WOORD VOORAF
K ragtens die bepalings van die U niversiteit van P retoria én die ooreenkom s van ons K erk m et die U niversiteit insake die Teologiese Fakulteit, tree Egge Simon M ulder (gebore in die B ethal-distrik op 13 A ugustus 1905) aan die einde van 1970 op vyf-en-sestig-jarige leeftyd u it as p rofessor in die Oud-Testamen- tiese W etenskap, ’n am p w at hy v an af 1956 beklee het.
A angesien professor en m evrou M ulder nog aktief besig sal bly en selfs deeltyds as pastorie-paar besktkbaar sal wees, neem ons dus nie afskeid van hulle nie en gee ons hier geen volledige geskiedenis en evaluering van hulle loopbaan en w erk in die K erk nie, m aar k yk ons n e t in dankbaarheid teru g op professor M ulder se diensw erk to t op vyf en sestig jarige leeftyd.
As ons n a die loopbaan van professor M ulder in die Kerk kyk, dan m erk ’n mens in die eerste plek alty d sy noue verbinding (beide in sy denke én in die p rak ty k ) m et sy diensw erk as p astor. Selfs gedurende sy hele professo raat h e t professor M ulder op een of ander w yse ’n gem eente (of gem eentes) as p asto r bedien. V ir hom w as teologie geen a b stra k f.e denke of spekulasie nie, m aar h e t dit altyd kerklik gebonde gebly, w as d it altyd gerig op die diensw erk (en veral die predikdiens) in die Kerk. W at in die studeerkam er op stren g w etenskapiike w yse bedink is, moes v ir professor M ulder altyd in die prediking deur kon klink en moes die kerklike lew enspraktyk kon vorm. Die w etenskapiike publikasies van professor M ulder dra dan ook feitlik alm al die stem pel van hierdie gerigtheid; selfs sy proefskrif, w a t ’n hoogs- tegniese w erk w as (en w at hy onder leiding van die baie bekende vakw etenskaplike professor Vriezen, voltooi het) h e t hy m eermale gebruik as w etenskapiike voorbereidingsw erk v ir sy prediking.
Ek glo d a t professor M ulder alleen sy w etenskapiike denk- diens, sy teologie só op die diensw erk in die K erk kon toespits om dat sy teologie altyd getrag h e t om volkom e bybels te wees.
Beide in sy teologie én prediking w as d aar nooit verrassende nuw ighede of spekulatiew e stellings en konklusies nie. D it is só om dat professor M ulder hom altyd stren g gehou h et aan sy teks, die oorspronklike teks van die Bybel. D aarom w ord sy teologie en prediking veral gekenm erk deur noukeurige opbou en baie versigtige gevolgtrekkings en afleidings. D it is die w erk van iem and w a t alreeds vroeg in sy lewe respek en liefde v ir die oorspronklike tek s van die Bybel geleer h e t en w at hierdie binding sonder voorbehoud aanv aar het. En v ir die verstaan van hierdie teks w aaraan professor M ulder hom so noukeurig gehou het, w as hy uitm untend gekw alifiseerd. Reeds in 1923, in sy m atriekjaar, toon hy sy aanleg vir tale en verow er h y eerste-
pryse onder andere vir Engels en Afrikaans. A an die U niversiteit w as dit veral die sem itiese tale en in die besonder H ebreeus w at hom geïnteresseer het. V anaf so vroeg as 1929 doseer h y alreeds H ebreeus op U niversitêre vlak, iets w at hy volgehou h e t ook tydens sy eerste studieverblyf in N ederland w aar hy in 1939 m et toestem m ing van die koningin aan die Lyceum te Bussum onderrig in die H ebreeuse taal gegee h e t en w at hy to e w eer in die veertiger-jare aan die U niversiteit van P retoria deeltyds v oortgesit het.
Teologie w as vir professor M ulder in ’n seker sin altyd vertaalw erk: Eers noukeurig luister (m et die fyn ap p araat van die w etenskap) n a die oer-oue boodskap van die Bybel; dan, n ad at daar noukeurig geluister en verstaan is, dan is dit „ v ertaal”
in die taal en situasie van vandag. Hierdie instelling hou verband m et die gerigtheid van die teologie op die prediking in die denke en lewe van professor Mulder, m aar dit v erklaar ook sy belang
stelling v ir die v ertaalw erk van die Bybel in A frikaans. A lreeds vir baie jare h e t hy die Kerk gedien op die V ertalingskom m issie van die A frikaanse Bybel en ons vind dit ’n mooi afsluiting van sy w erk d at hy ná sy professoraat m instens die helfte van sy ty d voltyds v ir hierdie w erk nam ens ons K erk b eskikbaar kan stel.
Wie op bogenoem de w yse m et die Bybel omgaan, ondergaan dan ook die invloed van die Bybel op sy styl van denke, b eraad slaging en lewe — ry w ord ’n háqám (’n „w yse”, m et alles w at dit inhou) en ’n zakën (’n „oudste” , m et alles w at d it inhou).
H ierdie voortreflike w aardes (w aaruit d aar ’n groot rustigheid van denke, raad en lewe voortgevloei het) h et professor M ulder nie n e t aan sy studente (én kerkrade) oorgedra nie, m aar h e t hy ook in die p rak ty k ten dienste van die Kerk aangew end. Só het hy as rustige raadsm an onder andere gesit op die A lgem ene Kommissie van ons Kerk, as eertydse V oorsitter van die Kura- torium , ook vir ’n ty d lank op die Raad van die U niversiteit van P retoria en as dekaan van die Teologiese F akulteit (1960-1970).
Die H ervorm de Teologiese Studies se sub-titel dui sy „rigting”
aan, naam lik „ te r bevordering van die B ybels-reform atoriese teologie in Suid-A frika.” Ons glo d at dit u it bostaande duidelik is d a t ons in die arbeid van professor M ulder, inhoudelik en metodologies, ’n mooi voorbeeld van hierdie rigting, „Bybels- reform atories” het. D aarvoor het ons groot w aardering en sê ons dankie. Ons roep hom en mevrou M ulder toe: sjalom! D it is ’n w oord w a t nie n e t in die Ou T estam ent ’n ryke betekenis h et nie, m aar w a t onder andere ook by die geboorte van Jesus geklink h e t en m eerm ale deur Jesus, ook as die opgestane H eer, as groet en as belofte gebruik is — Sjalom!
— B. J. Engelbrecht.