G E O G R A F IE S E IN V L O E D E OP O N S B E S K A W IN G SP A T R O O N Die o p sk rif van h ierd ie lesing lui: „Geografiese invloede op die Suid-A frikaanse B eskaw in g sp atro o n ”. O nm iddellik laat d it die vraag o n tstaan w at ’n geografiese invloed nou eintlik is: hoe w ord d it o nd erskei van bv. ’n geologiese of sê m a a r
’n plantk u n d ig e invloed, en is d a a r nou w erk lik iets soos ’n geografiese invloed? Met ’n lang besp rek in g van h ierdie vrae wil ek u nie oorval nie: laat m y volstaan m et die v erklaring d a t ek vir die doeleindes van h ierd ie beskouing uitgegaan h et van die s ta n d p u n t d a t die geografie die v erhouding b estu d ee r tussen die m ens en sy om gew ing en d at ek as geografiese in
vloede geneem het alle invloede w at kan uitg aan van die fisiese om gew ing in die b re ed ste sin van die w oord.
M aar as ek die w oorde ..geografiese invloede" b re ed ver- tolk het, wil ek terse lfd erty d u verlof vra om die w oorde „Suid- A frikaanse b esk a w in g sp atro o n ” eng te vertolk. Soos aan sto n s sal blyk, is die verhou din g tussen ’n om gew ing en verskillende b esk aw ingspatro ne verskillend. As ’n m ens no u ’n beskaw ings
p a tro o n vir elke rassegroep in Suid-Afrika sou m oes bep aal en die om gew ingsinvloede op elkeen van die b eskaw in gsp atro ne sou m oes beskryf, sou h ierdie voordrag a m p e r to t in die on- eindige verleng kon w ord. D aarom wil ek m y vandag bepaal by slegs een b eskaw in g sp atro o n in Suid-Afrika, naam lik dié van die blanke bevolking van die land. E n selfs d a a r vra ek u verlof om te veralgem een — om nie te ond ersk ei tussen die variasies in die blanke b eskaw in g sp atro o n soos d it voorkom by die A frikaanse, die Engelse, die G riekse, die Portugese, die Joodse en al die a n d e r bevolkingsdele nie.
Die vraag of d a a r invloed van die om gew ing uitg aan op die m ense w at daaro p bew eeg en w at die a a rd van d aard ie invloed is indien dit bestaan, geniet lank reed s die aandag. Volledige eenstem m igheid o o r die saak is nie v erkry nie en m enings wissel van die u ite rste d eterm in ism e soos verteenw oo rd ig d e u r die F ran sm an D em olins (w a t nie h u iw er om te v erk la ar d a t as die geskiedenis van die m ensdom w eer sou m oes begin en die aa rd o p p erv lak o n v eran d erd sou gewees het, d aard ie geskie
denis in sy h o o ftrek k e h erh aal sou w o rd nie) (1) to t die houding van iem and soos A rnold Toynbee w at sê d a t die w isselw erking tussen m enslike en om gew ingsfaktore nooit
356
voorspel sal kan w ord nie o m dat die reaksie van die akteurs, die psigologiese m om ent, onm oontlik w etenskaplik vooruit geraam kan w ord (2: 67).
Oor die feit dat d aa r wel ’n besliste verhouding tussen om gewing en die bew oners van die om gewing is, is d a a r egter b lykbaar weinig m eningsverskil. John Phillips stel d it baie m ooi w a ar hy sê: „The environm ent — o r h ab itat — is the stage on w hich life has its being, plays its p a r t . . . and thus inevitably is itself influenced by the actors. In tu rn , a change in h ab itat induces a change in the com m unity of acto rs . . . ” (3: 31). Dit is dus nie oo r die feit d at d aa r ’n verhouding tussen om gewing en die bew oners van die om gewing bestaan d at d aa r m eningsverskil is nie, m aar wel oor die aa rd van daardie ver
houding.
Vir my klink die stan d p u n t van Ryan heel logies en een- voudig as hy v erk laar dat alle m enslike bedryw ighede p rim êr plaasvind in an tw o ord op die begeerte om m enslike behoeftes en begeertes te bevredig en nie op grond van die beherende invloed van die om gewing nie. Dit begin by die behoefte aan voêdsel, skuiling en kleding, en d aa rn a volg die an d e r m ind er dringende begeertes na politieke instellings, ontspanningsge- riew e en die bevrediging van die estetiese gevoel. En, sê Ryan, in hierdie strew e wysig die m ens sy n atu u rlik e om gewing en w o rd hy w eer op sy b e u rt d eu r sy n atu u rlik e om gewing ver- a n d e r (4: 12).
H ierdie v eranderin gsp ro ses is w aarskynlik ook nie net tot die m ens se brein- en spierkrag b ep erk nie. Hyam s sê in sy stim ulerende w erk d at die k arak ters van m ense b u ig b aard er is as hul spiere en d at d it ’n erkende feit is d at m ense w at ’n m oeilike bestaan op ’n arm bodem voer soos die w ingerde in soortgelyke to estande ’n d elik ater en m eer stim u leren d e geur adem as die bew oners van die ryk dele van die aarde. Die m aniere van die m oeras- en b ergbew oners is som s ru, m aar dit lyk of hulle hulle edeler gedra as hul b u re in die ryk valleie, sê hy (5: 115).
Of d it nou so is dat m ense se k a ra k te r d eu r die om gewing beïnvloed kan w ord of nie, d a a r b estaan blykens bo staan d e ’n invloedryke volum e van deskundige oortuiging d at d a a r ’n b esliste invloed van die om gewing op die m ens en die verwe- senliking van sy begeertes uitgaan. En aangesien dit ju is in
die verw esenliking van sy begeertes is d at die m ens gestalte gee aan sy beskaw ing sp atroo n, kan m et vrym oedigheid ver- k la a r w ord d at die om gew ing en die b eskaw ing sp atroo n nie los van m ek aar staan nie.
Dit brin g ons by die ontplooiing van die m ens se b eska
w ingspatroo n. T radisioneel w o rd aa n v aar — en d it lyk asof argeologiese bevindinge d it wil bevestig, hoew el prof. R aym ond D art ’n an d e r sta n d p u n t inneem — d a t die steentydperk-m ens geleidelik van ’n paleolitiese jag- en tre k k u ltu u r gevorder h et tot ’n neolitiese a k k e rb o u k u ltu u r en u itein d elik ’n sin tese van die tw ee (6: 10). In d aard ie tydvak is w aarsk yn lik gebore w at la te r as die m enslike beskaw ing b ek en d sou staan . Die geboorte van die beskaw ing, doen Sylvia Crow e aan die hand , k an be- sk ry f w ord as die oom blik w aaro p die m ens die ee rste keer bew us w ord van sy om gewing, en d it kan alleen groei d e u r die vrystelling van surplus-energie w at aan die m ens tyd laat om te dink en om te skep (7: 538). G rootliks dieselfde gedagte w ord u itgespreek d e u r H yam s w a a r hy m et k u rsiv ering be- klem toon d at die eerste sta p to t beskaw ing bodem ontginning is (5: 31).
O ngelukkig tre f d it ook so d at, w a n n eer die m ens hierd ie sprong m aak, sy rol teen o o r die om gew ing ingrypend veran- der. Tot in h ierdie stad iu m h et hy die land sk ap a a n v aar as sy n a tu u rlik e om gewing: hy h et geleef van die voedsel w at sy om gew ing oplew er nes die wild, en as die droo gtes of plae verw oesting in die om gew ing aangerig het, h e t sy getalle nes dié van die a n d e r bew oners van die n a tu u rlik e om gew ing ge- krim p. Sy invloed op sy om gew ing w as nie g ro te r as dié van an d e r lede van die biologiese gem eenskap nie, en hy w as onder- hew ig aan dieselfde b eh eerm aa treëls van die om gew ing as die an d e r lede daarvan . S o d ra die m ens eg ter begin om sy om ge
w ing ak tief te ontgin om die surplus-energie vry te stel w a t aan h om die tyd sal gee om ’n beskaw ing te bou, eindig sy ro l as lid van die n atu u rla n d sk a p . N ou w ord hy b o u e r van 'n nuw e landskap, die k u ltu u rlan d sk ap , w a arin die m ens die land skap w at die n a tu u r geskep h et volgens sy eie wil wysig d e u r die wild te v erd ry f en d it te vervang m et sy eie m ak diere of die n a tu u rlik e plantegroei u it te roei en sy eie gew asse in die plek d aarv an te stel. Die m ens h et in d erd a ad 'n p a ra sie t van die om gew ing gew ord, v erk la ar H yam s van h ierdie stadiu m ,
358
om dat hy vir hom 'n nuw e ekonom iese hulpm iddel gevind het om die om gew ingsbronne te ontgin, soos bv. die pen se van diere w at plantegroei vir hom tot m elk en vleis sal verw erk, of graan-grassoorte w at die grondvrugbaarheid vir hom to t graan- k orrels om vorm . En dit kan m oontlik beskou w ord as die begin van die tegnologiese prosesse w at eindig in die sto o tsk ap er, die k ern k rag sen trale en die rekenoutom aat.
Dit beteken n a tu u rlik nog geensins d at die m ens in h ier
die vroeë gedaanteverw isseling ’n kw aadaardige p a ra sie t ge
w ord het nie; hierdie bedryw ighede kan binne p erke voort- gesit w ord son d er om blyw ende afb reu k aan die verm oëns van die n a tu u r te doen, net soos die vlooie op die hond eintlik lastige p arasiete is m aar in m atige hoeveelhede nie ju is kwaad- aardig vir sover dit die hond aangaan nie.
Met die geboorte van die m enslike beskaw ing h et d aar dus 'n nuw e soort w isselw erking tussen die m ens en die om gewing begin. Die m ens staan aan die een kan t, begerig om sy n atu u rlik e om gewing om te skep in 'n k u ltu u rlan d sk ap sodat hy sy beskaw ing kan uitbou. Aan die an d e r k an t is die n a tu u r
like om gewing van landvorm s, rotse, klim aat, plantegroei en die dierelew e. Tussen hierdie tw ee staan die verhouding tussen die m enslike bedryw ighede en die n atu u rlik e h a b ita t — aan die een k an t die m ens w at sy behoeftes en begeertes wil be- vredig en in die proses die om gewing wil veran der, en aan die a n d e r k an t die om gew ing en sy n atu u rlik e w e erstan d teen die pogings van die m ens (4: 13).
Nou tre f dit ook so dat, nam ate die m ens sy beskaw ings
p atro o n v erander, die eise w at hy aan die om gew ing stel ook an d ers w ord. Elke beskaw ingspatroon stel tro u en s sy eie eise aan die omgewing, en vir elke kom binasie van beskaw ing en om gew ing sal die w edersydse invloed op m ek aa r gevolglik ook an d ers wees. H un tingto n beskryf tro u en s hoe die beskawing- sen tru m o o r ’n periode van enkele duisende ja re versk u if h et van E gipte en B abilonië na K reta, S irië en Assirië, d a a rn a na G riekeland en Rome, toe na Parys en W enen, en u itein d elik na Londen, A m sterdam en B erlyn — steeds n o o rd w a arts o o r 'n a fsta n d van m eer as 2,000 myl. Dit, sê hy, h et geskied o m dat die optim um klim aat vir m enslike bedryw ighede w issel van beskaw ing to t beskaw ing; en n am ate lan dboutegnieke v erbeter, kleding d o eltreffen d er w ord, behuising m o d e m e r gem aak w ord
en kunsm atige verh itting sprosesse vervolm aak w ord, w ord d it steeds m oo n tlik er v ir die m ens om te kan bew eeg n a kli- m aatsom stan dighede w at g un stiger is vir g eestesaktiw iteite en b eskaw ingsuitbouing (8: 208). H ieru it vloei voort d at die w edersydse inw erking van beskaw ing en om gewing in Suid- A frika in die geval van die blanke bevolkingsdeel heel verskil- lend sal wees van dié van die verskillende nie-blanke bevol- kingsgroepe m et hul eie besk aw ing spatroo n, en om dié rede w ord h ierdie b esp rek in g b ep erk to t slegs die blanke bevol- kingsgroep en sy beskaw ing. M aar terselfd erty d vloei h ieru it v oort d at die w edersydse invloed van beskaw ing en om gewing aan v o o rtd u ren d e veran d erin g onderhew ig is soos die eise van die beskaw ing v eran d er en d aard ie eise veran d erin g in die om gew ing aanbrin g. Invloede w at vyftig ja a r gelede in een rigting gew erk het, kan vandag m oo ntlik heeltem al in die teenoorgestel- de rigting k rag uitoefen.
Indien ons aan v aar d at hierdie w isselw erking tussen be
skaw ing en om gew ing b estaan — en ek dink nie d at iem and sal w aag om d it te betw is nie — aan v aar ons terse lfd erty d d at enige beskaw ing ook gedeeltelik ’n p ro d u k is van die om gew ing w aarin d it o n tsta a n het. Die w edersydse invloed kon im m ers nie n et van die een k an t af gekom het nie. M et die kom s van die blan ke na Suid-Afrika het ons dus die posisie d a t ’n b esk a
w ingspatroon h ierheen gebring is w at nie die re su lta a t w as van w edersydse beïnvloeding tussen ’n Suid-A frikaanse bevolkings- groep en ’n Suid-A frikaanse om gew ing nie. Hoew el die beska
w in g sp atro o n eie was aan die blan k e bevolkingsgroep, was dit vreem d vir die Suid-A frikaanse om gew ing w a arin d it oor- geplant is. Laat m y dit tu ssen hakies h ier net duidelik stel d at w a a r ek h ie r van om gew ing p ra a t, ek d it in die b reed ste sin bedoel. V ir die blank es w at na Suid-Afrika gekom het en w at nie biologies, sosiaal of an d e rsin s m et die inheem se bevolkings geassim ileer is nie, w as die inheem se bevolkings in geen m in d ere m ate ’n fa k to r van die om gew ing as bv. die suidoostew ind w at Van R iebeeck se tuin verw aai het of die re n o s te r w at S im on van d e r Stel b e sto rm h et nie. E k dink dus d at w a a r h ier van die Suid-A frikaanse om gew ing ge- p ra a t w ord, die nie-blanke bevolkingsgroepe ook d aa rb y inge- sluit kan w ord v ir sover d it die blan kes b etref.
Dit is na h ierdie om gewing, afgeleë, vreem d en in baie op-
sigte ongetem , dat ’n beskaw ingspatroon van E u ro p a af gebring is, ’n beskaw ingsp atroon w at reeds veel v erd er ontw ikkel was as w at die nuw e landskap w aarop d it oorgeplant is kenm erke van kulturele ontw ikkeling gedra het. ’n Mens sou in derdaad kon sê d at die n atu u rla n d sk a p feitlik nog ongeskonde in Suid- Afrika bestaan het en d at ’n beskaw ing hierheen oorgebring is u it ’n lan d streek w a ar die k u ltu u rlan d sk ap in w isselw erking reeds so ver ontw ikkel het d at die m ens lank nie m eer in staat w as om die n a tu u rla n d sk a p selfs m aar in sy verbeelding te re k o n stru e e r nie.
Dit is in tere ssa n t om te kyk hoe ver dié nuw e beskaw ing reeds tegnologies ontw ikkel was toe Van R iebeeck in 1652 h ier aangekom het. Reeds in die eeu tevore h et w indm eulens m et 10 p erd ek rag algem een gew ord; d a a r w as m eganisering in die mynwese, hoogoonde is gebruik vir ysterverw erk in g en tinlae is oor y ster aangebring om dit teen roes te beskerm . In die D uitse myne is tro u en s van vervoer o o r spo orstaw e geb ru ik gem aak.
Die tem po van die nuw e ontdekkings h et in die 50 ja a r voor Van Riebeeck se kom s heelw at versnel. Toe die sewen- tiende eeu begin het, kon w aterw iele 20 p erd ek ra g opw ek en daard ie krag kon oo r ’n afstan d van ’n k w a rt myl vervoer w ord, ’n M asjien is o n tw erp om koring te saai; in 1618 is ’n an d e r m asjien o ntw erp om te ploeg, bem esting toe te dien en te saai, en in 1636 het die do rsm asjien gekom en terloo ps ook die vulpen. In die ja a r van Van Riebeeck se landing is die lugpom p uitgevind.
M aar ook ná die stigting van die blan ke n ed e rsettin g aan die K aap gaan die tegnologiese vooruitgang w at die m ens in sta a t stel om asp ek te van sy om gewing feitlik na w illekeu r te om vorm , m eedoënloos voort. In 1756 w ord sem ent byvoor- beeld uitgevind, en in 1774 die bo orm asjien. In 1831 w ord die oes-m asjien o ntw erp (9: 438) en vier dekades la te r w ord d it ’n algem ene deel van die Suid-A frikaanse toneel, nad at ds. Van W arm elo to t die oortuiging geraak het d a t die ver- w erking van die oes ’n k n elp u n t vir die lan d b o u p ro d u k sie daar- stel en hy gevolglik twee do rsm asjien e in 1876 na die Suid- A frikaanse R epubliek laat kom h et (10: 94). H ier is dus 'n voorbeeld by u itste k van w a ar die tegnologiese eienskappe van die oorgeplante beskaw ing m eegehelp h et om veel h o ë r eise
aan die nuw e bodem te stel as w at die geval tevore was.
Dit is m et ’n b eskaw in gsp atroo n w at h ierdie ontw ikkeling en ontw ikkelingsm oo ntlik hed e in hom om gedra h et d at Van Riebeeck aangekom het in ’n Afrika w at toe nog haas geen tekens van beskaw ing in sy lan d sk ap geken het nie. Vanself- sp rekend h et ste rk invloede uitgegaan. Om enkeles te noem : die ligging van Suid-Afrika, m aande ver verw yder van aan- ra k in g m et die b ak e rm at van sy beskaw ing en dit in ’n tyd- vak toe m assam edium s van gedagtew isseling nog kw alik be
staan het, m oes noodw endig ’n ste rk m ate van isolasie mee- gebring het: isolasie nie n et van die k an t van Suid-Afrika nie, m aar ook van die k an t van E u ro p a w at nie op hoogte kon bly m et verw ikkelinge in Suid-Afrika nie. In E u ro p a w as ingry- pende w oelinge in die gees van die m ens aan die gang: die F ranse Revolusie, die opkom s van die lib eralistiese denkw yse, die m aterialism e en die k ap italism e — alles dinge w aarvan Suid-Afrika op ’n afsta n d m oes vem eem . M aar ook in Suid- Afrika w as prosesse aan die gang, w ant ’n m ens kan nie aan- v aa r d at die w isselw erking tussen beskaw ing en om gewing opgehou het in die ja a r 1652 nie. Die Suid-A frikaanse om ge
wing m oes noodw endig invloed uitgeoefen het op die nuw e E u ropese beskaw ing in sy m idde, en in d aard ie pro ses m oes die beskaw ing w at h ierheen gebring is, geleidelik ’n a n d e r k a ra k te r aangeneem het, selfs al h et die v ern aam ste trek k e d aarvan m oontlik on v eran d erd gebly. E n hiervan, m o et ’n m ens aanneem , het E u ro p a w einig indien enigiets verneem . Sou dit nie dalk die begin gewees het, h ierd ie b etre k lik e iso
lasie tussen die E u ro pese beskaw ing en die stad ig verande- rende Suid-A frikaans-E uropese beskaw ing, van die spannings en oënskynlike onverm oë om m e k a a r te begryp w at op die oom blik tussen Suid-A frika en die res van die W esterse w êreld heers nie? In d ien ons die begrip „om gew ing" só v erto lk as w at ek pas h ie r bo verduidelik het, n aam lik d a t d it ook die in- heem se ra sse insluit, sal ek w einig aarseling hê om hierd ie vraag in ’n positiew e stelling om te skep.
’n Mens h et ook geen b eso n d ere verbeelding nodig om nog vele a n d e r uitw erk in g s van die afgeleë ligging van Suid-Afrika ra ak te sien nie, m a a r te veel aan d ag d a a ra a n sal ons te ver slegs in een beso n d ere rigtin g voer. D aar w as ook talryk e an d e r om gew ingsfaktore w at hul invloed in w isselw erking tu ssen
om gewing en beskaw ing laat geld h et en w at verm elding verdien.
Een sodanige fa k to r is die g ro o t ru im te w at d a a r in Suid- A frika vir die d ra e rs van die nuw e beskaw ing b esk ik b aa r was. W eens die stam oorloë o n d er die inboorlinge w as groot dele van Suid-Afrika m in oi m eer onbevolk ten tye van die blanke intog n a die binneland, en die b etre k lik klein groepie blankes kon hulle oo r ’n u itg estrek te gebied v ersprei. Wat die u itw erking van hierdie bykans o n b ep e rk te ru im te op die nuw e in trek k e rs en hul b eskaw ingspatroon in T ransvaal was, kon ek enkele ja re gelede nagaan (11: 167). Dit h e t o.a. geblyk d at die groot ru im tes nie alleen die p erm a n en te vestiging van die in trek k e rs vertraag het nie, m aar d a t d it ook die vorm ing van ’n eenheidsgevoel in die w iele gery het, in d erd aad ’n m ate van antagonism e onderling verw ek h et w at die to tstan d k o m in g van ’n verenigde sta a t ern stig belem m er het. In som m ige ge- biede — eienaardig genoeg ju is d a a r w a ar die n atu u rlik e om gewing die m oontlikheid van spoedige rykdom m e v ir die inw oners voorgehou h et — het d a a r selfs ernstige m orele ver- val ingetree, en prof. E ric W alker v erk la ar selfs d a t die be- skaw ingspeil van die in trek k e rs na T ransvaal algem een ge- daal het as gevolg van die groot ru im tes w at to t hul be- skikking w as (12: 18).
G elukkig was d a a r an d e r om gew ingsinvloede w a t p erke uan die ru im te gestel het. Een sodanige fa k to r w a t 'n „h arde les o o r die grense w at die n a tu u r in A frika v ir die w itm an gestel h e t" aan die in trek k e rs geleer het, w as k oo rs (13: 276).
Dit het nie alleen die m oontlike gebied vir bew oning d e u r blan kes in T ransvaal beperk tot die gebied besuide die Lim popo on ten w este van die oostelike laeveld nie, d it h et hom ook d aarv an w eerhou om sy jagtog te d w a rsd e u r die ja a r voort te sit en dit het die belangrike u itw erkin g gehad d a t d it die blanke in tre k k e rs na Transvaal doeltreffend van verbinding m et die see afgesny het en hul isolasie d us v ererg er h e t (11:
185). 'n A nder om gew ingsfaktor w at die ru im te b e p e rk het, w as die tsetsevlieg, w at sy u itw erk in g veral laat geld h e t op die m ens se veebesit. Dit het enersyds die ru im te w at d e u r veeboere b en u t kon w ord aan band e gelê en d it h et ander- syds voorkom dat die in trek k e rs die Lim popo sou oo rsteek en d iep er die b inneland van Afrika sou ingaan. T erselfdertyd
het dit m in sten s ’n ru k lank voorkom d at T ransvaal doeltref- fende verbinding m et die see by L ourenco M arques sou kry, en ook dit het tot die isolasie bygedra.
E n só sou ’n m ens etlike an d e r om gew ingsinvloede kon noem w at hulle op die ontplooiing van die beskaw ing sp atroo n in T ransvaal laat geld het, soos die do rslan d in die w este, die p erd esiek te in die som ers w at m ilitêre o p tred e in daardie seisoen bem oeilik het, sp rin k an e w at die o n tsta a n van 'n lew enskragtige akkerb oub evo lk in g a m p er o n m oo ntlik gem aak het, en nog veel m eer. Dit sou eg ter geskied so n d er om veel nuw e lig op die prob leem te w erp, o m d at hul u itw erk in g alm al m in of m eer negatief was. E en b eson dere omgewings- fa k to r verdien eg ter spesiale aandag: die g root w ildrykdom van Suid-Afrika. Vir die blankes w as die uitnodiging w at die wild gebied het feitlik o n w e erstaan b aar. G edurende die w in
te rs het T ransvalers hul plase in die h o ër liggende gebiede een- voudig v erlaat en n a die laeveld gegaan om aan die jag deel te neem , ju is in die seisoen w a arin die koors geen bedreiging in die laeveld vorm nie. Die koeler w in terk lim aat in die an- dersin s w arm laeveld h et nie alleen gunstige to estan de v ir die m aak van biltong en a n d e r p ro d u k te van die jag geskep nie, d it het ook gunstige to estan d e geskep vir w in terw eidin g vir die vee. Die seiso en strek h et dus ’n ontsaglike om vang aan- geneem . M aar vir die T ran sv alers w as d it nie n et ’n geval van plesiernajagin g nie: voordat die land v ir die veeboerdery oop- gem aak kon w ord, m oes die leeus eers v erd ry f w ord, en leeujag is ook beskou as ’n o p en b are diens. Ook die jag op a n d e r w ild is in sekere m ate só beskou: reed s vroeg h et d it geblyk d a t w ild as gasheer vir die tsetsevlieg dien en d a t as die w ild uitgeroei is, die tsetsevlieg ook verdw yn. Op dié wyse kon dele van T ransvaal w at aan van klik nie vir die veeboerdery geskik w as nie, u itein d elik tog d aa rv o o r oopgem aak w ord d e u r m iddel van die jag.
Al h ierdie oorw egings h e t gem aak d at die b oere van T ran s
vaal g ed urend e die w in ters etlike m aande lank hul plase ver
laat het en in die laeveld gaan k am p ee r het. ’n Mens k an jo u die invloed hiervan op die besk aw in g sp atro o n m ak lik voorstel.
In die w in ters w as die ow erheid m ilitêr m agteloos, en d it is openlik erken: die w e erb are m an n e w as in die laeveld besig m et die jag. E n in die som ers, terloops, w as dit w eer die perde-
siekte w at paal en perk aan m ilitêre bedryw ighede gestel het.
M aar nie net die strydverm oë is in die w in ters verlam nie. Die kerklike lewe, die bietjie onderw ysgeleentheid w at d a a r be
staan het, die v erbetering van die plase — kortom , die m eeste aspekte van die kulturele lewe het in die jag ty d p erk feitlik to t stilstan d gekom. Noodwendig h et dit die ontplooiing van die beskaw ingspatroon vertraag.
Vir sover bekend, is d aa r nog nie ’n in stru m en t o ntw erp w aarm ee 'n saam gestelde en a b s tra k te begrip soos „volks- k a ra k te r” m et ek saktheid gem eet kan w ord nie — veral nie die v o lk sk ara k te r van m ense w at lank reeds to t die vadere ver- gader is nie. Bespiegelinge h ieroo r sal dus w aarskynlik nooit verd er as die vlak van die hipotese gevoer k an w ord nie. M aar as dit is soos H yam s bew eer, d at die k a ra k te rs van m ense veel b u ig b aard er is as hul spiere, en ’n m ens sou die k a ra k te r kon bepaal van die blanke aankom elinge in Suid-Afrika voordat die Suid-A frikaanse om gewing hulle beinvloed het en w eer na- d at hulle o o r die land versprei het m et sy wild, sy ru im tes, sy hindernisse en sy m oontlikhede, is dit d en k b a ar d at sekere belangrike verskille opgem erk sal w ord. Sou die ru im tes waar- in die een m ens kw alik van die bestaan van sy n aaste b u u rm an bew us w as, die aanloklike jagveld w at m ense d aa rto e bring om huis en h aa rd m aande lank te v erlaat om in betrek like ongebondenheid te gaan on tsp an, die in tern e isolasie w at die bande tussen ow erheid en o n d erd aan tot b re ek p u n t toe gespan het — sou d it nie alles kon bydra tot ’n ste rk individualism e,
’n onafhanklikheidsin, ’n afkeurige neiging teenoo r d ik tate van die ow erheid en dies m eer nie? E n is d it nie ju is sulke eienskappe w at gestalte gee aan die b eskaw in gsp atro on w at
’n groep vir hom self skep nie — skep as gevolg van die weder- sydse inw erking van om gewing op m ek aa r nie? M aar soos ek gew aarsku het, ons bevind ons hier op die te rre in van die hipotese.
Die okkuperingsfase w at to t dusv er b ehandel is, h et hom afgespeel in ’n tyd perk toe die n atu u rla n d sk a p nog betrek- lik ongeskonde en ste rk was, w aarsky nlik o o rh eersen d in die verhouding tussen m ens en om gewing. Die m ensegetalle was te gering om binne k orte tyd ingrypende invloed op die n a tu u r u it te oefen selfs m et die destyds b estaan d e en b esk ik bare tegnologiese hulpm iddels; aan die an d e r kan t w as die n a tu u r
som s byna oorw eldigend in die m o on tlikhede w at hy die m ens aangebied het. Dit wil a m p er lyk asof die lang ty d p erk van w isselw erking tussen om gew ing en beskaw ing w at hom vro eër o o r ’n ty d p erk van eeue op E u ro pese bodem afgespeel het, hom h ier in die nuw e om gew ing w eer in die kleine m oes afspeel, sy dit in soveel k o rte r tyd, om die gaping in die o n t
w ikkeling van landskap en beskaw ing te vernou. W elisw aar w as die b enadering van die m ens teen o o r die n a tu u r in h ier
die stad iu m w at Sylvia Crowe negatief noem : die lan dsk ap is beskou as ’n sk u u r w at g ep lu n d er m oes w ord, 'n vyand w at o n d erw erp m oes w ord (7: 538). M aar die w isselw erking tu s
sen beskaw ing en om gew ing w as volstoom aan die gang en die m ens w as doelbew us besig m et die o m skepping van die n atu u rla n d sk a p in ’n k u ltu u rlan d sk ap . Nou, van ag tern a be- sien, verbaas d it ons as ons let op die k o rt ty d jie w at so m in m ense nodig gehad het om hul doel te verw esenlik.
Dit b rin g ons by die volgende fase: die tydvak w a arin die m ens die o o rh a n d o o r sy n a tu u rlik e om gew ing, of m in sten s sekere b elangrike asp e k te d aarvan , begin kry. Hy p laas sy eie vee in die plek van die w ild w at die n a tu u r d a a r gestel het, hy b ra n d die vlaktes af om sy w eiding te reguleer, hy ploeg g root stu k k e van die n a tu u rlik e plan teg ro ei om en sit sy eie gew asse in die plek daarvan, en hy tem die riv iere m et sy betonw alle en u itkeervore. Die m ens m et sy tegnologiese v ern u f b rin g ingrypende verandering e aan in die lan dskap : hy m aak van die n atu u rla n d sk a p ’n k u ltu u rla n d sk a p . M aar d it, let wel, ge- skied in Suid-Afrika d e u r die dade van b esk aafd e aankom e- linge van elders, die d ra e rs van ’n b esk aw in g sp atro o n w at die re su lta a t is van die w edersydse in w erking op m e k a a r van die m ens en ’n an d e r om gewing. Die m ens tre e in sy nuw e Suid- A frikaanse om gew ing dus op so n d er die voordeel van eeuelange erv arin g van aksie en re ak sie soos d it to t u itin g kom in die w isselw erking w a a ru it u itein d elik sowel die b eskaw ing spatroo n as die n atu u rla n d sk a p gevorm w ord. Hy tre e ook op in 'n tydvak w a arin dit nie lan ger die h an dg ed rew e klip-, brons- of y sterw erk tu ig is w at m oeisaam bro kk ie vir b ro k k ie v eran de
ring in die n a tu u rla n d sk a p aa n b rin g teen 'n tem po w a t reg- stelling m ak lik m aak as u it die n a tu u r se reak sie o n td ek m oet w ord d a t 'n fout begaan is nie. N ou b esk ik hy o o r die yster- ploeg w at m orge g rond in een seisoen kan om keer, die koeël-
gew eer w at kw alik enige v ernu f van die ja g te r vereis om wild binne tre fa fsta n d te kry, in latere tye selfs die tre k k e r en stoot- sk ra p e r w at so n d er die verm oë om te dink h u l eie doodse land skap van gruis en gebreekte klip kan skep, in sekd oders w at m iljoene insekte m et slegs een b espuitin g k an uitw is, sem ent w at riviere kan laat staan en talry ke an d e r w apens van die w etenskap. Die om vorm ing van die lan d sk ap geskied teen ’n tem po en op ’n skaal w at regstelling bykans o nm oontlik m aak as d a a r la te r u it die reaksie van die om gew ing gevind sou w ord d a t ’n bepaalde m an ier van o p tred e ’n onverw ags skade- like v erste u rin g in die balans van die n a tu u r v ero orsaak het.
E n ju is o m dat die b eskaw ing spatro on v ir ’n g root gedeelte nie die re su lta a t is van langdurige w isselw erking tu ssen die m ens en h ierdie besondere om gewing nie, is die m ens veelal on- kundig oo r die m oontlike reaksie van die om gew ing op die dade w at sy b eskaw in gsp atro on van hom eis. Hy tas a s ’t w are in die d u is te r rond, en hoop d at as d it sleg gaan, d it nie te erg sal wees nie.
Is d it toevallig dat, as in die b ew arin g sletterk u n d e geskryf w ord oo r gronderosie w at die re su lta a t is van m enslike mis- b ru ik van die bodem , d aa r hoofsaaklik verwys w o rd na drie gebiede: die V erenigde S tate, A ustralië en Suid-Afrika — ju is dié gebiede by u itste k w a ar die W esterse beskaw ing m in of m eer gelyktydig oorgeplant is op nuw e bodem s w at to t in d aa rd ie stad iu m geen rol gehad h et in die w isselw erking w at gestalte aan die beskaw ing gegee h et nie? Is d a a r nie dalk ’n v erw an tsk ap nie — die vergelykbare reaksie van drie bodem s w at die eise nie kon d ra van ’n b eskaw ing spatro on w at op
’n a n d e r bodem o n tsta a n h et nie?
W ant let m a a r op w at die invloed van ons beskaw ingspa
tro o n op die geografiese om gewing was. D eur die v ersteu rin g van die n atu u rlik e plantegroei, óf d e u r die oorm atige bewei- ding d aarvan óf d e u r die totale uitw issing d aarvan d e u r mid- del van die ploeg, is die w oestyn in Suid-Afrika u it die w este besig om steeds v erd er en v erd er o o sw aarts in te d ring — en d it k an reg streek s toegeskryf w ord aa n die wyse w aarop die m ens die bodem gebruik. Klowe w at ’n eeu gelede dig m et bosse begroei was, is kaal gestroop. G rasvelde op die berge h et to ta a l verdw yn n ad a t die ploeg die a a rd e om gekeer het, en in die plek d aarv an is vandag kaal ro tsp late. Dongas o n tsier
heuw elhange, en die riviere is rooi gekleur d e u r die 400 mil- jo en ton g ro nd w at ja a rlik s d aa rin afspoel na die see (14: 7).
E n h ierdie verandering e het sienderoë plaasgevind binne die leeftyd van die afgelope geslag of tw ee (15, 16).
N oudat ’n tydvak b etree is w aarin die d ra e rs van die blan
ke beskaw in g sp atro o n in Suid-Afrika d e u r hul tegnologiese ontw ikkeling en d eu r hul getalle in s ta a t is om bepaalde asp e k te van die n a tu u r te o o rheers en na w illekeur te vervorm , wil dit lyk asof ons nie geleer h et om ’n b eskaw in gsp atroo n w aarvan die w esenskenm erke van oorsee kom , in w eldadige w isselw erking aan te pas by 'n bodem w at nie kon b ydra tot die basiese vorm ing van dié besk aw in g sp atro o n nie. Dit wil voorkom asof die eise van ons besk aw ing spatroo n, of m in stens dan som m ige eise daarvan, v ero o rsaak h et d at ons in die w oorde van Sylvia Crowe teer op die lan dsk ap se kap itaal, dit b eroof van sy bom e, sy v ru g b aarh eid en sy w a te r (7: 538).
Die k u ltu u rla n d sk a p is die re su lta a t van drie dinge: die m enslike bedryw ighede soos d it geo rganiseer is vir die pro- d uksie van die goedere w at die m ens begeer, tw eedens die kom plekse n atu u rlik e om gew ing w at die m ens v ir hierd ie strew e aanw end en wysig, en w at op sy b e u rt w eer die m ens
like bedryw ighede beinvloed, en d erd en s die ty d sd u u r w aaroor- heen hierdie p rosesse aan die gang was, m et inagnem ing van die beskaw ingspeil van die b etro k k e m ensegroep en die tegno
logiese hulpm iddele w at hulle to t hul b eskikk in g het. As ons die aangeleentheid só beskou, kan m oo ntlik aangevoer w ord dat die blanke S uid-A frikaner nog nie voldoende tyd gehad het om die b ro n n e van die m enslike kennis ekonom ies op die landsk ap toe te pas nie. In sy huidige stad iu m is hy dus nog
’n p a ra sie t op die bodem — ’n k w aad aardig e p arasiet — m a a r na verloop van tyd kan hy, as hy hom d aa ro p toesp its, sy kw aadaardigheid verloor.
M aar dit kan ook wees d at d a a r asp ek te van ons besk a
w ingspatroon is w at nooit m et die bodem versoen sal kan w ord nie — asp e k te w at, so lank hulle bestaan, blyw end aan- leiding sal wees to t die w anb alan s in die verh oud ing tussen m e n s 'e n bodem . Sylvia Crowe noem enkele sodanige asp ekte by die naam : bevolkingsdruk op b ep e rk te o ppervlaktes, inhalig- heid, die verafgoding van die w insm otief, die geloof d a t spoed, m asjiene en m assap ro d u k sie in h u lself goed is e e rd e r as d at
hulle dienaars van die m ensheid sal wees. Al h ierdie tekort- kom inge in die W esterse beskaw ing — w at helaas ook h ier by ons alm al oorbekend is — is oorsake van ontsierin gs in die landskap, sê sy (7: 541). En indien dit so is, m oet die Suid- A frikaner hom self afvra of die om gewing m et sy woestyn- vorm ing, sy erosieslote en sy kaal berghellings nie dalk in hier
die proses van w isselw erking vandag besig is om d ru k op ons beskaw ingspatroon uit te oefen sodat hierdie ongew enste eienskappe sal verdw yn nie.
U sien dus dat d a a r geen sp rak e kan wees van ’n be- skouing van geografiese invloede op die beskaw ingspatroon sonder om terselfd erty d die invloed van die b eskaw ingspatroon op die geografiese om gewing te ondersoek nie. W anneer die een verander, v eran d er ook die an d e r in hierd ie proses van nim m ereindigende w isselw erking, en om dat nog die beska
w ingspatroon nóg die om gewing staties bly, veran d er die w edersydse beïnvloeding ook v oo rtd u ren d . Ons staan in 1966 nie aan die begin van ons beskaw ingsreis nie en ook nie aan die einde d aarvan nie. Ons is soos die reisiger w at h alfp ad op sy lang tog ’n oom blikkie to t stilstan d gekom het om te rus.
E n die beskaw ing w at ons m et ons saam gebring het, is nie m eer die E uropese beskaw ing w at reeds d rie eeue lan k die invloed in w isselw erking ondergaan van ’n Suid-A frikaanse om gewing.
M aar hier w a ar ons langs die p ad rus, hou die reis nie op nie: ons m oet verder. Die w isselw erking tussen beskaw ing en bodem — die v erm ink te bodem w at d a a r op die oom blik is in die plek van die n atu u rla n d sk a p w aarm ee ons begin het
— sal voortgaan, ook to t in die verre toekom s. E n dit laat die ernstige vraag o n tstaan of ’n b eskaw in gsp atro on kan gedy w an n eer dit in so ’n noue w isselw erking v erk eer m et ’n om gewing w aarop die tekens van agteruitgang o n m isk en b aar blyk. K an ’n beskaw ing v oo rtb estaan tensy d it die kapitaal w at d it u it die bodem geneem het, teru g betaal, tensy d it leer om te lewe op die inko m ste w at verkry w ord u it vernaam lik die h ern ie u b are h u lpbron ne van die om gewing? Crowe w erp
’n h eld er lig op hierdie aangeleentheid w a a r sy sê: „As hierdie huidige beskaw ing nie ste rf nie, sal d it wees o m d at dit ’n m etode gevind het om ’n nuw e ekologie te skep w at die voort- brengsels van die m enslike v ernu f en b rein k om bineer m et
die ekologie van die organiese n atu u r, en om dat d it geleer het om h ieru it ’n nuw e land skap te v orm w aarin m ense kan fungeer, nie slegs as ekonom iese eenhede nie, m a a r as m ense"
(7: 544).
En dit, dink ek, b eho ort vir ons as reisigers w at ru s langs die pad, die weg verd er vorentoe uit te stippel. As ons wil verseker dat die beste ken m erke van ons beskaw ing op die Suid-A frikaanse bodem m oet v o o rtb estaan as re su lta a t van
’n w eldadige w isselw erking tussen beskaw ing en om gewing, m oet ons in die eerste plaas sowel ons beskaw ing as ons bodem o n d er die soeklig neem . Ons m oet onsself afvra of d a a r nie kenm erke in ons beskaw ing spatroo n is, m iskien m in d er ge- w enste kenm erke soos die inhaligheid en o nbeteuelde rykw or- d ingsdrang w aarn a reeds verwys is, w at nie verso en b aar is m et die verm oëns van die bodem w at d aard ie beskaw ing to t in lengte van dae m oet voed nie. Ons m oet aan die a n d e r k an t volledige helderheid verkry o o r die oogm erke w at ons m et ons b eskaw ingspatroon n astreef, en dan ons u ite rste v ernu f ge
bru ik om die bodem só om te vorm of te h erste l d at d aard ie ideale verw eseniik kan w ord. W ant die o ntdekkings van die m ensiike brein het hom m et 'n nuw e m ag o o r die organiese lan d sk ap beklee — ’n m ag w at hy gebruik, en w aarv oo r hy voile v erantw oord elikh eid m oet aanvaar.
V ir my wil dit voorkom asof die oplossing gesoek m oet w ord in ’n reeks ewewigte: ewewig eersten s in die om gewing, dit wil sê die herstel van die b alan s tu ssen die n a tu u r en die bedryw ighede van die m ens; tw eedens ewewig in die ekono
miese bedryw ighede van die m ens, d.w.s. balans tu ssen die nyw erheid en die landbou; en laasten s ew ewig in die getals- verhoudings, d.w.s. balans tussen die getal m ense op ’n be- paalde bodem en die verm oëns van d aard ie bodem . D aar is onheilspellende tekens d at die stygende m ensegetalle hand- u itru k , nie net m eer in gelokaliseerde gebiede nie m a a r oo r die ganse aardbol.
M aar w at ook al die oplossing vir die prob leem m ag wees, dit is van die u ite rste belang d a t ons ono ph ou delik d a a rn a sal soek to td a t ons dit gevind het. Dan bly d a a r o o r die u itdaging van die toepassing daarvan , die spoedige toepassing, om dat die u u r laat is en veel lan ger u itste l die laten te m ag van die n a tu u r om van m ishandeling te h erstel, kan oorskry. As d it
gebeur, bly vir ons beskaw ing die lot o or w at M esopotam ië ge- tre f het — verdw yning in ’n w oestyn van sand. Om dit te voor
kom, m oet ons die landskap positief benader, d it aanvaar as ’n organism e w aarvan die m ense deel is, die enigste denkende deel, sodat die landskap iets sal w ord w at gem anipuleer en versorg w ord soos w at die m ens sy eie liggaam m an ip uleer en versorg, soos Crowe dit stel (7: 538). Dalk sal d it beteken dat ons in dié proses tevrede sal m oet wees om effens m ind er aard se sk atte te vergader en d at ons effens m in d er blink teeno or andere sal vertoon. M aar alleen dán sal ons ons as volk w aarlik ryk kan noem en ’n ryke erfenis aan toekom stige geslagte kan nalaat, as ons die geheim gevind h et van
’n w eldadige invloed w edersyds tussen ons om gewing en die p atro o n van die beskaw ing w aarv an ons feitlik die enigste dra ers is w at nog oorbly in Afrika. Tot op die huidige het ons nog nie d aarin geslaag om dié aanpassin g te doen nie, en solank ons d it nie gedoen het nie, m oet ons steeds die invloed vrees w at m iskien eendag op ons b eskaw in gsp atroo n uitge- oefen kan w ord d e u r ’n om gewing w at ons in ons onkunde om geskep het to t ’n m o n ster w at geen beskaw ing duld nie.
F. J. Potgieter.
1. E. Demolins: Essai de géograpie sosiale, aangehaal d eu r George T ath am in G eography in th e T w entieth C entury, p. 15.
2. A. J. Toynbee: A Study of H istory, p t. 1, A bridgem ent by D. C.
Som ervell.
3. Jo h n Phillips: A rgiculture an d Ecology in Africa.
4. P. W. Ryan: M an’s A daptation of N ature.
5. E d w ard H yam s: Soil an d Civilization.
6. Lewis M um ford: The City in H istory.
7. Sylvia Crowe: C ivilization an d L andscape (S m ith so n ian In stitu tio n R ep o rt fo r th e y ear ended June 30, 1962).
8. E. H untingon: The M arch o f Civilization, opgeneem in S. van Valken- b u rg en C. C. H eld: E urope.
9. Lewis M um ford: Technics an d C ivilization.
10. G. S. Preller: O ns G oud Rom an.
11. F. J. P otgieter: Die V estiging van die B lankes in T ransvaal (1837—
1886) (A rgiefjaarboek, Deel II, 21e jaarg an g ).
12. E. A. W alker: The F ro n tie r T rad itio n in South Africa.
13. P. S erton: Die a a rd ry k sk u n d ig e grondslag van ons geskiedenis, opge
neem in S. F. N. Gie: G eskiedenis van Suid-Afrika.
14. D. C. Midgley: T am ing o r Wild R ivers — In au g u ral L ecture, Uni
versity o f th e W itw atersrand.
15. V erslag van die W oestynindringingskom m issie (1952).
16. V erslag van die D roogte-ondersoekkom m issie (1923).