• Tidak ada hasil yang ditemukan

PDF 14

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "PDF 14"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

14

111,/

EREDOKTORSGRr~D: SY ED. J. J. FOUCHé VOORDRAG

Dit sou moontlik wees om hier ~ baie indrukwek- kende relaas te gee van die betekenisvolle werk wat min.

Fouché deur baie jare heen gedoen het. Dit is egter nie nodig nie, aangesien hy en sy werk vir ons nie onbekend is nie. Ons stip slegs ~ paar punte aan.

Min. Fouché is Vrystater van geboorte. Nadat hy op Stellenbosch gestudeer het, het hy in sy tuisprovinsie gaan boer, waar hy weldra sowel op provinsiale as lands- wye vlak 'n vername rol in die landbou gespeel het. In Smithfield, die dorp en distrik wat seker altyd ten nouste met sy naam verbonde sal bly, het hy tot die politieke lewe toegetree. As lid van die Volksraad het hy hom

~ bekwame parlementariër getoon, wat in verband met boerde- rysake, die kleurvraagstuk, finansies en besproeiing 'n aktiewe en waardevolle aandeel gehad het. Vervolgens het wyle dr. D.F. Malan hom die administrateurskap van die

Vrystaat aangebied, 'nhoë amp wat hy verskeie jare lank met die grootste onderskeiding beklee het.

Sy vernaamste arbeid op die staatkundige terrein het min. Fouché egter as Minister van Verdediging verrig.

Deur vérsiende, ingrypende maatreëls het hy aan ons Weermag 'n nuwe gedaante en nuwe betekenis gegee: jong manne is in veel groter getalle opgelei; ten spyte van sanksies en boikotte is onontbeerlike toerusting aangeskaf; ons eie fabrieke vir die vervaardiging van sekere krygstuig is op vaste voet geplaas; die verhouding tussen Afrikaansspre- kende en Engelssprekende in die Weermag het hartliker en hegter geword; en die volk van Suid-Afrika - soos inderdaad ook die Universiteit van Stellenbosch self - het in ons

Weermag TI bron van trots en vreugde gevind.

Daar is egter iets wat nog oor dit alles uittroon.

In min. Fouché het ons iemand wat welléwende mens is, iemand wat in die wel en die wee van sy medemens deel, iemand wat op realistiese, gesonde wyse Afrikaanssprekende en Engelssprekende mekaar leer begryp, kortom iemand wat met hart en siel bou

aan die groter, skoner Suid-Afrika van die toekoms. Dit is onder die leiding van sulke manne dat ons die probleme wat op ons weg lê, as 'n verénigde volk met vertroue kan tegemoet gaan.

Om al hierdie redes vereer ons min. Fouché; en ons is dankbaar dat ons dit kan doen.

STELLENBOSCH, 9 Desember 1966.

H. B. THOM (Rektor)

(2)

VOORDRAG

\

- 1

EREDOKTORSGRAAD: SEN. P.O. SAUER

Sen. Paul Oliver Sauer, gebore in wynberg en seun van die bekende Kaaplandse staatsman, wyle

J.~v.

Sauer, het hom reeds vroeg tot die politieke lewe aangetrokke gevoel.

Na 'n tydperk van studie aan die Universi teite van Kaapstad, en Stellenbosch, het hy hom op die staatkundige terrein be- gewe. Hy het volksraadslid vir Vá ctiorLe -we s geword, en de 3r- na volksraadslid, vir Humansdorp, 'n kiesafdeling wat hy vir

twee-en-dertig jaar verteenwoordig het, d.w.s. totdat hy uit die Volksraad getree en Senator geword het. In die loop van sy jare as volksraadslid was hy agtereenvolgens Minister van Vervoer, Spoorweë, Lande, Besproeiing, Bosbou en Openbare Werke.

Onder sy veelvuldige en belangrike werk as volks- raadslid en rlinister sou tal van hervorminge genoem kan word, wat in die genoemde Departemente deurgevoer is. Daar is ook TI groot aantal besondere maatreëls, wat spesiaal vermeld kan word. Hieronder dink ons bv. aan sen. Sauer se wetgewing wat dit vir die owerheid moontlik gemaak het om grond ten behoewe van die hoër onderwys te onteien; en veralook aan sy toegewyde, jarelange arbeid, wat daarop uitgeloop het dat ons parlementêre prosedure grondig hersien is, en ons in werklikheid ons eie Suid-Afrikaanse parlementêre prosedure gekry het.

Met Stellenbosch, en meer bepaald ons eie Universi- teit, het sen. Sauer reeds jarelank besonder hegte bande.

Hy is die mees senior lid van ons Universiteitsraad: hier het hy sy plek in 1926 ingeneem, on in die loop van meer as

veertig jaar lewer hy nou reeds dienste van onskatbare waarde.

Sen. Sauer het TI besondere patroon van nasiediens geskep, n patroon wat vir jonger ontluikende politici tot model kan dien. Sy indringende, skerpe gees het met gemak

tot die essensiële van ingewikkelde vraagstukke deurgedring;

en sy onkreukbare beginselvastheid en .lojaliteit het altyd gepaard gegaan met 'nmilde, begrypende menslikheid wat die hardheid van teenstrydige politieke standpunte dikwels gematig het tot wedersydse agting en begrip. Sonder om iets van sy Afrikanerskap prys te gee, het hy daardeur geword TI ware, groot Suid-Afrikaner.

Stellenbosch - en die hele Suid-Afrika - sou sonder

TI Paul Sauer beslis armer gewees het. Deur die toekenning van 'n eregraad gee die Universiteit van Stellenbosch uitdruk- king aan ~iepe dankbaarheid teenoor TI man wat nie na persoonlike eer en eiebelang gesoek het nie, en wat steeds die opregte hoog- agting van almal weggedra het.

STELLENBOSCH,

9

Desember 1966.

H. B. THOM (Rektor)

Referensi

Dokumen terkait

12 Die bekend- making va n die name en woonplekke van die gekose Volks- raadslede moes nadat di e Uitvoerende Raad di e uit sl ag van die verkiesing bepaal het, deur die staatspr

Deur die moderne liggaamsopvoeding word die groot- stc nadruk al mE'er en meer op die i'undamentele wE'rk- saamhede van die mcnslike liggaam gele, omdat dit dour die groter

Erasmus "als troef voorlopig aan te stellen."15 Op dieselfde dag het maj Erasmus aansoek om die vakante pos gedoen en verklaar dat hy sy rede aan die Kommandant-generaal sou meedeel

Ons letterkundige kritiek moet gered word uit die verwarring waarin dit verval het deur gebrek aan standaarde en veral univcr- siteitstudente wat geroepe is om die wetenskap te dien,

Hy vaar op ’n skip na New York om daar sy nuwe lewe te begin, maar word aan boord deur ’n groep voormalige konsentrasiekampgevangenes herken en voor ’n skynkrygshof gestel.. Voor ’n

239: “Terwyl sy by Christian sit en hulle op die mert wag, is daar twee keer kloppe aan haar woonsteldeur.” word daar twee maal aan die deur geklop pp. 239: “Waar pas hy in hier in die

In die lig van die voorgaande is dit logies en korrek dat universiteite - soos in ons land konsekwent gebeur het - deur 'n wet van die nasionale wetgewende mag, die Parlement, in die

Ons sien soms dat mense wat -n goeie intellek het maar nie oor -n ewewigtige gees beskik nie, in hulle geesdrif en ywer om diens te lewer - of altans wat hulle as diens beskou - selfs