• Tidak ada hasil yang ditemukan

Toepassing van die Heston-Nandi-model

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Toepassing van die Heston-Nandi-model"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

SATNT / SAJST 2022; 41(1) 136 http://www.satnt.ac.za Referaatopsomming

VIX-Termynopsieverskansing: Toepassing van die Heston-Nandi-model

PJ Venter,1 E Maré2

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 2022; 41(1):136-137 South African Journal for Science and Technology 2022; 41(1):136-137 https://doi.org/10.36303/SATNT.2022.41.1.958

Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons License [CC BY-NC 3.0]

http://creativecommons.org/licenses/by-nc/3.0

1 Departement Aktuariële Wetenskap, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

2 Departement Toegepaste Wiskunde, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika Korresponderende outeur: Pierre Venter E-pos: [email protected]

ISSN: 2222-4173 EISSN: 0254-3486

© 2022 The Author(s)

SATNT / SAJST

referAATopSommiNg

Nota: ’n Seleksie van referaatopsommings: Studentesimposium in die Natuurwetenskappe, 28–29 Oktober 2021, Noordwes-Universiteit. Reëlingskomitee: Prof Rudi Pretorius (Departement Geografie, Universiteit van Suid-Afrika); Dr Hertzog Bisset (Suid-Afrikaanse Kernenergie-korporasie); Prof Cornie van Sittert (Navorsingsfokusarea: Chemiese Hulpbronveredeling, Noordwes-Universiteit).

Hedging VIX futures options: An application of the Heston-Nandi model: In this research, the standard Black and Heston-Nandi models are applied to the hedging of VIX futures options. Hedge performance is compared based on the stability of the profit and loss distribution. Empirical results show that the Heston-Nandi model is more reliable when applied to hedging VIX futures options.

Volatiliteitsindekse en afgeleides van volatiliteitsindekse het die afgelope paar jaar gewild vir die bestuur van risiko geword. Die fokus van hierdie studie is die verskansing van Standard and Poor’s 500- (S&P500) volatiliteitsindeks- (VIX) termynopsies. Die bestudering van verskillende metodes om VIX-opsies te prys is goed gedokumenteer in die literatuur. Daar is egter nie baie studies wat fokus op die verskansing van VIX-opsies nie.

In ‘n studie wat fokus op die prysbepaling van VIX-opsies, het Wang en Diagler (2011) getoon dat die standaard Black-model (1976) die beste is wat die prysbepaling van VIX-opsies betref. Die Black-model (1976) word as ‘n maatstaf in hierdie studie gebruik. Volgens Lassance en Vrins (2018) is die vermoë van ‘n model om die onderliggende dinamika te beskryf ‘n belangrike faktor wat (vir verskan- sing) in ag geneem moet word.

Die risiko-neutrale bateprysproses in die Black-model (1976) is soos volg,

waar Ft.T die prys by tyd t is van ‘n termynkontrak wat by tyd T verval, σ die volatiliteit (konstant) en Wt ‘n standaard Brown-beweging Q onder (risiko-neutrale maat) is. Die probleme wat verband hou met konstante volatiliteit (vir prysbepaling en verskansing) is goed gedokumenteer. Daarom word ‘n stogastiese volatiliteitsmodel ook oorweeg.

Die Heston-Nandi-model (2000) is deur Li (2019) uitgebrei om termynopsies te kan prys. In hierdie studie is die model met behulp van termynopsiepryse gekalibreer. Daarom is slegs die risiko-neutrale bateprysdinamika nodig. Die bateproses,

waar ξt ‘n standaardnormale ewekansige veranderlike is, en die voorwaardelike variansie ht neem die volgende vorm aan,

Die parameters word beraam deur die wortelgemiddelde kwadraatfout van die modelprys relatief tot die markprys te minimeer.

In ons analise neem ons aan dat ons ‘n reeks koopopsies (verskillende trefpryse) op VIX-termynkontrakte geskryf het. Op elke tydstip t, bestaan die verskanste portefeulje uit ‘n kort koopopsie, Δ (verskansingsverhouding bepaal deur die model) VIX-termynkontrakte, en

‘n bedrag kontant wat geleen of belê word teen die risikovrye koers (Maré 2009). Die beste verskansingsmodel sal die stabielste wins- en-verliesverdeling lewer (gemiddelde standaardafwyking oor verskillende trefpryse).

Resultate toon dat die Heston-Nandi-model gemiddeld ‘n meer stabiele wins-en-verliesverdeling lewer.

,

1

2 ,

.

(2)

SATNT / SAJST 2022; 41(1) 137 http://www.satnt.ac.za Referaatopsomming

Verwysings

Black, F., 1976, The pricing of commodity contracts. Journal of financial economics 3(1-2), 167-179. https://doi.org/10.1016/0304-405X(76)90024-6.

Heston, S.L., Nandi, S., 2000, A closed-form GARCH option valuation model, The review of financial studies 13(3), 585-625. https://doi.org/10.1093/rfs/13.3.585.

Lassance, N., Vrins, F., 2018, A comparison of pricing and hedging performances of equity derivatives models, Applied Economics 50(10), 1122-1137.

https://doi.org/10.1080/00036846.2017.1352080.

Li, B, 2020, Option-implied filtering: evidence from the GARCH option pricing model. Review of Quantitative Finance and Accounting 54(3), 1037-1057.

https://doi.org/10.1007/s11156-019-00816-5.

Maré, E., 2009, How does traditional option hedging perform in the South African equity market? Investment Analysts Journal 38(70), 27-31. https://doi.org/10.1080/102935 23.2009.11082512.

Wang, Z., Daigler, R.T., 2011, The performance of VIX option pricing models: empirical evidence beyond simulation, Journal of Futures Markets 31(3), 251-281.

https://doi.org/10.1002/fut.20466.

Referensi

Dokumen terkait

Hy was nie net vir ’n tyd die redakteur van die belangrikste teologiese tydskrif Zeitschrift für Theologie und Kirche wat deur die uitgewery uitgegee is nie, maar het ook opgetree as

 Ondersoek is deur middel van ʼn vraelys ingestel na Suid-Afrikaanse onderwysers se houding ten opsigte van basiese hulpverlening aan selfmutileerders in inklusiewe klaskamers;  Daar

Ackermann se uitgangspunt word naamlik verklaar as ’n onbeskaamd humoristiese een: aktuele Suid-Afrikaanse gebeure is vir hom “’n onuitputbare bron van inspirasie” en “die onbedoelde

Danie Joubert, Icier van SANAE 9 gelees: ,By geleentheid van midwinter 1968, dra die lede van negende Suid-Afrikaanse Nasionale Antarl:tiese Ekspedisie hullc bcste wense oor aan die

& Dewar, J.B., 2014, ‘Die molekulêre epidemiologie van rotavirus- infeksies in monsters ontvang van ’n privaat patalogiepraktyk gedurende die 2010- en 2011-seisoen’, Suid-Afrikaanse

’n Strukturelevergelyking-model om die kritieke veranderlikes wat verband hou met die aanvaarding van slimkaarttegnologie in Suid-Afrikaanse openbare gesondheidsorg te ontleed Figuur 2

SATNT / SAJST 2022; 411 128 http://www.satnt.ac.za Referaatopsomming Die kwantitatiewe en kwalitatiewe evaluering van spermgehalte in die Kaapse heuningby en die in vitro-effek van

& Joubert, A.M., 2012, ‘Moontlike induksie van outophagie en apoptose deur ‘n nuwe 17-Beta- Estradiol Analoog in slukdermkarsinoomselle’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap