• Tidak ada hasil yang ditemukan

HOOFSTUK 3 DATA-INSAMELING

3.4 Data-insameling

3.4.1 Instrumente

3.4.1.1 Vraelys

Hale en Napier (2013:51) dui aan dat vraelyste een van die mees algemene metodes is om groot hoeveelhede data relatief vinnig in te samel. Die doel van 'n vraelys is om inligting in te samel oor respondente se houdings, waardes, gewoontes, idees, demografie, gevoelens, opinies, persepsies, planne en oortuigings (Maree & Pietersen, 2010c:155; Saldaña, 2013:114). Sivo et al.

(2006:352) is van mening dat die voordeel van vraelyste is dat dit nie onderworpe is aan dieselfde vooroordele as onderhoude nie aangesien vraelyste deur die respondent self ingevul word, wat inhou dat die respondent se antwoorde nie deur die navorser se vooroordeel beïnvloed kan word nie. Aangesien die spesifieke probleem wat ondersoek word, ten doel gehad het om tolke se opinies te meet, is daar besluit dat 'n vraelys die beste metode sal wees om die data in te samel.

ʼn Vraelys28 is deur middel van Google Forms ontwikkel en 'n skakel asook 'n versoek dat die vraelys voltooi word, is aan die navorsingspopulasie per e-pos uitgestuur. Die keuse om die vraelys elektronies te skep en versprei, is geneem omdat elektroniese vraelyste vinniger en meer koste-effektief is (Sivo et al., 2006:352). Dit is ook die maklikste manier om die gekose navorsingspopulasie te bereik en is nie onderworpe aan die moontlike beperkinge, soos toegang tot die internet of rekenaars, wat uitgewys word deur Sivo et al. (2006:353) nie, aangesien elke tolk voorsien word van 'n iPad wat toegang het tot die NWU se WiFi-netwerk. Die e-pos het gevra dat tolke slegs die opleiding wat hulle by die NWU-tolkdiens ontvang het, moes evalueer (hierdie onderskeid is getref aangesien enkele tolke wel opleiding elders ook ontvang het, byvoorbeeld as deel van 'n akademiese voorgraadse program). Sodoende kon verseker word dat respondente 'n voldoende agtergrond en kennis het van die situasie wat die vraelys gepoog het om te evalueer (soos aanbeveel deur Hale & Napier, 2013:53). Die e-pos het ʼn uiteensetting van die doel van die studie gehad, sowel as ʼn bondige bespreking van die beoogde rekenaarondersteunde opleiding.

Daar is aan respondente verduidelik dat die rekenaarondersteunde opleiding sal behels dat die teoretiese tolkopleiding wat aspiranttolke tans deurloop deur middel van ʼn rekenaarprogram aangebied sal word en dat hulle dan slegs praktiese opleiding deur middel van kontaksessies sal ontvang. Die vraelys is in twee aparte rondtes uitgestuur in 'n poging om meer data in te samel, aangesien die eerste rondte 'n lae responskoers (26%) opgelewer het. Die tweede rondte het ʼn verdere agt respondente opgelewer, wat die responskoers na 35% opgeskuif het. Hierdie besluit strook met 'n aanbeveling deur Sivo et al. (2006:355) dat navorsers alles binne hulle beheer moet doen om te verseker dat vraelyste se responskoers so hoog as moontlik is.

Die vraelys het ten doel gehad om die huidige opleidingskursus van die NWU-tolkdiens te evalueer asook om tolke se opinie oor die gebruik van rekenaarondersteunde opleiding te toets.

Daar is besluit om die huidige kursus eers te evalueer alvorens die voorgestelde rekenaarondersteunde opleiding ondersoek word, aangesien dit die mees effektiewe wyse was om enige leemtes en probleme te identifiseer wat in die voorgestelde rekenaarondersteunde opleiding aangespreek kan word. Die leemtes en probleme wat deur middel van die empiriese studie geïdentifiseer is, sal die basis vorm vir die aanbevelings wat hierdie studie beoog om te maak. Hierdie aanbevelings sal wyses behels waarop rekenaarondersteunde opleiding aangewend kan word om die geïdentifiseerde leemtes en probleme aan te spreek. Die eerste afdeling van die vraelys het bestaan uit biografiese vrae. Tolke is gevra om hulle ouderdom, huistaal, geslag, hoogste kwalifikasie, tale waarin hulle tolk, datum waarop hulle by die NWU-

tolkdiens begin werk het, gemiddelde hoeveelheid lesings wat hulle per week tolk en die fakulteit29 waaraan hulle verbonde is, te verskaf. Die doel van hierdie afdeling was om die profiel van die steekproef te bepaal, asook om moontlike verwantskappe te ondersoek tussen biografiese veranderlikes en die data wat verkry is uit die verdere afdelings (Maree & Pietersen, 2010c:164).

In die tweede afdeling van die vraelys is tolke gevra om elke aspek van die huidige opleidingsmodel (soos in afdeling 2.3.3 bespreek) op ʼn Likert-skaal van een tot vyf te evalueer ten opsigte van hoe toepaslik hulle dit gevind het in hulle daaglikse lewe as opvoedkundige tolke. Met ander woorde, in hierdie afdeling is daar van tolke gevra om aan te dui of die opleidingskomponente wat deur die opleidingskursus gedek is, waardevol daartoe bygedra het om hulle voor te berei op die uitdagings van opvoedkundige tolking. Maree en Pietersen (2010c:167) voer aan dat die Likert-skaal die mees algemeen gebruikte skaal in navorsing is. Die Likert-skaal verskaf 'n ordinale meting van 'n respondent se gevoel en is dus bruikbaar en toepaslik vir hierdie studie, waar gepoog is om respondente se opinies rakende tolkopleiding te meet.

'n Bespreking van elke vraag in Afdeling B van die vraelys, asook die skaal wat daarvoor gebruik is, volg hieronder in afdeling 4.2.1.2. Buiten die evaluasie van die huidige opleidingskursus, is tolke ook gevra hoe voorbereid hulle gedink het hulle was vir opvoedkundige tolking ná afloop van die opleiding; watter ander aspekte hulle voel gedek behoort te word; en of hulle weer die opleiding sou deurloop.

In Afdeling C van die vraelys is tolke gevra om die lewensvatbaarheid van rekenaarondersteunde opleiding te evalueer; aspekte te lys wat deur die rekenaarondersteunde opleiding gedek behoort te word; te sê of hulle sou verkies om deur middel van rekenaarondersteunde opleiding of kontaksessies opgelei te word; en om voor- en nadele van rekenaarondersteunde opleiding te lys.

3.4.1.1.1 Geldigheid en betroubaarheid van die navorsingsinstrument

Gadermann et al. (2012) toon aan dat die bepaling van betroubaarheid 'n belangrike bron van inligting is wanneer afleidings vanuit 'n spesifieke datastel gemaak word, terwyl Tavakol en Dennick (2011:53) daarop wys dat die geldigheid van data net soveel gewig dra as betroubaarheid, aangesien daar korrelasie bestaan tussen geldigheid (die wyse waarop 'n instrument 'n konstruk meet) en betroubaarheid ('n instrument se vermoë om konsekwent te meet). Ten einde die betroubaarheid van die resultate vanaf die vraelyste verkry te verseker, is die Cronbach-alphakoëffisiënt ook in samewerking met die NWU se Statistiese Konsultasiediens vir die datastel bepaal. Volgens Zumbo et al. (2007:21) asook Gadermann et al. (2012) is hierdie

29 Die NWU-tolkdiens het in 2016 'n sisteem implementeer wat behels dat tolke in satellietgroepe onderverdeel word, volgens fakulteit. In praktyk beteken dit dat tolke dan net vakke binne een fakulteit

toets die mees algemeen gebruikte indeks van betroubaarheid in die geesteswetenskappe. Gliem en Gliem (2003:88) dui verder aan dat dit belangrik is om die Cronbach-alphakoëffisiënt te bereken indien data deur middel van Likert-skale (soos in hierdie studie gebruik) ingesamel is.

Alpha is in 1951 deur Lee Cronbach ontwikkel om 'n meting van die interne konsekwentheid van 'n toets of 'n skaal te voorsien en word uitgedruk as 'n nommer tussen 0 en 1 (Tavakol & Dennick, 2011:53). Gliem en Gliem (2003:87) verduidelik ook dat daar nie 'n laer limiet aan die koeffisiënt is nie en dat 'n getal naby aan 1 beduidend is van 'n groter interne konsekwentheid. Hulle (Gliem &

Gliem, 2003:87) stel voor dat navorsers 'n alpha van 0.8 as aanvaarbaar behoort te sien, alhoewel sekere ander navorsers (naamlik George & Mallery, 2003; Santos, 1999) aandui dat 0.7 die laagste moontlike aanvaarbare waarde is.

Vir die doel van hierdie studie is die Cronbach-alphakoëffisiënt vir die data bepaal aangesien daar gebruik gemaak is van Likert-skaaltipe vrae. Indien alle Likert-skaalvrae (N=11) as veranderlikes geneem is, was die Cronbach-alphakoëffisiënt 0.893, wat toon dat die data wat vanaf die vraelyste verkry is, betroubaar is. Die tabel 3-1 toon 'n gedetailleerde uiteensetting van die resultate.

Volgens die data (soos aangebied in tabel 3-1) wil dit voorkom asof vraag 8, vraag 9 en vraag 10 nie ooreenstem met die ander vrae nie aangesien die alphawaarde hoër sou wees indien hierdie drie vrae vanuit die datastel verwyder word. Indien daar teruggekeer word na die vraelys, word dit duidelik dat vraag 8, 9 en 10 wel 'n ander aspek van tolkopleiding meet aangesien die kernkonstruk by daardie drie vrae handel oor tolke se gevoelens oor komponente wat moontlik by tolkopleiding ingesluit kan word, eerder as die tolke se ervaring van die opleiding wat tans deur die NWU-tolkdiens gebied word. Aangesien die alphawaarde met hierdie drie vrae ingesluit, steeds bo die aanvaarbare waarde van 0.8 is, is daar egter besluit om steeds die drie vrae by die datastel in te sluit vir ontleding.

Item-totaal statistiek (Item-Total Statistics)

Gemiddeld indien item uitgewis word (Scale Mean if

Item Deleted)

Variansie indien item uitgewis word

(Scale Variance if Item Deleted)

Korrelasie met totaal (Corrected Item-Total Correlation)

R-kwadraat (Squared

Multiple Correlation)

Cronbach- alphakoëffisiënt

indien item uitgewis word

(Cronbach's Alpha if Item Deleted) Vraag 1: Die verskille

tussen tolking en vertaling

37.148 63.823 .717 .818 .878

Vraag 2: Tolktipes en

tolkmodusse 37.185 67.003 .619 .852 .884

Vraag 3: Teoretiese

tolkmodelle 37.333 65.923 .707 .670 .878

Vraag 4: Faktore wat simultaantolking

bemoeilik

36.370 60.473 .833 .833 .869

Vraag 5:

Hanteringstrategieë (coping strategies)

36.556 62.641 .768 .732 .874

Vraag 6: Die profiel van 'n professionele

tolk 36.926 64.225 .718 .648 .878

Vraag 7: Tolketiek

36.222 64.564 .800 .833 .872

Vraag 8: Die assessering van

tolkkwaliteit 35.111 82.103 .069 .576 .902

Vraag 9: Die rol van

die tolk 35.259 80.353 .263 .397 .899

Vraag 10: Tolkrigting

35.481 79.182 .220 .589 .901

Vraag 11: In watter mate het die beskikbare opleiding

jou voorberei op die uitdagings van opvoedkundige

tolking?

37.148 66.593 .778 .742 .875

Tabel 3-1: Cronbach-alphakoëffisiënt