• Tidak ada hasil yang ditemukan

Redaksioneel

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Redaksioneel"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

Redaksioneel

1. IN GEBRU IKN EM IN G VAN DIE NUWE TEO LOGIEGEBO U : LUTHER- EN BYBELFEES

Op 31 Augustus 1983 is die nuwe Teologiegebou by die Universiteit van Pretoria feestelik in gebruik geneem. Die gebou wat voorheen as Lettere II bekend was, is opgeknap en ingerig om aan die behoeftes van die Fakulteit Teologie (Afdeling A en B) te voldoen. Met die oorhandiging en ontvangs van die gebou het die rektor, prof DM Joubert, en die dekane van die twee teologiese afdelings, proff BJ Engelbrecht (Afdeling A) en JA Heyns (Afdeling B), opgetree.

Tydens dieselfde geleentheid is 'n kort program gewy aan die herdenking van Maartin Luther se geboortedag vyfhonderd jaar gelede en ook aan die herdenking van die publikasie van die Afri- kaanse Bybel vyftig jaar gelede.

2. A ANSTELLIN GS BY DIE FAKULTEIT TEOLOGIE (AFDELING A)

Daar is verskillende aanstellings gemaak by die Fakulteit Teologie (Afdeling A):

Dr TFJ Dreyer (jr) is aangestel as professor in en hoof van die Departement Praktiese Teologie vanaf 1 Oktober 1983. Hy vul die pos wat vakant geraak het met die afsterwe van prof JI de Wet.

D ie p e rs o n e e l van d ie D e p a rtem en t N u w e -T e sta m e n tie se Wetenskap is uitgebrei en dr AG van Aarde, voorheen dosent in Bybelkunde, is aangestel as mede-professor in die departement vanaf 1 Januarie 1984.

Prof PM Venter, voorheen verbonde aan die Universiteit van die Noorde, is vanaf 1 Januarie 1984 aangestel as dosent in Bybelkunde in die plek van dr Van Aarde.

Die redaksie wil hierdie persone gelukwens met die aanstellings en hulle ook sterkte toewens met die taak wat op hulle wag.

3. SEM INARE EN SIM PO SIU M AANGEBIED IN 1984

Onder leiding van prof AD Pont bied die Fakulteit Teologie (Afde­

ling A) op 24 en 25 M ei 1984 'n seminaar aan oor die tema Doop en Verbond. Tien referate word beplan en die tema sal vanuit die Skrif, maar ook vanuit 'n historiese en dogmatiese hoek, nagevors word.

1

(2)

Die reeks seminare oor eksegese wat die Departement Ou-Testa- mentiese Wetenskap gedurende 1983 aangebied het, word voortgesit in 1984. Die eerste seminaar word beplan vir 9 Maart 1984 en handel oor die boek Rut.

Die Departement Nuwe-Testamentiese Wetenskap bied op 2 November 1984 'n simposium aan oor gelykenisnavorsing. Aspekte van gelykenisnavorsing wat onder die loep sal kom, is die verhou- ding tussen tradisie en redaksie (proff GMM Pelser en JJ Engel- brecht) asook klassifikasie, tertium comparationis en die historiese Jesus (prof AG van Aarde en ds PA Geyser).

Alle belangstellendes word uitgenooi om hierdie seminare en simposium by te woon. Besonderhede kan van die verskillende departementshoofde verkry word.

2

Referensi

Dokumen terkait

Die jaar 2017 is nie net die jaar van Reformasieviering nie, maar ook die jaar van eeufeesviering van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria UP.1 Die artikel is ’n

Omdat Taalfeile en -foute ’n studie-liulpmiddel náás die handboek is, word ’n kort uittreksel voor elke eenheid aangebied om die geheue oor ’n bepaalde onderwerp op- sommenderwys te

Suid-Afrika beklee ’n dominante posisie in die wêreld as bron van sleutelminerale en veral as ver- skaffer aan die Westerse wêreld sien meegaande tabel.. As gevolg van hierdie enorme

Die doelwitte van die Instituut kan as volg opgesom word: • Om navorsings- en ontwikkelingsprojekte in die nasionale belang te onderneem en waar moontlik toekomstige behoeftes te

Volgens ’n regulasie van die Fakulteit Teologie Afd A aan die U niversiteit van P retoria m oet BD-skripsies sowel as MDiv-skripsies in artikelform aat ingedien word.. Die MDiv-skripsie

Die hoofstukopskrifte is prikkelend genoeg en bied bowendien baie outtige stof op grood waarvan oor die kerk se taak en roeping besin kan word.. 'n Mens hoef hoegenaamd Die in aIles met

In hierdie artikel word ’n dialoog geopen tussen die literêre kritiek en die sosiaal-w etenskap- like studie van die Nuwe Testam ent.. Die to en em en d e rol wat die w onderw erke in

H ierdie nuw e kerk was die produk van die vereniging tussen die N ederduitsch Gereform eerde Kerk en die N ederduitsch Hervormde Kerk en dit sou vir baie jare in die omgang bekend