginsels wat uit God se versoeningshandeling voortvloei, soos vrede, reg en geregtigheid, liefde, sorgsaamheid en barmhartigheid, in die samelewing te bevorder en te laat realiseer. Bogenoemde outeur wil gevolglik die mens se doelgerigte skepping as beeld van God beklemtoon. Hierdeur word die rol van gesant of ambassadeur beklemtoon in die begrip dat die mens God verteenwoordig.

Die roeping van die mens as ambassadeur word nou verder nagevors vanuit die mens se posisie as geskapene en die gepaardgaande opdrag aan die mens.

4.4.2.2 Mens na die beeld van God geskep met ’n opdrag om te heers

Die tweede begrip wat vanuit Genesis 1:26 na vore kom, naamlik “laat hulle heers

lig die mens se skeppingsdoel as heerser uit.

Heers (dominion) (H7287) râdâh הדר

 Zodhiates (1992:15) omskryf die woord as “om outoriteit oor uit te oefen”; “to get mastery of”. Strong (2001:807) gee dieselfde begrip, naamlik om te vertrap, of te onderwerp, om te regeer.

 Longman et al. (2013:452) bevestig dat dié woord krag, bemagtiging, heerskappy en gesag behels en die begrip “heers” word deur hulle die beste omskryf as:

o Dat die mens se skepping as beelddraer van God gepaardgaan met die beginsel van rentmeesterskap, dus ’n verantwoordelikheid teenoor God in die ontwikkeling van die aarde;

o dat vyande verslaan moet word en mense soms bevry moes word (Nehemia 9:28);

o dat bonatuurlike wesens oorwin en verslaan moet word (Efesiërs 1:21);

en

o dat sonde en dood oorwin word deur genade en die opstanding (Romeine 5:14-21; Romeine 6:9-14).

Die mens is deur God geskape as sy beeld of ambassadeur om te heers deur die aarde te bewerk en te bewaak. Dié twee opdragte word nou nagevors.

4.4.2.3 Mens na die beeld van God geskep met ’n opdrag om te bewerk

Genesis 2:15: “Toe het die Here God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.”

Bewerk (H5647) ‛âbad דבע

Strong (2001:692) verduidelik dat God bedoel het die mens moet op die aarde werk.

Werk figureer ook elders in die Bybel en die volgende aspekte is opmerklik:

Werk soos ’n slaaf (Genesis 15:13). Die beginsel vanuit die vers is dat die mens aan God behoort, nes ’n slaaf van ouds aan sy eienaar behoort het.

Bemin en dien die Here as aanbidder (Deuteronium 11:13). Die beginsel hier is dat die mens uit dankbaarheid God as Skepper dien. In opregtheid wil die mens sy werk van harte doen asof vir die Here (Kolossense 3:23). Grové (2004:25) waarsku dat alle werk gedoen moet word asof vir Christus (Kolossense 3:23). Hy is die een wat werk seën (Psalm 127).

 Om te werk, is verteenwoordigend van ’n mens se roeping (Carstens, 2014:70).

 Om te werk, is deel van God se raadsplan in die voorsiening van daaglikse behoeftes (2 Tessalonisense 3:10; Genesis 3:17-19) (Grové, 2004:27).

 God roep mense vir spesiale werke, soos byvoorbeeld Moses (Eksodus 3) en Paulus (Handelinge 9) (Grové, 2004:27,28).

 Om te werk asof vir God behels ’n seën (Psalm 128:1-2) (Grove, 2004:28).

 Vermeulen (2004:19) bevestig die seën van God indien die mens sy taak doen asof vir Hom. Dié agtergrond kom ook vanuit die kultuur waarin die grootste eer wat ’n mens te beurt kon val, seën van ’n god behels het. Hoe groter die god, hoe groter die seën wat ’n mens kon verkry. Hierdie seën sluit in vrugbaarheid, voorspoed, bevryding en beskerming.

 God seën mense met ’n werk; om te kan werk, voorsien Hy hulle ook met gawes en talente om die werk te kan doen (Matteus 25:14-30) (Vermeulen, 2004:19,20).

 Die mens se seën vanuit sy werk moet ook met ander mense gedeel word, soos armes (Efesiërs 4:28) (Vermeulen, 2004:19,20).

 Die vreugde van werk en ’n skeppingsdoel gee die mens waarde en identiteit (Vermeulen, 2004:19,20).

Carstens (2014:102,103) verduidelik dat werk in die markplein die sleutel tot die hervorming, herstel en opheffing van ’n gemeenskap is. Vanuit dié verhouding kan

die evangelie ’n gemeenskap transformeer. Die geleentheid word aan ’n samelewing gebied om God se kinders in aksie waar te neem binne hul werksplek.

Gelowiges werk dus nie net om stoflike voordeel nie, maar ook om deur diensbaarheid mense se lewens te verryk. Dit bring die gedagte van werksetiek na vore. In die werkverrigting tree gelowiges altyd as gesante en as ambassadeurs van God op. Die vrug op hierdie werk, soos byvoorbeeld salaris en vergoeding, behoort ook tot nut en voordeel van ander mense aangewend te word.

Gevolglik word afgelei dat God se geskape mense sy ambassadeurs is. In die uitvoering van die mens se alledaagse werk, tree die mens as gesant van God se koninkryk op (Kolossense 3:23).

4.4.2.4 Mens na die beeld van God geskep met ’n opdrag om te bewaak

Bewaak (H8104) shâmar רמשׁ

Strong (2001:862) verduidelik dat dit beteken:

 Om behoorlik te verskans (soos met dorings);

 om te beskerm, soos Abner wat Saul moes beskerm (1 Samuel 26:15);

 om versigtig dop te hou, soos Eli wat Hanna se mond dopgehou het terwyl sy gebid het (1 Samuel 1:12); en

 om wag hou, soos in Genesis 18:18 waar God vir Abraham beveel het om die verbond na te kom deur wag te hou.

Gevolglik is die mens geskape as God se ewebeeld en as sy ambassadeur om heerskappy op die aarde toe te pas. God het aan die mens outoriteit gegee om die aarde te bewerk en te bewaak.

In die uitvoering van God se opdrag verkry die mens waarde en betekenis. Die mens se werk op aarde is ook deel van aanbidding en verering van Hom en in die proses word God se eer beskerm (Carstens, 2014:96). Gevolglik sal God die mens die grootste eer gee indien die mens daagliks werk asof vir Hom.

Ongehoorsaamheid en gebrek aan kennis het egter die mens beroof van God se skeppingsdoel. Elke gelowige, as deel van die liggaam van Christus, het egter ’n rol te speel in die uitleef van God se skeppingsdoel (Warren, 2002:103). In die Nuwe Testament word die woord “gesant” gebruik.

Vanuit 2 Korintiërs 5:20 word die woord verder nagevors:

Laat ons optree as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan.

Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen (Bybel, 1990).

4.4.2.5 Gesant (ambassadeur) (G4243) πρεσβεύω presbeuō

Carstens (2014:44) beklemtoon vanuit bogenoemde teksvers dat die mens as God se Imago Dei geskep is. Die mens verteenwoordig God as sy ambassadeur. Die werke van die mens weerspieël God se werke. Hierdie verantwoordelikheid maak dat die mens se werk getuienis moet wees van Syne. As ambassadeurs is gelowiges se werk altyd hul eerste getuienis (Carstens, 2014:45).

Thayer (2007:535) beklemtoon die funksie van ’n ambassadeur, sowel as die gepaardgaande verantwoordelikheid om soos een op te tree. Die amp van ’n ambassadeur vereis sekere gepaardgaande optredes.

Stone (2015:151) verwys na ’n ambassadeur as ’n leier wat dien, as ’n verteenwoordiger van ’n volk. Die liggaam van Christus (die kerk) word deur Petrus

’n uitverkore volk, ’n koninklike priesterdom, ’n nasie wat vir God afgesonder is, genoem (1 Petrus 2:9). Die nasie se koninkryk is hemels, sowel as aards. Die plaaslike kerk is die “plek” waarvandaan gelowiges optree.