HOOFSTUK 3 DATA-INSAMELING
3.4 Data-insameling
3.4.1 Instrumente
3.4.1.2 Onderhoude
Item-totaal statistiek (Item-Total Statistics)
Gemiddeld indien item uitgewis word (Scale Mean if
Item Deleted)
Variansie indien item uitgewis word
(Scale Variance if Item Deleted)
Korrelasie met totaal (Corrected Item-Total Correlation)
R-kwadraat (Squared
Multiple Correlation)
Cronbach- alphakoëffisiënt
indien item uitgewis word
(Cronbach's Alpha if Item Deleted) Vraag 1: Die verskille
tussen tolking en vertaling
37.148 63.823 .717 .818 .878
Vraag 2: Tolktipes en
tolkmodusse 37.185 67.003 .619 .852 .884
Vraag 3: Teoretiese
tolkmodelle 37.333 65.923 .707 .670 .878
Vraag 4: Faktore wat simultaantolking
bemoeilik
36.370 60.473 .833 .833 .869
Vraag 5:
Hanteringstrategieë (coping strategies)
36.556 62.641 .768 .732 .874
Vraag 6: Die profiel van 'n professionele
tolk 36.926 64.225 .718 .648 .878
Vraag 7: Tolketiek
36.222 64.564 .800 .833 .872
Vraag 8: Die assessering van
tolkkwaliteit 35.111 82.103 .069 .576 .902
Vraag 9: Die rol van
die tolk 35.259 80.353 .263 .397 .899
Vraag 10: Tolkrigting
35.481 79.182 .220 .589 .901
Vraag 11: In watter mate het die beskikbare opleiding
jou voorberei op die uitdagings van opvoedkundige
tolking?
37.148 66.593 .778 .742 .875
Tabel 3-1: Cronbach-alphakoëffisiënt
fenomeen wil insamel ten einde die resultate met mekaar te vergelyk en te kontrasteer, om sodoende geldige gevolgtrekkings te maak. Soos reeds in afdeling 3.4.1.1 bespreek, is vraelyste gebruik om beide kwantitatiewe en kwalitatiewe data in te samel, terwyl daar ook gebruik gemaak is van onderhoude om verdere kwalitatiewe data in te samel. Hieronder volg 'n kort bespreking van die gebruik van onderhoude as data-insamelingsinstrument.
Hale en Napier (2013:95) verduidelik dat onderhoude ʼn basiese metode van ondersoek is wat mense daartoe in staat stel om hulle stories te vertel en uiting te gee aan hulle opinies (Mack et al., 2005:29). Onderhoude het ten doel om mense se ervarings, en die betekenis wat hulle uit daardie ervaring put, te verstaan (Hale & Napier, 2013:95) asook om uit te vind wat die deelnemer se idees, geloof, opinies en gedrag is (Nieuwenhuis, 2010:87). Hierdie doel word bereik deur ʼn tweerigtinggesprek waarin die onderhoudvoerder die deelnemer vrae vra om data in te samel (Nieuwenhuis, 2010:87). Vir die doel van hierdie studie is daar gebruik gemaak van semigestruktureerde onderhoude om die data wat deur die vraelyste ingesamel is, aan te vul en te staaf. Semigestruktureerde onderhoude is gewoonlik van korte duur en verwag van die deelnemer om ʼn stel voorafbepaalde vrae, wat ten doel het om die gesprek te lei, te beantwoord, met die moontlikheid dat die onderhoudvoerder vir duidelikheid kan vra (Hale & Napier, 2013:97;
Nieuwenhuis, 2010:87). Hale en Napier (2013:98) beveel aan dat onderhoudvrae ontwerp word volgens die navorsingsvrae van die studie of, in die geval van triangulering, met die doel om ʼn ander vorm van data diepgaande te bestudeer. In die geval van hierdie studie is die onderhoudvrae ontwerp om verdere duidelikheid oor die data wat deur middel van die vraelyste ingesamel is te verkry. Die vrae het gehandel oor tolke se ervaring met tolkopleiding by die NWU- tolkdiens, hulle behoeftes in terme van tolkopleiding; asook hoe hulle voel oor die moontlikheid dat tolkopleiding deur middel van rekenaarondersteunde opleiding aangebied sal word. Respondente is die geleentheid gegun om vrae te vra rakende die formaat van die rekenaarondersteunde opleiding. Die onderhoudvoerder het ook weer aan respondente ʼn kort verduideliking gegee van wat die rekenaarondersteunde opleiding sal behels.
Om die onderhoude te kon aflê, is ʼn uitnodiging gerig aan diegene wat die vraelys ingevul het. 14 tolke het gereageer en ingestem om deel te neem aan die onderhoude. Die onderhoude is op 'n individuele basis in ʼn leë klaskamer op die NWU se Potchefstroomkampus gevoer om sodoende vertroulikheid van die deelnemers te verseker, asook om steurnisse te beperk. Die onderhoude is deur middel van ʼn stemopnemer opgeneem sodat die onderhoudvoerder nie nodig gehad het om groot hoeveelhede notas te neem nie en ná die afloop van die onderhoude weer na die opnames kon gaan luister (soos aanbeveel deur Hale & Napier, 2013:101). Alhoewel die student wat verantwoordelik is vir hierdie studie, die onderhoude gevoer het, het dr. Herculene Kotzé (die
studieleier) ook ingesit by die onderhoude om sodoende geldigheid aan die onderhoude te verleen en om die resultate te kan bekragtig.
Ná afloop van die onderhoude is die onderhoude getranskribeer30 en ontleed deur middel van ATLAS.ti (die programmatuur wat vir die ontleding van kwalitatiewe data gebruik word). Friese (2014:1) dui aan dat ATLAS.ti 'n nuttige instrument is wat die proses van kwalitatiewe data- ontleding ondersteun aangesien die program dit makliker maak om data sistematies te ontleed.
Die ontledingsfase het behels dat die navorser transkripsies van die onderhoude as primêre dokumente (primary documents) in ATLAS.ti ingevoer het onder een hermeneutiese eenheid (hermeneutic unit) en deur middel van hierdie program kodes uitgelig het wat verband gehou het met die navorsingsvrae. ʼn “Kode” word beskryf as ʼn woord of kort frase wat simbolies ʼn summatiewe, belangrike en uitdagende kenmerk aan ʼn stukkie taal toeken (Saldaña, 2013:3). Die navorsing is gevolglik induktief gedoen aangesien die interpretasie vanuit die data kom en sake vanuit die literatuur nie aan die data getoets is nie. Die gebruik van kodes het die navorser in staat gestel om belangrike temas uit die onderhoude te identifiseer en te ontleed. Ten einde volledig te kan rapporteer oor die verkrygde temas, is die temas as kodefamilies (code families) gebruik om die kodes te sorteer asook om aan te toon hoe verskillende kodes met mekaar in verband gebring kan word. “Kodefamilies” is ʼn versamelnaam vir 'n groep kodes wat konseptueel met mekaar verband hou en onder dieselfde navorsingstema sorteer en saamgegroepeer is om data-ontleding te vergemaklik. Hierdie kodefamilies bevat vervolgens kodes wat onder een van vier spesifieke temas ingedeel is, naamlik Bestaande opleiding, Opleidingsbehoeftes, Rekenaarondersteunde opleiding en Tolkdiens. Die bostaande kodefamilies bevat onderskeidelik 'n aantal kodes wat handel oor spesifieke temas wat verband hou met die bestaande opleiding by die NWU-tolkdiens (bv. Inhoud van opleiding, Onvoldoende opleiding, Voldoende opleiding); die behoeftes wat respondente geïdentifiseer ten opsigte van hulle opleiding (bv. skadu-tolking31 ("Shadowing")32, Mentorskap, Behoefte vir voortdurende opleiding); respondente se opinies rakende rekenaarondersteunde opleiding (bv. Belang van prakties, Ten gunste van ROT, belang van teorie); en opmerkings wat respondente in verwysing na die NWU-tolkdiens gemaak het (bv.
Behoefte vir spantolke, Opvoedkundige tolking is uniek, Opleiding belangrik vir tolkproduk).
Hierdie kodefamilies is gebruik om die data wat reeds uit die vraelyste ingesamel is, aan te vul en
30 Sien Aanhangsel D vir volledige transkripsies van onderhoude.
31 Vir die doel van hierdie verhandeling is die term shadowing vertaal na skadutolking. Dit moet uitgewys word dat die term shadow vir skadutolking gedurende die opleiding en die dag-tot-dag bedrywighede van die NWU-tolkdiens gebruik word. Om hierdie rede het etlike respondente die term shadow in hul antwoorde gebruik. In gevalle waar respondente se direkte woorde aangehaal is, is die term nie vertaal nie.
32 Die term shadow verwys nie hier na oefeninge soos wat dit in afdeling 2.3.2.2 uitgepak is nie. Hier verwys dit na die gebruik by die NWU-tolkdiens wat behels dat nuwe tolke na meer ervare tolke se klasse gaan
te ondersteun. Die data wat uit die onderhoude verkry is, word in die hieropvolgende hoofstuk bespreek, tesame met die data wat uit die vraelyste verkry is.