HOOFSTUK 4 DATA-ONTLEDING
4.1 Inleiding
4.2.1 Response op vraelys en onderhoude
4.2.1.7 Onderhoude: rekenaarondersteunde opleiding
geneem word, maar daar is ook wyses om hierdie probleme te vermy of op te los. Daar kan byvoorbeeld verseker word dat die program gebruikersvriendelik is en minimale tegniese vaardighede vereis. Soos in hoofstuk 2 verduidelik is, is die teikengroep wat vir hierdie opleiding gewerf gaan word, gegradueerdes wat oor die nodige rekenaarvaardighede beskik.
In die bostaande bespreking is gerapporteer oor die resultate wat verkry is uit die vraelyste rakende tolke se opinies oor die gebruik van rekenaarondersteunde opleiding. Om hierdie data egter sinvol te kan toepas in die formulering van aanbevelings rakende die ontwikkeling van rekenaarondersteunde opleiding vir opvoedkundige tolke, moet die verkrygde kwantitatiewe data ook ondersteun word deur kwalitatiewe data. 'n Uiteensetting van data wat verkry is deur middel van onderhoude met opvoedkundige tolke, volg hieronder.
currently being done. It’s almost negligible... it’s not as weighty as the actual practical. So if you run that through a computer versus sit in a room for two days with someone talking at you, I suppose it’s the same."
Hierdie aanhaling sluit aan by respondente se menings dat die teoretiese opleiding nie van soveel waarde vir tolkopleiding is as wat die praktiese oefensessies is nie. Respondent 6 verwoord 'n aspek wat herhaaldelik na vore gekom het, naamlik dat tolke voel rekenaarondersteunde opleiding is 'n lewensvatbare opsie aangesien dit aspiranttolke die vryheid gee om op hulle eie die teoretiese aspekte van tolking baas te raak en terselfdertyd laat dit meer tyd vir praktiese opleiding en oefening. Deur meer praktiese opleiding te deurloop, kan aspiranttolke moontlik beter voorberei wees vir die uitdagings van opvoedkundige tolking.
4.2.1.7.2 Voor- en nadele van rekenaarondersteunde opleiding
Om tolke se opinies rakende die lewensvatbaarheid van rekenaarondersteunde opleiding te ondersteun, is hulle verder ook gevra om voor- en nadele van rekenaarondersteunde opleiding te lys. In hierdie verband wys respondent 3 uit dat dit tyd kan bespaar as aspiranttolke op hulle eie deur die teorie kan werk voordat hulle die opleiding in Potchefstroom kom bywoon (hierdie wyse van leer hou ook verband met selfgerigte leer en is veral van nut in rekenaarondersteunde opleiding). Respondent 4 dui aan dat rekenaars 'n baie toeganklike medium van opleiding is en dat die gebruik daarvan vir tolkopleiding die beskikbare poel aspiranttolke baie kan vergroot ('n mening wat ook deur respondent 12 geopper is). Respondent 6 stel dat die groot voordeel van rekenaarondersteunde opleiding is dat dit op enige tyd en enige plek gedoen kan word en dat dit daarom 'n baie gemakliker vorm van opleiding is as wat kontaksessies is. Respondent 7 verwys daarna dat rekenaarondersteunde opleiding sal beteken dat tolke toegang het tot die opleidingsmateriaal en weer daarna kan terug verwys ('n waarneming wat aansluit by die behoefte vir voortdurende opleiding, wat reeds in afdeling 4.2.1.2 asook hieronder bespreek is).
Respondent 11 raak ook 'n belangrike punt aan wanneer hy/sy stel dat dit noodsaaklik is om te verseker dat aspiranttolke gereed is om te begin tolk en dat nie almal dieselfde hoeveelheid tyd benodig voordat hulle gereed is nie. Respondent 11 beaam daarom ook dat rekenaarondersteunde opleiding aan aspiranttolke die geleentheid bied om teen hulle eie pas die opleiding te deurloop. Respondent 13 dui ook aan dat hy/sy voel 'n interaktiewe leerproses (soos deur rekenaarondersteunde opleiding gefasiliteer) kan meer leersaam wees as kontaksessies aangesien dit meer samewerking van die leerder vereis, wat dan daartoe kan lei dat die leerder die inligting beter onthou.
Benewens die voordele van rekenaarondersteunde opleiding wat respondente in die onderhoude noem, is daar ook aan respondente gevra om enige moontlike nadele van rekenaarondersteunde
opleiding te bespreek. As antwoord hierop sê respondent 4 dat dit makliker is om kennis vanaf 'n instrukteur te verkry aangesien twee mense makliker met mekaar kan assosieer. Vir respondent 7 is die grootste nadeel van rekenaarondersteunde opleiding dat persoonlike kontak verlore raak.
Beide respondente 6 en 9 voel ook dat dit 'n nadeel van rekenaarondersteunde opleiding is dat 'n leerder nie vrae aan die program kan vra om duidelikheid oor 'n spesifieke aangeleentheid te verkry nie, terwyl respondent 5 besorg is dat toegang tot rekenaars en die internet aspiranttolke se toegang tot die opleiding kan beperk. Respondent 7 sien 'n gebrek aan self-dissipline as 'n nadeel by die gebruik van rekenaarondersteunde opleiding en is besorg dat aspiranttolke nie werklik deur die opleiding gaan werk nie aangesien daar geen manier is om te bepaal of hulle wel die teoretiese opleiding afgehandel het nie, en vra spesifiek: "gaan die tolke die tyd vat om dit te doen?" Respondente 1 en 8 opper ook hierdie bekommernis en stel daarom voor dat aspiranttolke eers evaluering oor die teoretiese opleidingskomponente behoort te deurloop in die vorm van kleiner toetse. Hierdie waarneming hou ook verband met selfgerigte leer, wat 'n kwessie is wat ook deur ander respondente aangeraak is. In hierdie verband merk respondent 3 byvoorbeeld op dat rekenaarondersteunde opleiding sal inhou dat leerders verantwoordelikheid behoort te neem vir hulle eie leerproses, en respondent 8 voel dat die tolkteorie wat by tolkopleiding ingesluit word, homself goed daartoe verleen om op selfgerigte wyse geleer te word. Respondent 2 wys egter daarop dat motivering 'n groot rol speel in opleiding aangesien aspiranttolke wat gemotiveerd is, sonder moeite die kennis kan verwerf, terwyl minder gemotiveerde aspiranttolke moontlik nie sal baat by rekenaarondersteunde opleiding nie. Respondent 4 maak 'n soortgelyke opmerking [by aanhaling 4:32]:
"Dit gaan net bietjie meer dryfkrag van die persoon vat wat, uhm besluit hy, hy of sy wil tolk. Om dan self deur die rekenaarprogram te werk en rêrig dit bietjie hulle eie maak."
Hierdie opmerking strook met die literatuur oor selfgerigte leer (soos bespreek in afdeling 2.4.5.4.1) wat aantoon dat dit die leerder se eie verantwoordelikheid is om die kennis te bemeester (vgl. Wain, 2009:392). Daar moet egter ook uitgewys word dat enkele respondente aandui dat hulle gedurende hulle opleiding, en selfs steeds as ervare tolk, baie leer by ander mense (met ander woorde, leer vind op 'n sosiale konstruktivistiese en selfgerigte wyse plaas).
Respondent 2 noem spesifiek dat hy/sy die aspek van saam met ander leer uitsonderlik baie geniet het gedurende sy/haar opleiding. Respondent 11 dui ook aan dat hy/sy dit sou verkies indien die NWU-tolkdiens van meer spantolking gebruik maak aangesien dit 'n gulde geleentheid skep vir tolke om by mekaar te leer. Gebaseer op hierdie waarnemings kan daar gestel word dat tolke van mening is dat gemotiveerde aspiranttolke die tolkteorie baie suksesvol deur middel van selfgerigte leer kan bemeester, maar dat daar steeds geleenthede geskep behoort te word vir tolke om by mekaar te kan leer.
4.2.1.7.3 Inhoud van rekenaarondersteunde opleiding
Rakende die inhoud van die rekenaarondersteunde program (behalwe vir die opleidingsbehoeftes in afdeling 4.2.1.3 geïdentifiseer) het respondente etlike kere verwys na die belangrikheid van praktiese oefeninge en teorie in tolkopleiding. Respondent 1 dink byvoorbeeld die praktiese oefening van tolking is van meer waarde as die teorie, alhoewel die teorie steeds belangrik is.
Hierdie mening word gedeel deur respondente 2, 4, 5, 9, 11 en 12. Respondent 3 wys pertinent daarop dat die rekenaarondersteunde program voordelig sal wees aangesien dit sal inhou dat aspiranttolke gedurende die kontaksessies slegs aan die noodsaaklike praktiese komponent hoef aandag te skenk. Respondent 4 voel dat tolking 'n vaardigheid is wat geoefen moet word alvorens dit optimaal kan gebruik word en dat teorie nie van soveel waarde as die praktiese komponent is vir die ontwikkeling van hierdie vaardigheid nie. Respondent 5 dui aan dat sy/haar opleiding meestal uit praktiese oefening bestaan het en dat hy/sy dit as baie waardevol ervaar het, maar dat die teoretiese komponente wel 'n rol het in tolkopleiding. Respondent 6 beaam dat hy/sy 'n meer praktiese benadering tot tolkopleiding sou waardeer het, terwyl respondent 7 aandui dat die waarde van praktiese oefening daarin lê dat dit vir aspiranttolke 'n beter begrip skep van wat om in klassituasies te verwag. Respondent 7 stel verder ook dat hy/sy van mening is dat die huidige opleidingsmodel definitief meer moet fokus op praktiese ervaring vir aspiranttolke. Respondent 13 wys daarop dat hy/sy nie uitermate baie geleer het by die tolkopleiding nie, maar dat die ervaring wat hy/sy intussen opgedoen het van onskatbare waarde was.
Aangesien hierdie studie spesifiek handel oor die gebruik van rekenaarondersteunde opleiding vir opvoedkundige tolke, is daar ook aan respondente gevra om hulle opinies rakende die aanbieding van rekenaarondersteunde opleiding te gee. In hierdie verband het respondente 1, 5 en 14 aangedui dat hulle van mening is dat dit waardevol sal wees indien video-opnames van getolkte klasse gemaak word en aan aspiranttolke beskikbaar gestel word sodat hulle 'n holistiese beeld kan kry van hoe tolking op die NWU se Potchefstroomkampus geskied. Verder voel respondente 1, 5, 6, 8, 11 en 14 dat die rekenaarondersteunde opleidingsprogram op interaktiewe wyse aangebied behoort te word. Respondent 1 steun slegs die gebruik van rekenaarondersteunde opleiding indien dit interaktief is, aangesien 'n blote geskrewe dokument nie van waarde sal wees vir opleiding nie. Respondent 6 bevestig bestaande literatuur (soos in hoofstuk 2 bespreek) wat stel dat interaktiwiteit lei tot 'n verbeterde leerervaring aangesien dit die leerder se aandag behou (vgl. Garrison & Anderson, 2003:36). Hierdie opinies sluit ook aan by die onderhawige studie se voorstel dat rekenaarondersteunde opleiding interaktiewe elemente behoort te bevat.
Gedurende die onderhoude het deelnemers ook telkemale daarna verwys dat hulle graag as ervare tolke 'n opknappingskursus sou wou deurloop wat vir hulle opleiding verskaf in verskeie komponente van tolking. Dit sal van waarde wees om verdere ondersoek hierna in te stel en te
bepaal of dit moontlik sou wees om so 'n opknappingskursus deur middel van rekenaarondersteunde opleiding aan te bied.