• Tidak ada hasil yang ditemukan

Ontwerp en vervaardiging van 'n vanadium

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Ontwerp en vervaardiging van 'n vanadium"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

h p://www.satnt.ac.za 130 Open Access Page i of ii Inhoudsopgawe Page 1 of 2 Referaatopsomming

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie

ISSN: (Online) 2222-4173, (Print) 0254-3486

Ontwerp en vervaardiging van ’n vanadium- redoksvloeisel vir laboratoriumgebruik

Design and manufacturing of a laboratory scale vanadium redox fl ow cell: Much research is currently devoted to large scale energy storage to mitigate the inconsistent supply of renewable energy sources for the generation of electricity. Of the possible approaches, vanadium redox fl ow cells are by far superior. This contribution reports the initial results for a fl ow cell designed, manufactured and commissioned at the University of Pretoria.

Hernubare energiebronne vir elektrisiteitsopwekking geniet internasionaal aandag te midde van die klimaatsveranderingkrisis. ’n Groot tekortkoming inherent tot hernubare energiebronne, is hul natuurlike onvoorspelbare aard. Dit is hoogs onwaarskynlik dat die energiebron gedurende tye van hoë aanvraag beskikbaar is. Die oplossing wat internasionaal nagevors word, is die grootskaalse stoor van elektriese energie om die wisselvallige toevoer van elektrisiteit uit te skakel. Die vanadiumredoksvloeisel geniet sedert sy eerste bekendmaking heelwat aandag as ’n effektiewe grootskaalse stoormetode. Relevansie vir Suid-Afrika spruit uit die land se groot fl uoor- en vanadiumreserwes. Fluoor word in die vervaardiging van die vloeisel se protondeurlaatbare membraan en die vanadium in die sel se elektroliet, gebruik.

Figuur 1 toon ’n driedimensionele model van die ontwerpte sel met die Nafi on-membraan, grafi etiese elektrodes en tussenraamseëls weggelaat. Hierdie weglatings is gemaak sodat die hoofelemente en hoe hulle koppel, beter sigbaar is. Die sel se werkingsbeginsel is reaksiegesproke dieselfde as vir ’n eenvoudige voltaïese sel waar ’n redoksreaksie plaasvind om ’n elektriese stroom op te wek. Die redoksreaksie wat in ’n vanadiumredoksvloeisel gedurende ontlading plaasvind, is die oksidasie van V(II) na V(III) by die anode en die reduksie van V(V) na V(IV) by die katode. Die halfselle se chemise balans word toegelaat deur die vloei van protone deur die Nafi on-membraan.

Nota: ’n Seleksie van referaatopsommings: Studentesimposium in die Natuurwetenskappe, 2–3 November 2017, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika. Reëlingskomitee: Prof Rudi Pretorius (Departement Geografi e, Universiteit van Suid-Afrika); Dr Hertzog Bisset (Suid-Afrikaanse Kernenergie-korporasie – Necsa); Prof Marilé Landman (Departement Chemie, Universiteit van Pretoria).

Authors:

Eduan Oosthuizen en PL Crouse

Affi lia ons:

Departement Chemiese Ingenieurswese, Universiteit van Pretoria

Corresponding author:

Eduan Oosthuizen [email protected] Departement Chemiese Ingenieurswese, Universiteit van Pretoria, Privaatsak X20, Ha ield, 0028 How to cite this ar cle:

Eduan Oosthuizen en PL Crouse, Ontwerp en vervaar dig ing van ’n vana diumredoksvloeisel vir laboratoriumgebruik, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 37(1) (2018) Copyright:

© 2018. Authors.

Licensee: Die Suid- Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. This work is licensed under the Crea ve Commons A bu on License.

FIGUUR 1: Driedimensionele model van die ontwerpte redoksvloeisel

(2)

h p://www.satnt.ac.za 131 Open Access Page i of ii Inhoudsopgawe Page 2 of 2 Referaatopsomming

Die vloeisel is suksesvol in bedryf gestel by die Universiteit van Pretoria gedurende September 2017 met gebruik van kommersiële elektroliet. Figuur 2 toon die laboratoriumopstelling gedurende die eerste laaisiklus wat op die sel toegepas is. Die verloop van die reaksie is visueel waargeneem met die kleurverandering van die blou V(IV) elektroliet. Die anoliet het verkleur na donker groen en die katoliet na amper swart. Hierdie kleurveranderings tesame met suurstofblootstelling- en presipitasietoetse bevestig die reduksie van die anoliet en oksidasie van die katoliet.

Gedurende die eeste laaisiklus is die bekende probleem aangaande elektrolietstabiliteit waargeneem, met die verstopping van die katode weens V(V) presipitasie.

FIGUUR 2: Die vanadiumredoskvloeisel met sy eerste laaisiklus

Die kommersiële elektroliet wat gebruik is, is getoets vir stabilieteit en hierdie uitslag is daarom die eerste susksesvolle toetsuitslag wat deur die sel verkry is.

Die gebruik van die sel binne die Universiteit van Pretoria se Departement Chemiese Ingenieurswese sal wees om Suid-Afrikaans geproduseerde elektroliete te toets tesame met nuwe membraanmateriale wat binne die department vervaardig is.

Erkenning

Die outeurs erken met dank die ondersteuning van die Suid- Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir hierdie projek, in die vorm van ’n studiebeurs aan E Oosthuizen.

Referensi

Dokumen terkait

Die jaar 2017 is nie net die jaar van Reformasieviering nie, maar ook die jaar van eeufeesviering van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria UP.1 Die artikel is ’n

* * Departement van Onderwys en Kultuur, Administrasie: Raad van Afgevaardigdes By die twee onderwyskolleges onder beheer van die Departement van Onderwys en Kultuur,

Na die argeologiese ontdekking van Mapung- ubwe op die plaas, is die plaas, vanwee vertoe deur die Universiteit van Pretoria, in Mei 1933 deur die Staat aangekoop en "vir open bare

Dis·· nou die mense wat seg: bulle is ver vooruitga1;1g, terwyl bulle ons twe honderd jare wil agteruit breng; en ver ons beskuldig bulle van agteruitgang, terwyl ons die bevolking

E.duc.S.A Professor aan die Universiteit van Pretoria Hierdie studie is voorberei onder die leiding van Pro!.

Author: Frikkie C de Beer Affi lia ons: Suid-Afrikaanse Kernenergie-korporasie SOC Ltd Necsa en Skool vir Chemiese en Mineraalingenieurswese, Noordwes-Universiteit Corresponding author:

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v32i1.838 Referaatopsomming Vergelyking van Kardio Stres Indeks tussen universiteit studente en ’n fisies meer aktiewe populasie Authors:

Ons as universiteit en enigeen wat werk aan die vraag rondom die toekoms van Afrikaans moet vra oor die toegang wat bruin Afrikaanssprekende mense van landelike gebiede gaan hê tot ons