• Tidak ada hasil yang ditemukan

Redaksioneel: Die etiek agter mede-outeurskap

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Redaksioneel: Die etiek agter mede-outeurskap"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

REDAKSIONEEL

D IE ETIEK AGTER MEDE-OUTEURSKAP

Die publikasie van artikels van twee outeurs waarvan een as die mede-outeur funk- sioneer, is nie in die Hervormde Teologiese Studies ’n vreemde verskynsel nie. Daar word soms na só ’n mede-outeur verwys as die ‘honorêre’ skrywer van die artikel.

Maar is mede-outeurskap eties geregverdig? In ’n uitgawe van die CSD/SWO Bulle­

tin (Augustus 1992, bladsy 19), uitgegee deur die Sentrum van Wetenskapsontwikke- ling, word daar op hierdie vraagstuk ingegaan. Die titel van die artikel is: ‘Co- Authorship: W here does SA stand?’. Die etiese probleem met mede-outeurskap, waam a hierdie artikel verwys, is dat die ‘honorêre’ skrywer onregmatig bevoordeel word. In die akademie word uitnemendheid beoordeel aan onder andere die aantal kwaliteit publikasies wat akademici in geakkrediteerde vaktydskrifte laat publiseer het. Jong navorsers, aan die ander kant, staan dikwels in die skaduwee van die

‘honorêre’ skrywer, terwyl hy/sy gewoonlik al die, of ten minste die basiese, navor- singswerk gedoen het en dan nie uitdruklik die erkenning daarvoor ontvang nie.

Hierdie beswaar is emstig, maar dit moet nie daartoe lei dat ’n akademiese departe- ment of instelling, en by name die studieleier, wat navorsing geinisieer en begelei het, sy/haar regmatige erkenning verbeur nie.

Dit is so dat navorsing in die publikasie van die bevindinge daarvan behoort uit te mond. Universiteite en ander sentrums van navorsing is tereg daarop gesteld dat navorsingsresultate by wyse van publikasie bekend gemaak moet word. Sodoende word die resultate daarvan aan die kontrole van ander vakkenners onderwerp, maar terselfdertyd word dit beskikbaar gestel as bron vir verdere navorsing. In Suid-Afri- ka is die skep van die nodige befondsing om navorsing uit te voer, buitendien in ’n groot m ate afhanklik van subsidies wat universiteite verdien na aanleiding van publikasies in geakkrediteerde vaktydskrifte. Hierdie stelsel noodsaak dat ’n perso- neellid van ’n akademiese departement op een of ander wyse as die ‘mede-outeur’

van navorsingsartikels erkenning moet kry. Een van die aspekte van die navorsing- missiestelling van die Universiteit van Pretoria is dat elke nagraadse student ten minste een publiseerbare manuskrip uit sy/haar verhandeling of proefskrif sal voor- berei. Die Fakulteit Teologie (Afd A) aan die Universiteit van Pretoria gee op die volgende wyse uitvoering aan hierdie missiestelling: studente wat voldoen aan die vereistes vir die DD/PhD -grade, moet ’n artikel op grond van die goedgekeurde proefskrif voorberei en vir publikasie in ’n geakkrediteerde tydskrif voorlê; studente wat wil voldoen aan die vereistes vir die MDiv-graad, berei ’n skripsie in artikel- formaat voor en dit word voorgelê vir oorweging om in ’n geakkrediteerde tydskrif gepubliseer te word; studente wat wil voldoen aan die vereistes van die BD-graad, berei ’n skripsie in artikelformaat voor en, indien die skripsie na eksterne eksamine-

688 H TS 49/4 (1993)

(2)

Rcdaksioncel

ring ’n onderskeidingspunt verdien, word dit voorgelê vir publikasie in ’n geakkredi- teerde tydskrif. Die studieleier funksioneer telkens as mede-outeur. Natuurlik staan dit studente en studieleiers vry om navorsingsartikels vir publikasie voor te lê afgesien van die eksamineringspunt. Indien hierdie navorsingsartikels by die Her- vormde Teologiese Studies vir publikasie ingedien word, geld dieselfde streng keu- ringsprosedure waarop die redaksie reeds besluit bet.

Die gemelde artikel in CSD/SW O Bulletin maak melding van drie kriteria vir m ede-outeurskap wat die Noord-Amerikaanse akademici, Barry W erner en Mary Beth Nierengarten voorgestel bet. Die redaksie van die Hervormde Teologiese Stu­

dies word graag deur hierdie kriteria gelei. ’n Vierde kriterium word bygevoeg en word vervolgens eerste gestel:

• Indien ’n artikel voortspruit uit ’n proefskrif, verhandeling of skripsie moet die volgende formule (aangepas volgens omstandighede) as voetnota op die titel- bladsy van die artikel opgeneem word: ‘Ingedien en aanvaar as deel van die ver- eistes vir die BD/M Div/PhD/DD-graad (1991), D epartem ent..., Fakulteit Teo- logie, Universiteit van Pretoria, onder leiding van Die studieleier word as die tweede outeur vermeld en nie as die eerste nie.

• Die mede-outeur dra daadwerklik op ’n betekenisvolle wyse by tot die werk ver- bonde aan die navorsingsprojek wat tot die publikasie van die artikel aanleiding gegee het.

• Die mede-outeur neem deel aan die opstel en skryfyasi die artikel deur selfstan- dig vir dele daarvan verantwoordelik te wees of om op alle vlakke van die skryf van die artikel betrokke te wees deur dit in volledigheid deur te gaan en daarop kommentaar te lewer.

• Die mede-outeur neem saam met die primêre outeur volledig mede-verantwoor- delikheid vir die tema en gevolgtrekking wat die artikel wil kommunikeer asook vir die leem tes wat in die artikel m et betrekking tot argumentvoering, taal- gebruik en bronne-ontginning kan bestaan.

In die keuringsprosedure sal die redaksie van die Hervormde Teologiese Studies in die toekoms van die skrywers van artikels met meer as een outeur verwag om ’n ver- klaring te onderteken dat daar aan bogenoemde kriteria voldoen is.

Prof Andries van Aarde Redakteur

ISSN 0259 9422 = H TS 49/4 (1993) 689

Referensi

Dokumen terkait

Daar het in daardie stadium nog geen teologiese fakulteit aan dié Universiteit bestaan nie, maar vir Tillich was dit geen probleem nie, aangesien sy voorlesings op die grens tussen

Ander lojaliteite wat hierdie lojaliteit behoort te oorwoeker as ’n teologie van die huwelik getrou wil wees aan die evangelie en respekvol teenoor mense, is die volgende: Lojaliteit

in Geskiedenis verwerf aan die Universiteit van York in Engeland, en sy doktorsgraad aan die Universiteit van Suid-Afrika Unisa met ’n verhandeling oor die geskiedenis van die Bakgatla-

WETENSKAPLIKE BEOEFENING VAN DIE TEOLOGIE AAN DIE TEOLOGIESE

Voorwoord ter erkenning van Andries van Aarde Gesien vanuit die perspektief van die Universiteit van Pretoria in die algemeen en van die Fakulteit Teologie in die besonder, is dit

Huldigingswoord Johan Buitendag Voorsitter: HTS redaksie Adjunk-dekaan: Fakulteit Teologie Universiteit van Pretoria Dit is soos die tipies spreekwoordelike “met gemengde

Dit sou egter interessant wees om bier- die groepie studente se reaksie te sien indien hulle op dieselfde wyse behandel word as wat die Konserwatiewe Studente- vereniging aan die

sonder om aan die vereistes van die betrokke wette en regu- .lasles te voldoen, Die Stadsraad betreur dit dat, moontlik as gevolg van onkunde, sulke dinge gebeur; en om die rede