Resensies / Reviews
W O L T E R S , A .M . 1992. D ie skepping herwin: B ybelse grondslae v ir 'n reform atoriese lewensbeskouing. P o tchefstroom : PU v ir C H O /IR S . ___________________ (vertaling P .P . van d e r W alt). 98 bll. P ry s onbekend.____________________
Resensent: J.H. van W yk (Dept. Dogmatologiese V akke, H TS/PU vir CHO) In hierdie publikasie bied W olters ons 'n handige en verdienstelike sam evatting van 'n reform atoriese lewensbeskouing.
In hoofstuk 1 definieer hy lewensbeskouing as "die om vattende raam w erk van 'n mens se basiese opvattings oor sake" (2). In 'n Christelike benadering speel die Bybel hiervolgens 'n deurslaggew ende rol (5-7).
In hoofstuk 2 w ord breedvoerig ingegaan op die tem a skepping en w ord agtereen- volgens gehandel oor die skeppingsw et, die w oord van G od in die skepping, die omvang van die skepping, die skeppingsopenbaring, die ontwikkeling van die skepping en die goedheid van die skepping. 'n Belangrike onderskeiding wat W olters hier hanteer, is dié tussen natuurwet en Skrifnorm.
Hoofstuk 3 hanteer die sondeval. Die skryw er ondersoek hier die omvang daarvan asook die verhouding tussen sonde en skepping. Hy onderskei tussen struktuur (substansie, essensie, natuur) enersyds, en rigting (vir o f teen G od) andersyds, en betrek die effek van die sonde veral op laasgenoem de. Hy vestig die aandag op die juiste hantering van die begrip wêreld.
Hoofstuk 4 bestee aandag aan verlossing. Verlossing as herstel w ord ontleed; so ook die koninkryk van God, die w erk van Jesus, terwyl foutiewe opvattings oor die koninkryk afgew ys word.
In hoofstuk 5 w ord die tem as van struktuur en rigting in die praktyk toegepas en w ord daar vir reform asie in plaas van rew olusie gekies, ook vir m aatskaplike en persoonlike vem uwing, en verder word aandag bestee aan die charism ata, seksualiteit en dans.
U iteindelik word die sto f in 'n kort slothoofstuk saamgevat.
W olters het aan ons 'n uiters bruikbare en betroubare w egw yser gelew er w at in ons onstuim ige tye as 'n helder ligbaken kan dien. Sy aansluiting by die W ysbe- geerte van die W etsidee (W D W ) is baie duidelik.
Tog roep sy studie 'n aantal vrae op w at verdere diskussie verdien, nié om 'n Christelike filosofie te ondermyn nie maar juis om dit te verfyn.
Resemies/Reviews
Ten e erste moet die stelling dat die h ooftem a (69, 72) van die Bybel bestaan uit skepping, sondeval en verlossing gekorrigeer w ord, o f beter, uitgebrei w ord tot skepping, son deval, ve rlo ssin g en vernuw ing. Teologies gestel:
die binitariese behandeling moet met ’n trinitariese vervang word: skepping (Vader), sondeval (mens), verlossing (Christus) en vernuw ing (die Heilige Gees). Die Heilige G ees neem 'n te versteekte plek in die W D W (en in die Christelike fïlosofieë van Bavinck en Stoker) in. W el kom die Heilige Gees by W olters ter sprake (74-75) maar myns insiens nie nadm klik genoeg nie.
Die pneum atologie ontsluit die perspektief op die eskatologie, w aarvoor W olters inderdaad besondere aandag gevra het (39-41, 60, 64-72). M aar w aarom word gesê dat die oorspronklike goeie skepping "gerestoureer"
moet w ord (57) om dan w eer "repristinasie" a f te w ys (63)? Inderdaad hou die eskatologie oneindig meer in as restourasie o f repristinasie. U iteindelik h e rste l die genade nie net die natuur nie (58, 73), m aar ira n sfo rm eer dit.
Ten tw eed e sal die vraag na die a a r d en g e s a g van die natuurw ette beant- w oord moet word. Die onderskeiding tussen natuur/struktuurw et en Skrif- norm is ter sake (14). G od openbaar Hom inderdaad in die natuur en in die S krif (NGB art. 2) maar w anneer die (gesags-)verhouding tussen albei uitgespel moet w ord, vervaag die formulerings dikwels. Sonder twyfel besit die Bybel vir W olters die finale gesag (34, 92) en ongetwyfeld is die skep- pingsopenbaring nie saligmakend (31) en ondubbelsinnig nie (33). M aar w atter bydrae lewer struktuurwette as w ette van G od ten opsigte van byvoorbeeld die etiek (vgl. 90-96)? Kan dit hoegenaam d 'n bydrae lew er (outonome etiek?) o f behoort hier slegs op Skrifhorme (teonom e etiek) teruggeval te word?
Ten d e rd e 'n vraag oor die verhouding tussen sonde en struktuur. Is dit aan- vaarbaar om die sonde veral met rig tin g (op G od o f w eg van Hom gerig) en nie ook met stru ktu u r te verbind nie (73)? As in beginsel "niks onaangetas"
is deur die sonde nie (43, 52), w aarom dan nie ook die strukture nie? Tas ons nie daarm ee die radikaliteit van die sonde aan nie (29)? V erw ring die sonde nie die menslike struktuur nie, juis om dat hy w ég van G od a f lewe?
Of, om die beeld van die skip by W olters (5) op te neem: Sal die skip (struktuur) w at sy koers verloor het (rigting) nie hom self (struktuur) op die rotse te pletter loop nie? M yns insiens het die sonde sowel die ‘rigting’ as die ‘struktuur’ van die skepping aangetas, sy dit b y elk o p 'n e ie w yse. En verder: Hoe moet dit verklaar w ord dat m ense w at op G od gerig lewe, sulke goddelose dinge doen? Blykbaar is die lewe te w eerbarstig om in allerlei menslike formules vasgevang te w ord, hoe onm isbaar en noodsaaklik hulle ook mag wees.
ResensiesReviews
K O K , JO H N , H. 1992. V o lle n h o v e n : H is E a r l y D e v e lo p m e n t.
_________ S ioux C enter, Io w a : D o rd t C ollege Press. 393 bladsye, 15.95 V S A D ollar._________
Resensent: B.J. van der W alt (Instituut vir Reform atoriese Studies, PU vir CHO) Hoewel Vollenhoven en D ooyew eerd saam 'n reform atoriese filosofie van af die einde van die tw intigerjare aan die Vrije Universiteit in Am sterdam uitgebou het, is daar heelw at m eer oor die filosofie van laasgenoem de as oor dié van sy sw aer geskryf. As daar wel oor Vollenhoven se denke geskryf is, w as dit meestal oor die konsekwent probleem -historiese m etode wat hy ontwikkel het om die geskie- denis van die W esterse denke te bestudeer. Die rede hiervoor is m oontlik dat Vollenhoven nie so baie as D ooyew eerd geskryf het nie en ook weinig in Engels gepubliseer het.
By die herdenking van Vollenhoven se honderdste geboortejaar gedurende 1992 is ons egter met die volgende verryk:
* 'n V ollenhovendag op 6 N ovem ber 1992 aan die Vrije U niversiteit w aarby verskeie kenners van Vollenhoven se filosofie met lesings opgetree het.
* ’n Spesiale uitgawe oor V ollenhoven in Beweging (56(5), O ktober 1992), die am ptelike orgaan van die Stichting voor Reform atorische W ijsbegeerte in opdrag van die Vereniging voor Calvinistische W ijsbegeerte.
* 'n Biografie oor hom deur dr. J. Stellingwerf: D.H.'Ih. Vollenhoven (1892- 1978); reformator der wijsbegeerte. B a a n i: Ten Have.
* 'n Bundel onder redaksie van Dr. K.A. Bril en drs. A. Tol: Vollenhoven als wijsgeer; inleidingen en teksten. Amsterdam : Buijten & Schipperheijn.
* Dr. W .G. de Vries en ds. H. Vollenhoven: Hen en anders; correspondentie tussen K. Schilder en D.H.'Ih. Vollenhoven. Kampen : J.H. Kok.
* Die boek van J.H. Kok w aaroor hierdie resensie gaan. (Kok is professor in Filosofie te D ordt College, Iowa in die VSA.)
Inhoud
Soos die titel reeds aandui, konsentreer die studie op die vroegste fase van Vol
lenhoven se filosofiese ontw ikkeling tot op die ja a r w at hy as professor by die V.U. aangestel is (1926). Hierdie studie is besonder w aardevol om dat uit die boek duidelik blyk hoe Vollenhoven geworstel het met - en ook beïnvloed is deur - prom inente nie-Christelike denkers van sy eie tyd, en hoe sy eie Christelike filosofie geleidelik uitgekristalliseer het. (Dooyew eerd inoes dieselfde pad loop!)
Resensies/Reviews
gebeur vandag ook nie. Die uitkristalliseer van 'n eie Christelike fílosofíe vra stryd. Figure met wie Vollenhoven destyds in gesprek getree het, w as onder andere Alexius M einong, Hans Driesch, Bertrand Russell en L.F.J. Brouwer.
Die w erk van Kok is sistem aties opgestel na aanleiding van die fundam entele filo- sofiese problem e w aannee Vollenhoven gew orstel het, soos byvoorbeeld G od en sy W oord; gees, materie, syn en denke; intui'sie en interaksie; getal; eksistensie en subsistensie; logos, stand van sake en kennis.
O ns het in hierdie studie van Kok dus die eerste boustene tot 'n w etenskaplike studie oor Vollenhoven se sistem atiek (ontologie). Soos reeds gesê, w as alle aan
dag tot sover op sy metode van w ysgerige historiografie toegespits.
'n Besondere w aardevolle bydrae van hierdie w erk is dat dit (vanaf p. 363 tot p.
382) die volledigste bibliografie van Vollenhoven se geskrifte (1911-1979) gee w at nog die lig gesien het.
Standaard en leserskring
Die feit dat die outeur oor baie ja re (reeds vanaf 1978) met die studie besig w as, asook die inhoud van die boek self, getuig van deeglikheid en aandag aan klein detail. (Byvoorbeeld: hoewei aanhalings uit Vollenhoven se geskrifte in die teks in Engels aangebied w ord, w ord die oorspronklike N ederlands vir kontrole in voetnote verskaf.)
Die boek is 'n belangrike bydrae tot beter kennis oor een van die tw ee grond- leggers van ons reform atoriese denke. Dit w erp nuwe lig op 'n periode in Vollen
hoven se denke w aaroor tot dusver heel weinig bekend was.
H oew ei die prys baie redelik is, sal die deursnee C hristenw etenskaplike nie daarin belangstel nie. Die boek is vir 'n gespesialiseerde leserskring bedoel: be- langstellendes in V ollenhoven se denkontwikkeling.
S M IT , J.H ., STR A U SS, S.A. & STR A U SS, P .J. reds. 1992 R e fo rm a sie in ootm oed:
O p ste lle o p g e d ra a a n p ro f. P ie te r de B ru y n K ock. Bloemfontein : VCHO 238 _________ bladsye (Prys onbekend)________________________________
R esensent: B.J. van der W alt (Instituut vir Reform atoriese Studies, PU vir CH O ) Soos die titel aandui, is hierdie huldigingsbundel opgedra aan prof. P. de B. K ock (1913-1977), in lewe professor in W ysbegeerte aan die U niversiteit van die Oranje-V rystaat.
Koers 58(2) 1993:253-258
Resensies/Re views
*
InhoudBehalwe 'n inleidende w oord van w aardering (prof. J.C . Lombard), 'n kort biografïe (prof. P.J. Strauss) en ’n opstel oor horn as prediker (ds. H. van der W alt) bevat die bundel ook 'n lys van sy publikasies en aan die einde 'n tabula gratuloria. V erder bestaan die publikasie uit opstelle van teologiese en filoso- fiese aard.
O nder die m eer teologiese opstelle is daar die volgende: oor die kerk (prof. P.J.
Strauss), die verbond (prof. S.A. Strauss), kerkherstel en evangelisasie (prof. J.J.
de K lerk), die lydende en hoopvolle mens (prop. L.O.K. Lategan). D aam a kom die filosowe en kundiges uit ander w etenskappe aan die w oord oor: geestelike krygskuns (dr. J. Visagie), kritiese denke en denkkritiek (prof. D.F.M . Strauss), kuns en kritiek (dr. P C. Cloete), teologie en filosofie (prof. A. Troost), D ooye- w eerd oor die hart (prof. J.H. Smit), die eietydse w etenskapsfilosofie (prof. W.J.
Richards) en Christelike w etenskapsleer (van prof. P. de B. K ock self). Uit hierdie breë spektrum van onderw erpe sal lesers van Koers kan vasstel w atter van die opstelle op hul vakgebied lê.
* Uitgangspunte
Hoewel dit 'n versam elw erk is met tw aalf verskillende opstelle oor 'n verskei- denheid onderw erpe deur verskillende skryw ers, is daar nogtans eenheid in die publikasie in dié sin dat alle skrywers die reform atoriese tradisie (teologies en/of filosofies) sim patiek gesind is. As geesgenote bring hulle immers hulde aan 'n ontslape, geliefde geesgenoot.
* Tema
Soms w ord sulke huldigingsbundels rondom 'n sentrale tem a aangepak. In hier
die geval is dit 'n versam eling uit 'n verskeidenheid vakgebiede oor 'n verskeiden- heid onderw erpe. Behalwe dat die titel die lewe en w erk tipeer van die persoon aan wie die bundel opgedra is, verraai dit ook die eenheid in die verskeidenheid bydraes: reform asie in ootmoed. Die meeste opstelle wil 'n oproep - al is dit hoe beskeie - tot voortgaande reform asie op verskillende denkgebiede wees.
* Standaard
Soos by enige so 'n werk is die bydraes van w isselende gehalte. D aar is stukke wat van deeglike navorsing en besinning getuig en met nuwe, oorspronklike gedagtes na vore kom en ander w aar dit nie die geval is nie. As geheel is dit 'n bundel w at die m oeite w erd is om te lees.
Resensies/Re views
* W aardering
In ons m odem e gejaagde tyd is dit nie moeilik om ons voorgangers in die refor
m atoriese tradisie te vergeet nie. Alleen om dié rede is dit al verblydend dat hierdie bimdel die lig gesien het. Dit is ook bem oedigend vir diegene w at nog die moeilike en dikw els eensam e pad van 'n scien tia refo rm a ta m oet loop: daar is mense vir wie P. de B. K ock baie beteken het - ook ons huidige geslag se arbeid sal dus nie tevergeefs wees nie. Die g ra tu la to re s bew ys ook dat hulle die fakkel, w at hy nie m eer verder kon dra nie, graag verder wil neem.
V A N 'T S P IJK E R , W. 1991. C alvin. E rb e und A u ftra g . F e s ts c h rift f u r W ilhelm N eu se r zum 65. G e b u rtsta g . Kampen : Kok Pharos. 430 p.
R e sensent: A. le R. du Plooy (Dept. Ekklesiologiese V akke, PU vir CHO)
1. In le id in g
Dié publikasie is 'n feesuitgawe w at by die geleentheid van prof. dr. W. N euser se 65 ste geboortedagherdenking verskyn het. Hy is bekend vir sy besondere kennis van die Reformasie en iemand w at oor baie ja re indringende navorsing oor Calvyn gedoen het en reeds v yf intem asionale C alvynkongresse gereël het.
2. Inhoud
Die publikasie bevat ’n groot verskeidenheid artikels uit die hand van vooraan- staande teoloë van oor die hele wêreld.
D aar is artikels oor die algemene geskiedenis van die Reform asie, oor die teologie van Calvyn en ook oor dié van sy tydgenote, soos Bucer, Bullinger en Hyperius.
Die artikels getuig van w etenskaplikheid en deeglikheid. A ktuele sake w ord be- handel en besondere bydraes op die gebied van veral die dogm atiek en ekkle- siologie w ord gelewer.
Behalwe een artikel (van L.F. Schulze) in A frikaans, is die res in D uits en Engels geskrywe.
3. Aanbeveling
Vir diegene w at belangstel in resente navorsing oor Calvyn en op die hoogte wil w ees van reform atoriese teologiese denke is die publikasie onontbeerlik.